Ramaphosa: ‘Grondgrype sal nie toegelaat word’

Pres. Cyril Ramaphosa by ‘n sakeontbyt in aanloop tot die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF)-kongres volgende week (16 Januarie 2019). Foto: Verskaf/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê die Suid-Afrikaanse regering sal voortgaan met sy beleid van grondonteiening sonder vergoeding, maar sê grootskaalse onteiening en onwettige grondgrype sal nie toegelaat word nie.

“Ons gaan voort met grondhervorming en sal grondonteiening sonder vergoeding gebruik as een van die maatreëls wat gebruik kan word. Daar sal nie grootskaalse onteiening sonder vergoeding plaasvind soos mense vrees nie,” het Ramaphosa gesê.

“Dit sal gedoen word ooreenkomstig die besluit wat by [die ANC konferensie te] Nasrec geneem is dat [onteiening] nie met landbouproduksie moet inmeng nie. Dit moet groter groei vir die ekonomie skep en voedselsekuriteit verseker,” het die president gesê.

Ramaphosa het gepraat by ʼn ontbytvergadering met TeamSA oor die land se boodskap ter voorbereiding van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF)-kongres van volgende week in Davos, Switserland, plaasvind. Ramaphosa sal Suid-Afrika se afvaardiging na die kongres lei.

“Grondonteiening sonder vergoeding was nog altyd deel van die grondwetlike raamwerk wat ons het en die huidige proses is net om dit duidelik te maak. As jy die Onteieningswetsontwerp noukeurig gaan lees, sal jy sien hoe dit gaan gebeur. Ons sal nie afwyk van die duidelike voorskrifte soos in die Grondwet vervat nie. Ons sal nie grondgrype toelaat nie. Dit sal op ʼn ordelike manier gedoen word.”

Die Onteieningswetsontwerp stel dit onder meer dat grond sonder vergoeding onteien kan word as dit beset of gebruik word deur ʼn huurarbeider, as dit uitsluitlik vir spekulatiewe doeleindes besit word, as dit aan ʼn staatsinstansie behoort, as die eienaar die grond verlaat het en ander gevalle.

Die publiek is 60 dae kans gegun om geskrewe kommentaar oor die wetsontwerp aan die departement van openbare werke te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Geert ·

Hoe kan ń mens die man glo as hy so blatant gelieg het oor plaas moorde.

Dries du Toit ·

Dit is maar net n soort verduideliking en regverdiging vir blatante diefstal

Johann ·

Die ma van praat nie in die selfde rigting as wat hy doen en toelaat nie

Piet Lourens ·

Soos hulle by troues vir die bruidegom sing. “How de hell can we believe you?”. Enigeen wat hom glo glo seker in fee verhale. Die massas gaan doen wat hulle wil en die owerhede gaan toekyk en wag dat n witte die K woord gebruik.

Hannes ·

Vir die eerste paar jaar sal slegs die grond onteien word soos wat hier gemeld word.
MAAR, indien hulle sien dat hulle daarmee wegkom, sal ander eiendom ook onteien word.
So moenie dink omdat jy net een huis het, dat jy veilig is nie.
Mettertyd sal hulle alles probeer onteien. Gewone huise, pensioen, beleggings, alles.

Kl ·

Mr. “president” maaaar dit gebeur al reeds. Tyd dat die wetsgehoorsame mense, ook reg in eie hand neem, die wet beskerm tog die kriminele, tyd dat ons almal so begin lewe.

Leuenaar ·

Stem saam met jou Steve.
Dit gebeur terwyl hy dit se – hoeveel het nie al gaan gryp nie!
Die man is ‘n volslae leuenaar.

Thinus Erasmus ·

En natuurlik gaan daar die nodige wigte en teenwigte wees ne’?????

Magaretha van heerden ·

Luiater fyn. Hy se steeds dieslfde as wat ons almal vrees. Hulle gaan die grond vat maar dis nie vir die gewone mense nie. Net n ander manier om die staat te verryk en so vir hulself te sorg.

Magaretha van heerden ·

Luister fyn. Hy se steeds dieslfde as wat ons almal vrees. Hulle gaan die grond vat maar dis nie vir die gewone mense nie. Net n ander manier om die staat te verryk en so vir hulself te sorg.

Koos ·

Wil iemand asb vir hom vertel dat al sy toesprake op die nuus beskikbaar is. Hier praat hy een ding en oorsee ‘n ander. Hoe wil hy beleggings lok as hy nie seker is van sy eie beleid nie? Dan nog het hy nie nog nie ‘n verkiesing gewen nie. Die kiesers in SA is oningelig, maar word jaar na jaar slimmer.

Jan ·

Ag jy droom koos hy wil nie beleggings lok nie hy wil die land verarm sidat die xhinese makilik kan oorvat en die ou afrikanerkies kan uitroei…

honourable member ·

Ja sure. Julle moedig dit heeltyd aan. Moedig eerder julle volgelinge aan om die land op te bou en ophou afbreek.

Vonkprop ·

Net soos jy sê daar sal nie grondgrype wees nie, net so sal ek nie my eiendom beskerm nie.

Johannes ·

Die wigte en teenwigte gaan inskop totdat SA soos Zimbabwe lyk… en dis vinniger as wat mense besef. Alles gaan rustig voort terwyl die Guptas met ons mense se geld in luuksheid leef en Ramma voortgaan om Zuma te prys!

