Ramaphosa: ‘Grondhervorming beweeg nou met spoed’

Pres. Cyril Ramaphosa tydens ʼn vorige geleentheid in Soweto (Junie 2018). Foto: Itumeleng English/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag aan gemeenskapslede van KwaMkhwanazi in KwaZulu-Natal gesê hul eerste suksesvolle grondeis is die eerste in ʼn toetsprogram terwyl die regering “die grondkwessie” met hernude krag aanpak.

“Die regering is nou ten volle bemagtig om die grondkwessie te hanteer en ons beweeg nou met spoed vorentoe hiermee,” het Ramaphosa gesê. Hy het by die Universiteit van Zoeloeland se KwaDlangezwa-kampus gepraat waar hy amptelik 4 586 ha grond en titelaktes aan die gemeenskap oorhandig het.

“Ons erken ons was oor die jare nogal stadig en traag en die proses is weens verskeie redes vertraag. Wat ons vandag [Sondag] doen, moes ons al jare terug gedoen het, maar soos hulle sê, eerder laat as nooit.”

Die KwaMkhwanazi-gemeenskap is van hierdie stuk grond verwyder na aanleiding van die inwerkingtreding van die Wet op Naturellegrond van 1913 om plek te maak vir soldate wat van die Eerste Wêreldoorlog af teruggekeer het. In die 1940’s is die gemeenskap weer geskuif om plek te maak vir kommersiële houtwerk- en suikerrietplase.

In 1997 is ʼn eis op die grond ingedien en die Phalane‑gemeenskapstrust is deur die gemeenskap op die been gebring om die grond te bestuur. Gedeeltes van die grond is voorheen deur die departement van landbou, bosbou en visserye besit, terwyl ʼn gedeelte vir studentekoshuise van die universiteit gebruik is.

Die kommersiële woude word tans gehuur deur Siyaqhubeka Forests Limited, ʼn vennootskap tussen Mondi, sy swart bemagtigingsvennote, die regering en plaaslike gemeenskappe.

“Ons maak geskiedenis en vier vandag die grond van ons mense in hierdie gebied. Soos ons geskiedenis maak, begin ons ook met die grootskaalse implementering van grondverdeling in ons land – ons gaan grond op ʼn massiewe skaal teruggee. Die KwaMkhwanazi-grond is die eerste,” het Ramaphosa gesê.

“Daar was al baie ander in die verlede, maar nou is hierdie fase [die KwaMkhwanazi-grond] nommer een. Daar is 25 of 27 ander vir wie ons ook hul grond gaan teruggee; hierdie is die restitusieproses, een van die kategorieë van ons grondhervormingsprogram,” het hy gesê.

Die trust was nog tot Desember 2017 in ʼn 13 jaar lange regsgeding gewikkel in die Grondeisehof oor die legitimiteit van sekere gemeenskapslede en hul reg om trustees te wees en uitbetalings te ontvang.

“As die regering verskerp ons nou die implementering van grondhervormingsprogramme. Ons is ten sterkste oortuig dat gemeenskappe kennis moet neem van die grondhervormingsproses en alles wat op hul grond gebeur,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê dit is ook belangrik dat gemeenskappe verstaan hoe hul geld bestee word. “Wanneer ons deur middel van ʼn trust grond aan ʼn gemeenskap teruggee, sal die trust gebruik word om individuele begunstigde huishoudings te bemagtig en moet dit ook tot die ontwikkeling van die hele gemeenskap lei.

“Ons dink hierdie viering vandag sal hoop bring aan gemeenskappe landwyd [wat in dieselfde omstandighede verkeer]. Vir daardie gemeenskappe wil ons sê, ons gaan julle binnekort ook vier. Vandag gee ons lewe aan ons grondwet en ons vryheidsmanifes,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

adriana ·

Wonder hoe gou gaan die nuwe eienaars die grond verkoop?
So van geld gepraat – wat is die nuutste oor die vbs bank skandaal – is daar ‘n ietsie wat ramapaddapot moet terugbetaal?

Countryboy ·

En kom ons kyk oor 2 jaar hoe die grond wat oorhandig is gaan lyk…dor, onvrugbaar, onbewerk en vervalle…en almal daar nog steeds in armoede.. die probleem is nie as sulks met grond hervorming self nie..dit is meer dat daar geen plan is om wat met die grond te doen asook die kennis enbdeursettings vermoe om te kan boer..geen opleiding om die mense by te staan nie..dit is waar die werklike rykom sal sit om grond te besit….gee n man n brood vir n dag en hy kry more weer honger, maar leer hom n brood bak…. dit is die werklike verskil..

Ockert ·

Dit help nie jy leer hulle hoe om ‘n brood te bak nie.
Wat dink jy waar gaan hulle die bestandele vandaan kry om die brood mee te bak?

Snowball ·

Is dit nou die verhuurde woude/grond wat geld genereer na die trust toe? En dan betaal die trust die gemeenskap? Wed jou, hiervandaan, geen verdere ontwikkeling van daai grond ter sprake nie. Lekker uitgewerk, sit agteroor, kry geld vir mahala en dis die end van die prent… Wonder hoeveel florerende besighede gaan skielik eise teen hulle kry vir die grond waarop hulle staan, sodat die ‘gemeenskap’ ‘n trust kan kry? Dalk is ek net pessimisties, miskien is daar oor 5 jaar florerende plase en besighede en ongekende rykdom hier, opgebou deur die trust en die gemeenskap.

