Ramaphosa: Geen korrupsie in ‘nuwe era’ vir SA

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sê die regerende ANC se “nuwe dagbreek”-veldtog sal niks beteken as korrupsie in Suid-Afrika voortduur nie.

Ramaphosa het tydens ʼn inligtingsessie in Sandton gesê dié veldtog waarvan hy die hoof is, beoog om korrupsie in openbare én privaat sektore hok te slaan.

“Hoe ons met korrupsie te werk gaan sal hierdie nuwe era definieer,” het hy gesê. “Ons [tree] ferm op en gaan seker maak dat ons korrupsie in Suid-Afrika geheel en al uitwis. Ons moet terugkeer na die beginsels van ons voorgangers – beginsels van waarheid, dinge reg doen en ons mense eerste stel; dít is die beginsels van die nuwe dag wat aanbreek.”

Ramaphosa sê hy het vroeër met aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, vergader en hulle om verskoning gevra vir die negatiewe uitkyk betreffende die regerende party die afgelope paar jaar.

“Ek wou om verskoning vra omdat ons hom wanhopig gemaak het. Daar was ʼn tyd dat hy vertroue in ons verloor het weens die rigtings wat ons ingeslaan het. Hy het ons bedank en gesê dat hy ook die nuwe dag kan sien aanbreek, en weet dat [die ANC] nou op dié nuwe pad [baie sal vermag].”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

White Rhino ·

Sorry pel – die korrupsie is al so diep gewortel jy sal niks daaraan kan doen nie – jy het dan nog steeds korruptes in jou parlement? Hoe dan nou?
Vee eers voor jou eie deur.

Werner ·

Solank ons regstelsel die grap is wat dit is en die dubbel standaarde gehandhaaf word is hy besig om te droom

Elize ·

Ja right! Daardie dag oortuig ek almal dat die maan van kaas gemaak is

C ·

Hy wil korrupsie in die openbare en privaat sector hok slaan. Die grootste korrupsie is dan in die regerende party. Begin by die regering en as dit slaag het hy al klaar 90% van korrupsie hok geslaan. Met al die geld wat soos mis voor die son verdwyne het die afgelope 24 jaar kon daar al meer skole, hospitale, huise en beter mediese dienste gewees het. Maar nee, CR en sy comrades leef mos lekker en sal nie sommer korrupsie opgee nie.

Msp ·

Korrupsie, moord, diefstal, met anderwoorde, kriminele het die land al so oorgeneem dat dit n hoogs intelligente weermag sal vat om korrupsie hok te slaan. Dan grondoneiening sonder vergoeding en nie nuwe malema rasisme waarvan die oorsprong van die eff ontstaan het en die blankes gedurig daarvoor blameer word. As die regering dit kan baasraak is daar hoop. Stetkte met die een. Ek bid inelkgeval dat dit sal gebeur en werk. Suid Afrika is lankal in ‘n noodtoestand en die ergste van alles is dat Suid Afrikaners hulle self en hul gesinne nie mag verdedig nie. Hiervoor word jy vir moord aangekla.

Callie ·

Help bietjie CR. Jy het vir jare saam met Zuma, Ace en Supra gewerk. Langs hulle gesit. Gesien wat doen hulle en niks daaraan gedoen nie. Deler is so goed soos die steler is n ou gesegde. Hoekom word nou ook niks aan hulle gedoen nie. Weet hulle dalk wie is al die delers. Iemand wat die twak glo dat korrupsie aangevat gaan word, word wakker.

cor ·

Droom voort mnr die President, drome en dag drome is wonderlik maar om dit in n werklikheid te omskep is n heel ander saak. Skei eers die vrot appels van die goeie, maak huis skoon voordat die nuwe dag aanbreek en dan sal ons jou miskien glo.

alida ·

CR was vir hoe lank adjunk president. Komaan Mnr Ramaphosa wil jy vir my sê jy het NIKS gesien of gehoor terwyl Zuma en die Guptas die staatskaste geplunder het nie. Jy droom drome wat nie bewaarheid gaan word nie. Die verrotting is te diep en sal nie in ons leeftyd reggestel kan word nie.

