Ramaphosa gee meer duidelikheid oor grondhervorming

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag die DA sowel as die EFF aangeval oor hul sienings van grondhervorming, en ʼn sterk aanduiding van sy eie standpunt daaroor gegee.

In sy repliek op die debat oor sy begrotingspos het Ramaphosa gesê grondhervorming is noodsaaklik vir stabiliteit, en dat die eienaarskap van grond nie tot die huidige klein groep grondeienaars beperk kan bly nie.

Hy het gesê dit is noodsaaklik dat die ekonomiese potensiaal van grond ten volle ontsluit moet word.

Hy het die DA-leier, Mmusi Maimane, en die EFF-leier, Julius Malema, daarvan beskuldig dat hulle sy beleid verdraai deur strooipoppe op te stel wat hulle dan weer na willekeur afskiet.

Ramaphosa het ʼn verdere stap geneem om toekomstige grondbeleid te plaas binne die ANC se resolusie oor onteiening wat verlede Desember op die party se nasionale konferensie by Nasrec aanvaar is.

Hy het gesê die ANC-beleid strook met daardie besluit, wat onteiening sonder vergoeding steun solank dit nie die landbou, ekonomie of voedselsekerheid benadeel nie.

Ramaphosa het voorts gesê hy meen onteiening sonder vergoeding behoort slegs grondwetlik plaas te vind. Hy het Malema se stellings oor grondbesetting trompop geloop en gesê sulke besettings sal nie geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Marius van Niekerk ·

Baie mooi Mr President!!!
Jy sal van krag tot krag gaan. Ten minste regeer jy die land.
Welgedaan!!

Karel Combrinck ·

Ook maar met min tevrede: Krummeltjies van die heer se tafel.

Liberaal ·

Moet grond teruggaan na die oorspronklike inwoners van SA, die Koi-San?

Daan ·

So wat bedoel hy? Met solank ekonomie en voedsel sekerheid nie benadeel word nie, Gaan daar net hier en daar ‘n plaas en die myne verskoon word, en al die plekke wat baie geld inbring agv. minerale of groot besighede, kruger wildtuin en die tiepe van goed, maar die res van die land onteien sonder vergoeding, of wat? Te onduidelik, hier kan ‘n slap riem rondle.

willie ·

Vandag 6, môre is dit ñ half dosyn! As jy nie duidelike standpunt in neem wat jou beleid is nie gaan jy vorentoe net nog meer verwarring en elende veroorsaak! CR die land smeul reeds kan jy nie sien dit gaan brand nie?

David ·

Ek mis ‘n paar items in dié simplistiese beskouing, dat grond al die elende gaan regmaak.

Hier is ‘n paar van hulle (voeg gerus by)
1) Bekom vaardighede deur harde werk en deursetting;
2) Gebruik dié vaardigehede om waarde toe te voeg, wat in kapitaal omgeskakel word;
3) Belê die kapitaal in bates in opvoeding vir jou en jou kinders.

Karen van Zyl ·

Skies, ek skater van die lag, kan dit nie help nie……

Piet ·

Lag jy ook vir die 2 narre heel bo, of die goed wat David se? Ek dink die 2 manne bo is vrek snaaks. Lyk dit vir hulle of CR enigsins in beheer is van hierdie land? Hahaha……

PLP ·

Wel Piet die menere het darm n standpunt. Wat is joune. Al wat jy is is n negatiewe man wat lyk my niks beter kan doen as om te kritiseer nie. Wees n slag n man en wees positief, en weet jy wat dit kos niks

Piet ·

Jammer ek ontstel jou PLP. Die rose geur wat jy ruik in die oggend as jy opstaan eintlik Ermelo se riool wat oor loop. Maar soos jy se ons moet posities wees, daar as darm nie kernkrag afval in die water nie net salmonella. Hoera!

