Ramaphosa fokus op krag, water en vervoer

(Foto: Presidency/SouthAfrica/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens sy staatsrede gesê die regering se mees onmiddellike prioriteit is om energiesekerheid te herstel, wat jare gelede reeds in ’n diepgaande krisis gedompel is en waarvoor daar nie ’n maklike oplossing is nie.

Die staatsrede is vir byna ’n uur lank vertraag weens EFF-lede wat die verrigtinge ontwrig het deur die podium te bestorm. Polisielede en veiligheidswagte is ontplooi om hierdie lede uit die saal te begelei.

Ramaphosa se toespraak het op praktiese stappe gefokus om die kragkapasiteit wat nie gevestig is nie, die skade wat aan kragsentrales aangerig is, die gebrek aan instandhouding en die gevolge van staatskaping op staatsinstellings aan te raak.

(Foto: Parliament of RSA/Twitter)

Een van dié stappe is die instel van ’n ramptoestand, wat volgens Ramaphosa sal toesien dat alle aanbevelings toegepas word. ’n Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering sal ook later vanjaar ter tafel gelê word om die energiesektor as ’n mededingende elektrisiteitsmark te vestig.

Tydens die staatsrede het Ramaphosa gesê die regering het die afgelope ses maande reeds groot vordering gemaak met die inwerkingstelling van die elektrisiteitsaksieplan, wat sal toesien dat beurtkrag binne die volgende 18 maande heeltemal afgeskaf word.

Die regering sal inwoners en kleinsakeondernemings ook help om sonpanele aan te skaf om te help krag opwek. Die besonderhede hieroor sal deur die minister van finansies tydens die begrotingsrede later vandeesmaand uiteengesit word.

Oor Eskom se skuldlas van R400 miljard is die Nasionale Tesourie ook besig om ’n oplossing te finaliseer. Die regering onderneem ook om Eskom te ondersteun om bykomende finansiering te verkry vir die aankoop van diesel vir die res van die finansiële jaar.

Spoornetwerk

(Foto: Presidency/SouthAfrica/Twitter)

Ramaphosa sê om die jarelange onderbelegging, gebrek aan onderhoud, misdadige aktiwiteite en ondoeltreffendheid van die spoornetwerk aan te pak, het die regering verlede jaar die Nasionale Spoorbeleid aanvaar. Dit sluit in die modernisering en hervorming van die spoorsektor.

“Ons werk hard om ’n Transnet-padkaart te ontwikkel wat ons beleidsverpligtinge, waaronder die herstrukturering van Transnet Spooragentskap, in werklikheid om te skep.

“Transnet sal oor die volgende paar maande privaat vennote nader vir aanbiedings vir die Durban- en Ngqurahawe en vennootskappe moet teen Oktober 2023 ingestel wees.

“Daar was groot sukses met die herposisionering van die Port Elizabeth-motorterminale, wat sy kapasiteit meer as verdubbel het en reeds ’n toename in uitvoer gesien het.”

Transnet rehabiliteer ook sy stukkende lokomotiewe en brei sy vloot uit, terwyl Prasa sy pendelspoorlyne herstruktureer.

Water

Ramaphosa sê om watersekerheid nou en in die toekoms te verseker, sal die departement van water en sanitasie die proses lei om in groot infrastruktuurprojekte oor die hele land te belê.

“Nadat dit vir etlike jare vertraag is, sal volskaalse bouwerk van die Lesotho-hoogland se Fase Twee-projek vanjaar ’n aanvang neem. Die Lesotho Hoogland-projek is van kritieke belang om die sekuriteit van watervoorsiening aan Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Noord-Kaap te vestig.

“Etlike dekades nadat dit die eerste keer voorgestel is, sal die eerste fase van die Umzimvubu-waterprojek in die volgende boekjaar begin. Hierdie fase, wat die bou van die Ntabelangadam, besproeiingsinfrastruktuur en die verspreiding van water aan gemeenskappe behels, sal deur die regering gefinansier word. Die volgende fase sal die bou van die Lilanedam wees wat ’n hidrokragstasie sal insluit.”

Ramaphosa het gesê groot projekte om die kapasiteit van die Clanwilliam-, Hazelmere- en Tzaneendam te verhoog, sal die voorsiening van water aan die Weskus, eThekwini en die oostelike dele van Limpopo verbeter.

Paaie

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het padboukontrakte ter waarde van R18 miljard oor die afgelope drie maande toegeken.

Die konstruksie van die Msikaba- en Mtentubrug sal gevolglik voltooi word, wat reis in die Oos-Kaap sal vergemaklik.

