Ramaphosa eis dringende optrede by Prasa

Pres. Cyril Ramaphosa was ure lank op ʼn trein gestrand en het eerstehands die daaglikse probleme van pendelaars ondervind (18 Maart 2019) (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het die minister van vervoer, Blade Nzimande, opdrag gegee om dringend die probleme by Suid-Afrika se spoorwegstelsel op te los.

Ramaphosa het Dinsdag met Nzimande vergader ná die president Maandag ʼn treinrit onderneem het waar hy eerstehands die probleme van vertragings op ʼn onbetroubare Metrorail-diens beleef het.

“Van die kwessies wat tydens die vergadering aangeroer is, is die agteruitgang van infrastruktuur, onaanvaarbare vertragings van treindienste wat dikwels daartoe lei dat pendelaars laat opdaag by die werk en skool. Passasier- en treindrywerveiligheid moet ook aandag geniet,” lui ʼn verklaring wat die presidensie Donderdag uitgereik het.

“Die president benadruk die behoefte aan ʼn veilige, betroubare en geïntegreerde openbarevervoerstelsel om die land se ekonomiese ontwikkeling te ondersteun.”

Alhoewel die president die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se pogings om spoorvervoer te morderniseer “waardeer”, is hy besorg dat die agentskap versuim om sy omkeerstrategie te implementeer om spoorwegbedrywighede te verbeter.

“Die president het opdrag gegee dat daar onmiddellik stappe gedoen moet word om die leierskap op raadsvlak te stabiliseer en kritieke vakante poste te vul, insluitend die amp van uitvoerende groepshoof.”

Ramaphosa was Maandag ure lank saam met pendelaars op ʼn trein gestrand tydens ʼn verkiesingsveldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

John ·

Ooh, dis net oor ‘ek’ wat Prasa moet optree. Is dit nie die prez se human right en human obligation om eerder mense af te dank… in te gryp nie? Is hy te bang? Nou skreeu hy net en gooi hande in die lug. Wie moet gehoor gee?

Michael ·

Hoe stupit dink die anc is die burgers van die land. Hierdie was net n beplande fyn uit gewerkte stunt. C R sal nooit in n metro rail trein ry nie Hierdie ouens ry met 15 tot 20 karre en 20 motor fietse rond. Dit is nou om vir die mense te laat verstaan ons sal die probleme uit sort. verkiesings foefie. As hulle so kan staatskaap wat is so n bietjie lieg vir die mense dan.En hy weet nie van die probleme by prassa nie ABS TOG.

fred ·

verkiesings propaganda op se beste…hypocrites…en die arm mense val hiervir…

Andreas ·

En intussen is die land se kragnetwerk besig om stelselmatig te vou. Hier kom groot probleme, baie graat. Daar is nie ‘n staatsdepartement wat nie ‘n verleëntheid vir die land is nie. En Cyril lyk by die dag al meer soos iemand wat nie in sy eie beloftes en versekering dat als sal regkom glo nie. As verkiesingsdag met ons is en die land sit sonder krag?

GM van Rooyen ·

Dit is groothartig van Ramaphosa om op ‘n pendeltrein te ry, maar noudat hy dit eerstehands ervaar het, nou moet daar ewe skielik dringend opgetree word. Dit is nie asof hy nie geweet het van die probleme by Prasa nie. Maar ons het mos nou al geleer dat die regering nie pro-aktief kan of wil optree nie.

Willehond ·

Laat hy na n staats hospitaal toe gaan vir behandeling of noodgeval. Dan sal jy hom hoor kerm en lawaai!

Petro ·

Ek daag hom uit om na staats hospitaal te gaan dit is pateties ek was in Universitas hosp maar ek het gesweer ek gaan maar liewers by my huis dood ek het eendag die oorskiet kos van n ander pasient gekry toe gaan koop ek maar vir my kos by die kafee die mense lyk so of hulle jou n guns doen dit terwyl my medies die is net eenvoudig vir my hospitalisasie betaal het

Nols ·

Nog altyd gesê alle minsters en staats amptenare moet verplig word om staats hospitale gebruik dan sal ons die beste gesondheidsorg in die wêreld hê.

Dries du Toit ·

As een man 4 ure lank gestrand sit in n treinwa dan moet die hele land daarvan weet. As 1000 mense elke dag in n treinwa gestrand sit en laat is vir sy werk. Dan is dit niks

At ·

Hierdié nar en sy handlangers se probleem laat my koud. Mag jul al die moeilikheid ervaar wat jul verdien.

Trol ·

As daar opgetree moet word mnr paddaman, is dit jou plig as die president om op te tree. Grow a pair.

Wilma ·

Ag asb. Verkiesings foefie. Die massas val vi liegstories . Sedert 1994 als in n gemors en niemand in govt sal dit erken. Hul WIL dit ni raaksien nie

Thinus ·

Dit is duidelik dat Cyril nie opgewasse is om ‘n president te wees nie. Hy laat niemand arresteer nie, alles gaan agteriut en hy en sy inbevoegde trawante het geen plan enige iets reg te stel nie. Hulle het nie die insig, wysheid, kennis of die vermoee om probleme op te los nie. Moenie dink dat omdat hy ryk is, hy was ooit suksesv nie, dis allees BEE transaksies wat op sy skoot geval het en waaruit hy voordeel gepluk het. Hy het vir niks gewerk nie, so hoe kan so ‘n persoon ‘n ingewikkelde ekonomie en land regeer? Hulle vaal in elke departement en vasset in die regering. Useless, almal van hulle.

George in Bloem ·

Jy moet maar stadiger praat “President” Ramapocchio want ou stomp Blade kan nie vinnig hoor nie…

Stella Berning ·

Oom edele moet sommer terwyl hy nou so lekker ry gaan bus ry . Van pretoria na soshanguve toe. Kyk of jy lekker ry. Volgens wat ek hoor is daar ook n krisis.

Donderstorm ·

Plaas hul hybred diesel elektriese lokomotiewe gebruik ry op elektrisiteit met die pendalem em as die krag afgaan skakel hul na diesel genarators oor en ry verder so hul se mos hul kan die sinjalis per hand verander .

marous ·

Hy moet dalk op ‘n plaas gaan bly sonder krag , dan kan hoed ook dringend opdragte kry.

Louis leeu ·

Wat help gepraat en daar moet dringend e optrede kom niemand doen iets .Wakker skrik en doen iets

Arnót ·

Cyril was Zumpie se adjunk en is net so sleg soos sy voorganger. Maak asof hy niks weet nie maar was by met al die kurrupsie hand om die blaas met al die korrupte spul- lekker saam gedans! Net baie slimmer as Zumpie.

Sarel ·

CR se opdrag aan comrade Blade laat men’s amper lag, Het hy nog nie geleer dat die opdrag nou eers vir maande herkou gaan word on te bepaal hoe om dit nie uit te voer nie. Blade gaan waarskynlik nou n kommissie aanstel om te bepaal of die opdrag regmatig gegee is. Weens menseregte mag jy nie n persoon n opdrag gee nie maar moet hy/sy gevra word. Nag Nella.

Attie. ·

CR hoe voel dit om kaptein te wees van ‘n sinkende skip? Ons probleme kan nie deurdie stembus of deur die loop van ‘n geweer opgelos word nie maar slegs deur Jesus. Is ons regtig nog ‘n gelowige volk….ek twyfel.

Adam ·

Cyril en Blade. Dit is die tipiese “honger” vra vir “dors” om hulp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.