Oom Kalahari ·

“Solank voedsel, ekonomie en sekerheid” is waar huidige boere die opkomende asook klein boere sal moet ondersteun en oplei en te dra deur hierdie 3 prosesse (gaan afdwingbaar word) om die verlede op die manier reg te stel maar sal van grond besit ontneem word en moet die nodige diens verskaf.

humor ·

Pres CR ons soek meer detail. Ook die eff en da.
Ek vermoed die duidelikheid sal eers gedurende 2019 met die tyd deursypel. Ook kan geen logiese mens verstaan hoe ekonomiese herstel kan plaasvind want grondhervorming in Afrika is n duidelike voorbeeld. en aan die die anderkant makeer die buiteland die pas mbt beleggings in SA. wat probleme op talle tereine meebring soos oa. werkloosheid en honger mae.

Koos1 ·

Sit jou plan op die tafel dat ALMAL weet wat aangaan, dan en dan eers is alle onsekerhede uit die weg geruim.

Nie Stupid Nie ·

Soos menige mense het Ek gehoop op ń gelukkig lewe na die verkiesing in 94.

Die teen deel is egter bewys en as enige mense dink dat hierdie proses goed bestuur Gaan word dan Kyk na die afgelope 20 jaar.

Dit werk Nie. Niemand Gaan ooit gelukkig wees nie, Nie die huidige eienaars nie en ook Nie die nuwe eienaars nie.

Carel ·

So vertel nou vir my wat gaan al die massa doen as net n paar grond kry? Hoekom kry jy of julle grond maar ons nie? Hierdie is n sneeubal op n groot berg en as by eers begin rol is daar geen stop!

rollie ·

CR verskyn darem ten minste gereeld in die parlement om vrae te beantwoord. Sy voorganger was te besig om homself te verryk om veel aandag aan die parlement te gee.

Piet ·

Rollie jy is al weer in die kol met jou kommentaar. Ek weet net nie of jy wil hande klap hoor omdat enige iemand beter is as Zuma nie? Is jy sowaar oortuig dat dit ‘n prestasie is? Jy weet mos so goed soos ek dat CR het ook nie al sy geld op n eerlike manier gemaak nie.

Henk Brand ·

Was daar nie gevra vir kommentaar van die publiek ten opsigte van grondhervorming nie? Waar pas dit in as dit in elkgeval net volgens ANC-beleid gaan geskied?

Hettie ·

Die kommentaar wat gevra was is net sodat alles “reg” gedoen was .Hy praat net en sê niks ,wag vir die verkiesing wat dan te laat gaan wees om “malema, sy partner in crime “se skade reg te stel.

Etienne Prinsloo ·

Die realiteit in SA is een van grootskaalse “institutional decay”. Die regering is, vanweë die “purge” van kundigheid op elke vlak totaal onvermoeënd om sinvolle beslissings te neem, nóg te implementeer. Die “expropriation without compensation” narratief het geweldige skade berokken. Skade wat moeilik omgekeer gaan word. Die blanke liberale begrafnissangers wat enige kritiek teen die ANC as rassisties afmaak, gaan weer in hul eggokamers gil oor rassisme tot hulle self onteien word. Ramaphosa is erg kompromiteerd, hy is deel van die probleem. Die ANC het net een narratief- blankes is die oorsaak van al SA se ellende, hierdie “probleem” gaan meer “aandag” geniet veral met die oog op die verkiesing in 2019. Om meer insae in die diepte van SA se huidige krisis te bekom, lees gerus Diane Vaughn se boek “Controlling Unlawful Organizational Behaviour”.
Die term “normalizing deviance” sê dit alles.

Jerry ·

Grondbesettings sal nie geduld word se CR. Wat hy ook net sowel kon byvoeg is dat ondermyning van versoening en samewerking nie meer vir veel langer geduld sal word.

Gerhard ·

Dit is nou ondermyning van die ANC se idee van versoening.

