Ramaphosa: ‘Fase van versnelde grondhervorming kom’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê Suid-Afrika betree nou ʼn nuwe fase van “versnelde grondhervorming”.

Ramaphosa het ʼn skare ANC-ondersteuners in Inanda buite Durban toegespreek. Die toespraak is deel van die viering van die ANC se 107de bestaansjaar.

Ramaphosa het gesê die grondhervormingsproses sal bydra tot die verligting van armoede en die groei van die landbou-ekonomie en werkskepping  bevorder. Hy het gesê daar is geen twyfel dat die ANC groot sukses behaal het nie maar ook tydperke van “groot teëspoed” beleef het.

“Dit [die party] het periodes ervaar wat gekenmerk is deur beduidende omkering, afname en wegdrywing. Tog het dit elke keer sterker, meer verenig en meer vasbeslote geword om die stryd vir vryheid na te streef.”

Ramaphosa het ook van die geleentheid gebruik gemaak om oudpres. Jacob Zuma te loof vir sy pogings om eenheid binne die regerende party te bewerkstellig.

Zuma het langs Baleka Mbete, speaker van die parlement, Sihle Zikalala, ANC-voorsitter in KwaZulu-Natal, en Zandile Gumede, die ANC se eThekwini-voorsitter, op die verhoog gesit terwyl Ramaphosa sy toespraak gelewer het.

Die land en die ANC het sedert die Nasrec-konferensie ’n era van vernuwing ingegaan, het Ramaphosa gesê. Ramaphosa is by dié konferensie tot ANC-president verkies.

“Terwyl ons op verskeie gebiede deurslaggewend was, is ons taak nog nie voltooi nie en bestaan die potensiaal vir omkering nog steeds,” het hy gesê.

“Waar nodig, het ons maatreëls getref om kaders te hanteer wat die integriteit van die beweging en die etiese standaarde van openbare verteenwoordigers en ANC-leiers ondermyn het. Dit is een van die moeilikste dinge van organisatoriese take, maar ons bly vasbeslote in ons pogings om afwykende en afkeuringswaardige praktyke uit te roei, ” het hy gesê.

Ramaphosa het Suid-Afrika ’n nasie onder nasies genoem, ’n verenigde, nie-rassige demokrasie wat gegrond is op die beginsel van gelyke regte vir almal.

Hy het die land se grondwet, demokratiese instellings, onafhanklike regbank, vrye media en aktiewe burgerskap geprys.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Adam ·

In die kol Koos, maar sal dit nie wonderlik wees as die ANC en spesifiek Ramaphosa vir ons verduidelik wat die “strewe na vryheid” beteken nie. Indien hy en sy makkers nou nog nie vry is nie, wat sal hul vry maak?

Yankee ·

Vergeet wat hy praat, is die ou lelik of wat!! Met so n “gesiggie” asb mamma, waarom!!!!!

Colleen ·

Hy praat en praat en is eger as wat Zuma was. Wat sê hy eintlik wat sin maak?

Dirk van Niekerk ·

As SA n werklikke nie rassige land was soos die President dit beweer, dan sou regstellende aksie mos nie kon werk nie.

A ·

Hy moet oppas dat sy aanhangers en grypers nie hervorm word nie. Die blankes sal nie niks doen nie.

Koos de Meyer. ·

Wie flous hy nou eintlik. Ek wonder of hulle regtig weet wat demokrasie beteken.

Kryger ·

Die enigste grondhervorming wat in SA nodig is, is om vir die Afrikaner ‘n eie staat te gee waar ons vry van die oorheersing deur vreemde volke ons bestaan kan voer!

jaco ·

Toe die AWB in die 1980’s vir ‘n eie staat gevra het, het die wit Nasionale Party regering dit geweier en gesê dis rassisme en sal in elk geval nie werk nie. Verdere volkstaatdrome is deur die nogal regse Konserwatiewe Party gekelder toe hulle gesê het ‘n volkstaat “kan nie werk nie”. Toe Orania as semi-volkstaat gestig is, was daar net 60 mense. Drome van darem 60 000 na 25 jaar het ook nie waar geword nie: daar woon vandag maar 1200 mense wat verdeel is in AG kerke.
Die VF-Plus is veronderstel om pro-volkstaat te wees, maar hulle doen niks daarvoor nie. En hulle steun neem af: amper 1 miljoen nee stemme in 1992 is af na 170 000 in 2014. Res is NIE almal dood of by die DA of in Australië nie
So waar laat dit ons? Ons eie mense is meerendeels apataties en ons is verdeeld. Ons grawe eintlik maar ons eie graf

