Ramaphosa gee versekering grondeise sal bespoedig word

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag die versekering gegee dat die Suid-Afrikaanse regering onverpoos werk om te verseker dat grondeise deur gemeenskappe wat “met geweld van hul eiendom af gedwing is deur apartheid-era wetgewing” vinnig afgehandel word en dat die eisers vergoeding ontvang.

Ramaphosa het dié uitlatings vandag (Saterdag) in Pretoria gemaak waar hy tydens ʼn grondrestitusiegeleentheid gepraat het. Die geselligheid is gehou om die suksesvolle grondeise van tien Gautengse gemeenskappe wat nou titelaktes en finansiële vergoeding ontvang het, te vier.

“Ons vier vandag die afhandeling van tien grondeise in Gauteng wat voor 31 Desember 1998 ingedien is. Baie mense het heeltemal te lank gewag vir hierdie proses van grondrestitusie en vergoeding om afgehandel te word. Ons waardeer die geduld en vasberadenheid van die eisers, maar erken baie meer moet nog gedoen word met baie meer dringendheid,” het Ramaphosa gesê.

“Vandag is deel van ʼn proses wat oor die lengte en breedte van hierdie land sal strek. Ons is besig om grondeise af te handel en grond terug te gee aan die gemeenskappe en families van wie die grond afgeneem is en daardeur die restitusie te bring wat ons Grondwet vereis.”

Die tien grondeise van altesaam R203 miljoen is gefasiliteer deur die Kommissie vir die Herstel van Grondregte om gemeenskappe in Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni te bevoordeel.

Ramaphosa het gesê sy regering se departement en agentskappe werk hard om te verseker dat uitstaande eise vinnig hanteer word.

“Vandag oorhandig ons die titelakte aan die Klipkop-Nanduna- gemeenskaplike eiendomsvereniging namens die afstammelinge van die Mahlangu- en Malobola-familie. Die voorvaders van hierdie families het informele of ongeregistreerde regte op hierdie eiendom gehad en moes deur ʼn breedvoerige proses gaan om hul eise te verifieer. Daar is bevind dat die Malobola-familie die betrokke grond van die 1800’s tot 1967 beset het en die Mahlangu-familie van 1936 tot 1960,” het hy gesê.

“Die pynlike stories van hierdie twee families eggo oor die land in ʼn duisend verskillende plekke, waar mense ontneem is van hul geboortereg, hul grond en hul lewensbestaan. Die Malobola-familie het sedert die 1800’s op ʼn plaas genaamd Klipkop gewoon.”

Ramaphosa het gesê ʼn kritieke bewysstuk van die legitimiteit van die eisers se besetting van die grond en hul gedwonge verwydering is ʼn “brief geskryf deur die prokureurs van ʼn mnr. Zwick, waarin gestel word dat alle ‘bantu’ mense by Klipkop onwettig die plaas beset”.

Hy sê die gemeenskappe is net 14 dae gegee om hul vee van die plaas te verwyder en indien hulle sou weier, sou die vee geskut word.

“Om hierdie grond aan die families terug te gee is daarom simbolies én werklik. Dit verteenwoordig die regstelling van iets wat baie verkeerd was en gee ook vir die gemeenskap die geleentheid om die voordele van hierdie waardevolle bate te geniet,” het Ramaphosa gesê.

In die nege ander restitusie-skikkings wat vandag gevier is, het die eisers verkies om eerder finansiële vergoeding te ontvang.

“In sommige gevalle het die eisers elders gaan woon en is hulle nie in ʼn posisie om nou met ʼn nuwe nedersetting te begin nie. In ander gevalle is die grond omvattend ontwikkel as nywerheids- of residensiële gebiede. Hierdie is die Dukathole-gemeenskap van Driefontein in Ekurhuleni en die Ebenezer Congregational Church in Johannesburg.”

Ramaphosa het bygevoeg die eeue-oue verlies van grond het nie net armoede teweeg gebring nie, maar ook die vernedering om te leef sonder grond in jou geboorteland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

marous ·

Hy kan maar verseker wees dat die hele land se ondergang ook deur hom en sy pelle bespoedig is.

Johan ·

Sover ek weet was daar gewoonlik alternatiewe grond gegee vir die gemeenskappe wat geraak is. Hulle is hervestig en blykbaar vergoed. Dit was so toe die Putfontein-mense (tussen Ventersdorp en Lichtenburg) verskuif is na Boputhatswana.
Die mense het hulle grond teruggekry terwyl ‘n klomp op die gegewe grond agtergebly het. So gesien het hulle (ten spyte van baie negatiewe aspekte) tog gebaat, want hulle besit nou twee stukke grond.

Johan ·

Moenie grond in Santon vergeet nie waar al die Jose bly nie. Vat hul grond ook.