Anoniem ·

Mnr Rhamaphosa, gee vir ons meer duidelikheid oor die chaos en anargie wat huidiglik in Suid-Afrika heers. Hoe gaan jy misdaad bekamp? Hoe gaan jy korrupsie bekamp? Hoe gaan jy plaasmoorde bekamp? Hoe gaan jy CIT rooftogte bekamp? Hoe gaan jy kinderverkragting bekamp? Hoe gaan jy ontvoering vir lospryse bekamp? Ja, die nuwe tendense raak soos iets uit ‘n Hollywood film en dit is immers wat ons misdadigers op die internet en televisie gevoer word, strategiese anargie. Moet dit nie jou prioriteit wees om misdaad onder beheer te kry nie? Of moet ons Suid-Afrika se naam na Colombia Africa , Cuba Africa of Mexico Africa verander aangesien ons wetteloosheid aan die orde van die dag is? Jy smeer almal se monde vol heuning, maar jy raak nie aan dit wat belangrik is vir ALMAL nie, veiligheid.

Rooi Jan ·

Stem saam met alles wat jy se behalwe waar jy se dit klink soos n Hollywood film vir my klink dit meer soos ʼn Nigeriese film geproduseer in Lagos vir n Afrika gehoor.

Casper Labuschagne ·

Nee @anomiem, moenie die goeie Latyns Amerikaanse lande se name deur die modder sleep deur dit met Suid Afrika te vergelyk nie. Venezuela is die ergste land in Latyns Amerika, maar in Venezuela is daar net 11 moorde per dag teenoor 52 per dag in Suid Afrika. Ja, Venezuela se moord per 100,000 syfer is 72 teen ons 34 gemiddelde, maar twee provinsies is oor 52 in SA. Ons wen vir Venezuela met verkragting, ons kan dalk loshande voor wees met korrupsie en ons haal vinnig ons agterstand met mensehandel en ontvoerings in. Ongelukkig het Venezuela kokaïen en ons net dagga, so ons sal nooit ons agterstand met dwelmmisdrywe kan inhaal nie.

Maar soos dit nou gaan sal Venezuela binnekort veiliger wees as hier tuis, en al is hulle ‘n sosialistiese land word eiendomsregte, veral eiendom in wit hande, meer daar gerespekteer as in SA. Ek is sommer optimisties oor hierdie een enkele land wat my dalk sal aanvaar, sou ek wil vlug.

Gerhard ·

Klink nie meer duidelik as van te vore nie. Beplan hulle om jou grond te vat sonder vergoeding? Nie so dat jy dit sal agterkom nie.

Nonsens ·

Wat Ramaphosa se is so goed jy se vir iemand staan daar dat ek jou met die 375 jag geweer skiet maar moenie bekommer nie jy sal nie seerkry nie

Potlood ·

Die Chinese het ook so paar jare terug alle grond gevat en dit vir die mense gegee. Natuurlik het die eienaars meeste gedooi in die proses. Die nuwe eienaars het toe darem vir hul self kos geplant en kon oorleef met hulle “klein” stukkie grond. Maar toe het hulle nie vir die mense in die stede kos nie. Lang storie kort te maak, op die ou einde het die regering die gronde terug genaam en die boere het op strepe dood gegaan van honger… Let wel, hulle nasie se werks etiket is baaaaaaaaaie beter as meeste hier in ons land. ooooo en ook belangrik ek praat nou nie van demokrasie nie maar komunisme so ontstaan.

White Rhino ·

Neewat, ek neem dit met ‘n knippie sout – dink aan die pot wat hy besig is om te voor te berei. Vertrou hom niks nie.

Rooi Jan ·

Pot kook al, Ramaphosa het klaar gewag. Die groot paddas het geweet wat kom dit hoekom die Ruperts en Oppenheimers se maatskappye landuit is laaankal. Dit los nou net die gewone paddas soos ek en jy wie se huisie en pensioentjie Cyril, die ANC en die EFF nou kan vat om vir die massas vir een verkiesing meer te kan sê sien ons stel die onregte van die verlede reg. Ek weet nie wat gaan hulle in 2024 doen nie want teen daardie tyd is al die geld klaar en ons het duidelik in Zim gesien mense kan nie grond vreet nie.

Julia ·

Weereens, die voorgestelde plan vir grondhervorming is bloot propaganda om stemme te werf vir die opkomende verkiesing. Die ANC wéét hul het gedurende die Zuma-termyn steun verloor, vandaar nou hul desperate poging om kiesers te paai met beloftes van grond.
Merk my woorde vandag: Die ANC se steun sal GROEI met die 2019 verkiesing.

