Ramaphosa gelas ondersoek na Noordwes-departement

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: PresidencyZA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het opdrag gegee dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek instel na beweerde korrupsie, wanpraktyke en wanadministrasie in die departement van openbare werke en paaie in Noordwes.

Die SOE moet ook finansiële verliese wat deur die departement gely is uitwys en verhaal.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE, sê die eenheid is gemagtig om alle transaksies tussen 1 Januarie 2016 en 12 Maart 2021 na te gaan.

Die SOE is ook gemagtig om enige relevante transaksies ná die datum van proklamasie te ondersoek wat verband hou met persone, entiteite of kontrakte wat by die beweerde korrupsie, wanpraktyke en wanadministrasie betrek word.

Kganyago sê die SOE se ondersoek sal fokus op die verkryging van kontrake namens die departement met betrekking tot projekbestuur, die herstel van vloedbeskadigde padinfrastruktuur in die provinsie, installering van heinings by die Eagle Waters-oord sowel as betalings wat nie deur die tesourie goedgekeur is nie of op vrugtelose en verkwiste uitgawes neerkom.

Die SOE sal ook ondersoek instel na enige onwettige of onbehoorlike optrede deur werknemers of amptenare van die departement, diensverskaffers of enige ander persoon of entiteit met betrekking tot die bewerings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel ·

Hoekom net NW wat van Vrystaat..ekskuus dit sal Magashule betrek ..ons wil dit nou nie sien nie.

Alet ·

Help veel ondersoeke word gedoen en dis waar dit eindig. Het artikel gelees waar daar iets soos huidiglik korrupsie ondersoek word vir R430 iets miljard en 7 is in die tronk. Seker die 7 wat toiletpapier vasgelê het by PnP.

MakersMark ·

Nog ‘n kommissie van ondersoek nog tee aandra nog Kentucky vir middagete twee jaar en miljoene later en ‘n duisend bladsy report word vrygestel. Dan word die korruptes bevorder na ‘n Mzanzi konsulaat iewers in die wereld – probleem opgelos.

Yvonne ·

Die president saal die hele land so moet ondersoek dit is verrot van bo tot onder

Elize ·

Ek sê weer parrapot het kompetisie in sy eie kring daarom laat hy nou kamtig sy stem hoor. Hy weet sy einde van die grondpad is om die draai en probeer terugkom na die teerpad

Hennie J ·

En die ondersoek sal sloer en sloer en sloer totdat, eendag, die persoon wat die tee maak aangekla word van die misbruik van teesakkies.

Connie ·

Ja nee CR jy sal nou moet uithaal en wys wat in jou steek en nie agter kopdoek en ander aan hardloop nie. Hulle (die zumas ) wil jou uit he, ruk jouself reg en staan op jou eie 2 bene en dink vir jouself.

Michal ·

Na so 9 tot 12 jaar sal die eerste hofsaak begin en dan nog so 7 jaar om te hoor wat ons nou al weet, niemand gaan enige gevolge drae nie. Met ander woord, Blah blah blah.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.