Ramaphosa en kie in Dubai vir klimaatberaad

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in Dubai aangekom om Suid-Afrika se deelname aan die Verenigde Nasies se COP28-klimaatberaad te lei.

Sultan Ahmed al-Djaber, COP28 se president, het vroeër gesê dié beraad is die belangrikste nóg sedert die Parys-ooreenkoms in 2015 by die 21ste internasionale klimaatberaad (COP21) onderteken is.

Die beraad word tot 12 Desember by die Dubai Expo in die Verenigde Arabiese Emirate aangebied.

Ramaphosa sal egter net tot Saterdag aan die stuur van die land se deelname wees, waarna Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, die res van die beraad namens Suid-Afrika sal bywoon.

Deelnemende lande sal tydens die beraad onder meer vordering bespreek wat tot dusver gemaak is om klimaatsverandering teen te werk, en verdere stappe belyn wat nodig is om enige tekortkominge in te haal.

Creecy en haar eweknie van Denemarke, Dan Jørgensen, is deur die Verenigde Arabiese Emirate versoek om besprekings op ʼn politieke vlak tussen ministers wat klimaatsverandering moet teenwerk te fasiliteer.

Maroela Media het vroeër berig dat Suid-Afrika nog lande se steun gewerf het om van steenkool na herwinbare kragopwekking oor te skakel in ʼn poging om klimaatsverandering teen te werk. Dié lande sluit in Denemarke, Nederland en Spanje – wat ook in dié plan sal belê.

Dit beteken geld beskikbaar vir die finansiering van die vennootskap vir ʼn billike energieoorgang (JetP) staan tans op $11,8 miljard (ongeveer R222 miljard). Dit is egter steeds ʼn druppel aan die emmer van wat nodig sal wees om die Suid-Afrikaanse ekonomie volkome onafhanklik van steenkool te maak.

Duitsland, die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie en die VSA het reeds in 2021 onderneem om R8,5 miljard (net meer as R131 miljard) hiervoor te bewillig. Die ooreenkoms is tydens COP26 in Glasgow, Skotland, geteken.

Die ooreenkoms is egter onderhewig aan die finalisering van ʼn inwerkingstellingsplan. Dít moes al in Augustus voltooi gewees het, maar is eers in November aan die kabinet voorgelê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Witbaard ·

Hy sal niks bydra nie. Al wat hy sal doen is om die Westerse lande te beskuldig oor alles wat verkeerd gaan, maar in die selfde asem geld te bedel.

tweeling ·

Wat van jy bly maar eerder by die huis en sorteer jou kriminele ministers uit wat nie van steenkool wil afsien nie.

Highlander ·

Te laat daarvoor. Klimaat is in sy maat in. Soos met vorige reset. Niks met koolstof gasse ens te doen nie

Waarnemer ·

En wat is die kostes bzn die etes op Nkwazi om die kaders vrt te voer hierdie keer?

Waarnemer ·

Zlweef R25000.00 per kop vor 6 mense of kry die lyfwagte weer kaviaar vir die kinders tuis?

Kokerboom ·

Sal graag die totale koste van die 12 dae lange ekskursie wil sien asook direkte voordele vir SA?

Jan Jacobs ·

As jy glo steenkool kragsentrales benadeel, die natuur meer as wind krag opwekking en die gifstof in solar baterye,doen gerus meer navorsing

hpven ·

Waarnemer, hulle vlieg so lekker want hulle eet so lekker. Dit terwyl hul eie mense krepeer in aarmoede. Maar stem gaan hulle weer vir hulle stem!

Jacobus ·

Daar ís probleme gepaardgaande met die bywoning. Om byvoorbeeld parkeerplek te kry tussen die 500 tot 600 superstralers. Wat keer op keer plaasvind is dat hulle vir Siril oorhaal om nog meer van ons topgehalte steenkool te lewer en ons kragsentrales te sluit (teen vergoeding natuurlik). Hoop ook daar is parkering vir Greta se boot. Dit is ‘n ernstige onderwerp wat gepaard gaan soveel oneerlikheid!

Vriendelike Frikkie ·

@Jan Jacobs – Jy kan maar praat, maar die Groenies sal nie luister. Hulle het nie die nodige kennis om ‘n sinvolle argument mee te voer nie.

Highlander ·

Jan Jacobs is 100% korrek. En ja Vriendelike Frikkie. Want daar is n Gretha in elke groenie. Amper n soort posession

LIEZL ·

Bly in jou eie land en spreek die probleme hier aan. Dis mos lekker as dit die belastingbetalers se geld is

Bolandse Nooi ·

Hoeveel het die trog-vretery op Inkwazi HIERDIE keer die belastingbetaler gekos – R64 000.00 per kop?

Frikkels ·

Hierdie is alles pure vertoon. Los die klimaat en bring bra gupta saam terug laat ons hom kan in die hande kry!

Andries ·

Di sukses van di trippie sal afhang wat in di trog sal beland…
Hoop di keer het vlugpersoneel, Mc D burgers ingepak

Kokkie ·

Diegene wat saam met Cyril Dubai toe is, het eintlik meer gegaan vir die terugreis. Die baie eet en sakke vol kos stop.

Joggie ·

Cyril het seker nuwe $$ by die Guptas gaan haal om sy banke op te vul!

Wondermaarnet ·

Seker weer lekker duur kos en drank geniet op die vlug en die belastingbetaler moet opdok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.