Indien hul nie die grondhervormingsplan deurvoer so vinnig as wat kiesers verwag, gaan daar chaos wees. Hul skep verwagtinge by die massas en dit gaan nie veel kos vir hul om in opstand te kom indien hul nie kry wat hul dink hul toekom nie.

cool ·

hy se dit mag nie die ekonomie, landsbou voedsel sekerhied beskadig nie, maar ons mense mag maar uitgemoor en martel word!!!

Alida ·

Ai mense ek probeer ook verstaan. Ek dink hy bedoel hulle sal nie huidige vooruitstrewende boere wat kos produseer en werk aan mense verskaf sommer net afvat en dit vir iemand gee wat niks van besigheid of boerdery weet nie. Dit maak tog sin maar as daar onbewerkte grond met potensiaal vir boerdery is en niemand benut dit nie, is dit dalk die grond wat hulle vir opkomende swart boere wil gee. Ek weet nie, dit is maar net ‘n logiese standpunt. CR is ‘n baie slim en geleerde man en hy sukkel om hierdie punt aan mense wat op hol gaan oor die “sonder vergoeding” kwessie te verduidelik. Gee hom tog kans om dit mooi uiteen te sit en te verduidelik wat hulle planne is. Wat ek wel weet is dat hy nie die EFF se anargie langer gaan duld nie.

Anoniem ·

Mmm, ‘n baie slim en geleerde man wat hom by ‘n party skaar wat vrot van korrupsie en ellende is en Suid-Afrika onregeerbaar en ‘n “African Wild West” gemaak het? Hoe slim kan hy nou eintlik wees?

Anoniem ·

Wat jy “dink” hy bedoel, en wat hy bedoel is twee verskillende dinge. Jy maak ‘n klomp afleidingd en aannames om jou eie gewete te sus.

JoeV ·

Nou staan die man daar, leier van miljoene, heeltemal verandwoordelik vir die totale verval van alles, en sê hy’t ‘n plan. Mens weet tog wanneer om weg te stap as mens nie in staat is om iets suksesvol uit te voer nie?

Cornelia ·

Uit Ramaphosa se kommentaar blyk dit dat hy die ANC stormloop op eiendoms onteiening net met bietjie meer “takt” aanvaarbaar probeer buit. Enige onteiening sonder vergoeding is niks anders as ‘n misdaad en vergrype teen ‘n volk se soewereine eienaarskap van dit wat volgens landswet regmatig bekom en oorgedra is met die bykomstige finansiële laste ingesluit wat oor jare gebind is aan verantwoordelike aflosplig nie. Die ANC en sy president en elke ander bondgenoot, speel ‘n spel wat liefs met rus gelaat moet word. Dit is tyd dat die ANC en sy handlangers na ander weivelde gestuur word.

mooi ·

hier kom ook n pietritief saak smuur hening om die mond en as almal dit stil weg aan vaar dan vat hulle net want dan is als mos lekker klaar in plek ek sien n slang in die gras en kyk wie hom van

Spike ·

Mnr Ramaposa. Nou as die mense die grond het wat dan. Hulle kort geld om vee, masjienerie en als te koop om wat nodig is. Jy weet dat dit onmoontlik is, want jy self is ñ besigheids man. So hou asb op om populistiese uitsprake te maak net om gewild te wees en jou possisie te verseker. Doen iets aan die misdaad, mislukte munisipaliteite wat deur onbevoegde kaders beheer word sodat beleggings kan terug kom en dan sal werk outomaties meer word. Ek is egter bevrees dat dit dalk te laat kan wees, want een probleem is jou napraat van malema oor die saak.

Elna ·

Kan die mense nie verstaan, as dié mense nie eers hulle klein plakkershutte netjies kan hou en ietsie plant soos n boompie nie, hoe op aarde sal enige een n plaas kan vrugbaar maak en bestuur? Kyk rondom jou, niemand glo aan opbou en instandhou nie, alles gaan tot niet. CR speel hierdie deuntjie net om stemme te kry vd ANC.

