Ramaphosa-era begin in Afrikaans

Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die eerste woord wat pres. Cyril Ramaphosa as verkose president van die parlementêre podium af gesê het, was jou werklikwaar ʼn Afrikaanse woord.

“Pasop!” het hy aan die opposisie gesê, maar selfs vanmiddag al was daar tekens dat hy die een sal moet wees wat moet pasop.

Minstens twee kabinetslede, die vurige Zuma-lojaliste Faith Muthambi (minister van staatsdiens en administrasie) en Bathabile Dlamini (minister van maatskaplike ontwikkeling) se sitplekke was leeg in ʼn moontlike aanduiding dat ʼn terugvegpoging deur Zuma-lojaliste begin vorm aanneem.

Ramaphosa was die enigste genomineerde vir die presidentskap, wat gisteraand vakant geraak het met die bedanking van oudpres. Jacob Zuma.

Vandag was ʼn dag van politieke spanning en afdanking in Kaapstad, en die eerste aksie het van die EFF gekom.

Die ou flou makou-storie dat die EFF eintlik net bestaan uit mense wat suur is omdat Zuma die EFF-leierskap uit die ANC geskors het, en dat die EFF na die ANC sal terugkeer noudat Zuma weg is, is behoorlik die nek ingeslaan deur die EFF-leier, Julius Malema, by ʼn mediakonferensie wat om twaalfuur begin het.

Malema het met ʼn vurigheid wat soms byna na persoonlike weersin of wrewel gelyk het, onder ANC-leiersfigure soos Ramaphosa, Jeff Radebe (minister in die presidensie) en oudministers Pravin Gordhan en Derek Hanekom ingeklim.

“Ek sal nooit, ooit weer by die ANC aansluit nie. Ek sal eerder uit die politiek tree,” het Malema gesê. Hy het die belangrikheid van ʼn sterk opposisie vir ʼn funksionerende demokrasie benadruk, en hom verbind tot opposisie-samewerking in die aanloop tot die 2019-verkiesing.

Die EFF en die ander opposisiepartye het gesamentlik besluit om volgende week te vra vir die ontbinding van die parlement sodat ʼn vervroegde verkiesing kan plaasvind.

Om kwart oor een het die DA ʼn meer besadigde mediakonferensie op die trappe van die parlement gehou. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het hard probeer om die media te lei na vrae oor die parlement se ontbinding, maar sy eie party se probleme in Kaapstad was vir die joernaliste baie interessanter.

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het naamlik ʼn DA-mosie van wantroue met 110 stemme teen 109 oorleef – en dit terwyl die DA 154 setels in die raad het. Dit beteken amper ʼn derde van die DA-stadsraadslede het geweier om die DA se opdrag om teen De Lille te stem, te gehoorsaam.

Die stroewe gesigte van die DA-leierskap was die stille getuienis van watter probleme in die party se Wes-Kaapse hartland aan’t broei is. Wrange vrugte is die DA se voorland as die probleme nie opgelos word op ʼn manier wat die onenigheid bylê nie.

Maimane se boodskap was dat klagtes wat teen De Lille ingedien is by die DA se federale regskommissie steeds staan, en dat die ondersoek daarna binne enkele weke afgehandel sal wees.

Toe was dit tyd vir die parlementsitting, en die arme speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, se nagmerriestryd teen die EFF het voortgeduur. As sy hulle maar net met respek wil behandel en nie die ANC so openlik voortrek nie, sal dit met haar beter gaan – maar dis duidelik net te veel gevra.

Nie eens die EFF-versoek dat sy Zuma se bedankingsbrief voorlees is deur haar toegestaan nie, so die hele sitting het weer eens in ʼn sirkus ontaard met haar wat die onderspit delf en die EFF wat uitstap nadat hulle haar, welverdiend, goed die kop gewas het.

Gelukkig het hoofregter Mogoeng Mogoeng toe die stoel ingeneem en ʼn voorbeeld van behoorlike voorsitterskap getoon deur wel die bedankingsbrief voor te lees.

Ramaphosa is toe deur die ANC as presidentskandidaat voorgestel en omdat daar geen ander kandidate was nie, is hy onbestrede verkies verklaar.

