Ramaphosa: Ekonomiese herstelplan ‘realisties, haalbaar’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Hoewel pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan wat Donderdag bekend gemaak is uit talle oorde gekritiseer is, hou die president in sy weeklikse nuusbrief vol die planne daarin is “realisties, meetbaar en haalbaar”.

Die herstelplan fokus veral op vier hoofdoelwitte en sluit in werkskepping, industrialisering, strukturele ekonomiese hervorming om binnelandse en buitelandse beleggings te lok, die bekamping van misdaad en korrupsie, asook die verbetering van die staat se regeringsvermoë op alle vlakke.

“Die werkskeppingstimulus is die gevolg van uitgebreide beraadslaging met nasionale departemente, provinsies en metro’s om vinnig werkskeppingsplanne te ontwikkel wat binne ses maande uitgevoer of uitgebrei kan word,” sê Ramaphosa.

“Die werkskeppingstimulus is nie oor vae verbintenisse vir die een of ander tyd in die toekoms nie, maar werk wat nóú geskep word.”

Ramaphosa sê ook die departemente wat die planne in werking moet stel, is deeglik geassesseer oor hul vermoë om dit te doen.

Hy het ook onderneem dat die geleenthede wat in elkeen van die programme in werking gestel gaan word, wyd geadverteer sal word en dat werwing billik, oop en deursigtig gaan wees.

“Ons mense is gereed en bereid om te werk. Hierdie groot potensiaal moet gebruik word en ons gesamentlike vaardighede en vermoëns moet ingespan word om ons land in die nadraai van die koronavirus te herbou.”

Ramaphosa sê “behoorlike, ordentlike werk” is die reg van elke mens en dit is ʼn voorvereiste vir ekonomiese groei en maatskaplike bestendigheid.

Die president sê die plan is ʼn verreikende en ambisieuse belegging in menslike kapitaal met die staat as nie net ʼn skepper van werk nie, maar ook ʼn instelling wat werkskepping móóntlik maak.

Van die kritiek op die plan was juis dat die oplossing vir sommige van die land se probleme in die desentralisering van mag lê, asook om mense minder afhanklik van die staat te maak. Die burgerregtegroep AfriForum het gesê die plan staan egter juis sentralisering en staatsafhanklikheid voor – presies die teenoorgestelde van wat hy meen nou gedoen moet word.

Ramaphosa het in sy ekonomiese herstelplan aangekondig dat ʼn openbare belegging van R100 miljard oor die volgende drie jaar gedoen gaan word en dat sommige van die ingrypings berus op bestaande programme, maar ook nuwes insluit. Daar word ook gefokus op sogenaamde “maatskaplike indiensneming”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Drie miljoen mense verloor hulle werk in die grendeltydperk en hy wil werk gee vir n paar honderdduisend .Dink nie hy is bevoeg om n volla te bestuur nie

Persheks Adri

Regtig Cyril? Is dit nou jou beste woorde? Niemand gaan hier wil belê nie veral nou dat almal weet van die plaasmoorde en korrupsie nie…

In 26 jaar kon jy NIKS reg kry nie en binne 6 maande het jy die hele land opgevoeter! Wêreld rekord sou ek sê tsek man tsek jy leef in ‘n droomwêreld.

Adriaan

Ook Ramaphosa (Maart 2020): Ons sal verseker dat die Covid fondse nie wanaangewend word nie.

Peetjie

En ek het altyd gedink hy is n besigheidsman….? Volg in zumpie se spore met sy lëe beloftes

Andre

Jammer mense maar ons gaan nie weer ‘n herstelde ekonomie en suksesvolle werkskepping sien in ons tyd nie.Die klomp verstaan nie hoe die ekonomie werk en gestimuleer word nie.Ons hou aan raad gee en probeer verduidelik in eenvoudige taal maar alles word afgelag.Dit is soos om ‘n dooie perd te probeer op sy bene kry.