Jan ·

Dis juis die jode wat vir cyril beheer en boorskryf.die kommunistiese oarty is mos vol jode en is gestig en beheer deaur jode…

PJ ·

Ek sien ramapromise sè dis n vernedering om sonder grond te wees in jou geboortegrond nou verstaan ek nie ek is dan ok hier gebore maar hy wil dan nou nie hè ek moet ok grond hè nie

wonder maar net ·

Ek word ook verneder… Dis my geboorteland ook, maar ek besit ook nie grond nie….

Ai. ·

Ja maar jy tel nie as dit by regte en kultuur en grond in Suid Afrika kom nie.
In hul oe is jy nie swart genoeg nie!

honourable member ·

Dis mos weer verkiesing so die massa word weer baie goed belowe om stemme te kry.

Lukas van Zyl ·

Cyril, kom oor een jaar terug, en kyk na die gemors wat oor is van dit wat jul vandag gedoen het.

Jan ·

Cyril weet dit goed dis wat hy wil he. Hy wil he julle alamal moet arm wees sosdat hy alleen ryk kan wees.

Henk ·

Verduidelik die volgende- die apartheidsregering vat grond by wit boere en hervestig voorheen benadeeldes daarop in die Bosbokrand Acornhoek area. Lebowa word so gestig. Nou, in 2018 eis hierdie benadeeldes teen die staat op hierdie grond in Lebowa en die benadeeldes word elk 39000 per eiser uitbetaal!!!!??? Op grond wat uitgekoop/ onteien is van witboere vir hervestiging van benadeeldes!!??

Gert van Wierdapark ·

Interessant dat Mondige eise so net voor die Ver-kiesing uiteindelik afgehandel word. Wanneer dit egter by Ver-kwisting van BELASTINGGELD kom, word BILJOENE Rande in ‘n ommesientjie “Spandeer”. Daarmee tesaam die onverantwoordelike uitsprake: “As die Rand vsl, tel ons dit maar weer op” plus die dom-astrante verkiesingsbelofte van nasionalisering van die Reserwebank! Dit is seker al instelling wat nog onafhanklik is, maar die laaste vesting wat Ge-Kaap gaan word om verdere ekonomiese verval ens te bespoedig! SAY NO MORE!

Frikkie Geld en huis ·

Die feit dat die plaas ‘n naam gehad het (Klipkop) laat my dink dat die Mahlangu- en Malobola – families wel die grond onwettig beset het.

Snowball ·

En die swart bemagtiging sal tot in ewigheid voortduur….. vir altyd die slagoffer, vir altyd wagtend vir die oomblik om te skep.
Totdat alles weer verval het in armoede en die honger kinders besnotterd en betraand wag vir die VN koslorrie want mamma en pappa het alles verniet gekry, vir niks gewerk nie, toe verdwyn alles maar weer in die huwelik van onkunde en ongebreidelde aanwas….altyd te veel wat aansit om te eet en te min wat produseer. Afrika se oeroue dilemma…

Jan ·

Ja en die dom afrikaners hou maar aan soos gekke om vir hulle mielies te plant…

Tanya ·

As jy voel die gond behoort aan jou vat hom.Maar as jy dood gaan word jy onder gront gesit waar is die grond dan nie onder jou voet nie maar bo jou.Dit wil voorkom jy dink dit is jou grond ooooo nee broer jy nie dit gemaak nie dit boort ook nie aan jou of my nie dit behoort aan God

Afrikaner ·

En ek gee julle die versekering dat alle korruptes en staatskapers sal oor ‘n maand in die tronk wees.

Afrikaner ·

O ja, en ek gee julle ook die versekering dat die land gaan nou ‘n bloeitydperk binne, rentekoerse gaan styg, ongelooflik, en dit net oor die ANC se ingryping onder Cyril, inflasie gaan onder 1% draai. Miljarders is die mikpunt, almal gaan skep.

Pietverdriet ·

Goeie vraag Johan, wat word van die grond waarop hulle nou bly? Gaan hulle inderwaarheid twee stukke grond besit?
Hulle sal mos nooit die plek waar hulle nou bly net ‘weggee’ nie!

alet ·

Kan ek ook grond kry.Ons is 3mense wat n huis moet huur van R3100 krag en water koop,waar is geld vir kos.Dis so onregverdig.Ek wil ook n ope brief skryf aan Mnr Ramaposa kom kyk hoe swaar kry ons blankes ook .Geen huis geen vervoer.

Jan ·

Ne wat alet ou cyril weet lankal hoe julle sukkel. Dis juis wat hy wil he hy sal lag vir jou ou briefie..

