Ramaphosa gesels met Moody’s

Pres. Cyril Rampahosa. Foto: Cindy Waxa/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag met Moody’s Investors Service vergader om verskeie inisiatiewe te bespreek wat tans aan die gang is om ekonomiese groei aan te moedig en werksgeleenthede te skep.

Volgens die presidensie het Ramaphosa tydens dié gesprek herhaal dat grondhervorming binne ʼn wetlike raamwerk gedoen sal word wat nie ekonomiese groei raak nie.

“Pres. Ramaphosa het die regering se toewyding beklemtoon om ʼn sosiale samestelling van die regering, arbeidsektor, sakesektor en die burgerlike samelewing te bou om belegging aan te moedig en jeugindiensneming en gemeenskapsontwikkeling te verbeter.

“Pres. Ramaphosa het herhaal dat die versnelde grondhervorming binne ʼn wetlike raamwerk sal ontvou en nie ekonomiese groei, landbouproduksie of voedselsekerheid sal beïnvloed nie,” het die president se kantoor in ʼn verklaring gesê.

“Pres. Ramaphosa het gesê werkskepping is die regering se belangrikste prioriteit en die versuim om sulke werksgeleenthede te skep, is die grootste risiko vir die land. Moody’s sal sy jongste gradering van Suid-Afrika op 23 Maart 2018 aankondig.”

Die presidensie het gesê tydens die vergadering, wat by Tuynhuys in Kaapstad plaasgevind het, het Ramaphosa ʼn nuwe stemming van hoop, vernuwing en eenheid in die land beskryf en gepraat oor die entoesiasme van Suid-Afrikaners om by te dra tot verandering en ontwikkeling.

“Pres. Ramaphosa het gesê hierdie nuwe entoesiasme is die anker van al die pogings om Suid-Afrika se uitdagings aan te pak, waaronder die regering se inisiatiewe om beleggersvertroue te verbeter en regulatoriese en beleidsonsekerheid te verminder.”

Volgens die presidensie vorm gesprekke oor die Mynbouhandves, onlangse maatreëls om die kabinet te versterk, veranderinge aan die raad en bestuur van Eskom en ʼn ondersoek na staatskaping alles deel van die regering se “uitnodiging aan beleggers om na Suid-Afrika te kom”.

Moody’s verskaf kredietgraderings, navorsing en risiko-ontledings. Dit was die eerste keer dat die agentskap met Ramaphosa vergader het sedert hy as president aangewys is.

Moody’s het op 15 Februarie gesê hy hou ʼn oog op die verwikkelinge in Suid-Afrika ná Jacob Zuma se bedanking as president. Volgens Moody’s fokus hy op die beleidsimplikasies van die veranderinge in die land se leierskap.

“Die sleutelaspek vanuit ʼn kredietperspektief sal die nuwe leierskap se reaksie wees op die land se ekonomiese en fiskale uitdagings en vordering betreffende die instelling van die hervormings wat hierdie uitdagings sal aanspreek,” het Zuzana Brixiova, visepresident van Moody’s, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Danie Grobler ·

Ek wonder watter twak het ramaphosa aan hulle verkoop.

Johan ·

Maklik, verander die wetgewing en enigiets is moontlik en wettig.

Marius ·

Moody’s gaan hulle nie laat flous nie… Doen wat jy wil maar solank as wat die EFF onaanvaarbare uitsprake maak en die ANC eiendom bloot wil afvat, gaan ons gradering duidelik weerspieel, die derde-wereld Afrika-land wat ons in wese eintlik maar geword het…

anti vergrype ·

Ek is nou nie so “entoesiaties” soos wat afgemaak word nie.
Net die hordes is wat dink hulle gaan lekker op die boer se stoep sit en eet en eet tot die voorhoof sweet is entoesiaties.
De klerk is seker ook entoesiaties en so-ook roelf meyer en hulle ander meelopers – dit is tog waaroor hulle besluit het in Kodesa en nou word hulle droom bewaarheid.
Pasop – dit kan dalk ‘n lelike nadraai tot gevolg he,

Peet Schabort ·

Gaan kyk net na die vervoerstelsel van ‘n land. Die toestand van lugvervoer, padvervoer en spoorweë. Dalk ook seevaart? Wat meer? Bly weg van drome droom wat na 24 jaar steeds ‘n mite bly. Nêrens word klem gelê op toename in produksie maar net gehamer op verhoging in soldy. Begin by munisipaliteite waarvan die meeste se infrastruktuur in ‘n skokkende toestand is. Riool loop vrylik in spruite en riviere om uiteindelik in ons waterbronne soos die Vaaldam (Vuildam?) te land. As jy nie eers riool ordentlik kan bestuur hoe dan ‘n land? Slaggate en dongas is ‘n normale werlikheid op paaie en strate. Miljoene der miljoene Rand word geskuld aan Eskom weens wanbestuur van inkomste en die nie-invordering van skuld. ‘Almal’ wil alles verniet hê wat kommunisties van oorsprong is. Daardeur gaan jy ‘n slaaf van die staat word maar dit té laat uitvind.