Se wie ·

Ek kry ramaposa jammer. Hy moet n paar miljoen kiesers gelukkig hou. En op n manier moet hy die stemme wat weggeloop het na die eff teruglok. Aan die anderkant krap hy die boere om. Ek kan my net indink hoe dapper die boere nou vrydae en saterdagaande om die braaivleisvure is. Wil nie in ramaposa se skoene staan nie.

Hendrik ·

“Die regering is nou ten volle bemagtig….”
So voorheen was die regering nie ten volle bemagtig nie?
Lekker verkiesingspraaitjies daai.
Net soos wat die wittes destyds alles geglo het wat die NP praat, net so glo die swartes deesdae alles wat die ANC praat.

Anoniem ·

As die regering dan nou “ten volle” bemagtig is, hoekom dan nog steeds voort stoom en die grondwet verander?

Hannetjie ·

Ja mnr Ramaphosa..bla bla bla bla…Ons sal maar wag en kyk hoe jy volgene jaar vaar met die verkiesing.Dit is juis van alle beloftes in die verlede wat aan mense gemaak is..dat daar soveel dorpe…eiendom…skole en die hel weet alles..verwoes en vernietig word.Jy sal nooit maar nooit..die massas gelukkig kan maak nie.

Sendeling ·

Daar moes nooit apartheid gewees het in die eerste plek nie.

Siek en sat ·

Mnr Ramaposa deel asb so gou as moontlik al die grond uit wat julle so vrylik weggee en dan begin jy met planne om die doodstraf terug te bring want die misdaad in hierdie land is nou verby hand uitruk. Dis rassehaat. Niks anders nie.

Hans ·

……… gestelery en geknoeiery ‘on a massive scale’ is dat einde nog niet!

IK ·

Nou sal hul ook grondbelasting (moet?) betaal aan munisipale owerhede om niks daarvoor in ruil te kry soos met ons die geval is.

ki ·

in “ons” geval word ons erfbelasting gebruik om te “herstel” wat hulle opfoeter. hulle betaal nie eers munisipaledienste nie en waar hulle wel betaal, is dit n fraksie van die prys wat ins betaal. hoe kos dit minder om fesus weg te spoel en n vuilgoedsak op te tel en weg te ry van die dorp en van die township?

Elvira ·

Ag asseblief!!!!! Hoe sal grondbelasting verhaal word as daar bakhand gestaan word en gewoond geraak het om alles net te kry. Hierdie land het n sirkustent geword.

Gemaskerde Sopbeen ·

“Vandag gee ons lewe aan ons grondwet en aan ons vryheidsmanifes”…..en dit staan daar:
The Land Shall be Shared Among Those Who Work It!
Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and land hunger;

TO BANISH FAMINE….AND “LAND HUNGER”?? En almal sit agteroor en praat oor die “grondwet”, terwyl die A&C besig is om hulle vryheidsmanifes tot die letter te implementeer!!

piper ·

dit gaan in een groot plakkersdorp ontwikkel met gratis elektrisiteit en water en met baie eise oor dienslewering sonder om iets te betaal.

Lollie ·

Hierdie gaan maar alles oor volgende jaar se verkiesing. Indien hy weer inkom as president slaap hy vir 4 jaar en die laaste jaar word die land weer omgekeer.

Judge Dredd ·

Voor 1939 het die Jode ook gedink Hitler is maar net praatjies.

Gert ·

Nadat die ANC die afgelope tyd ‘n klomp setels aan die IFP afgestaan het, en met volgende jaar se verkiesing wat naderkom, het Ramaphosa sy tyd strategies gekies.

Poot ·

Ja Ramaposa……. en Zimbabwe beweeg ook met ‘n spoed, en ons weet waarheen nè.

watnou ·

Die Zoeloe koning het gese: Vat my grond en……. Nou kry hy grond. ANC moet stemme wen. Geen erfbelasting sal op die grond betaal word nie. Suiker gaan duurder word. Nog grond wat braak sal wees of nog n deel vir “shaks”. Wat het al die teenkanting beteken behalwe geldverkwisting. Gee nie n hel op wat wie se doen of gaan doen nie, ek doen soos ek wil. Einde van die saak.

zeno ·

Ek wonder of CR sy plaas ook gaan weggee of `n gedeelte daarvan? Ek hoop hy val volgende jaar uit die bus met die verkiesing. want hy neuk die land nog net verder op.

Realis ·

Nou gaan die blikkiesdorpe soos paddastoele verrys!! Die hele Zim is oppad hierna toe……!! Die Hemele behoed ons!!!

Landi ·

Ja dis reg Cyril, nou is jy op die regte pad. Gee ook al die SOE’s terug aan pvt sektor. Julle jaag net aan met alles en jy weet dit! Doen die land en sy mense n guns – nie net JOU mense nie, almal in SA met n geboorte sertifikaat. Daarna, kry jou regering eers eerlik en raak ontslae van jou kriminele kollegas eerste. Dan behoort jy meer tyd te he om die weermag, polisie en munisipaliteite te omskep om nie BE en julself so te verneder en soos n spul ammateurs te lyk wat hulle is nie. Die resultate is duidelik ooglopend, dat kriminele vrye teuls het vir “whatever”. So gee dit wat STAAT is, terug Cyril, dis reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.