Ramaphosa gaan minimumloonverslag bekend stel

geld spaar spaarvarkie pensioen

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal Sondag die verslag van die paneel raadgewers, wat aangestel is om die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings-en-Arbeidsraad (Nedlac) te adviseer oor die vlak waarop die land se nasionale minimumloon bepaal moet word.

Die presidensie het Saterdag bevestig ʼn verslag sal vrygestel word tydens Nedlac se hoofdekomiteevergadering wat bestaan uit leiers van arbeid, sake, regering en gemeenskappe en sluit ook lede in van die raadgewende paneel onder leiding van prof. Imraan Valodia.

“Die verslag handel oor die minimumloon vir Suid-Afrika. Dit is ʼn voorstel en bevat die syfer, die magiese syfer, waarvoor almal wag,” het Ramaphosa in die verklaring gesê.

“Ons sal dit bespreek en dit dan Sondag bekend maak waarna dit oor die lengte en breedte van die land bespreek sal word. Die verslag sal ook inligting bevat oor die manier waarop die minimumloon ingestel gaan word nadat dit aanvaar is, en hoe dit oor tyd sal verander, en wanneer dit ingestel moet word.”

Ramaphosa het gesê arbeidstabiliteit, uitgerekte stakings en geweld tydens stakings sal ook bespreek word. “Hopelik kan ons die ooreenkoms binnekort finaliseer. Hierdie is slegs voorstelle, maar meer konkrete voorstelle. Ek moet byvoeg, dit moet nog eers na verskeie maatskaplike vennote geneem word binne hul onderskeie komponente. Die regering sal dit binne die regeringskringe en met die kabinet en vakbonde bespreek.”

Ramaphosa het bygevoeg dit is ʼn opwindende oomblik vir almal wat in die besprekings betrokke was. “Ons maak nou betekenisvolle vooruitgang. Dit is nou nie net meer woorde nie, daar is iets konkreet op die tafel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Motivering ·

Net nog meer motivering om nie weer ‘n huishulp in diens te neem, veral as jy manlik is. Doen die nodige self en jy sal vind dat huis skoonmaak, was van wasgoed en skottelgoed, grassny, stryk van klere ens. nie so onmoontlik is.
Die argieffoto moet ook vervang word met ‘n lorrievrag geld want dit is wat verwag word. Weereens geen verwysing na produktiewetyd? Ek moet ook sê dat Sondag onnodig is vir sulke goed se bekendstelling maar dit wys waarheen ons op pad is of alreeds is. Bravo!!!

Janneman ·

Ek het vandag n item vir my kerstafel gekoop vir R5.50. Ek het vir my vrou gevra hoe maak jy die omhulsel nevermind die produk vir die prys! ingevoer van China af.
komieklike spul hiedie anc – cyril bevorder afleggings deur onverdiende en onbeskostigbare salaris en zuptie sterk hom in sy kwaad deur goedkoop invoere van die skefies oe republiek!
En dan blameer hulle kapitislisme, snoet in die trog net soos vetseun malema!

Sally ·

Baie werksgeleenthede sal verlore gaan. In Europe en al die ander lande doen die mense hulle eie huiswerk self. Hier gaan die huishulpe die swaarste kry want ons gaan ons eie werk doen…..dit was maar ons deel om werk te verskaf maar as die ANC net belagtige minimum loon kom dan het ek n surprise vir hulle….baie mense gaan sonder werk sit. In elk geval betaal ons nou meer as die huidige minimum loon maar as hulle dit ontmoontlik gaan maak dan doen ons dit self.

Elizma ·

Hierdie minimumloon gaan alle werksektore raak – dis nie gemik op huiswerkers nie. In Amerika en Australie is minimumloon deel van hul lewe. Hoogtyd dat dit in SA ook gebeur.

John ·

As al die boere in die land net perskes aanplant en al is dit die geurigste perskes, kan hulle maar maak wat hulle wil, miljoene perskes sal onder die bome le en ‘n perske sal vir feitlik niks verkoop. Die ANC het hul kaders aangemoedig om onbeheers aan te was om demokrasie ryp te druk. Nou wil hulle die aardse markkragte beheer en veel erger Hemelwette oorskryf sodat verkeerd in reg verander… Die prez & kie deel doringtakkies uit orals waar hul gaan en wil almal laat glo dis towerstaffies…

Sus ·

Wat van ‘n maksimum loon vir staat en semi-staatsamptenare soos by ESCOM en SAUK?? Dan spaar ons biljoene!!

Jan maak n Plan ·

Pragtig daar styg die werksloosheid syfer met nog n persent of twee. Gelukkig gebruik ek nie arbeiders nie net kontrakteurs. ‘n Kontrakteur om take in die huis te doen en ‘n kontrakteur om take buite die huis te doen. Dit werk baie beter.

Alida ·

Ons hande is nie afgekap nie kan self werk maar kry die “agtergeblewendes” mos jammer en gee vir hulle werk. Dankie Cyril gee jy maar vir almal kos.

Ekke ·

By my besighede gaan seker so 6 werkers hulle werk verloor. Sal v hulle se om die Anc te bedank

Alida ·

Die lone is nie so groot kwessie nie maar dan moet die etes (2 per dag) weggelaat word. Mens se hare rys om te sien hoeveel sakke word saamgeneem smiddae na werk. Ingekom met net n handsak en gaan uit met 5 “checkers”. Ons wat wel werk verskaf sorg vir n hele familie in die lokasie.

Die naam is Pompies.... Piet Pompies ·

Help my asseblief onthou, wat is die bedrg wat daardie minister genoem het wat genoeg is om ‘n maand lank te eet???? Was dit dalk iets soos R550?. Die regering se ouderdomspensioen sal seker dan ook aangepas word, want pensioenarisse het nie minder nodig om te leef nie, hulle het net ander tipe uitgawes soos mediese -, hulpwerkers -. hoër vervoer kostes as gevolg van afhanklikheid ensovoorts.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.