Snowball ·

Alles reg mnr die President, solank Biskop Tutu net nie meer wanhopig voel nie en weer ja stem vir die ANC, is alles weer reg!! Wat van al die ander wat reeds hoop verloor het in hierdie land danksy die ANC se korrupsie en wanbestuur?? Die nuwe dagbreek se lig is nie die son wat opkom nie, dis die lig van vuur van al die brandende tyres! ‘n Land wat brand – proudly South African.

Mrs H ·

Dis asof die boek van Jeremia gister geskryf is as jy dit lees… Geskryf net vir vandag se SA regering. Skrikwekkend, lees dit n bietjie?! Kan nie help om n wenkbrou te lig nie.

Peet van Breda ·

Een swaeltjie maak nie n somer nie. Ramaposa het edel gedagtes maar die realiteit lyk anders. Onuitwisbare skade is aangerig aan on ekonomie……reputasie en bevolking. Eerste indrukke is blywend en die staatsmasjien is tot in sy murg geinfiltreer. Jammer , maar nie eers Chuck Norris gaan ons red nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Warm lug. Ek glo nie n woord wat hy se nie want die ANC is korrup. Waarom is Ace, Dlamini en Supra onder andere nog deel van julle en waarom gebeur niks met hulle nie,

Anoniem ·

Presies. Maak ‘n voorbeeld van ‘n paar van die hoë, korrupte bome soos deur Gerhard genoem, dan sal ons jou begin glo, en sal dit hopelik andere afskrik van korrupsie.

Met voorbeeld bedoel ek: geregtelike ondersoeke, konfiskering van persoonlike eiendom wat deur korrupsie bekom is, tronkstraf. Niks minder sal Suid-Afrikaners en die buiteland oortuig nie.

Sover ek verstaan is die Afrika kultuur nie ingestel op straf nie. Die tyd raak min dat jy moet kies tussen Afrika- of Westerse optrede. Mag God jou die nodige wysheid skenk om Suid-Afrika goed te regeer.

wraggies ·

Ek wil eers van die ANC hoe’s en Zuma’s saam met die Gupta’s in die tronk sien en, en,en voor ek hierdie sal glo.

Johnna ·

Ag asb waarvan praat die man raak eers ontslae van al die korrupte leiers in jou kabinet Mnr CR.en begin Sommer by Ace.

Granaat ·

AG dan gaan jy jou HELE PARLEMENT moet ontbind asook die POLISIEMAG en al die hoofde van staatsinstellings en parastatals .. van Eskom, Denel, SAA, SAUK .. ens ens .. Jy het GROOT werk om te doen .. maar ek verstaan hulle is besig om jou uit te werk so jy moet maar vinnig spring.

anti vergrype ·

Ek weet nie vir wie hy dit probeer se nie – want almal weet die parlement is korrup en vals.
Wie trek nou eintlik die toutjies? Die Russe? Of die Chinese? Of die Kubane? S A beheer nie homself nie en dit is waarom Ramaposa niks kan doen nie – sy hande is afgekap – hy droom seker daaroor – maar dit sal nt ‘n droom bly . Verder wil hy so graag sy pot met paddas kook.

HP ·

Voorgangers…. die dae toe daar bietjie beter regeering was… Dit klink vir my sooooo mooi!!!

Ons wag en kyk wat volg

John ·

?.. wat meer bekommer is wat die gewese Biskop se Baas van die regering van die dag dink.

danie * ·

Hy moet homself ook dan FIRE ! Grond sonder vergoeding is ook korrup?

Willie ·

Die dag wanneer witmans gelyke regte het as swart en bruinmans dan sal ek jou glo want die kwota stelsel is ook n korupte stelsel wat neer kyk op minderheids groepe.

Liezl ·

Dis 1 Junie….nie 1 April nie……verkeerde dag gekies CR!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.