Wonder ·

Nou wonder ek weer, as daar dan grond geneem word, gaan dit ook aan die Chinese verkoop verkoop word vir ryslande en om vir hulle mense bly plek te bou? Caltex behoort mos klaar aan die Chinese.

Insig ·

Grondeise tot dusver was `n mislukking , die meeste eisers het eerder die kontant verkies as die grond om op te boer … my en jou geld … belasting geld… het daarvoor betaal. Die kontant is natuurlik in `n japtrap uitgeleef . Miskien is CR se plan om die grondeise se “kontantvloei“ probleem te stop ? Wat nie nou duidelik is nie is hoe en wie gaan besluit watter grond onteien word , dit kan tog sekerlik net grondwetlik met die grondeis proses gedoen word of hoe ?

Jakkalsdraai ·

Hoe op aarde gaan die ekonomiese potensiaal van grond uitgebrei word. ‘n klomp plakkers wat gaan plak en niks doen nie? Die meeste grond wat bewerkbaar is, word mos tans benut. Swart boere wat wil boer, doen dit reeds jare lank suksesvol. Dis nie asof daar duisende belowende swart boere is, wat die ekonomiese potensiaal van grond kan uitbreiy nie.

Louis ·

Al die gesprekke oor grondhervorming. Almal praat oor grond wat ek voor betaal het. Dis myne en dit bly so. Dit is nie onderhandelbaar nie.

Alida ·

Anoniem, jy en baie ander gooi my nou met klippe. Dit is reg so maar wie anders sou jy wou gehad moes Staatspresident geword het?. Hy was immers die Adjunk. Ek kan aan baie dink wie ek sou verkies het maar ongelukkig is dit nie in ons hande nie. Ten minste het hy geleerdheid en nie net st 3 nie. Gee toe hy is slim en “slim”

marous ·

Die stoof was nou weer vir 5 minute te vining gesit . Daar is ‘n ou gesegde van gevurkte tong spraak…

n Rat voor die oë ·

Cyril, jy praat met n gesplete tong. Jy smeer heuning om die mond, soos slinkse politici van 1994. Jou eie woorde kla jou aan. Jy hou voor dat “..eienaarskap van grond nie tot die huidige klein groep grondeienaars (WITMENSE) beperk kan bly nie.” – en tog gee jy GEEN bewyse dat WITMENSE die meerderheid grond besit nie. Jy en jou ANC hou voor dat “..onteiening sonder vergoeding behoort slegs grondwetlik plaas te vind.”- dis nou dieselfde grondwet wat julle na wille keur kan verander om “JOU” mense te pas, nè? Jy het dìt immers baie duidelik gemaak dat blankes nie deel uitmaak van “jou” mense nie. Vir diegene wat reken die ANC het nie n twee derde meerderheid nie, wag en kyk vir die volgende verkiesing. Daar’s n nuwe besem in ANC beheer wat skoon vee en hy maak die regte geluide. Die einste grondwet gee voor dat al die inwoners in SA gelyk is, maar tog deur AA en BBBEE 24 jaar na Apartheid blyk JOU mense meer gelyk te wees as die res van die bevolking. Matt 12:33-37 bevat baie wysheid en waarheid, en ek ken die ANC aan die vrugte wat hulle dra.

waarheid ·

Sorry ramaposa – jou droom is eintlik ‘n nagmerrie wat besig is om te ontwikkel.
Jy het nie ‘n idee wat in S A aangaan nie. Jy gee nie’n vlenter om vir blankes nie – anders sou jy teen plaasaanvalle gepraat het – waarom doen jy dit nie? is dit deel van jou paddapot?
Julle wil he en he en he maar niks doen nie – net demand en demand. S A is besig om af te brand en al waarop jy fokus is Die Stem en ons plaasgrond – gaan slaan eerder die vure dood wat julle die afgelope 20 jaar aan die brand gesteek het. Vee voor jou eie deur.

