Ramaphosa gekap oor getuienis voor Zondo

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy getuienis voor die Zondo-kommissie. (Foto: Themba Hadebe/POOL/AFP)

“Dit was baie duidelik dat die president die bal na die kantlyn toe geskop het.”

Só het John Steenhuisen, DA-leier, gesê in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se getuienis as ANC-president voor die Zondo-kommissie.

Ramaphosa het dikwels in breë of vae trekke geantwoord, maar wel toegegee dat “dinge verskriklik skeefgeloop het”. Hy is onder meer uitgevra oor die ANC se beleid rakende kaderontplooiing en die party se ontplooiingskomitee, waarvan hy die voorsitter was.

Volgens Steenhuisen wou Ramaphosa nie erken hoe vernietigend kaderontplooiing is nie terwyl dit ʼn hele reeks “verskriklike aanstellings” in die staatsdiens tot gevolg gehad het, soos Dudu Myeni, Ben Ngubane en Brian Molefe.

“Al dié mense het groot skade veroorsaak en die mense van Suid-Afrika van geleenthede beroof.”

Dit is baie duidelik dat Ramaphosa geen voorneme het om die ANC van die “verskriklike beleid” te laat wegstap nie.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het gesê Ramaphosa se getuienis het die partye se deurlopende standpunt dat regstellende aksie (RA) nie aanvaarbaar is nie en afgeskaf moet word, bevestig.

“RA is nie gegrond op meriete nie en al oplossing om die staatsdiens reg te ruk, is om meriete die enigste kriterium met aanstellings te maak. Die beste mense moet aangestel word om die werk te doen, ongeag hul velkleur.”

Ramaphosa het in sy getuienis gesê die wetgewing oor die finansiering van politieke partye gaan deursigtigheid verseker. ʼn Beperking op die bedrag geld wat geskenk mag word, gaan ook beteken ʼn entiteit het nie oorweldigende beheer oor ʼn party nie.

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

“Dit help nie om nou dié wet voor te hou as voorsorgmaatreël vir deursigtigheid nie. Die wysiging aan die wet is onlangs eers gedoen en grootliks as inisiatief van die VF Plus.

“Korrupsie ontstaan nie bloot weens kaderontplooiing nie. Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is instrumenteel daarin om geleenthede vir korrupsie deur tenderbedrog te skep. Staatsondernemings word deel gemaak hiervan deur opgeblase tenders te aanvaar onder die dekmantel van die bevordering van SEB.”

Groenewald meen die Zondo-kommissie behoort die klem te laat val op die toepassing van SEB waar talle voorbeelde van dié soort stroping is soos Eskom se aankoop van buisligte teen R900 elk wat skaars R63 by ʼn hardewarewinkel sou kos.

“ʼn Liter melk is aangekoop teen R56, besems teen R280 000 elk en vele meer. Dit is blatante misbruik van SEB en openlike bedrog onder die dekmantel daarvan. Die Zondo-kommissie sal harde vrae hieroor moet vra indien hy ernstig is om korrupsie te bestry.”

Ramaphosa hervat sy getuienis Donderdagoggend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Fedup ·

So, jellyfish basically blamed his little friends and apartheid for all that went wrong since 1994?
He sulked and expected pity for blabbing.
Basically told his people “not to vote for the anc.”
He expect fools to believe him.
Honestly.

Persheks Adri ·

Begin sommer om jou regstellende aksie te STOP Cyril! Julle kan eenvoudig nie die land regeer nie verstaan jy dit?

Anoniem ·

Onthou, Ramaphosa is ‘n geswore kommunis en sal nooit iets anders wees nie. Hy is nie die ridder op ‘n witperd nie en sal nooit van die kommunistiese ideologie afwyk nie. Hy weet hoe om vrae te antwoord, sonder dat dat dit veel sê.

Kokerboom ·

“n Gesplete kommunis…verkondig en dwing af kommunistiese retoriek en geniet terselfdertyd die soete vrugte van kapitalisme!!

Jack ·

Kommunisme is ‘ soort religieuse ideologie wat van die veronderstelling uitgaan dat die aanhangers daarvan nie foute kan maak nie. Daarom hoef hulle nie vernatwoordelikhied te neem vir enige iets wat hulle gedoen het en skeefgeloop het nie. Hulle standaard verweer is dat dit iemand of iets anders se skuld is, bv reaksionere magte, kapitalisme, rassisme, apartheid, kolonialisme ens Omdat kommunisme nie kan fouteer nie is hulle ook bo die wet verhewe.

