Ramaphosa gaan sê hoe Eskom gered gaan word

Pres. Ramaphosa en van sy ministers vergader met Eskom se raad. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting môre in sy staatsrede verdere maatreëls aankondig om Eskom se finansiële en operasionele volhoubaarheid te herstel.

Ramaphosa het Dinsdag met lede van Eskom se raad vergader by die Genadendal-ampswoning in Kaapstad.

Volgens die presidensie is die vergadering, wat ook deur die ministers van finansies, minerale bronne, energie en openbare ondernemings bygewoon is, belê om die aksies wat onderneem moet word om Eskom te stabiliseer in die lig van sy finansiële en operasionele uitdagings te belyn.

Eskom se raad het ʼn verslag voorgelê rakende die implementering van sy negepuntplan met die klem op sleutelprioriteite wat nodig is om ononderbroke elektrisiteitstoevoer te verseker, koste te sny, die kragvoorsiener doeltreffendheid te bestuur en om inkomste te verhoog deur onder meer hoër insamelingsperke.

Ramaphosa het reeds vroeër gesê Eskom is te groot en krities vir die land se ekonomie dat daar toegelaat kan word dat die staatsinstelling misluk.

“Ramaphosa het aan die Eskom-raad benadruk dat die kragvoorsiener, Afrika se grootste elektrisiteitsprodusent en een van die land se mees strategiese bates, van kritieke belang is vir Suid-Afrika se groei en ontwikkeling,” het die presidensie gesê.

Ramaphosa sal Donderdagaand sy staatsrede lewer en sal na verwagting dan die verdere maatreëls aankondig.

Die president het in sy staatsrede in Februarie aangekondig Eskom sal in drie eenhede verdeel word om die kragvoorsiener te help om koste te sny, sy balansstaat te versterk en hom in staat sal stel om krediteure te nader.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

fred ·

wat cr ook al gaan sê die feit is dat eskom 500 biljoen skuld en dit moet betaal word……en 20.000 teveel werkers…..wat kan die man meer sê??????

Eskomiet ·

Al die kommentaar lewers.Dankie vir jul optimisme, dit help om die klompie wat oor is in Eskom en werklik kundig is te help om te probeer red wat te redde is en JULLE krag aan te hou. Eintlik het ons julle nie in die land nodig nie.

Derf ·

Eintlik het die land nie Eskom nodig nie, is die regte stelling.

Ou Johnny ·

Begin om Soweto se krag af te sny en onwettige koppelings te verwyder dan sal dit beter gaan, Soweto skuld ‘n derde van die geld wat Eskom kort

Willem ·

Kollekteer uitstaande gelde van bv Soweto, Zimbabwe ens ens plus daai 600 mil van trillion daar is al klaar oor 2biljoen se geld

Chris Ws ·

Die eerste ding uit sy mond gaan wees hewige tarief verhogings vir Evkom verbruikers.Hy gaan nie eers noem van die honderde munisipaliteite wat elk miljoene rand aan Evkom skuld nie of praat van die miljoene onwettige aansluitings nie.
Miskien moet ook ons maar ophou betaal dat hulle die krag kom afsny en sodra hulle ry maak ons ook maar net ‘n onwettige aansluiting vir vry krag.

NET EK ·

n Dame wat saam my bus ry werk vir Tshwane sy se van die einde van die maand af gaan almal n R200.00 ekstra op hul rekening kry (nog voor die rekening uitgestuur word). Ek het nie n probleem met dit nie – solank dit vir almal gedoen word. Ek het 1 dag in n tou gestaan om my rekening te betaal – voor my het daar n “dame” gestaan met haar rekening van R12345.67 waarop sy net R50.00 betaal het!! My krag was al gesny vir R210.00??? Nou ja …… se ek maar verder niks ….

Cherokee ·

Die laaste punt wat jy uitwys Grassie, met betrekking tot bevoegde wit werkers, moet jy ook voor die deur lê van die DA. Hulle, die DA, het ‘n groot aandeel in die bankrotskap van Eskom.

Mardins ·

Die hartseerste vir my is die feit dat toe die lysels oorhandig is jare terug, was ESKOM in n surplus, nou dat die skip sink, hardloop almal soos dronk hoenders rond. Dis seker maar wat gebeur as jy net still sit en vreet en dik word, iewers moet n mens werk ook!!!

Johanna ·

CR GAAN SE OOR ESKOM MAAR WAT VAN DIE PLAAS MOORDE!!!! Hoop daar word iets daar oor gesê!’n

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.