Ons sien regdeur jou – al probeer jy ons oorwen deur om Afikaans te praat – dit mislei ons nie. Inteendeel ………

Betie ·

Die Grondwet gaan seker so beskryf word dat enige eiendom sal onteien word sonder vergoeding vir beter benutting,solank dit nie voedselsekerheid bedreig nie. Dan onteien hulle jou huis ook bv. as twee mense in vierslaapkamer huis woon,sal dit beter benut kan word,as daar nog twee huisgesinne intrek. Dan is jy mos nog alte welkom om te bly,want iemand moet dan sorg vir betaling van dienste en ook sommer sorg dat daar voedsel op die tafel is?!!!

Peet J ·

Die ANC regering het tans geen ander keuse meer as om die Grondwetwysiging ten opsigte van onteiening sonder vergoeding so spoedig moontlik en voor die einde van 2018 te implimenteer nie. Indien nie, sal sy ondersteuners sowel as die EFF, DA en andere teen die ANC in opstand kom.
Onteiening,na goedkeuring, sal ook nie net deur die regering behartig word nie want die benadeeldes wat daarvoor gestem het sal beslis grondgrype in eiehande neem en die eienaar van wie die grond gevat word sal geen reg hê om teenkanting te kan bied nie.

Casper Labuschagne ·

@Peet, ek kan dit nie glo toe ek lees wat jy geskryf het nie, ek hoop jy bedoel dit nie so nie.

Die een enkele faktor wat maak of daar in SA ‘n toekoms sal wees, of nie, is eiendomsreg. En dit is wat hier ter sprake is, al word daar verskukerde benamings daarom gedrapeer. Onteiening sonder vergoeding, hoe dit ook al bewerkstellig word, sal alle eiendomsregte uitkanselleer. Miskien gaan daar net ‘n paar plase gevat word, maar daar sal meer en meer geneem moet word omdat daar 40 miljoen swartmense sonder grond is (10 miljoen swartes besit huise) en daar is net 30,000 wit plaasboere en 700,000 wit huiseienaars wie se eiendom weggeneem en dan weggegee kan word. Oor ‘n dekade sal haas geen wit persoon enige eiendom meer besit nie.

Sonder eiendomsregte besit nie ek of jy enigiets nie, en het ons slegs die opsies van veg, vlug of verdwyn deurdat ons noodgedwonge by die swart meerderheid moet inskakel en assimileer sonder ‘n eie identiteit.

Jakkalsdraai ·

Ek kan nie sien dat daar meer duidelikheid gegee is rondom die grondgrype. Dit bly maar ‘n onderduimse gekonkel. Liewe hemel wat se duidelikheid het daar gekom, of is ek onnosel.

Koos ·

As CR iets sinvol wil doen, dan moet hy eerstens hieraan aandag gee:
1. Deel die 4000+ plase in regeringsbesit toe aan gekeurde mense wat WIL boer en besorg titel aktes aan hulle vir daardie grond, sodat hulle finansiering kan bekom om te KAN boer.
2. Sorg dat al die grond wat tans deur tradisionele leiers aan hulle eie mense verhuur word tot die leiers se eie voordeel, aan daardie mense toegedeel word met titel aktes en al soos in punt 1 genoem.
3. So ook alle gronde onder die Zoeloe koning se beheer – hanteer soos in punte 1 en 2 hierbo.
4. Sorg dat daar genoegsame landbou tegniese en ander dienste onderrig aan die mense in 1. 2 en 3 beskikbaar is, sodat die mense suksesvol kan boer tot voordeel van hulself en die hele Suid Afrika.

Dit sal help om hierdie mooi land van ons ekonomies te stimuleer en mense op talle gebiede te bevoordeel.

Casper Labuschagne ·

Dit is Ramaphosa self wat die strooipop opstel deur onteiening as versuikerde lekkerny voor te hou en dit dan grondhervorming te noem. Hierdie feite is nie strooipoppe nie: Sonder die effektiewe beskerming van eiendomsreg sal Suid Afrika ekonomies ineenstort. Onteiening sonder vergoeding sal effektief individuele eiendomsreg uitkanselleer, ongeag van hoe die regerende party dit sal bewerkstellig deur verandering van die grondwet of deur ander skuiwergate in die bestaande wet te gebruik.

