Ramaphosa en EFF bots oor grondhervorming

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa en die EFF het Dinsdagmiddag hul eerste groot botsing gehad – en dit was oor die verdelende kwessie van grondhervorming.

Ramaphosa het tydens sy sessie vir mondelinge beantwoording van vrae ook afsonderlike houe na AfriForum en die DA gemik, oor verskillende kwessies.

Die Nasionale Vergadering het vir ongeveer 25 minute in chaos verval en die EFF-LP Sam Matiase is uit die vergadersaal gestuur toe die EFF agterkom dat Ramaphosa die parlement se mosie oor die bespreking van onteiening sonder vergoeding anders verstaan as wat hulle dit doen – en sowel die inisiatief as die inhoud daarvan vir die ANC toeëien.

Matiase en die res van die EFF-koukus het hulle lelik vererg toe Ramaphosa aanvoer dat die idee om ‘n ondersoek na onteiening sonder vergoeding te doen, van die ANC af kom en dat dit onderhewig is daaraan dat onteiening sonder vergoeding nie die ekonomie, die landboubedryf of voedselsekerheid moet benadeel nie.

Die EFF het sedert die aanvaarding van die mosie oor onteiening sonder vergoeding, wat aanvanklik deur die EFF-leier Julius Malema voorgestel is, die kwessie as ‘n EFF-triomf ervaar en dit as ‘n gegewe aanvaar dat artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) teen die einde van die jaar verander sal wees.

Met sy optrede het Ramaphosa, onder groot gejuig van die ANC-banke, die kwessie van die EFF teruggeneem en die ANC se eie voorwaardes daarop van toepassing gemaak. En die EFF het dit besef.

Ramaphosa het ook ‘n hou oor onteiening sonder vergoeding gemik na die burgerregtegroep AfriForum, wie se hoofbeampte, Kallie Kriel, en sy adjunk, Ernst Roets, tans op besoek aan die VSA is om steun te werf vir AfriForum se veldtog teen onteiening sonder vergoeding.

“Ek het ‘n boodskap vir diegene wat tans oorsee reis om steun te mobiliseer teen hul eie land om eerder huis toe te kom en aan die dialoog oor die kwessie deel te neem, soos sowat 140 000 Suid-Afrikaners wat voorleggings aan die parlement se grondwetlike hersieningskomitee gedoen het,” het Ramaphosa gesê.

Hy het teen die einde van sy stellings oor die versnelling van grondhervorming na Afrikaans oorgeslaan en gesê: “Ons moet mekaar vind en mooi praat, en lekker praat en saamwerk sodat die einde van die debat mooi kan wees.”

Vroeër was die DA in sy visier toe hy ‘n Judaskus gegee het aan die DA-leier, Mmusi Maimane. “Ek stem saam met mnr. Maimane dat swart armoede getakel moet word en ek is so jammer dat hy by die meerderheid van die DA in die moeilikheid is oor hierdie uitstekende punt, waarin hy volmondig met my saamstem,” het Ramaphosa onder ANC-gejuig gesê terwyl DA-LP’s redelik ongemaklik rondgeskuif het.

Ramaphosa het hom ook, in antwoord op ‘n vraag deur die EFF-hoofsweep, Floyd Shivambu, uitgespreek ten gunste van ‘n staatsbeheerde bank, wat na sy mening naas die gevestigde handelsbanke moet bestaan.

Maimane het Ramaphosa uitgevra oor die lot van die vorige hoof van die staatsekerheidsagentskap, Arthur Fraser, wat na klagtes van wangedrag bloot deur Ramaphosa verskuif is om direkteur-generaal van korrektiewe dienste te word.

Ramaphosa het geweier om uit te wei oor die redes vir die skuif, aangesien die saak tans voor die hof dien.