Hendrik ·

Wel Orania is 1900 mense en daar is baie ontwikkeling. Kleinfontein ,buite Pretoria 15 km oos, is 1500 mense met 550 huise en groei sterk. Met dorp stigting volgens SPLUMA wetgewing kan enige plaas, met goeie water en solarkrag, in ‘n eie selfstandige gebied ontwikkel word. ‘n Volkstaat sal volgens my NOOIT toegelaat word deur die meerderheidsregering en veiligheidsenklawes met eie veiligheid, water en krag, soos senario voorgestelling deur Dr Frans Coronje van die IRR, is beslis die oplossing vir die eie selfstandige gebied droom.

tamboti ·

WOW dis so mooi, ek sluit sommer more aan by die ANC! Reg langs Zumpies…..

Callie ·

Dis skrikwekkend dat hy oraat van kaders, korrupsie en staatskaping terwyl hy Zuma prys. Ou Cyril kan nie sy tjom Zuma veroordeel nie want hy weet dan praat Zuma oor sy aandeel in alles. Vertel vir ons Pres Cyril, hoe was jy so na aan jou ou groot vriend Zuma en het nie agtergekom van sy Gupta vriende nie. Ek stel dit, jy het nie net geweet nie, jy het gedeel daarin

Callie ·

Prys sy groot jarelange vriend gereeld deesdae. Ek stel dit Pres Cyril, jy het nie net geweet van die Zuma, Gupta bedrog nie, jy het gedeel my ou. As iemand anders dink, daar is mos feetjies of hoe

Alida ·

Dis net n pampoen wat sal glo hy het van niks geweet nie. Sy bubble gaan nog bars. Hy voer vir JZ sweets want hy is bang hy praat. JZ is een van die dae terug in die stoel. Look and learn.

Jack Sadie ·

GB Shaw het gesê: A government who robs Peter to pay Paul, can always depend on the support of Paul. Die man is nóú in verkiesingstyd. Hy is nou net ‘n politikus. Of hy ‘n leier is, gaan die toekoms wys. Gelukkig wys die geskiedenis dat min mense ooit hul verkiesingsbeloftes( ten volle ) nagekom het. In Afrika nog nooit.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ou Cyril………..?? Fase van weerstand teen versnelde grondhervorming kom ook. Jy’s gewaarsku….As jy gedink het Marikana was erg, het jy nog niks gesien nie…..!!

IK ·

Ek was ook die trotse besitter van ‘n VW-kewer en het selfs in die nag op my troudag en onwetend dat dit die Tugelarivier is wat in vloed was deur daardie waters behoorlik ‘geswem’. Wat ek eintlik wil sê is dat Rama my laat dink aan die grappie vd twee miskruiers langs die pad. Kort-kort wanneer ‘n VW-kewer verbykom dan was dit met ‘n sjorrrr-geluid. Sê die een miskruier vir die ander: ‘Dit bly net beloftes elke keer maar verder gebeur daar niks’!

Peter Holmes ·

Geen werk sal geskep word met die militante vakbonde, hoe salarisse, onbuigsame arbeidswette en stakings nie. En dit gaan nie in ons leeftyd verander nie. Cosatu en Saftu regeer die land.

Peter Holmes ·

Geen werk sal geskep word met die militante vakbonde, hoe salarisse, onbuigsame arbeidswette en stakings nie. En dit gaan nie in ons leeftyd verander nie. Cosatu en Saftu regeer die land.

LR ·

Ramaposa is n tweegesig. Op n baie versigtige subtile manier gee hy vir Zuma (sonder om sy naam te noem)die skuld vir die swak vetoning van die land die afgelope 10 jaar, asook vir korupsie en staaskaping.
Maar wanneer hy saam met hom op dieselfde verhoog is dan praat hy hom goed en prys hom.
Dieselfde taktiek gebruik hy as dit kom by onteiening sonder vergoeding. As hy met die buiteland praat dan skilder hy dit so mooi dat n mens eintlik wonder of daar ooit OSV gaan wees.
As hy met die leiers van die landbouorganiesasies praat paai hy hulle met OSV, en gee ook erkenning aan plaasmoorde. Wanneer hy op CNN praat ontken hy landboumoorde totaal en al.
Slotsom, hy is n slang, pasop vir hom.