@Alet...Ai ·

Jammer om jou wreed te ontnugter Alet maar die einste Cyril en kie wil jou in n wit plakkerskamp sien al bedellend op straat…Maar skryf maar jou briefie en pos hom as dit jou beter gaan laat voel…sterkte..

Ferdi ·

Hongersnood is oppad en alreeds hier die land sal geen kos produseer ni

Jan ·

Nou hoekom pla dit jou ferdi.wil jy he jou vyande moet dikgevreet wees…

Johanna Botha ·

En ek gee die versekering die Rand gaan val en petrol gaan opgaan en die anc gaan verder opmors !

Afrikaner ·

Ons het klomp jaar gelede, dit was toe nog in die NP se tyd ‘n minister gehad met die bynaam Piet Promises, ook was daar ‘n Eerste minister met die troetelnaam “Groot Krokodil’, later jare het ons ‘n Eerste minister gehad wat ons wigte en teenwigte belowe het, ook hy het vandag ‘n troetelnaam wat al baie deur die mense onderaan die kommentare geplaas is, nou het ons ‘n Eerste Minister en ons mag net vir hom Cyril sê, die troetelname mag nie genoem word nie.

Afrikaner ·

Eerste minister, president? Hehehehe… mos maar eintlik dieselle.

Piet kokewiet ·

Sou dit nie lekker wees as hul suid afrika in 2 kon deel en dan mar die mense split nie? Mar dan bou ons somme n helse muur met electric fence

Izak ·

Die land se ekonomie gaan vou na Mei-verkiesing. Die sotte en stemvolk ( ongeag jy nou links of regs marsjeer) is soos n mot agter n kers se lig. Brand gaan julle…SA lankal verby die punt waar dinge by n stembus opgelos gaan word.

Siek en sat ·

Maar as hulle die grond “beset”het, was dit mos onwettig. Hoekom publiseer die regering nie die aanspraakmakers se dokumente ter stawing van eienaarskap in die Government Gazette nie? Want ek soek ook n stukkie grond, met n huisie. Ek is hier gebore en my ouers en my belastinggeld het die land help opbou.

Afrikaner ·

Nou wonner ek wanneer gaan die ANC die kosmosse kaap, of dalk beduie hulle, hulle het die sade 300 jaar gelede van die noorde saamgebring en dit so klomp jaar gelede daar geplant.

Afrikaner ·

Ek weet nou aan wie ek my vrou se breipenne gaan skenk.

Therese van Schalkwyk ·

Sjoe! Dit voer ‘n mens darem ver terug. Dankie, Afrikaner.
Min het ons geweet wat voorlê, en wat ons ‘leiers’ in die mou voer, toe hierdie televisiereeks gekyk en geniet is.

JC ·

Tragies. Ek het op Kilpkop groot geword. As dit Klipkop is Noord van Brits. As my oupa steed gelewe het, draai hy terug in sy graf sou hy dit weet. My grootword plek, waar ek skool gegaan het by Sandrift laerskool. Kan iemand assblief laat weet of dit Klipkop is naby Sandrift? Ai. So hartseer.

Gert ·

Daar word duidelik gestel dat die grond onwettig beset was sedert 1936, en vee het onwettig daar gewei. Nou is die resultaat daarvan dat hulle die grond gratis kry. Dis die agterstevoor land waarin ons nou leef.

Frikkie ·

So hulle het al in die 1800’s grond gegryp en nou word hulle nasate beloon daarvoor.

“ellende wag vir die land waarvan ‘n slaaf
koning word”

Dorothy ·

Kom kyk hulle het klaar die grond gevat langs die Jukskei rivier wat deur die hele Jhb loop. Hulle bad en was hulle wasgoed in die water. So skep hulle van die water uit die Jukskei rivier om mielies in te kook en op straat te verkoop. Met vullis dae word daar in die asblikke gekrap en die strate word bemors. Gaan dit ooit end kry.

Alida ·

80% van hulle soek nie grond nie maar GELD. Wil nie boer nie wil eerder plak met geld onder die matras.

PLP ·

As die plaas se naam Klipkop was in 1800 – aan wie het die grond dan eers behoort as die naam Klipkop n Afrikaanse naam is. Ek wonder maar net

John ·

Diegene wat niks en nog erger van CR verwag het, is nie teleurgestel nie. Hy glo hy is magtig en onaantasbaar, wat hy sè is waar en bo twyfel en sy woord is wet. Wat noem mens so ‘n leier? Om bloot stoom af te blaas dmv ons woorde, gaan ongelukkig nie meer die verloop van gebeure wysig nie. Net die Hemelvader alleen kan die komende gruwel stuit. Die vervolging van Christene in SA het begin.