Op ‘n vraag van EFF-LP Marshall Dlamini waarom Ramaphosa ministers soos Nomvula Mokonyane en Malusi Gigaba, teen wie ernstige bewerings gemaak word, in sy kabinet hou, het Ramaphosa gesê hy sal al sy ministers vir hul dade verantwoordbaar hou.

Ramaphosa het ook die voorgenome minimumloon van R20 per uur (met ‘n laer minimum vir plaaswerkers, huiswerkers en werkers aan die uitgebreide openbare werke-program) verdedig en gesê dit sal mettertyd opgeskuif word.

Hy het ook aangetoon dat maatskappye wat werkers sal moet afdank, vir uitsonderingstatus aansoek sal kan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Reguit ·

Die wonderlike Afrika-sirkus is weer volstoom aan die gang.

DC ·

AF sal hopenlik nie soos Roelfie ook op sleeptou geneem word nie. Gaam voort met die internasionale aksie en mobilisering. Die land is op talle terreine in die moeilikheid. CR weet dit en dat selfbeskikking n geleentheid bied om dinge weer op koers te kry. Benut die voorgestelde grondwetwysiging om selfbeskikking te bewerkstellig. Hoop dat n Trump uit eie geledere nou na vore tree.

Callie ·

Skrikwekkendste deel is dat n Tim du Plessis en mede joernaliste soveel respek en onderdanigheid aan n president verleen wat selfs weer vandag gepraat het van sy mense vir wie daar grond gegee moet word. Hoe ver wil die witman kruip en bedel om net in die land te mag wees. Ons is nie deel van die president se mense nie maar as belastinh betalers het ons ook n reg.
Kan n Tim du Plessis dalk vir ons verduidelik hoekom hy n president wat openlik swart mense bo wittes stel soos vanaand op tv so half verafgpod

Rynhardt ·

Callie,kom ek vertel jou iets wat jy nie verstaan nie.Tim du Plessis is n groot liberaal wat Ramaphosa prys.Hy word vandag nog steeds volstoom gebruuk deur Rapport vir sy prysing van Ramaphosa en Anc.Dit was juis Rapport wat destyds met Kodesa uitgeroep het:”n Deurbraak is bereik!” Vir wie was daardie deurbraak bereik?????????

Arak ·

Toemaar, ou wigte en teenwigte Meyer sal sekerlik weer namens ons gaan “mooi” praat en weggee waarvoor hy nie ‘n mandaat het nie. Ek is seker julle tweetjie sal weer lekker koek eet en resepte deel terwyl ons mense krepeer.

Therese van Schalkwyk ·

Hierdie “botsing” oor grondhervorming in die parlement is uit en uit te danke aan die feit dat Ernst Roets en Kallie Kriel op hierdie oomblik in die buiteland is oor juis hierdie kwessie. Die herrie tussen Australië se Peter Dutton en minister Sisulu was ‘n verleentheid vir die ANC en AfriForum se proaktiewe optrede is presiés wat nodig is.
Welgedaan AfriForum!

Theresa ·

Ja! DANKIE Afriforum en almal wat iets doen om te help! Dankie! Dankie! Dankie!

Chrisjan ·

Vreemd hoe sommige mense dink as hulle ewe skielik in my moedertaal praat, dat my gesonde verstand soos tjoklits ini Kalaharson moet smelt. Mnr die president, géén Suid-Afrikaner het tans meer nodig om na die buiteland te gaan om dáár die belaglikhede van u grondonteieningsmodel te gaan verkondig nie. U het dit sommer self gedoen: duidelik, vol selfvertroue en op meer as een geleentheid. Daarvan kan u uself gaan vergewis – kyk self na o.a. ” Starbird disagrees” en vele meer. Vele internasionale joernaliste met pleinweg “common sense” sorg dat die buitewêreld breedvoerig hieroor ingelig word. Danksy Youtube was élke buitelander reeds van u standpunte oor grondonteiening ingelig – lánk voordat Afriforum of wie ookal, hul voete op vreemde bodem geplaas het.

