Ramaphosa: ‘Ek sal ʼn dienaar wees’

Ramaphosa nadat hy as president verkies is. Speaker Baleka Mbete staan langs hom. Foto: Parlement/Twitter

Cyril Ramaphosa het tydens sy eerste toespraak as die nuwe president van Suid-Afrika gesê hy sal ʼn dienaar vir die land se mense wees.

Ramaphosa het gesê hy voel nederig dat hy die voorreg gegee is om die land se mense te dien. Hy het bygevoeg hy sal gereeld in die nasionale vergadering wees om sy verantwoordbaarheid as president van die land uit te oefen en om met politieke partye te kommunikeer oor die kwessies wat die land se mense raak.

Ramaphosa het gesê hy sal graag nou saam met opposisiepartye wil werk en dat hy binnekort met die leiers van opposisiepartye sal vergader sodat hulle ʼn manier kan vind om saam te werk. “Ek sal dit alles doen as ʼn dienaar van ons mense.”

Volgens Ramaphosa glo hy dat as mens tot president verkies word, word jy ʼn dienaar van die mense van Suid-Afrika en hy sal die rol met nederigheid, getrouheid en waardigheid vervul. Hy het opposisiepartye bedank vir hul raad en gesê daar moet saamgewerk word om die lewens van die land se mense te verbeter.

Ramaphosa het verduidelik daar sal Vrydag tydens die staatsrede bekend gemaak word watter stappe gedoen sal word om staatsinstellings te versterk en staatskaping en korrupsie hok te slaan. “Ek wil die land eerste stel. Suid-Afrika moet altyd eerste kom in alles wat ons doen. Ons moet maniere vind om saam te werk in nasionale belang.”

Ramaphosa het gesê hy sal ʼn president wees wat die parlement en sy lede respekteer. Volgens hom word die land se mense in die parlement verteenwoordig en indien daar respek is, sal dit beteken dat die land se mense ook gerespekteer word.

Ramaphosa het bygevoeg hy sal hard werk en sy bes probeer om nie die land se mense teleur te stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Niklaas ·

Hmmmm..alle presidente se dit gewoonlik…
Die proof is in die poeding!
Wat van die plaasmoorde en grondeise??

Pieter ·

Cyril Ramaphosa was my keuse as president jare gelede al. Hy is intelektueel tien keer beter as Zuma en verstaan byvoorbeeld hoe ‘n land se ekonomie moet werk en wat dit beteken. Ek glo hy sal respek afdwing in die parlement wat sal deur syfer naalle landsburgers. Daar is ‘n groot taak op sy skouers maar ek is positief Cyril Ramaphosa sal SA omkeer tot die beste vir almal. Indien hy sy houding en belofte van ‘dienaar vir ons mense’ uitvoer glo ek sal hy dit van elke parlementslid vereis en optree indien dit nie die geval is nie.
Dit is ook tyd dat partye eerder saam met mekaar werk om SA te verbeter as om die hele tyd mekaar hof toe te sleep oor dinge wat tyd en geld mors.
Sterkte President Ramaphosa. Uiteindelik iemand wie met respek gepraat kan word.

Vermeende ·

Ek hoop as hy met grondonteiening begin dat hy begin met jou grond.

L ·

Ag Vermeende, praat liewer oor die berrig, lig jou oppinnie, almal hoef nie saam met jou te stem nie, maar jou klip gooiery word nie waardeer nie. Agree to disagree en beweeg aan toe? Vir nou, het ons vir CR om ons hoop in te sit. Ons was nog altyd n optimistiese volk. Kom ons gee samewerking, al is hy nie ons gekose spanspeller nie. Dis vir ons land en ons heenkome. Ek hoop CR onteien grond wat weggegee was en vergaan het, eerste terug sonder vergoeding. Hy verbaas ons dalk en gee daai plaas terug aan die boer wat die grond suksesvol verwerk het!

Vermeende ·

Ek is positief dat CR by die beleid van die ANC gaan hou wat hy help saamstel het, het jy enige inligting wat my sal laat glo dat hy die ANC sal verraai en teen die beleid gaan. As jy sulke inligting het deel dit dan asb met ons wat dit sal baie goeie nuus vir SA wees.

Gerhard ·

Ou CR het mense soos jy al voorheen uitoorle. Onthou KODESA?

Derick ·

Snaaks …. is dit nie wat JZ ook aan die begin gesê het nie?

Paul ·

Mooi man, pargige woorde, wat ek nou graag wil weet is, sluit jy tale ook in, bv die Afrikaans sprekendes, blankes, boere, vorm hulle ook deel van die visie wat jy het, wie jy wil dien? Jy is mos self ‘n boer en het intussen ‘n groot ryk opgebou, of ten minste het jy mense wat vir jou boer. Het jy nou jou Demaskusoomblik gekry, of lê dit erens in die toekoms? Vorm hierdie mense deel van die land wat jy so graag wil dien, of gaan jy selektief dien?

Heinrich ·

Wil ek ook weet! (Weet eintlik al klaar maar sal graag verkeerd bewys wil word…)

Vermeende ·

Ek het lakal terug gese dat CR die DA klein gaan maak, lees net die kommintare en sien self hoe groei die ANC se steun soos die DA lede sy lof besing.

Johan Oosthuizen ·

Ek wens regtig dat ons mense minder negatief sal wees en eerder ‘n positiewe bydrae sal lewer!

Ek is nie skaam vir my naam: Johan Oosthuizen.