Daarna het elke opposisieleier (behalwe die afwesige Malema) kans gekry om ʼn paar woorde te sê. Sowel Maimane as die UDM-leier, Bantu Holomisa, het die ANC  daaraan herinner dat hulle net mooi niks gedoen het om die korrupsie en wanbestuur van die Zuma-era te stuit nie. Dit is aan die opposisie oorgelaat.

Die IVP-hoofsweep, Narend Singh, het ʼn gevoelige punt aangeraak toe hy Ramaphosa gevra het om sy kabinet te skommel. Die minister van energie, David Mahlobo, het spesifiek sigbaar ongemaklik gelyk.

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het Ramaphosa gevra om nie, soos Zuma, vir Jan van Riebeeck en die land se wit mense te blameer vir alles wat verkeerd loop nie, terwyl die ACDP-leier, eerw. Kenneth Meshoe, op sielvolle wyse vir Ramaphosa gevra het om sy pad met die lig van God te laat beskyn.

Ramaphosa se toespraak was ʼn welkome verbetering op Zuma se stamelende pogings. Hy het belowe om gereeld met alle politieke partye se leiers te ontmoet, en het nie ʼn voorbereide toespraak gehad wat hy afgelees het nie.

Veel eerder kon mens van die persgalery af sien dat hy gestruktureerde notas gemaak het in sy eie handskrif. Hy het eenheid en die stryd teen korrupsie beklemtoon, en op elke opposisieleier se inset gereageer met ʼn gepoleerde trefsekerheid, sjarme en skerpheid wat hulle moes laat besef het hulle moet oppas – die nuwe president is ʼn onvergelykbaar beter debatteerder as sy voorganger.

Dit was ʼn goeie begin vir Ramaphosa. Nou moet hy net oppas vir die lemme wat uit sy eie party op sy rug gemik word…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Sonja ·

As ons nuwe president sy sout werd is kan dit net beter gaan.

Cathy Kotze ·

Ons almal bid vir ‘n verbetering, maar laat ons nie vergeet hoe Cyril Ramaphosa destyds tydens die onderhandlinge die ANC se toekoms strategie beskryf het nie.

The ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: “it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. The black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.”

LHS ·

Stem ek so saam met Cathy, of n persoon nou n rooi baadjie of n blou baadjie aanhet maak geen verskil aan wie die persoon is nie. Ek beskou hierdie man as n baie groter gevaar op vele terreine vir veral blanke Suid-Afrikaners. Moet nie mislei word deur woorde en hoop nie. Onthou wie en wat hierdie persoon is en watter rol hy gespeel het by die onderhandelingstafels waar hy gewerk het aan die vernietiging van alle bestaande werkende strukture. Gaan sit bietjie en dink waar en hoe hy so vinnig na 1994 die finansies vandaan gekry het wat hom gehelp het om so skielik en vinnig n skatryk sakeman/veeboer te geword het. Pasop, slinks, slu en oortuigend is deel van sy sterk punte. Hy is en bly egter nog steeds ten volle verbind aan die visie en missie van sy party en daarop hoef ek nie uit te wei nie.

stem saam ·

CR het presies bedoel wat hy geuiter het…..en wel teenoor die afrikanervolk…….pasop, julle het nog niks gesien nie….en dit alles met n glimlag……julle is gewaarsku…..hy het geuiter wat hy in sy kop ronddra en wat hy in sy hart voel………waarvan die hart vol is loop die mond van oor……die hele wereld sit hulle so ore aan……mooi woordjies en net presies dit wat almal wil hoor….maar wat in hulle harte aangaan….dit sien mense eers wanneer dit reeds te laat is……jammer mense, ek ken die hele oos-blok geskiedenis en ellende te goed……politiek word net gebruik tot voordeel van die party en nie die land nie en sy mense nie.

Janneman ·

Hoe vinnig kan die politiek nie in verander nie ne.

President Ramaphosa gaan die EFF vinnig ore aansit en hulle irrelevant maak – hulle verwelk waar orde, doelgerigtheid en disipline heers.

Die DA self het n onstuimige tyd wat voorle en 2019 is om die draai. Ek voorspel groot veranderings in ons politiek en die volgende verkiesing.

Willem ·

Hehehehehe. Jan-Jan, dis om die Afrikaner en Afrikaanssprekendes ‘n rat voor die oë te draai, hy smokkel met hul koppe, as hy hulle eers gevang het, gaan hy die paddas stadig kook. Terloops, Zuma het sommer erg vuur onder hulle gemaak, watwou stadig kook.

