Ramaphosa fokus op grond- en loonkwessies

Pres. Ramaphosa spreek die skare toe. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het twee brandpunte, naamlik die nuwe voorgestelde minimumloon en grondonteiening sonder vergoeding, aangespreek in sy Vryheidsdag-toespraak.

Ramaphosa het ’n skare toegespreek by die Dr. Petrus Rantlai Molemela-stadion in Bloemfontein in die Vrystaat.

Volgens Ramaphosa moet die ekonomie groei en daar ordentlike werk geskep word. Hy het gesê die eienaarskap, beheer en bestuur van die ekonomie moet getransformeer word sodat swart Suid-Afrikaners en vroue ten volle verteenwoordig is en gelyk daarby baat. “In kort beteken dit ons moet radikale ekonomiese transformasie bespoedig.”

Ramaphosa het ook die kwessie van die voorgestelde nuwe minimumloon aangespreek. “Sommige mense voer aan dat die nuwe minimumloon van R20 per uur nie ’n leefbare loon is nie. Hulle is korrek. Die nasionale minimumloon bied egter ’n stewige en onaantasbare grondslag, waaroor daar deur alle vennote ooreengekom word, waaruit die stryd om ’n leefbare loon voortgesit kan word.”

Pres. Ramaphosa groet die skare. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Volgens Ramaphosa sal die nuwe minimumloon tot gevolg hê dat die inkomste van meer as ses miljoen werkende Suid-Afrikaners verhoog sal word.

Ramaphosa het ook na grondonteiening sonder vergoeding verwys. “Ekonomiese vryheid beteken dat die grond wat van swart Suid-Afrikaners af weggevat is teruggegee moet word. Ons is daartoe verbind om die herverdeling van grond in stede en landelike gebiede te bespoedig om te verseker dat arm Suid-Afrikaners hul eie grond kan besit en die middele het om dit te bewerk.”

Ramaphosa het gesê een van die maniere om dit te doen is onteiening sonder vergoeding in gevalle waar dit nodig en geregverdig is.

“Ons doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om deel te wees van die breë proses van konsultasie oor hoe ons hierdie besluit moet implementeer op ’n manier wat herverdeling betekenisvol maak en wat bydra tot ’n sterker ekonomie, groter landbouproduksie en verbeterde voedselsekuriteit.”

Pres. Ramaphosa, ministers en ander regeringsamptenare groet die skare. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Ramaphosa het gesê danksy die land se demokratiese grondwet en progressiewe wette, en deur middel van ’n gesamentlike program van maatskaplike en ekonomiese regstelling is daar groot vordering gemaak met die transformasie van die land.

Ramaphosa het egter gesê hoewel daar al baie gedoen is om die rasse- en geslagsverdraaiinge van die verlede aan te spreek is daar nog baie om te doen. Hy het gesê daar is steeds miljoene mense wat werkloos is asook groot gapings in rykdom en geleenthede tussen wit en swart en tussen mans en vroue.

“Ons mense kan nie waarlik vry wees as hulle nie werk het nie, as hulle nie ’n opvoeding het nie en nie ’n lewensbestaan kan voer nie.” Ramaphosa het gesê daar kan nie ontken word dat daar enorme vordering gemaak is in die verbetering van ekonomiese deelname van swart en vroulike Suid-Afrikaners nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Koeks ·

Regso! Die nuwe baas van die plaas wil alles so hou as moontlik bewerkstellig! Vir eers sal hy moet uitvind hoe die grond gekoop en betaal is. Dan sal hy die geldmaak plek moet onder sy arm kry en geld so onder sy mense verspry! Daarna sal hy die banke moet toemaak en siedaar! Komunisme het sy plek in ons geliefde Suid Afrika gekry!!! Hy het solankal oorsee gaan bedel!

jaco ·

as die ANC kommunisme toepas presies soos hulle ou mentors in veral die Sowjet-Unie en Oos-Duitsland, het ek eintlik nog hoop vir SA. In daardie lande was die volgende goed total onbekend:
-plakkerskampe
-vuil swak staatshospitale
-werkloosheid
-swak lae standaard onderwys
-stakings en geweld vir hoër lone
-kragonderbrekings
-regstellende aksie sonder in agneming van opleiding en ondervinding
Die geringste gekla oor goed wat gepla het, is vinnig deur die polisie en die weermag vasgevat. daar was nou wel nie politieke vryheid nie en daar was ook beperkings op godsdiens, maar dit was klein opofferings vir state waarin al die ander goed behoorlik gewerk het.