Peet van Breda ·

Ramaposa erf n mafia span. Hy sal nie veel vermag nie. Ramaposa red dalk die ANC maar defnitief nie die land en sy bevolking nie. Hy gooi wal om die grond gryp te versag maar soos sy voorgangers en Malema is die skade op voetsool vlak enorm en gee die massas uitvoering aan moord,kriminaliteit en wet ongehoorsaamheid.

Koos B ·

Johan jy is 100 % reg hul maak die wette soos dit hul pas dan is dit mos volgens die wet.

Paul ·

Cyril, maak ‘n afspraak met Afrisake, Afrforum, Solidariteit, en FW de Klerk Stigting en al daardie instansies wat die week oor grondhervorming byeengekom en gesels het, dan vertel jy vir hulle dieselfde wat jy aan Moodys beduie het.

Jaco ·

Hierdie man is net `n puppet, Zuma is nog in beheer. As hulle en die EFF weer saam speel is die land in sy maai.

Dit is jammer dat dom mense stem om `n land verder af te breek.

moeks ·

Seker ook vergeet om te noem dat Reserwebank genasionaliseer gaan word.

Karel ·

Ja Peet, in Vryheid berig die plaaslike koerant dat dit aan die lig gekom het, dat 90% of meer van die munisipale amptenare nie erf belasting betaal nie. Dan wonder mense hoekom ons dorp, wat voorheen die juweel van Noord Natal was nou soos ‘n vark hok lyk.

Willem ·

Jip, hulle wil grond hê, maar Julius het dit nog nie uitgewerk wie gaan die verbeteringe oopsit en waar die belasting vandaan gaan kom nie.

jaco ·

Moody’s en al die ander graderingsagentskappe sit in ryk wit lande en is onbewus van wat werklik in SA aangaan:
30% werkloosheid
Duur pryse vir kos en petrol
Plakkerskampe
Misdaad
Maar hulle sit en gradeer derdewêreldlande volgens hulle wit eerstewêreld standaarde en voel NIKS vir die gevolge van hulle afgraderings nie.
So wanneer Ramaphoza met hulle praat, hoop ek hy beskuldig hulle van rassisme, want dis presies wat hulle toepas: dis so ‘n tipiese wit eerstewêreld houding van “black people can’t do it the way we do”.

Eish ·

Ai tog, die woordgimnastiek!
” .. grondhervorming binne n wetlike raamwerk gedoen sal word wat nie ekonomiese groei raak nie”
Dit beteken nie dat blanke boere op plase gaan bly nie. Dit beteken slegs dat die wetgewing wat sal geld op die stadium van onteiening, gevolg sal word en dat wie ookal oorneem, sal moet boer en produseer.
Die entoesiame van Suid Afrikaners om by te dra tot ontwikkeling en verandering?
Ek lees duidelik nie dieselfde media dan CR nie.
Ek kan aan geen boer dink wat positief is oor wat die toekoms vir hul inhou nie. Uitgesonderd natuurlik die perd wat op Landbouweekliks se TV program verskyn het die een week en die volgende week in n ander bloedgroep gefoeter is tydens n plaasaanval.
Die beweerde “gees van hoop” sal veel meer om die lyf moet kry as die huidige waar die Guptariseërs die land verlaat soos n gewone burgers.
Née o genugtig, die euforie is soos die reuk van n heerlik voorbereide middagete op die stoof. Vol belofte deur die heerlike geure wat die lug vul, maar boetie, die honger te bly tot jy eet, en die ergste is daars n padda in die pot!

Willem ·

Hy het nou met Moodys gesels, en hy het belowe hy gaan ook met die Tradisionele Leiers beraadslaag. Nou wanneer beraadslaag of gesels hy met die Afrisake, Solidariteit, die FW de Klerk Stigting en daardie ander beswaarde groepe wat die week bymekaar gekom het.

Pieter ·

Ek het in die begin gedink Ramaposa is beter maar hy blyk nou erger te wees ek hoop hulle gradeer sy piesang republiek in die grond in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.