Ramaphosa gaan kabinet wysig

Cyril Ramaphosa (Foto: Cindy Waxa/African News Agency/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Maandagaand na verwagting omstreeks 20:30 regstreeks uit die Uniegebou wysigings aankondig in sy kabinet.

Ramaphosa is op 15 Februarie verkies en aangestel as Suid-Afrika se nuwe president nadat die ANC Jacob Zuma gedwing het om te bedank.

Ramaphosa (65) was die enigste kandidaat wat die Nasionale Vergadering voorgestel het en het die amp ingeneem byna twee dekades nadat hy Nelson Mandela se gunsteling was as opvolger. Thabo Mbeki het egter by Mandela oorgeneem.

Hy het onderneem om korrupsie en staatskaping te takel, iets wat staatsbeheerde maatskappy miljarde gekos het en waarby Zuma, sy seun Duduzane en verskeie kabinetministers betrek is. “Die kwessie is op ons radar,” het hy gesê.

Ramaphosa het Dinsdag reageer op versoeke van opposisiepartye dat hy sekere lede van die kabinet, wat hy by Zuma oorgeërf het, afdank. ʼn Aantal ministers word geïmpliseer in die plunder van staatshulpbronne deur families wat bande met Zuma het.

Die president het in daardie stadium gesê indien daar ʼn skommeling is, sal dit nie op versoek van die opposisie gedoen word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rupert Ashford ·

Mag hulle daar wees sodat ons wakker geskud kan word. Dit is nog dieselfde ANC wat vir ons Zuma gehee het vir 10 jaar en Cyril is lekker geslepe.

Callie ·

As jy vir jare 2de in bevel is, jou leier met alles in jou beskerm en hom in al sy wandade ondersteun, wag tot die dag wat jy als in plek het en hom dan in die rug steek en die vyand is verheug oor jy dan die leier is, dan het jy gewen. Die vyand besef nie eers met wat het hy nou te doen nie. Sterkte Suid Afrikaner liggelowiges.

Linda ·

Hierdie is n baie goeie kabinet wat Ramaphosa vanaand benoem het. Ek is baie bly Nene, Gordhan en Cele is terug. Niemand kan kla nie. Die Rand het verhoog !!!

Kabinet ·

Ek sou eerder wou sien dat die ministers aangestel word deur die hele Kabinet of n buite-instelling wat almal aanstel volgens meriete en nie partye nie en definitief nie deur die meerderheid party nie….dan is daar ware demokrasie……nie een party oorheersing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.