Vasbyt ·

Niemand kan vertrou word nie.Hou maar by jou eie mense.
Cathy dankie vir jou insetsel.Ek is bly dat ek nou bewus is daarvan.Daar gaan nog groot probleme in SA kom maar soos Siener geskryf het…..ons sal uiteindelik die wa deur die drif trek deurdat ons Afrikaners op n gegewe tydstip sal agterkom wat dit beteken om saam te staan.Op die oomblik is daar nog te veel wat dwars trek en hulle word bagasie genoem.Die tyd sal egter kom.

pb ·

Vasbyt…skuif net eers jou voortrekkerkappie reg. Jul is so negatief omdat jul nog vashou in hierdie moderne eeu aan Siener en trawante. Breek so bietjie uit verkramptheid uit en soek bietjie vreugde ook daarbuite?

Sarita ·

pb realisties wees is nie negatief nie, dis danksy die voortrekkerkappie waarna jy so neerhalend verwys dat jy vandag hier is.

Johann ·

Klomp pessimiste. Ons land kan doen sonder mense soos julle. Vasbyt, ek wonder nogal wat dink jy gaan gebeur as al die blankes saamstaan? Kyk asb na ons bevolking samestelling en as jy kan somme maak sal jy sien dat ons niks sal kan regkry teen die meerderheid nie. Die grootste probleem is dat daar te veel mense is wat sê hulle is Chrtistene maar dit nie leef nie, Cyril Ramaphosa ek gee jou die voordeel van die twyfel en ek glo jy gaan Suid Afrika met onderskeiuding lei!

Gerhard ·

Die ou spel dit dan uit vir jou, pasop!. Wat wil jy nog meer he. Siestog.

Sarita ·

Johann eerder ‘n pessimis as te goedgelowig, dis immers hoe ons hier beland het. Ramaphosa het sy plan met blankes 24 jaa terug al uitgespel. Ons bevolking se samestelling was tydens die Slag van Bloedrivier dieselfde as nou, en kyk wat het daar gebeur.

pb ·

Ou Sagrys…ek spot nie. Ek erken ook ek is daar agv die voortrekkerkappie. Maar dankie tog ek dra nie meer die kappie nie…en ek laat my ook nie lei deur sieners nie. Ek is n bevryde en trotse Suid Afrikaner wat glo in respek vir ander en n groter realis as jy of die boerenooi hierbo. Dankie vir die genade om vorentoe te kon gaan

EH ·

“Pasop!” – Hmm, laat my nogal nou wonder… Ons Afrikaanssprekendes sal nie agterna kan sê ons was nie gewaarsku nie. Ek hoop sy taal- en woordkeuse was net toeval. Nietemin, ek is vandag dankbaar vir die nuwe hoop wat sy presidentskap vir ons Afrikanervolk kan bring. Ek kies vandag om hom die voordeel van die twyfel te gee en bid hom God se seën en leiding toe.

Boet Fasie ·

As Ramaphosa sy kant en beloftes nakom aan alle Suid Afrikaners glo ek dat die ANC baie nuwe stemme ook van blanke Suid Afrikaners gaan kry by die volgende verkiesing.

NEEEEEEEE ·

O my hemel maar ons Afrikaners en blankes is vas aan die slaap. CYRIL het al by vele geleenthede gesê hoe hy die blankes gaan marginaliseer, hoe hy hulle in ‘n pot gaan kook, al hulle besighede en land afvat, hoe hy hulle stadig gaan reduseer tot niks nie. EN JULLE wil nog vir hom stem? lmga .. mooi man .. Boet Fasie, as jy weer skrik, skrik net wakker.