Altesaam 24 brûe in KwaZulu-Natal is tans onder konstruksie en terreinvoorbereiding word vir ’n verdere 24 brûe gemaak.

Verdere hoogtepunte sluit in:

  • Die regering onderneem om binne die volgende jaar alle huishoudings oor te skakel na digitale televisie en sodoende die analoë televisie finaal uit te faseer.
  • Die beleid en regulatoriese raamwerk vir die buitemuurse produsering en oes van hennep en kannabis deur tradisionele boere word hersien.
  • Om die uitdaging van jeugwerkloosheid aan te pak, is die Indiensnemingsbelastingaansporing uitgebrei om ondernemings aan te moedig om meer jongmense in groot getalle aan te stel.
  • Deur middel van die Presidensiële Indiensnemingstimulus het sowat 140 000 kleinskaalse boere insetbewyse ontvang om saad, kunsmis en toerusting te koop, wat ’n hupstoot vir voedselsekerheid en landbouhervorming bied. Hierdie inisiatief het gelei tot die bewerking van sowat 640 000 ha grond. ’n Indrukwekkende 68% van hierdie boere is vroue. Vanjaar word beoog om nog 250 000 koopbewyse aan kleinskaalse boere te verskaf.
  • Die regering het verlede jaar onderneem om 12 000 nuwe polisiepersoneellede te werf en sedertdien het meer as 10 000 nuwe rekrute aan polisie-akademies gegradueer en ’n verdere 10 000 sal vanjaar gewerf en opgelei word.
  • Ramaphosa sê die feit dat oproepe na die polisie se noodnommer nie beantwoord word nie, sal ondersoek en aangepak word.

Lees die volledige staatsrede hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Vlooitjie ·

Ek rol my oë hardop. Geen belofte of voorstel beteken vir die man op straat enigiets nie. Niks het gekom van vorige kastige planne om die land op te lig ekonomies nie. Mense word al hoe armer, basiese produkte al hoe duurder en die regering al hoe meer korrup. Dis te laat om dinge weer te probeer regmaak. As mense se oë nie oopgaan vir die feit dat ons regering geensins besorg is oor jou welstand nie, gaan die ontnugtering net soveel groter wees. Ons word belieg en bedrieg en verarm om elke hoek en draai en dan is daar nog mense wat dink dat die land regering het net jou welstand op die hart. In ELKE fasset, polities, ekonomies, gesondheid, ALLES word jy belieg.

Tewis ·

Ja! hier gaan ons weer, daar word ons weer vasgevang soos met die covid met Mev Zuma aan die stuur!!!!!

Trotse Boervrou ·

Die sirkus gedeelte gaan die wêreld vol gewys word. SA is ‘n absolute bespotting. Die Regering is ‘n bespotting en die Staatspresident…
Nie die moeite werd om verder te skryf nie.

SwartBees ·

Daai narre in rooi is leë blikke wat baie geraas maak.

Hoekom ·

Hy droom drome wat nooit sal realiseer nie. Hulle is uitvoeling uit met wat aangaan op grondvlak.

Elektriese motors!?!?! Bwhahahahahaha, snaaks…

Danie ·

Krag,water en vervoer is langtermyn projekte wat ten gronde is dit sal nog so 3 dekades vat om op standaard te kom indien daar daadwerlik stappe geneem word.Wat van gesondheid en die misdaad wat die land bedreig ons mense se gesondheid en veiligheid kom eerste.?

Marthinus Johannes ·

Al die korrupsie projekte uitgestippel. Al die skelms maak en beplan klaar hoe om hulself te verryk.

Wit Leeu ·

BLA,BLA, BLA SOOS JY GEWOONLIK DOEN ! NIKS VAN JOU BELOFTES GAAN GEBEUR NIE, SPEKNEK !

Papsak ·

Ek glo niks want al sy dinge wat hy gepraat het is lieg stories niks onder hom en sy anc kaders gaan ooit weer normal wees nie en kopdoek gaan weer net haar sakke vol prop met gelde wat moet gaan vir Eskom en vrotwater probleme daarom het sy gisteraand so bteed gesmile want sy weet wat kom SA is weg uit en oor good bye

Nico ·

Eskom is tot niet die regering en eskom het geweet van die verouderde toerusting sou die regering by die oorname van SA gewerk het aan die opgradering en ook vn die diefstal van die fondse wat daar was en die korrupsie wat die Guptas die regering geleer, sou SA nie in hierdie gemors beland het nie. Soweto moet sy skuld betaal, niks is verniet vandag nie. Die presdent en sy maters eet van die groente en vleis wat deur die boere voorsien word. Waar gaan al die voedsel voorrade en water vandaan kom. Die regering kan gerus iets doen aan die aanwas van die populasie, dit is ook die probleem met werkloosheid.