Veritas ·

Chrisjan, jy spaar my baie tikwerk want met jou kommentaar het jy my gedagtes 100% verwoord. Dankie.

Cornelia ·

Jakkals verander van haar maar nie van snaar. Alhoewel elke bestaande werksektor reeds beset word deur swartmense, is hulle aanwaspeil so oorweldigend dat hulle “werks – erosie” in S.A. skep. ‘n Onbillike skending van alle burgers se nood aan ‘n werksgeleentheid ongeag hulle ras. Ramaphosa se opslurp en omsingelings strategie is ‘n gevaarlike spel met die regte en vryhede van o.a. ook die Afrikanervolk. Sy uitsprake kom neer op die “gevangeneming” van elke presterende ander volksgroep om sy swartmense te bevorder ten koste van hulle eie ideale. Die “osse” wat hy in juk span om sy arm swartmense van oorlewing te voorsien terwyl hul eie armoede uit die uier leeggesuip word. Werkskepping vra na beleggers. Beleggers vra na stabiele en bilikke beleid en nie chaotiese samelewings dissiplines wat nie oorweldig word deur die chaos wat S.A. met ‘n ANC aan bewind, tot skrikbewind reduseer nie!!!

Grassie ·

Cornelia – ek hou van jou siening. Jy vat raak. Ek dink die enigste rede waarom witmense nog in die land verduur word is omdat die ANC ons as hulle melkkoeie beskou wat die ekonomie in stand moet hou sodat hul kaders kan oorleef.

Ou Nie-EFF Nie-ANC Vlakvark ·

Op grond van welke basis kan die ANC vertrou word?
Dit is die demokratiese reg van enige Suid-Afrikaner om buitelanders in alle eerlikheid en gebaseer op ware feite, in te lig wat die ware toedrag van sake in Suid-Afrika is en wat die risiko is om in Suid-Afrika te belê of Suid-Afrika te besoek.
Suid-Afrika het tans der duisende vrywillige omgee-ambassadeurs wat die buiteland dag en nag inlig oor gebeure in Suid-Afrika.
En die moderne kommunikasiemiddele het nuwe deure oopgemaak vir reg en geregtigheid om in Suid-Afrika te geskied.
Die buitelanders sal self besluit wie om te glo: Jan/San SA Burger of die ANC/EFF.

Anoniem ·

Attie, ek stem saam met jou, van wanneer af is dit net Swartes wat arm is. Daar is hoeveel wit armes onder ons maar daaroor word nooit iets daaroor gese nie. Dit wys net hoe oningelig (of blind) die regering is. Ag foeitog dit is tog net altyd die swartes wat “arm” is en slagoffers kan wees.

Werner ·

So al hoekom hulle bots is dat die ANC die grond wil vat voor die EFF dit doen sien nie juis lig nie

schalk ·

CR en die ANC het reeds die teikens van grondonteining bepaal en die metodes. Hy bewerkstellig nou net die metodes sodat dit nie openlik kan dui op diefstal nie.
ANC en julle vriende weet net een ding hoe magtriger julle vertoon hoe meer openbaar julle die swakhede van ‘n party. Geen partye in enige land in die wereld kon nog altyd bestaan en regeer nie. Iewers kom ‘n party na vore wat oorneem. Maak nie saak wat gaan groei van die dade wat julle plant nie …. die vrug mag dalk anders proe en lyk as wat julle beplan.

LouE ·

Wat ek nie verstaan nie is – Hoe onderhandel jy met iemand wat klaar gesê het dat hulle jou eiendom sonder vergoeding gaan wegneem/vat/konfiskeer? Moet jy daaroor praat en dan vir hulle die goed gee sonder om sleg te voel? Moet jy hulle dalk eers touwys maak oor hoe om jou eiendom te gebruik? Of waaroor moet ons onderhandel? Die bottom-line is hulle gaan jou eindom vat en jou dan soos ‘n sleg hond van die grond afjaag.