Knapzak ·

Hierdie gaan die beste President wees wat ons na 1994 gehad het,,,ons het tot hier gekom…dalk kaal gestroop van al die verval…kom ons staan op en ondersteun hierdie yster…maak van hierdie land weer ‘n trotse land…die ossewa dae is verby,As hierdie man hierdie land kan optel …stem ek ook ANC,Hy se hy stel die land en sy mense eerste…wat wil ons meer he.Ek het hoop

christa ·

Knapzak stem saam Laat al die mense in Suid Afrika vir Cyril kans gee daar is baie wat hy moet uitsorteer ons land is in choas deur zuma en onhou Cyril het vir 10 jaar mooi gesien wie is zuimpie se Maatjies So Kom Ons Bid Saam Vir Hom Vertrou dat dit Beter Kan gaan in ons Land .Ek weet persoonlik nie of daar iemand anders kan wees nie

Helena ·

PB, Johann en Knapzak ons praat weer as sy ware kleure begin wys Siener se woorde gaan waar kom en dan sal julle dalk die oogklappe afhaal. Een van sy eerste beloftes was onteiening sonder vergoeding dink julle, julle is veilig net omdat julle nie die waarheid in die oe wil kyk nie

rollie ·

Cyril se aanstelling is nie goeie nuus vir opposiepartye nie. Hy gaan ‘n goeie president wees en dit gaan die ANC ook indirek versterk. Ek dink die ANC gaan al hul verlore kiesers terugkry wat deur Zuma vervreem is.

Gerhard ·

Ek sit nou en dink, hoe lank gaan dit vat voor ons weer is waar ons kla oor die ANC? Wat dink julle “positiewe” DAkanertjies? Ses maand, ‘n jaar, een termyn. Ja ek weet om dit in te vryf is lelik van my, maar julle klomp is so arrogante ek kan dit nie help nie. Ek sal julle dan weer herhinder aan julle foute.

Miskien ·

Die volgende 4 jaar van Cyril agter die stuur van die ANC gaan baie interessant wees. Ek glo ook hy gaan al die ANC se vervreemde verkiesers terug wen. Kons ons hoop dat hy werklik die belange van al die mense in Suid Afrika het en nie net die onkundige meerderheid wat met emosie en beloftes opgesweep kan word nie… En hopelik word hierdie “free education” aborsie ook van die hand gewys. Mens kan nie als verniet kry, en hoop die kwaliteit bly volhoubaar nie.,,

Chrisjan ·

Duideliker kon die nuwe president dit sekerlik nie gemaak het toe hy sy eerste woord in Afrikaans geuiter het nie. Maw my liewe mede-Afrikaanse volksgenoot: Pasop!
“Moet op prinse nie vertrou nie” sê die Groot Boek.
Josef se verhaal (nie Siener s’n) leer vir my hoe korrup regerings is. Gebruik die volk se geld en bou skure, maak die skure vol mbv volk se oeste. Ten tye van hongersnood moet volk dit terugkoop by regering, en as laaste, desperate poging tot oorlewing word volksgenote as slawe aan regering verkoop! “Pasop!”

vasbyt ·

Dit is juis persone soos pb , Johann en Knapzak – wat bagasie genoem word.
Sodra die euphoria verby is met Ramaposa – sal die werklikheid dalk begin insink. Gaan tyd neem … maar dit sal.
Dit is lekker om te hoor dat korrupsie vasgevat gaan word – maar gaan dit lekker wees wanneer die gondonteinening sonder vergoeding begin?
Wat Siener aanbetref – wees eerder ingelig.

A ·

Jammer dat ek ook nie so positief is nie. Ek dink die geskiedenis herhaal homself telkens. Dit het met Dingaan begin wat so vriendelik was en selfs ‘n traktaat onderteken het. Maar ja…………..

Hans ·

Ja dit is so. Tog vergeet almal te gerieflik wat die engelse aan ons gedoen het. Hoor niemand kreun en kla daaroor nie. Ja kyk na die geskiedenis en sien dat hy hom herhaal, let wel herhaal.

Andrew ·

Die kaap het nooit brittanje geveg nie so was nie soos die Boere in kampe gegooi nie

Johan. H. ·

Cytil is 100 keer beter as sy voorganger, Want hy het verstand,, Maar ek vertrou hom nie , Want ek meet hom aan al daaie sluwe kabinet minestertjies wat daar rond hang veral daaie Mbete. ook daaie een met die pruik,

DHK ·

Nee Johan. H, nie 100 keer beter nie – net 100 keer gevaarliker.

Fanie ·

Ramaposa is die enigste hoop vir SA. As hy nie werk nie is dit verby !