Afrikaner ·

En hierdie man, Cyril, het twee maande gelede in Davos/Switserland, gesê die reserwebank sal nie genasionaliseer word nie, skaars twee maande later verander hy sy lied. Ek het nog in my lewe nie iemand gesien wat so rond en bont praat nie, en in so ‘n kort periode! Gaats, mens het nog nie eens verorber wat hy gister kwytgeraak het nie, toe kom die son die volgende dag uit ‘n ander hoek op.

Afrikaner ·

En vanoggend verneem ons dat Dions in die Ilanga Mall leeggemaak is, nie ‘n item het oorgebly nie.

Die mense soek nie grond nie, dis die moeilike pad, hulle soek die kitsklaar maklike pad.

ne ·

Hy lieg so baie kan nie onthou wat hy laas gelieg het nie! Deuntjie verander volgens gehoor wat luister en GLO.

Afrikaner ·

Ek soek Vorster, PW en DE Klerk terug, ek dring daarop aan!

Afrikaner ·

Skuus ek steek weer my kop hier uit. Dis hoogtyd dat hulle mosterd na die maal kom verduidelik.

Hans ·

Sal al die argiefmateriaal asook die navorsingsverslae ten opsigte van al die grondeise ens aan kundige en objektiewe grskiedkundiges en navorsers beskikbaar gestel word sodat die ook hul mening gee.

Dries du Toit ·

Ek wonder wat se deKlerk en sy makkers wat ons so uitverkoop het oor hierdie grond onteiening. Hierdie tragedie gaan derduisende swartes bitter baie gelukkig maak en derduisende wittes se lewens so vernietig. Die mense wat hy gehelp het is die wat hom vervloek. Die mense wie se lewens nou vernietig gaan word is die wat hom ondersteun het. Die tragedie van verraad is dit kom uit jou binnekring.

Afrikaner ·

Die probleem is nie om swartes gelukkig te maak nie, gun hulle hul plek in die son, maar dit is die manier waarop dit gedoen word en hoe daar vir hulle vertel word vye is nie vye nie. So het Cyril nou vir hulle vertel dat grond is in die verlede ook van sy familie afgevat.

Spike ·

cr is lieg nog meer as zuma. Gesplete persoonlikheid met premitiewe denke.

Afrikaner ·

Wie gaan saam?

Ons woon hier naby Die Wildtuin, het sopas klaar ge-eet. Moeg vir die politieklees van die dag. So oor 20 minute trek ons weg na Berg-en-Dal kamp wat so ‘n uur en ‘n half se ry hiervandaan is, dan gaan sit ons daar langs die dam, luister na die voëlgeluide, rooikop houtkappers, ‘n diederikkie as ons gelukkig is, bontkiewiete, bosveldvisvangers, en beloer wat se wild daar is, dalk ‘n olifant. Dikwels kom ons ook waterbokke tee, apies, Natalse fisante. Ek beplan om so om en by 4 uur vir ons roomys of ‘n slushpuppy daar te gaan koop.

Daai slushpuppy is ongelooflik koud met die fyn ys soos moes wat deur ‘n stooitjie opgesuig word. Ons het dit so paar weke gelede in Olifantskamp geniet, en toe slaan die vrieskoue my so ‘n paar sekonders na ek dit gesuig het in die maag, die ergste pyn wat ek in my lewe ervaar het wat so opskiet in die kop. Ek gaan lê toe op die bed en beduie vrou help!

So moes ek maar self regkom en besef toe daardie goed moet mens maar geduldig met die sluk mee wees, nie te gulsig in die hitte nie.

John ·

… Hoeveel kos die brandewyn daar naby die wildtuin… Hoekom bère jy dit in die yskas. Probeer swart koffie…

Afrikaner ·

Drank kos maklik tot 50% duurder in die wildtuin as daar buite. Op seker items, soos bv boeke merk hulle die koopprys met 150% op, dus as hulle bv ‘n R100 vir die aankoop van ‘n boek betaal, verkoop hulle dit vir R250-00. As jy belangstel in die pryse van drank hier, slaan die betrokke buiteverkope na en skakel hulle, soos bv Spar ens.

Afrikaner ·

John, ek is nie seker waarna jy verwys nie, dalk die slushpuppy? As dit so is, gaan google dit gerus en kyk wat se geure beskikbaar is, die keure daarvan is rooi, blou of groen.

At ·

Gerekende “sakeman” en miljoene verdien weens sy kundigheid…as jy die wit liberale kan glo.

Judge Dredd ·

So lees ek reg?

Hulle het die grond onwettig beset en daarom is hulle vandag geregtig op die grond?

John Ferreira ·

Ons besighede is klaar gevat…51% moet aan hulle behoort….met al die wetgewing en BEE en wat ookal kan geen witmens meer ‘n besigheid van sy eie hê nie…..ek sê selfbeskiking

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.