Eddy ·

U is reg.dit kom weer daarop neer dat ANC lede mekaar nie sommer aanvat nie.ou Cyril weet ook dat ou Zoompie nog baie ondersteuners het.Aan die einde van die dag moet ou Cyril so baie mense tevrede stel(insluitend ou Zoompie)

Roeks Griessel ·

Don’t make us angry Ramapharra, you will not like us when we are angry.

marco polo ·

Wat gaan jy doen? As jy nou nog nie kwaad is nie, is dit dalk te laat.

PJC ·

Hierdie rondte is deur JZ gewen. Slim gewees van hom om homself te nooi en op die verhoog langs Cyril tuis te maak. Dit moes ń erg ongemaklike situasie vir laasgenoemde gewees het.

Vissie ·

Die ANC lot behoort almal baie langer neuse as Pinochio te kry so baie lieg hulle. As hulle die eiendomsdiefstal wil versnel, dan kan dit dalk goeie ding wees dat hulle die komende oorlog wat dit gaan veroorsaak ook sal versnel sodat SA gouer kan verlos word van die “cANCer” wat ons pragtige land so opvreet….

Staak saam ·

Dit is tyd dat die liberale blankes hulle ogies oop maak en hulle mondjies toe maak.

Hoor my lied, die boer gaan nie net omdraai en wegstap soos die britte van Zimbabwe nie, die boer is uit n ander stuk lap gesny.

Ek kan vir CR, anc, EFF en BLF bedank, julle dwing ons op ons knië en julle hou ons daar, en ons bid, ons bid nie meer vir vrede en geregtigheid nie maar ons bid nou vir ingryping van bo af en uitkoms, uitkoms onder hierdie heiden volk uit.

Hulle moet ons net op ons knië hou en ons God sal die res doen, BLOEDRIVIER!

Elbie Naude ·

Eendag, lank lank gelede was daar ‘n tandmuis, vader kersfees, feetjies, kabouters en trolle. Vandag is daar die ANC. Kies maar self jou fiktiewe karakter.

Ben Opperman ·

Cyril Rampokker is destyds met die onderhandelings by KODESA nooit die geleentheid gegun om sy ware kleure te wys nie. Kameraad Roelf Meyer en sy bende het oorgegee voor dit kon gebeur. Cyril het geduldig sy kans afgewag en nou dat hy in die stoel sit, kan hy sy ware kleure begin wys. Verkiessing op hande of nie, sy tyd het aangebreek om ‘n vervalle land totaal onder swart beheer te konsolideer. Die vlam brand al sterker onder die pot en steeds doen die padda niks nie……

lewies ·

President Ramaposa is met ‘n reddigstrategie besig om SA en sy mense uit ‘n politiekemoras te bestuur. Hulle was nog altyd goeie toneelspelers. Hy weet presies wat die geheim is om SA weer ‘n suksesvolle land te maak.

Sy adviseurs sal hom nie om hulle vinger kan draai, soos in die geval van Zuma nie.

Ja Nee ·

Lewies, dalk weet jy iets wat niemand van weet nie of dalk lewe jy in n droom.

Blaarman ·

“If it walks like a duck and quacks like a duck, it must be a duck”.

Jy het geen geldige rede om die afleidings en die stellings te maak wat jy maak nie.

bwa ·

Ai dit is so diep en hartroerend
sy toespraak
ek huil sommer

not

Stella Berning ·

Ek wonder nou net of sy edele een vzn sy plase gaan afstaan. Hy was mos ook ryk voor ANC kom heers het. Gaan jy ook n gedeelte van sy beleggings weggee vir voorheen benadeeldes. Dis nou net n wonder wat los gekom het. Ou mag wonder.

Jeremia ·

Afrikaans vir ‘n “pipe dream” = daggadroom. En dié goed is nou gewettig.
In ‘n sober oomblik: dis mos dieselfde karakter wat plaasmoorde oorsee ontken het.

Kolle ·

Dik gevreet en uitgerus na ‘n maand se krismis vakansie word die sirkus voortgesit.

Peet J ·

Bring vir die harlekyn nog wyn hy wys ons die nuwe wind wat waai

tamboti ·

Peet jy is briljant man – ek het nog altyd gesukkel om daardie gesig te eien – nou het ek dit!