Andre ·

“Pasop”. Met wie praat hy as hy Afrikaans praat, seker nie met sy eie mense nie. Die massas gaan hom verwerp as hy nie gehoor gee aan grondhervorming en beslagleggings sonder vergoeding nie en Julius gaan daarby baat.

Gerhard ·

Die manne sukkel om te verstaan as hy hulle in Engels vertel, so hy doen dit in hulle taal. Dan sukkel hulle nog. Ai ek geniet nou om met hulle te spot. Nou wag ons maar vir CR om sy ding te doen. Dan kla hulle weer.

padda ·

LYK MY ONS SAL WEER DIE JA STEMMERS OOR 2 jaar moet herinner aan hulle OPTIMISME oor Ramaphosa .. Nou wil hulle niks weet van hulle JA stemme nie, en wil hulle woorde insluk en hulle penne breek waarmee hulle daai kruisie getrek het. Binnekort wil julle weer hierdie heldeverering vir CYRIL probeer terugtrek nadat julle plase en besigheide onteien is .. KOM ONS HOU DIE SPASIE dop, en moenie dat ek julle vang EMIGREER nadat julle hom ‘n KANS gegee het nie . .BLY NOU HIER EN GENIET DIT!

vasbyt ·

Fanie – dit is presies waaroor dit gaan. Sodra dit nie meer werk nie begin Siener se tyd – Ons tyd. En dit is nou wanneer ons nie die bagasie sal kan bekostig nie.

Landie ·

Ag asseblief, regtig. Nogsteeds mense wat in vandag se tyd glo aan ‘n siener se twak en die kamstige nagte van lang mense. Word wakker. Die enigste waaraan ek glo is die Here, vir die res praat almal twak. En Hy is die enigste een wat die nuwe president kan lei om ons land vorentoe te neem. Ek hoop en vertrou dat hy gelei sal word om die regte besluite te neem en nie deur sy maatjies beinvloed te word nie.

Koos ·

As ek die klomp gemesmeraaisde Afrikaners hierbo se kommentaar oor Cyril lees dan besef ek net weereens in stomme verbasing waarom so baie mense in 1992 so naïef was tydens die referendum.

Daar is geen salf aan sulke mense te smeer nie en bevestig net weereens party mense is hulle eie grootste vyand. “Kalkoene wat vir Krismis stem…”

Alias ·

Ek het heelwat groot respek vir Ramaphosa. Ek glo hy gaan die land goed doen vir meerderheidsgroep. Maar ek gaan nie vir hom stem nie, ek stem vir my Afrikanervolk. Ons moet self ons eie waardes omsien. Wat BAIE BELANGRIK is, ons as Afrikanervolk moet selfbeheersing hê om nie deur hulle te breinspoel nie.

Oerman ·

Dis duidelik ons is lankal nie meer een volk nie. Almal praat teen mekaar en niemand stem saam met mekaar nie. CR is nie n ridder op n wit perd nie en dit gaan almal gou genoeg agter kom. Tyd is die beste leermeester.

Ou.Vlakvark@#BottelKommentare.moc ·

Geagte Mede-soogdiere en Kommentatoooooore,
Ek het al jul kommentare van vandag in ‘n bottel verseël en in my tuin begrawe. Oor 5 jaar haal ek hulle uit en sal hulle in Maroela Media-aanlyn van 16 Februarie 2023 publiseer. Wat dink julle van hierdie oulike plan?

Melissa ·

Ek stem :)

Vir die eerste keer voel dit of daar hoop is vir ons land en ons jeug.

Jurie ·

Gaan lees asb “Circular 213-6” van die ANC gedateer Junie1993 en sien die afgelope paar dae in konteks. Ons probleem is nie Zuma nie maar die ANC.Ek het dit verwys na CR17 in Nov 2017 en tot op hede geen terugvoer gekry nie,wonder hoekom of is dit voor die handliggend.

M'Lady ·

“Pasop” was n baie slinkse manier om die wittes te waarsku. Vertrou hierdie man net sover ek hom kan sien.

Hannatjie ·

Hoeveel van julle praat van CR as ons enigste hoop? Ek het nog altyd gedink en dink en glo nog steeds ons hemelse Vader is ons enigste hoop. Net Hy kan dit so bewerkstellig dat CR ons land goed en reg regeer!!

Erick ·

Heelwat van ons mense wat vetgevoer word vir die slagting, dit is hartseer. Oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.