Gerhard ·

Ek wens mense wil meer realisties wees, sodat hulle realisties optree eerder as om op dieselde ou trant aan te ploeter en niks uitrig nie. Daarom skaam ek my ook vir baie Afrikaner name, myne uitgesluit.

Willem ·

Johan, hier is ‘n positiewe een: Solank CR dien en my nie naar maak nie, sal ek hom ondersteun .

Zachrys ·

Ek glo ook om hierdie kommunis ook sy kans te gee. Dalk verbaas hy ons soos
Putin.

Boet Fasie ·

Ek is bereid om die nuwe president te ondersteun solank hy eerlik is en alle Suid Afrikaners ongeag kleur en taal eerste stel en gelyk behandel

Lynne ·

Onthou julle die movie “Out of Africa”? Onthou julle die woorde “I had a farm in Africa”? Pasop!!!!

Ekke ·

Geluk en Sterkte met die SA n veilige plek te maak .Wet en Orde gaan in plek val.en allmal wat iets wil he.moet dit koop .die grond ook .niks is verniet nie.en geboortr beperkings moet ingestel word ..SA se mense het baie respek vir Rhamaphosa …gaan n laaang pad saam stap .STERKTE

Julius ·

Wys ons ek glo absoliet niks wat uit die anc se bekke kom nie , ek glo eerder n tweede handse motor handelaar

Henry 59 ·

Het baie respek vir ons nuwe president. Hy is n baie suksesvolle besigheidsman en verstaan internasionale handel. Ek twyfel of hy dinge sal doen wat SA in n slegte lig gaan sit en buitelandse handel en beleggings in gevaar sal stel. Net jammer so baie mense wil hom nie n kans gee nie, as mens kyk na die Estina arrestasies and Zuma se herroeping se tydsberekening lyk dit na uitstekende strategie…………….. Sterkte Mnr Rhamaposa, maak n verskil……………….

Lena Jonk ·

Kom ons probeer die slegte van die verlede vergeet en bou aan n voorspoedige veilige land vir ALMAL wie daar bly. Bid liewer vir Ramaphosa vir leiding sodat die land weer sal bekend staan as n Christelike land sodat ander lande weer die goed in SA sal raaksien. Almal verwag dat hy nou ernstige aandag aan plaasmoorde sal gee sodat daar respek vir hom sal wees. Ons sal aanhou bid vir leiding Cyril vir die pragtigste land in die wereld.

PJC ·

CR het almal so opgewonde die speaker het skoon vergeet hoe sy altyd vir Zumpie beskerm het. Laat ons maar hoop CR verkondig die ANC beleid wanneer hy sommige dinge kwyt raak en dat dit nie sy eie siening is nie.

Denise ·

Ag asseblief elkeen het die reg om te se wat hy of sy dink en hy wil n dienaar wees ????? En dit is die man wat gese het wit mense is n spul paddas in n pot kookkende water en ek moet hom glo daar is nie n kans nie hy is en gan net vir sy mense wees droom maar lekker !!!!!!

Vermeende ·

Nee Gerhard hy het die NP uitoorle, die blinde liberaliste.

Cornelia ·

My geliefde landgenote. Die loflied wat my fokus terugroep na God lui soos volg: “Rus my siel, jou God is Koning…….hou asb goeie moed in elke uur. Beproewing maak ons bedag op wie ons, ons Hoop stel? Ons het ‘n toekomsverwagting en dit sal nie teleurstel nie. Dit vra soos altyd inspanning, STRYD en waaksaamheid op elke gebied. Hou asb. goeie moed.

Casper Labuschagne ·

Cornelia, jy is reg. Maar… Gaan soek gerus op Youtube na videogrepe oor die Congo vanaf 1960 tot 1964, Katanga en die “Stanleyville Massacre.” Die videogrepe lyk presies soos ons voorstede vandag lyk tot jy kom by die lyke van witmense op straat. Om soos daardie Belge biddend op ons knieë doodgekap te word sal bloot ons eie keuse wees – ek kan nie sê of dit reg of verkeerd sal wees nie, maar dit sal verseker nie ek wees nie.

Manie ·

Gaan kyk bietjie mooi hoe het die man aan sy miljoene gekom. Zuma kon dalk by hom leer. Die probleem is nie een persoon bo aan die party maar n siek party.

Mthondo ·

Almal aanbid CR oor hy so “suksesvol en ryk ” is maar niemand dink aan die feit dat hy dit op n skink bord gekry het oor hy op die regte plek die regt tyd was , hy het geen sent hard verdien soos n regte ryk saake man nie , Tyd sal vertel maar die anc het nie n goeie rekord nie , Wys my een afrika land waar die president /regerende party die plek in n eerste werld land verander het duer leierskap TIA

Hewitt ·

As ek dit nie mis het nie, was ons eerste president ook ‘n ene CR. #ironies

Elmarie ·

Cyril Ramaphosa, as jy God ken en prys sal jy reg wees om as President van ons land te kan regeer.

Cornelia ·

Liewe Casper, ek fókus op ‘n God wat verhóór en nie deel is van die nietige magte van oormag /onmag nie. Dan onthou ek wat God met Gideon en 300 man aan die mensdom getoon het. Ook wat God met ‘n klein groepie in groot ellende en benoudheid gedoen het tydens 16 Des 1838. En die wêreld het kennis geneem! En as ons ons aan Hom onderwerp en Sy Almag en Heerserskap aanneem in elke lewenstree, sal u en ek waardige Getuies wees van Sy Alléén Godheid. Hy is wakker oor Sy Woord. Ons stryd word betekenisloos as ons nie deel is van God se “weermag” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.