Johannes ·

Ramaphosa, wat verstaan jy nog steeds nie – dit gaan nie bloot oor “grondgrype” nie, die hele beginsel van onteiening sonder vergoeding kom neer op die vernietiging van privaat eiendomsreg in SA! Wat is onteiening sonder vergoeding anders as DIEFSTAL en GRONDGRYPE deur die staat?!

Ons Boere moet ophou om hierdie kommuniste te glo! Hier kom GROOT moeilikheid!

Johannes ·

Ek herhaal weer wat ek al ‘n geruime tyd lank sê:

Ons beter bitter vinnig as volk bymekaar kom en besluit wat ons gaan doen. Ons beter bitter vinnig verenig, leiers kies, organiseer en aksieplanne op die tafel kry hoe ons onsself en ons eiendom gaan beskerm. Die Zim scenario vir SA kom baie vinnig nader… dit gaan te laat wees wanneer die massas grond en eiendom gaan begin vat!

Daan Erasmus ·

Een manier hoe ons nie moet organiseer nie is hierdie tientalle absoluut nuttelose WhatsApp groepe wat net skree en raas. Lawaai gaan nie help nie, aksie is wat ons nodig het.

Thinus Erasmus ·

Ja Johannes ek stem, ons moet ons leiers oortuig om NOU, nie na die verkiesing of wanneer dit plaasvind of wanneer die nuwe onteieningswet deurgevoer is nie, maar NOU begin saam werk. Soos die Groot Trek – ons moet NOU begin.
Ek doen beroep op Pieter Groenewald, leier van waarskynlik die grootste Afrikaanse party, om die inisiatief te neem om alle ander Afrikaner organisasies te nooi om te vergader in een groep, vir die behoud van Afrikaner volk saam te smelt.
Dan skei ons finaal van die wat nie wil saamwerk, en ons vat die stryd sonder hulle.
Watter ander leier sal die voortou neem en almal bymekaar bring?

Anoniem ·

Verduidelik dan asb hoekom wil die polisie nie altyd die mense bystaan wat onwettige besettings kom aanmeld nie? Hoekom moet Afriforum eers die polisie dwing om hul werk te doen? (bv Dr Motodi Maserumule se plaas wat onlangs by Soshanguwe beset is)

Johan H. ·

Groot probleem is, hulle kry eers n voet in die deur soos oral gesien kan word. Vertrou hulle nooiet nie!!!

Peet J ·

Ek stem saam met Johannes se kommentaar daar is absoluut niks daarmee verkeerd om onsself te organiseer om ons families te beskerm nie . Ons kan nie op Ramaphosa se woord staat maak nie omrede al sy en Zuma se toesprake daarop neerkom dat grond aan die swartes terug gegee moet word om hulle agterstand en armmoede te verbeter wat deur die vorige bedeling veroorsaak is. Dit is mos vanselfsprekend dat die benadeeldes gronde sal kom beset wie gaan hulle keer, nie die ANC regering nie want hy is dan die voorstander van grondonteiening sonder vergoeding. wag maar tot die opstande, aktiviste , begin oorneem wanneer die winkelrakke leeg gemaak word, water en krag nie meer beskikbaar is nie , jy nie meer geld uit jou rekening kan bekom nie , jou selfoon buitewerking is, en petrolbomme deur jou huis se vensters gegooi word. dan is als te vergeef.

Hettie ·

Dit sal nie geduld word nie ,net toegelaat word !
Dit gebeur gereeld en word nie gestop nie!
Wie moet jou nou glo !

Andre ·

Ek het die wetsontwerp bestudeer en wees baie versigtig.Op verskeie plekke word melding gemaak van onteiening en ook gestipuleer “sou dit grond wees” dus word n agterdeur oopgelaat om nie net hul vuil hande op grond te le nie maar soos daar reeds n rokie trek wat hul die pensioene wil reguleer en dit in sekere instansies bele soos voorgeskryf.
Dit is presies wat met VBS gebeur het en daar is al die geld weg,ek dog ek se maar net,slaan ag op die opstel van die konsep wetgewing

Thinus Erasmus ·

Alida, hoekom vat jy vir Johannes aan? Is dit omdat hy praat van wakker word en saamstaan, organiseer.
Dis waar ons moet begin, almal moet saampraat daaroor, dan begin die bal rol.
Maar dan kom mense en gooi klippe in die pad?!

Thinus Erasmus ·

Alida, op hierdie dag reg voor die Schweizer-Reyneke laerskool se hek, daar moet eenvoudig weerstand gebied word teen die stelselmatige oorname van alles wat Afrikaans is. Ek weet bg. artikel handel nie oor skooldebakel nie, maar ek antwoord jou vraag.

Anoniem ·

Mnr Die President wanneer moet ons Jou GLO want in Suid-Afrika praat Jy 1 storie en oorsee praat Jy ‘n ander storie ! ALLES ALLES wat Jy sê is NUUS en die Suid-Afrikaanse Publiek lees dit ??

Daan ·

Sure, jy sal mos nooit so iets doen nie. Jy wat die groot kaas is van SA sien mos ook toe dat kuruptes aan die pen ry en geregtigheid in die staatsdiens seevier.

Erich ·

Ek glo hom en die ANC nie vir n oomblik nie. Hier kom groot moeilikheid.

Marga ·

Die grondgrype gaan gebeur netsoos die woorde dit sê en gouer as wat ons almal dink… ons kan nie verkiesingsdatum as maatstaf gebruik op ‘n datum nie…meeste van dit gebeur al reeds… Januarie 2019 sal baie duidelik onthou word .. :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.