Heleen ·

Nou hoe op aarde wil hy die ekonomie verbeter??? Deur grond en besighede te onteien??? Nie baie slim skuif nie..

Gerhard ·

Die ANC kyk na die staat van die ekonomie alleenlik van ‘n oogpunt van hoe “gely” mense is. Tipiese kommunistiese uitkyk.

Michael ·

Ai CR praat van miljoene sonder werk wat nie n bestaan kan maak nie nie, die gaping tussen ryk en arem tussen wit en swart het die man geen skaamte nie die ANC bevorder werkloosheid. Dit is moeilik om ryk te raak in die land want hulle en die kaders skep om elke hoek en draai.

Plantasiegorilla ·

Is die arme ou bewus daarvan dat miljoene mense oor die wêreld heen sonder werk sit. Werklose onopleibare massas is nie uniek aan ons brandende land nie…………

humor ·

Meer arbeidsgeleenthede. Beteken dit dat blankearbeiders in die toekoms nog yler in al die sektore gesaai gaan wees. Hoop hul besef n arbeidsgeleentheid vereis opleiding en kundigheid. Onder druk kan nog meer kundiges in ander lande na moontlikhede soek Die arbeidsmark oorlaai met mense wat nie oor kundigheid beskik nie kan baie stremmend wees in die ideaal tot n beter ekonomie.

Uncle D ·

Ek wonder of ons boere nasies nog ooit hul Bybel behoorlik lees. Hy sê: aan Hom behoort al die goud en silwer. Van wanneer af het ons as mens reg tot enigiets. Ons het nie eers die reg om Hom te aanbid nie. Alles wat ons het en is, is slegs genade. Ons het reg tot niks. Sy genade is genoeg. Vertrou op Hom en Hy sal die oorwinning bewerk. Hou op met jul dwaas hede en begin werklik Sy aangesig soek. Draai terug na jul drie enige God Suid-Afrika. Hy sê Hy is ‘n jaloerse God. Ons kannie twee gode dien nie. Jul sal wakker skrik dan is dit te laat om reg te maak met Hom.

Stefanie van Niekerk ·

Werkskepping..goed,maar vir almal. Bemagtiging om grond te besit deur dit te koop…goed.Maar wat gebeur in ons land? Werk word vir swart mense geskep en hulle kry lenings om karre en huise te koop…wit mense kry nie werk nie omdat hul WIT is .Pas nie by kwotas in nie .en kry nie lenings om huis te koop nie of n kar …….want hulle mag nie werk nie. Al wat dit is is OMGEKEERDE RASSISME!! Dit is die realiteit.

jaco ·

Sogenaamde omgekeerde rassisme beteken, veral in die SA konteks, dat rassisme eintlik ‘n eienskap van wit mense is en dat dit “omgekeer” is wanneer swart mense dit aan wit mense doen. Rassisme is bloot rassisme en kom oral voor: swart Hutus in Rwanda wat lelik is met swart Tutsis is rassisme. Zulus wat vassit met Xhosas en Vendas is rassisme. Hindoes in Indië wat lelik is met Moslems in Indië is rassisme. En laastens, swart mense wat vir kleurling- en Indiër-werksoekers in SA sê “sorry no job because you are not black enough” is ook rassisme.

Paplepel ·

Voel nie lekker noudat die skoen aan die ander voet is nie.