Eugene ·

Ramaphosa. Het u nie seggensskap om die diaai rooi overalls uit jou regering te jaag nie? Wie is die prez, u of die EFF? U speach was elk geval net beloftes.

Koen ·

Dis tog so duidelik soos daglig. Die EFF maak soos hulle wil met almal se goedkeuring. Dit was alles gestage. As niemand dit nie kan sien nie gaan my verstand te bowe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die EFF se manewales trek TV kykers. Dis goed vir die SABC se advertensietyd. Amper soos die Super Bowl.

Boer ·

Hy maak beloftes om stemme in te werf vir volgende jaar se algemene verkiesing, want die ANC is in die moeilikheid. Ook, alles wat hy gesê het, gaan nie gerealiseer word nie.

Wildemien ·

Koes! Na die 2024 verkiesing val daar sonpanele uit die lug uit!

Samuel ·

Ag tog. As CR se mond roer, lieg hy. Van al sy lugkastele gaan daar dadels kom. En Kopdoek gaan hom help.

SwartBees ·

So die son panelle en hulp wat die goewerment aanbied omtrent dit, gaan ons wit mense kwalifiseer om ook van dit te kan kry? Of is daar n check boks wat getick word en ons elimineer van die hulp.

Caroline ·

Please let me know if whites are also going to get help to get some solar panels I don’t think so they will rather when all is working again penalize the whites for having solar panels or those that will have gone off the grit altogether

Eugene ·

Die skelms het gisteraand mooi geluister hoe geld verdeel gaan word.

SwartBees ·

Ek wonder of hy rerig besef en oplet wat rerig om hom aan gaan?!?! Dit is soos om n boek te lees wat geskryf is deur iemand wat geen benul het oor hoe om n verhaal te skryf….fiksie gemeng met riller gekruis met horror deur trek met flou komedie, n knippe western en baie drama.

Prikkie ·

“energiesekerheid te herstel, wat jare gelede reeds in ’n diepgaande krisis gedompel is”

Kan u asseblief vir ons sê presies hoeveel jare gelede mnr Prez?

Wildemien ·

Waar is jou “slim stad” oom Cyril???
O, askies man, seker nog by die Guptas in Dubai :-)

Jaco ·

hoe langer die ANC en die EFF van mekaar verskil, selfs al is dit nou ook oor die kleur wat die parlementsgebou se toilette moet wees, wen ons wit mense tyd en word onteiening sonder vergoeding uitgestel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dié twee partye is soos ‘n huishouding waar man en vrou altyd baklei, maar hulle bly steeds lief vir mekaar.

Willem ·

Al daardie projekte wat oom Cyril van praat moes al jare gelede voltooi gewees het al sy ministers sit en slaap en niks was ooit gedoen nie. Nou elke jaar word die selfde beloftes herhaal en elke jaar kom daar nuwe beloftes by
Ek is trots op my land maar ek skaam my vir my regering

Koen ·

As jy trots is op die land soos dit nou lyk is jy maar met min tevrede.

Amelia ·

Ai tog selfde storie die afgelope 28 jaar Gaan lees maar verlede jaar selfde behalwe vir ramptoestand
snaaks maar voor 1994 alles gewerk en was als skoon Vandat anc aan bewind gekom het een groot rommelhoop Leef in rommelhoop in rommelstatus

Eugene ·

Mnr ramp-phosa. Gee asb vir daai rooi overalls elkeen n’ graaf en sakke teer om potholes reg te maak. Hulle is n’ verspotting vir jou regering. Ander lande lag lekker vir die sirkus.

Santjie van Soendal ·

Dit klink en lyk na die kaalgatkeiser se Utopia…..terwyl die volk van uintjies en rotte leef

Santjie van Soendal ·

Dit klink vir my of die kaalgatkeiser en sy kabinet Utopia beplan hier in Afrika….wag nog net vir die goue toilette in die paleis….waar kom die geld vandaan? Die volk vreet lankal uintjies en rotte om te kan oorleef…. Talk is Cheap, soos die Ingelse sê…..

Santjie van Soendal ·

Die kaalgatkeiser en sy kabinet wat besig is om Utopia te beplan. Wag nog net vir die goue toilette in die paleis terwyl die volk vrek van honger…..waar kom al die Baie geld vandaan???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.