Koos1 ·

LouE, jy vat die woorde so uit my mond. Eers word die witmense as diewe van grond bestempel, toe word daar gesê dat dit gaan gebeur en nou na alles wil die regering hê dat die boere moet help om hulle eie ondergang te bewerk. Klink alles na goedkoop politieke praatjies.
Mnr. Ramaposa, begin die proses reg. Kry eers alle rolspelers aanboord en kry alle feite reg (soos wie was dan nou eers eerste hier ens.). Bepaal die ware, feite hoeveel grond beskikbaar is en wie die grond besit, en dan eers kan jy met alle rolspelers saam ‘n plan beraam hou om dit in werking te stel. Waarmee jy en jou ANC nou besig is is boelie taktiek. Ons sal dit doen want ons het die meerste steun. Neem asb inspirasie van ons eerste president en laat ALMAL in die land voel dat hulle bygedra het om die proses te laat slaag. Ek het van jou as besigheidsman verwag dat jy die situasie beter sou benader het, want in wese het jy die grootste besigheids transaksie op hande, maar jy neem nie die volle verantwoordlikheid vir besluite nie, of hanteer jy die as ‘n “hostile takeover”?

Rynhardt ·

Ramaphosa het lankal klaar bepaal dat grobdobteiening sal geskiet volgens die Freedom Charter,m.a.w. ons wil alles he!Jy sien alreeds dat Ramaphosa al hoe meer agressief voorkom in parlement!Hy het selfs die DA se hoofsweep,Steenhuizen stilgemaak en gese:”You shut up,shut up and listen!”Die wat Ramaphosa so geprys en omarm het sal nou meer en meer die ware Ramaphosa ontdek!Afriforum,die dae van hof toe hardloop is verby!Die rede oor hoekom Ramaphosa wil praat oor grond,is omdat hy die kuns van onderhandeling bemeester het,terwyl die Afrikanertjies elke keer tweede viool speel!So gaan die Afrikanertjies weer onderhandel?????

Afrikaanse Knaap ·

Daar is niks meer om te onderhandel nie.
Hy kan nou belasting geld by “the people” gaan kry, en Japan smeek vir nog investering. Ek sal geld neersit daarop dat hy vrugbare Afrikaner grond neersit as kollateraal, soos met Sjina.
Die dwaas wat dink hy het ‘n 1 uit 140 000 kans om gehoor te word, het nie basiese voorheen bevoordeelde tans benadeelde opvoeding nie.

Francois ·

“You go” Afriforum!!!
Mense ondersteun die groep, hulle doen harde en uitstekende werk vir elkeen van ons onder nie maklike omstandighede nie.

Theresa ·

Aarde tog. Nou trek hul tou oor wie nou eintlik vir die gemors verantwoordelik is. Kan jy nou meer!

Antoinette ·

Ek kry CR nogal jammer. Eerstens moet hy al die vure wat Zuma aangeblaas het probeer blus met ‘n aansienlike hoeveelheid onbevoegde meelopers wat hy hopelik een vir een van ontslae sal raak. Die misdadige elemente is oorweldigend en ek weet nie of die Kommisaris en Cele die mas sal opkom nie. Lg probeer volgens my sy bes maar ten spyte van die paar bevoegdes sal dit ‘n stryd wees om al die korruptes en siende blindes uit hul gate te jaag. Neem bv nou die korrupsie met die vervalste salarisstrokies en ander dokumente in Yeoville. Die polisiestasie, verstaan ek, is net oorkant die straat. Hoe kan hulle nie weet wat daar aangaan nie? volgens die nuus gisteraand was dit gister steeds “business as usual” ten spyte van die oopvlekking. Bring die Polisiekolleges terug – en die doodstraf. Wat die onluste oor dienste aanbetref. Ek weet nie veel van die dinge af nie, maar my logika se vir my Munisipale Bestuurders behoort elke jaar behoeftes te bepaal en dienooreenskomstige begrotings opstel wat dan aan die Parlekemnt voorgele word sodat hulle fondse kan bekom om dit te laat realiseer. Ag nee regtig. Mnr Ramaphosa moet sy huiswerk doen en ordentlik opgeleide en eerlike mense (van alle rasse) aanstel. Dan kan dit net beter. So ‘n opmerkingkie oor die plaasmoorde van sy kant af behoort ook nie kwaad te doen nie. Swart eiendomseienaars wil ook nie plakkerkampe in hulle omgewing he nie. Ook ‘n vorm van apartheid?

