Ramaphosa gee klarigheid oor kernplanne

Brics-leiers by die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg (26 Julie 2018) Foto: Siyabulela Duda, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het die laaste spyker in die doodskis van die debat oor Suid-Afrika se kernplanne ingeslaan.

Ramaphosa het Vrydag ná afloop van die jaarlikse Brics-beraad, wat die afgelope week in Johannesburg gehou is, gesê Suid-Afrika kan nie die kernprogram bekostig wat vroeër onder voormalige pres. Jacob Zuma met Rusland ooreengekom is nie.

Gedurende Zuma se administrasie het Suid-Afrika se regering vasbeslote voorgekom om ʼn R1 biljoen kernkragooreenkoms met Rusland se staatsbeheerder kernkragmaatskappy, Rosatom, aan te gaan om vier kernkragreaktors te bou. Die reaktors sou 9 600 megawatt elektrisiteit aan Eskom se elektrisiteitsnetwerk lewer.

Ramaphosa het gesê hy het in private samesprekings aan Wladimir Poetin, Rusland se president, verduidelik Suid-Afrika het ander dringende prioriteite wat aandag moet geniet om die ekonomie te laat groei. Ramaphosa het aan Poetin gesê die ekonomie is nie in staat om groot finansiële beperkings te hanteer nie.

Ramaphosa het gesê betrekkinge tussen die twee lande is nié versuur deur die besluit nie.

“Hy [Poetin] het gesê ons moet ons probleme hanteer en as die situasie verander kan ons weer daaroor praat. Dit is waar ons dit gelaat het. Daar is geen verskuilde agenda nie. Ons het reguit daaroor gepraat,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het gesê Suid-Afrika het ʼn baie suksesvolle drie dag lange Brics-beraad aangebied en staatshoofde en afgevaardigdes van 31 lande het dit bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Heinrich Erasmus ·

Geliewe kennis te neem dat julle Vladimir Putin verkeerd gespel het.

Hoc est bellum ·

Putin is die Russiese weergawe en Poetin die Afrikaanse een. ?

ZAR ·

Russiese taal werk met klanke. Poetin is п die p-klank, у die oe-klank, т die t-klank, и die i-klank en н die n-klank. Путин. Wladimir werk dieselfde Владимир. So dis korrek as jy die naam in jou taal verander na die klanke wat in jou alfabet bestaan. Engels en Afrikaans se alfabet maak verskillende klanke, dis hoekom sy naam anders gespel word in Engels.

Vraagteken ·

Ramaphosa, jy het net ekonomiese groei as jy elektrisiteit het. Ons kort daardie Kernkrag – maar nie op ‘n korrupte wyse nie.

Gerda ·

Waaroor gaan jul so aan oor die spelling vd man se naam? Same meaning, different spelling.

Katerina ·

Dis meer professioneel om die name korrek te spel.Nie Alles hoef ver-Afrikaans te word nie.Die man se naam is Vladimir PUTIN.Dit klink net verspot om dit te verdraai.Afrikaans gaan nie uitsterf net omdat die korrekte spelling van iemand se naam geplaas word nie.

Gerhard ·

As jy die ou se naam in Russies wil spel dan doen jy dit so: Влади́мир Влади́мирович Пу́тин

In Afrikaans is dit Wladimir Poetin

en Vladimir Putin is ‘n anglisisme.

Judge Dredd ·

@ Katerina – Putin in Russies is Путин.

So hoekom skryf jy nou maar nie Путин ?

As hulle sy van in Engels Putin maak dan kan ons seker maar sy naam Poetin in Afrikaans maak, hierdie is tog ‘n Afrikaans blad dan nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahahahaha….kyk nou net die gestryery oor ‘n man se naam. Dit gebeur nie net in die media nie. Ek, byvoorbeeld, is uit die hemel uit verban omdat ek by my Ma geleer het om Jesus te gebruik…………en dis blykbaar heeltemal verkeerd, en is ek tot die buitenste duisternis verdoem omdat ek nie •YHWH-Yireh — “The Lord will provide” (Genesis 22:13-14), •YHWH-Rapha — “The Lord that healeth” (Exodus 15:26), •YHWH-Niss”i — “The Lord our Banner” (Exodus 17:8-15), •YHWH-Shalom — “The Lord our Peace” (Judges 6:24) gebruik het nie. Die Skepper van die heelal is so gesteld op die korrekte gebruik van Sy naam dat hy my blykbaar uitgeskop het uit die hemel oor my nalatigheid. Pasop dat Vlad nie die dieselfde doen………..en weier om vir SA kernkrag te gee omdat ons nie sy naam reg kan spel nie!!!!
•YHWH-Ra-ah — “The Lord my Shepherd” (Psalm 23:1)

gatiep ·

So jammer hier sou baie Russe kom werk het hier en sou dan kon sien ons het geswap met hulle.
Ons in nou komunisties en hulle christine.
Meskien sal ons na die storie van die land verby is dan regte christine raak.
Ek mis vir Zuma

John ·

Watter deel van Zuma se ses kante mis jy? Want sy sonnetjie het gekantel en woede stroom uit die oop wond. Hy het wel tot nog toe nie boere-plase geannekseer nie, maar het dit aangevoor. Teen die einde van sy termyn is gepraat van grondgrype ten weste van Gauteng en in die laeveld. En dan is die staatskas leeg en was die ligte gereeld af. Die kabinet loop oor en R16 bilj se nuwe karre het parlementariers as base. En die ou millitere vleuel van die ANC is weer in volle swang. Zuma wens net so hard hy kan terugkeer en hy werk daaraan. Jou wens word dalk bewaarheid… en daardie een van jou om iewers ver weg van hier in rus en vrede te kan gaan bly.

Rupert Ashford ·

Was daar dan nie so paar maande gelede ‘n storie oor Prez Cyril en trawante wat baie in sg hernubare kragbronne bele het nie?? Maak dan nou mos sin dat kernkrag skielik nie in landsbelang is nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.