Sonder eiendomsreg is daar vir die wit minderheid slegs die opsie van veg, vlug of verdwyn, waar verdwyn beteken om met die meerderheid te assimileer sonder ‘n eie identiteit.

Grondhervorming kan nie plaasvind deurdat eiendomsregte misken word nie, dit moet plaasvind binne die konteks van ‘n billike vergoeding vir persone wat bereid is om hul grond te verkoop. So nie, is daar ‘n haglike toekoms wat vir SA voorlê.

Josua Keys ·

As Cyril Ramaphosa gister aangekondig het, dat die plase wat reeds deur die regering oorgeneem was wat nou vervalle is weer in werking gestel MOET word en mense aanstel om die grond te bewerk en twee jaar gee om te bewys hulle kan wel “BOER” en n wins toon sou ek sy storie geglo het. As hy bedoel wat hy gesê het sou sy eerste prioriteit huidiglik gewees het om vervalle plase wat in besit is van die regering produktief te maak voor jy ander wil opeien dan kan hy tenminste sê dat hulle plan om ander grond in beslag te lê ‘n voordeel vir almal sal inhou want dan het hy immers bewyse dat dit ‘n voordeel vir SA kan wees. Huidiglik het hy nie ‘n voet om op te staan nie want alles wat die ANC oorgeneem het en wou bestuur is ten gronde. Mnr Ramaphosa maak eers reg wat jou volgelinge en vorige bende maatjies op gevoeter het dan maak jy jou stem dik want dit is wat ‘n goeie gedrewe President sou doen. Jy is die President van SA tree op soos een en sit jou voet neer, Maimani en Malema is bysake jy deel met hulle as jy konkrete veite op die tafel kan plaas, om dit te doen moet jy vergeet wat jou mense wil hê maar die land se belange vir die toekoms eerste stel en dis hier waar jy duidelik besig is om te vaal kry ruggraad en doen iets daadwerkliks!!!

Peet J ·

@ Casper (1 uur ) ek stem , onteiening gaan gepaard met uitskakeling van eiendomsreg asook wysiging van die betrokke akte maar min mense besef eintlik wat vir die Boere Afrikaner voorlê, Die tweede en laaste paragrawe van jou kommentaar het ook meriete.

Reguit ·

Wolf in skaapklere sing ‘n nuwe wiegeliedjie sodat die liberale lammertjies klaar kan blêr en rustig verder kan slaap. Te kostelik.

AJ ·

Suid Afrika het nooit bestaan voordat Europeurs grense op ‘n kaart getrek het nie.

Swartmense kan daarom nie aanspraak maak op grond binne die huidige RSA se grense nie. Die huidige republiek het slegs op 31 Mei 1961 tot stand gekom.

As RSA se Swartmense wil aanspraak maak op eie grond moet hulle fokus vir ‘n plekkie iewers op die Afrika Kontinent!

Aangesien hulle nomadies gelewe het, het hulle deur AL die lande tussen die huidige RSA en huidige Kongo rondgetrek … dis waar hulle op grond moet aanspraak maak! Nie in die klein stukkie land wat tans as RSA bekend stan nie.

Begripstoets Vraagvark van Grondsake ·

Begripstoets: “Onteiening sonder vergoeding solank dit nie landbou, ekonomie of voedselsekerheid benadeel nie en behoort slegs grondwetlik plaas te vind.”

Kan enige Suid-Afrikaanse regter of regsgeleerde of Afrikaanse vakonderwyser of politikus of Suid-Afrikaanse koning of tradisionele leier vir my asseblief eenduidig, kort en kragtig die volgende begripsvraag beantwoord: “Wat is die kern betekenis van die bostaande stelling?”
Regsgeleerde Vlakvark: “Loutere wollerige niksseggende onsin!” Punte toegeken: 0,00000%

John ·

…. en ons het gedink ex-prez Zuma se logika slaan ons asems weg…

Piet ·

Jammer ek ontstel jou PLP. Die rose geur wat jy ruik in die oggend as jy opstaan eintlik Ermelo se riool wat oor loop. Maar soos jy se ons moet posities wees, daar as darm nie kernkrag afval in die water nie net salmonella. Hoera!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.