BB ·

Wat van as al die boere of wit persone 2de of selfs 3rde verbande op hulle plase en grond vat, vir ontwikkeling of op gradering van hulle eiemdomme. Dan kan die anc mos maar die grond vat, banke gaan hulle geld verloor as die grond gevat word sonder vergoeding. So elke wit persoon gaan bank toe en leen geld teen jou eiendom, so sal ons banke dan al hulle geld verloor en die ekonomie daarmee heen is, of is ek verkeerd???

Johanné ·

Mnr Ramaphosa, gee solank eers vir hulle al die land wat die staat gekoop het,

Danie Minnaar ·

Dit is ironies hoe iemand wat kan bekostig om so baie op ‘n buffel te bie dink hy gaan die massas flous oor die armoede vs. (wit) rykdom ongelykheid….niemand in my familie kon nog ooit so iets naastenby bekostig nie….hoe ryk is ons?

Gerhard ·

Hulle flous die massas al vir dekades en dit gaan nie gou tot ‘n einde kom nie.

humor ·

Ek hoop CR se teansformasieplanne bring ook in berekening die der 1000 de kundiges wat sonder werk n heenkome elders in die buiteland moe soek, met die begeerte om terug na hul vaderland te keer en hier op te bou. Ook moet in berekening gebring word die 1000de jongmense met talle matriek simbole aan wie nie n geleentheid gegun is om vir hul beroepskeuse voor te berei nie.

Reguit ·

Die bekende ‘slim’ praatjies en leë beloftes. Afrika is Afrika en sal Afrika bly en Azanië is geen uitsondering nie. Dinge gaan nie verbeter nie. Inteendeel. Beste opsie is om die hool te verlaat.

Boerseun ·

Op die ou end kan jy nie n hart oorplanting, ontwerp van krag, Telefoon, motor, radio, skepe, skrif, lees, die wiel transformeer nie.

Peanut ·

Nou sit ek so en wonder, hierdie nuwe president is n multi miljoener, met n horde besighede en werknemers.
Kan daar nie iemand wees wat n oudit op AL sy personeel kan doen en sien of hy net bla bla bla nie, en of sy personeelkorps sy woorde weerspieël of weerlê.
Sal interessant wees om die uitslag te sien.

Casper Labuschagne ·

Ramaphosa kan RET slegs regkry deur dit wat die wit minderheid besit, weg te neem.

Radikale ekonomiese transformasie (RET); die komende minimumloon van R20 per uur is nie ‘n leefbare inkomste nie; eienaarskap, beheer en bestuur van die ekonomie moet getransformeer word; radikale ekonomiese transformasie bespoedig; grond wat weggevat is moet teruggegee word in landelike en stedelike gebiede; onteiening sonder vergoeding ‘n manier om dit te doen.

Vertel tog vir my dat al die 1960s se ou waarskuwings oor wat sal gebeur as ‘n swart regering oorneem, nie nou bewaarheid word nie? En van die berugte “wigte en teenwigte” het duidelik nou ook dadels gekom.

Jacob ·

As mens nie kan leef met R20 per uur ongeveer R3600 per maand nie hoe moet die pensioenaarisse oorleef met R1600??

ArrA duTwa ·

Ek stem 100 en 10 % saam met jou Jacob!
Daar is reeds ‘n veldtog geloods om die pensioentjie verhoog te kry na R3500-00. Verseker sal dit ‘n groot getal ou mense se armlastige lewensstandaard verbeter.

marous ·

Diefstal , korrupsie , geen verantwoordelikheid , neopotisme , blaf teen verkeerde boom ens is nie deel van sy woordeskat nie .

Al ·

Nog iets wat jy vergeet het – hul bevolkingsopntploffing waar hul hulself en hul kinders geleenthede ontneem deur ñ swetterjoel kinders te hê waarvoor hul nie kan sorg nie.

Hanna ·

Al vat hulle ook die laaste grond of besigheid in die blankes se besit, sal dit absoluut geen verskil maak aan die miljoene armes se lot nie. En dit is ongelukkig die eeu oue verhaal v Afrika! Paar vet katte gaan bevoordeel word en die res sal v ellende bly krepeer. Natuurlik alles weer die “Weste” se skuld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.