Vincent ·

I don’t quite understand this, if i steal something, I am innocent until proven guilty in a court of law, then, if convicted, a magistrate decides on my fate, and the stolen property is then handed back to the right full owner. If anyone stole land, please, I urge you, lay a criminal charge by making an affidavit and opening a docket so it can be investigated by either a competent detective or a commission, and once that accused’s version has been tested in a court of law, find him guilty and hand the land back to the right full owner. If he cannot be convicted, he retains his land. Isn’t that what law is based on in, not only our country, but the world?

Boskind ·

“…grondhervormingsproses sal bydra tot die verligting van armoede en groei van die landbou-ekonomie en werkskepping bevorder.” HOE op dees aarde gaan dit gebeur?!?! Wat het van al die hoogs produserende plase geword wat onteien is?!?! Daars niks oor nie…. President Ramaphosa verduidelik asb!!!!

Hanna Hoekom ·

Versnelde hongersnood as jy my vra. Wonder waarheen die Zimbabwiers dan gaan vlug?

frik ·

En daarna sal die ekonomiese val waarkynlik ook versnel en daarna sal
mense sien dat die land net nog verder agteruitgaan. Eventually sal die anc tot n harde val kom en die anc ook uit doe kissings gelig word. hulle wil nie leer by zim nie

Jerry ·

Die fase van versnelde grondhervorming is n fase wat wettig en volgens grondwet gaan geskied en sluit hoofsaaklik grond in wat in staatsbesit is, staatsbeheerde entiteite, munisipale grond, eienaarlose grond en onbenutte grond. Grondhervorming kan net versnel word met grond waar daar geen vertragings soos bv hofsake sal wees nie. Boere se grond kan dus nie ingesluit wees nie, omrede hofsake lank en uitgerek gaan wees en dit dan dus nie as versnellende grondhervorming sal deug nie. Dat die ANC hier en daar n paar plase gaan teiken wat ryk is aan minerale as n toets, is n gegewe. Dit is egter n tydsame proses en deel van die “Afrika tyd” fase. Intussentyd is dit n goeie tyd vir Staak saam om meer tyd op sy kniee deur te bring, maar hopelik vir die regte redes!

pieter ·

Elke stukkie grond wat afgevat word, teen God se wil, sal tot niet gaan, vrugbaarheid sal verdwyn.

Erika Ochse ·

ANC luiste begun our descentr na julle profeet. Justice Malala. We have now

Trojaanse Donkie ·

I hulle twee die nuwe “Simon & Garfunkel” weergawe vir afrika.
Die een speel kitaar en die andereen sing??

Erika Ochse ·

Die ANC is in denial mode daaroor maar hy is oor en uit soos die NP destyds. Net nuwe beleid en desnoods naam kan dalk nog red.
I am not here for position or power. You choose. I am here for honesty integrity and for your prosperity. i don.t care a minute for correct ideologies regardless the election. You have been disillusioned and disappointed enough by populists. You gained no improvement or the slightest economic welfare from them. Colour is irrelevant
Waar is jy dat ek vir jou kan sem

Jerry ·

Jan AG Jacobs, die bybel se ook dat as jy nie jou goed vat en trek nie, gaan jy ook geeet (verswelg) word!

Blaarman ·

Dis tyd om die ANC, asook sy giftige ideologie van Marxisme en etno-nasionalisme vir ewig te vernietig.

Johan ·

Hou Nou op dreig(waarmee julle goed is) en doen(waarmee julle pateties is),sodat ons Kyk wat gebeur….

Lorraine ·

Jammer maar hierdie is net taktiek van ANC om die verkiesing stemme te kry.

Andre ·

Ramaposer moet oppas, Zuma gaan hom nog kelder. Soos gewoonlik belowe hy weer hand en mond, maar almal weet dit is maar net election praatjies.

Ek vind die man `n bietjie sag en pap in die broek.

A Mac ·

Nogal insiggewend watter projekte deur die drukgang gestoot moet word voor die verkiesing. Ek sou eerder dink om die grondkwessie wel goed deur te dink en in werking te stel en eerder projekte daar te stel dat mense permanent werk kan kry, en waar die werk ook volhoubaar is. Mense kan nie grond eet nie en nie almal het die kennis, en natuurlik die wil, om daardie stuk grond ekonomies te bewerk nie. Die geskiedenis gaan hom net herhaal. Google maar net al die groot plase wat reeds hervorm is se prestasies.

André Kruger ·

Iemand het eendag gesê:”Politics is important, too important to be run by politicians”. Of ek dit reg aanhaal, weet ek nie, maar dis soos ek dit onthou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.