Snowball ·

“False face must hide what the false heart doth know.” – Shakespeare

Alex ·

SEB se beleid is ‘I eat, you eat’ om tender bedrog so in te trek.

Michael ·

Zondo sal nie harde vrae vra nie-hy werk vir Zuma. Ramaphosa is gevaarliker as wat Zuma ooit kon wees

Mauritz ·

Kan nie ‘n woord glo wat hy sê nie. Die ANC het leuens en blaamverskuiwing tot ‘n volmaakte kunsvorm ontwikkel.

Johann ·

Ja maar die somme word met Kubaanse calculators gedoen. En die knoppies is in Kubaans en voor elke IS GELYK AAN moet jy drie MINUS knoppies druk wat dan n ou geldjie allocate aan die ANC…ZUPIZANIA en ACEtown cost centres.

O en die calculators is darm water proof, siende dit van Kuba af kom.

Josua ·

APARTHEID was nooit die probleem nie die buitewereld was die probleem en is steeds, hulle het nie n saak met ons witmense of swartmense se problem in SA nie solank hulle SA kan leeg suig en alles teen n appel en n ui tekoop kry. Ramaposa en sy comrade’s maak biljoene juis om niks te doen nie dit was die doel en hul “JOB DISCRIPTION” en ooreenkoms van die begin af!!!!! Ongelukkig sit daar wit Suid afrikaners en buitelanders agter dit wat in mansions bly en steeds stink ryk word terwyl SA leeg gesuig word die bewyse word daagliks op sosiale tv uitgebeeld so waarom sal hulle uit hul gemakstoel wil opstaan, SA word daagliks vir n pot lensie sop verkoop ten koste van sy eie mense en vaardighede wat in die land gebore is. Ramaposa en sy pelle ken elkeen op die naam en wil hulle stil hou want as hulle die mense verklap gaan daar wereldwyd hofsake wees en dit is wat hulle almal probeer keer. daarop die stilte. Kommunisme op sy ergste graad!!!

Eugene ·

Ramaphosa sal altyd BEE verdedig want dit is waar sy geld vandaan kom. En natuurlik is hy n bewese leuenaar

gehasie ·

CR is nie wat van ‘n president verwag word nie. Hyself het gesê hy is eerder ‘n swak president as wat hy ‘n swak ANC leier is! SEB is die doodsteek vir SA ekonomie en is die dekmantel waaronder kriminele aktiwiteite skuil.

Genis ·

Ag julle …CR het mos gese hulle moet almal “Corporate Governance Training” kry insluitend hy… Dan is hulle Chinese Bookkeeping op n einde….

Jakes ·

Die manier hoe Ramaphosa die vra beantwoord het kon deur enige gewone persoon ook beantwoord gewees het. Hy is maar lekker glibberig en vaag wanneer hy vra antwoord. Dit is uit die staanspoor duidelik dat hy baie van die korrupsie aanklagte teen sy ministers van geweet het maar sal dit nooit openlik herken nie. Hoekom word hy nie kruis ondervra nie?

Michael ·

Hy is deel van die korrupsie wat plaasgevind het en wat nog plaasvind. dis hoekom hy so reageer.

SomeOne ·

nou moet julle my reghelp, is rama, wat ook al, nou twee mense, hy moet voor die zondo kommisie verskyn as pres van die anc en sal seker later moet getuig as pres van sa, hoe gaan hy dit regkry ?

annie ·

Hoekom maak die ANC, ook by monde van die vrome Cyril, of daar ‘n wonderlike goeie normaal by die ANC was voordat ietsie skeef geloop het. Wat was dit en wat is die normaal? Die ANC was nog altyd radikaal, korrup, aggressief met die totale beheer van die land as oogmerk. Dit is die wit liberale Westerlinge wat die goeie probeer koppel het aan die groep. Het Cyril voor die spieèl sy sepie ingeoefen?

Anton ·

Soos Manuel van Fawlty Towers gese het: I know nothing ????

Riaan ·

Selektiewe geheue verlies is ‘n handige ding indien jy ‘n ANC grootkop word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.