AMMIE ·

Ons blanke afrikaners is baie bekommerd en met rede!! Na gister se vrae en antwoorde in die parlement moet ons dringend besluit wat ons gaan doen en veral met die verkiesing op hande. Vir wie kan ons stem, want dit sal nie wys wees om nie te stem nie dan verkoop ons regtig ons mooi land uit aan die ANC & EFF. Kan ons blanke Suid Afrikaners nie maar saamstaan en nog red wat te redde is nie……………..waar gaan die meerderheid van ons heen vlug? Iewers moet iemand nou opstaan en sê genoeg is genoeg en ons stop om ons swaar verdiende geld waarvoor ons hard gewerk het te mors op die spandabelrige regering. Niemand het meer vertroue in die DA of in ons President nie.

Johan ·

Misleiding soos altyd. Op die hoë vlakke praat hulle altyd van HERVORMING wat altyd so goed klink. Maar die oomblik as hulle dit wil toepas, haal hulle n swart verfkwas uit en maak dit TRANSFORMASIE, —- soos in Swart Ekonomiese Bemagtiging met Radikale Ekonomiese Transformasie, en Onteiening sonder Vergoeding?

Andre ·

Oom Cyril is bietjie bekommerd, hy probeer braaf voorkom. Vanuit `n wit man se mond wil ek niks met hom onderhandel, want daar is niks te baat vir wit mense in sy onderhandeling nie. Bring die buiteland dat hulle kom help met die onderhandeling.

Piet ·

Die leun dat hulle so vreeslik swaar gestraf is gedurende apartheid is reeds baie effektief aan die buiteland verkwansel. Dit was nooit bekend dat ons in n oorlog teen Castro, wat amper die hele Amerika met n kern aanval verwoes het en Kadafi wat n skrikbewind in die Midde Ooste gevoer het, gewikkel was. Die vlag van die hammer en sekel is eindelik oor Suid Afrika gehys deur FW en sy ondersteuners. Ek hoop tog dat ons storie vertel sal word sodat iemand in die toekoms dalk iets daaruit sal leer.

leon ·

Daar kom nog groot baklei oor grond.

Daar is so baie belange en geveg vir elke stukkie wat moontlik van waarde kan wees.

1. Proteaglen is dit broer teen broer (beide swart). Die wat redelike huise besit en die wat wil hutte bou.
2. Die Zoeleo koning wat sy “onderdane” melk en skep as ontwikkelaars en mynbouers grond soek. Miljoene hektare wat FW vir hom gegee het om Inkata te steun (lekker man).
3. Die platteland wat leegloop en mense wat plek soek om te bly tussen die wit en swart rykes

Dan eers kom ons boere aan die beurt.

Baie gevegte….hoop die anc en Ramaphosa is reg en ruik die koffie!

Vic ·

hoe dan nou? jy het dan klaar gese jy gaan die grond vat, waaroor wil jy dan nou praat?

cooll ·

Die buiteland moet as “mediator” kom instaan, ons het ons vryheid, betaal met bloed en moeder traane, ons vrouns en kinders het wragtig nie verniet hul lewens in die engelse konsentraasie kampe verloor nie!ons soek ons vryheid terug, ons lewe nou in n anc konsentraasie kamp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.