Ramaphosa gryp in by veiligheidsagentskap

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n hoëvlak-hersieningspaneel aangewys om die mandaat, kapasiteit en organisatoriese integriteit van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) te evalueer.

Khusela Diko, woordvoerder van die presidensie, het gesê die aanstelling van die paneel volg op Ramaphosa se uitlatings op 8 Mei in die Nasionale Vergadering oor sy voorneme om ’n hersieningspaneel aan te wys om die struktuur van die SVA relevant tot sy mandaat te evalueer. Daar sal ook gekyk word na stelsels en kapasiteit.

Die paneel bestaan uit dr. Sydney Mufamadi as voorsitter, Barry Gilder, Anthoni Van Nieuwkerk, Sibusiso Vil-Nkomo, Murray Michell, Basetsana Molebatsi, Siphokazi Magadla, Andre Pruis, Jane Duncan en Silumko Sokupa.

Ramaphosa het gesê die paneel moet alle faktore identifiseer wat tot van die uitdagings in die agentskap gelei het sodat daar die nodige maatreëls in plek gestel kan word om te verhoed dat dit weer gebeur. Die hoofdoel van die paneel is om bystand te lewer om te verseker dat die land ’n verantwoordelike en verantwoordbare nasionale intelligensie-vermoë het in lyn met die grondwet en ander relevante wetgewing.

Ramaphosa het intussen ook vir Charles Nqakula, voormalige minister van verdediging, as sy nasionale veiligheidsraadgewer aangestel.

Arthur Fraser. Foto: ANA

Die aankondiging van die hersieningspaneel kom nadat die DA die konstitusionele hof genader het om Ramaphosa se aanstelling van Arthur Fraser as direkteur-generaal van korrektiewe dienste ter syde te stel.

Fraser, voorheen die direkteur-generaal van die staatsveiligheidsagentskap, is na die departement van korrektiewe dienste oorgeplaas. Sy oorplasing het gevolg nadat Setlhomamaru Dintwe, inspekteur-generaal van intelligensie, ʼn hofaansoek ingedien het waarin hy versoek dat Fraser verhoed moet word om hom by sy werk in te meng. Dintwe beweer Fraser het sy sekerheidsklaring probeer onttrek en wil inmeng met die ondersoek na hom.

Fraser word in Jacques Pauw se boek The President’s Keepers met korrupte aktiwiteite verbind. Hy word onder meer daarvan beskuldig dat hy ʼn geheime en parallelle intelligensiediens van sy huis af bedryf het terwyl hy vir die staatsveiligheidsagentskap gewerk het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rynhardt ·

Cyril Ramaphosa vergeet liewer om by die veiligheidsagentskap in te gryp,want vir 24 jaar kon u Anc-regering met oopgrense nie die veiligheid van mense waarborg nie.Verder dompel Eskom die land in beplande donkerte met die eerste fase van beurtkrag wat reeds ingetree het!Beplande sabotasie,beplande donkerte en ellende is SA se voorland nou!Weereens sit die parlement met blinde mense wat nie die bree,groter prentjie kan raaksien nie.

Alida ·

Ek stem die land beleef huidiglik ‘n krisis en hy bemoei hom met goed wat kan wag tot volgende week. Wys jou staal CR. VANDAG NOG.

Alida ·

Hoekom hom oorplaas na ‘n ander departement. Raak finaal van hom ontslae en kry klaar. Hy gaan nie ophou met sy korrupsie nie.

Andre ·

Hierdie swart regering het die land heeltemal laat vergaan, en dit sal nooit weer herstel nie. Alles moet moes vir hulle gegee word, niemand wil werk nie anders staak ons en brand alles af. Dit gee nie meer om wie regeer nie, Mandela se maaitjie het die land se ondergang behartig, en dit was hulle plan van die begin.

Jaco ·

Ons weet waartoe Frazer in staat was.
Wil NOU weet wat nou verder met hom gebeur

Mrs H ·

Nie net korrupsie nie, Frazer het die rekord van nepotisme op die statistieke geplaas! Die beste geoliede kriminele masjien op twee bene! As Mogabe nie so ou fosiel was nie, kon hy by hom kom lessies neem het… Staat geld het vir beter intiligensie toerusting betaal vir sy huis bedryf, as wat die staat self op Frazer se horlosie gehad het om vanaf te werk. Dan het sy mamma, sussie en neuffies ook lekker saam geskep terwyl mamma by die huis bly en bederfies op die stoof gaar maak. Skurk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.