Ramaphosa eerste kanselier van Universiteit Mpumalanga

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa word Saterdag as die eerste kanselier van die Universiteit van Mpumalanga ingehuldig.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die inhuldiging word in Witrivier gehou.

“Die universiteit het tans drie fakulteite in sake en bestuur, landbou- en natuurwetenskappe en opvoedkunde,” het Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die presidensie, gesê. Die fakulteite geesteswetenskappe (taal en sosiale wetenskappe), gesondheidswetenskappe en ingenieurswese word in die nabye toekoms ingestel.

Van die gaste wat na die inhuldigingseremonie genooi is, sluit in voormalige pres. Kgalema Motlanthe, ministers Blade Nzimande en Thulas Nxesi en adjunkministers Mduduzi Manana, Nomaindia Mfeketo, Bheki Cele en Mcebisi Skwatsha.

Die universiteit is in 2014 gestig en sal na verwagting vinnig groei in die volgende paar jaar wanneer die infrastruktuur ten volle ontwikkel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ek glo dat Malema as lektor wel hier ‘n tuiste sal vind?

hettie ·

Malema is mos nou slim genoeg om sommer die kanselier te geword het

JC ·

Ek hoop klasse sal ook in Afrikaans aangebied word en dat Afrikaans daar sal floreer …ne leiers bewaarders vd Grondwet …yeah right !!Sal slegs wees as afrikaanses die hand in eie boesem steek en werk daarvan maak daar !!

Pieter.v ·

Wonder hoekom nie Mathews Phosa wat van Mpumalanga is, terwyl Ramaphosa van Venda is,ek dink Mathews Phosa sal ook n beter president vir die land wees as Ramaphosa.

hans ·

Wonder hoeveel Wit,Bruin en Indier dosente en administratiewe personeel daar aan die universiteit verbonde. Kan nie onthou dat ek op die tv-insetseln lid van die minderheidsgroepe op die verhoog saam met die Kanselier gesien het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.