Ramaphosa en Boere-Afrikaner Volksraad vergader oor selfbeskikking

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag met verteenwoordigers van die Boere-Afrikaner Volksraad by die Uniegebou in Pretoria vergader.

Ronnie Momoepa, woordvoerder van die presidensie, sê die Boere-Afrikaner Volksraad het tydens die vergadering die geleentheid gekry om Ramaphosa en sy afvaardiging in te lig oor hulle bekommernisse rakende selfbeskikking.

Ramaphosa sê soortgelyke vergaderings is belangrik om dialoog en begrip onder Suid-Afrikaners te bevorder. “Die regering moet beskikbaar wees om enige kommernisse met burgers te bespreek,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het die kernbelang van die Handves van Regte in die Grondwet herbevestig. Hy het spesifiek verwys na die regte van alle burgers om hul kultuur, godsdiens en die gebruik van hul taal in ‘n verenigde demokratiese staat uit te oefen.

Hy sê die regering sal voortgaan om met die Boere-Afrikaner Volksraad en enige ander organisasies te vergader oor sake van belang en kommer.

Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, het verlede maand aan verslaggewers gesê die organisasie wou ‘n aansoek by die hooggeregshof indien om die regering te dwing om te verklaar of hy bereid is om met die organisasie te vergader.

Volgens die organisasie het hy kort hierna ‘ skrywe van die staatsprokureur gekry waarin die regering gesê het hy verkies om die saak deur middel van samesprekings, eerder as litigasie, te hanteer.

“Boere-Afrikaner mense is eiesoortige mense en ons veg al vir die afgelope twee eeue om ons onafhanklikheid te verkry. Ons soek ‘n land waar ons toegelaat word om ons eie sake te hanteer.

Ons was ‘n selfregerende nasie voor 1994 waarna ons, ons onafhanklikheid verloor het. Ons is ‘n minderheidsgroep en het geen invloed op die politieke rigting waarin Suid-Afrika beweeg nie,” het Breytenbach gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

amelia ·

En dit sal net tot by praat bly bla bla bla Afrikaners moet saam staan anders gaan niks gebeur nie Daar moet net eenvoudig meer “orania s” wees waar ons ons eie geld stelsel het Kyk net hoe het die rand geval Ons eie belasting stelsel (waar daar nie weer n dorp van gebou kan word vir president nie) waar ons self kan plant en leef op ons eie sonder om elke dag te hoor van moord aanvale en verkragtings

HEVW ·

Kom ons wees meer positief. Dit waarvoor ons in hierdie huidige omstandighede beding is geweldig groot (gesien in die huidige omstandighede). Geen rots kan teen voortdurende harde hamerslae standhou nie. Ons het n besonderse geskiedenis as bron van motivering. Sorg dan net dat ons ons hoop op die regte BRON plaas en staan op uit ons verval en wees gehoorsaam.

HEVW ·

Kom ons wees meer positief. Dit waarvoor ons in die huidige omstandighede beding is geweldig groot
(gesien in die lig van die huidige omstandighede, hier plaaslik sowel as internasionaal). Ons moet onthou die bestel waarin ons vasgevang is, is van buite geinisieer o,a. met die oog op ekonomiese plundering. Maar ons het n besonderse geskiedenis as motivering. Plaas net ons hoop op die regte BRON. Staan net op uit ons verval en wees gehoorsaam, en werk baie hard.

adriaan diedericks ·

Ek stel bitter graag belang in so n staat!net blankes!en als wat werk en floreer!net graag n paar punte van bekommernisse,en niemand kon my nog antwoord nie!hoe wil ons so n volkstaat beheer,kontroleer en werksaam maak!hoe en aan wie gaan ons ons voedsel wat ons produseer verkoop,wie gaan ons goedere wat ons vervaardig koop?sal ons nie weer as n apartheids staat gebrandmerk word nie!gaan ons op die swartes staat maak weer soos in die ou suid-afrika!en waar gaan so n volkstaat wees?vrystaat?transvaal!so ek gaan nooit weer die see sien nie?nooit weer die kruger wildtuin sien nie?boertjie die hele land is my land!van die kaap tot bo by die wildtuin!ek stem saam so n volkstaat sal darem lekker wees!in feetjie land ja,maar in werklikheid??hoe en waar?verduidelik asb?eks n boer,is gatvol vir die moord op my volk maar gee my n antwoord wat sin maak,en wat werkbaar is!en ek stem en werk saam aan so n volkstaat!

Anita ·

Die Nederlandse koloniste het in die Kaap geland en eerstens kennis gemaak met die San en Koi.
Hierdie twee groepe het deur al die jare deel uit gemaak van die blanke groepe, die selfde taal, en die Westerse gewoontes.

Die oplossing is om die Kaap provinsie ‘n land apart te maak en dan kan ons floreer, toerisme is reeds die grootste aantrekkkings krag. Dan sal daar ‘n volks verhuising moet plaas vind, dit kan gebeur. Die State van Luxembourg/selfs Holland en die ander kleiner state is in omtrek veel en veel kleiner as ons Kaapprovinsie, ‘n Volkstaat kan nie werk op ‘n dorre klein stukkie gebied iewers in die land sonder see nie, want ons moet ons uitvoere kan behartig.

Dus my beskeie opinid, maar die ander provinsies sal dit nie so sien nie want sommige het te veel skatte om van afstand te doen’ maar kyk na die huidige geskiedenis tussen Rusland en die Oekraine……..maar ons hetnog NOOIT geveg vir eie behoud nie.

Jan de Jong ·

Hoop nie dit loop uit op ‘n derde Piet Retief/Dingaan traktaat nie !!! Die tweede een was De klerk/ANC, en ons word nogsteeds uitgemoor !!!!

Japie ·

Die regering soek grond (plase) dringend ~ julle soek n tuisland dringend ~ hoekom ruil julle nie jul huidige grond/eiendom vir n volkstaat aan die Weskus nie ????. Dit hou voordeel in vir albei kante ~

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.