Ramaphosa erken nuwe Zoeloekoning

ʼn Reuse- geraamde sertifikaat is aan Misuzulu Zulu Zwelithini oorhandig. (Foto: GCIS)

Misuzulu Zulu Zwelithini (48) is Saterdag amptelik as die nuwe Zoeloekoning erken tydens ʼn seremonie waarby duisende mense, asook talle oudpresidente en ander staatsamptenare teenwoordig was.

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn reuse- geraamde sertifikaat aan Zwelithini oorhandig wat amptelik erkenning daaraan gee dat hy die nuwe Zoeloekoning is.

Zwelithini (48) is reeds in Augustus as koning gekroon ná sy pa, Goodwill Zwelithini, se dood verlede jaar. Hy het egter gewag op dié sertifikaat wat hom volle toegang tot regeringshulpbronne gee.

“Ons koning is nou amptelik die koning van die Zoeloe-nasie en die enigste koning van die Zoeloe-nasie,” het Ramaphosa aan die juigende skare gesê.

Die koning het onderneem om “vrede en versoening” te bevorder en om “ʼn katalisator vir ontwikkeling te wees”.

Die jongste erkenning van ʼn nuwe Zoeloekoning is die eerste sodanige geleentheid vir Suid-Afrikaners in meer as ʼn halfeeu.

“Hierdie geskiedkundige oomblik kom net een keer in ʼn leeftyd en die meeste van ons sal nooit weer so iets sien nie,” het Ramaphosa gesê.

In Zwelithini se aanvaardingstoespraak het hy belowe om vir vooruitgang te streef terwyl die wêreld met “armoede, werkloosheid, ʼn tekort aan vertroue in die regering en transisionele leierskapstrukture, klimaatsverandering, rampe en ekonomiese ineenstorting” worstel.

Onder die afgevaardigdes wat die geleentheid bygewoon het, was koning Mswati III, oftewel Ngwenyama Mswati Dlamini, van Afrika se laaste absolute monargie, Eswatini. Dié koning is ook ʼn oom van die nuwe Zoeloe-koning.

Twee oudpresidente, Jacob Zuma en Thabo Mbkei, was ook in tradisionele drag teenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pietertjie ·

So, die koning het gewag vir die sertifikaat, sodat hy belastinggeld kan begin uitgee. In die natuur noem mens ‘n organisme wat op ‘n ander teer sonder om self iets te produseer, ‘n parasiet.

Frederik C ·

” wat hom volle toegang tot regeringshulpbronne gee “. Skuld die belastingbetalers hom iets ??

Republikein in die Wes Kaap ·

KZN moet wegbreek van SA en ‘n Zoeloe monargie word. Dan kan die onderdane daar vir hul koning sorg.

Snowball ·

‘n Jansalie met ‘n sertifikaat wat aan ‘n argaïese ritueel gewig moet gee sodat die ‘free meal ticket’ kan sorg dat onbevoegde korruptes toegang het tot die staatskoffers en kan geld uitdeel aan dié wat geen inset of bydrae lewer tot belasting of waardetoevoeging nie. Lekker Afrika nè?

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai groot sertifikaat het duidelik meer was ‘n PhD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.