Ramaphosa: ‘Guptas sal nie vervolging kan vryspring’

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Adjunkpres. Cyril Rhamaphosa het gesê die omstrede Gupta-familie sal nie die Suid-Afrikaanse gereg kan ontsnap indien die bewerings van staatskaping bewys word nie, selfs as hulle hul bates verkoop in ʼn poging om uit die land te vlug.

Ramaphosa het dié uitsprake Woensdag in die Nasionale Vergadering gemaak waar hy vrae van LP’s beantwoord het. “Duidelik sal alles wat aan die gebeur is nie die ondersoek van die kommissie wat op die been gebring gaan word, kan vryspring nie. Hierdie kwessie sal op die een of ander manier hanteer word, dit sal nie net onder die mat ingevee word nie,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gerugte dat hy kennis het van die Guptas se handelinge ontken. “Enige kennis wat ek het oor die beweerde invloed van ʼn sekere familie by Eskom het ek uit gepubliseerde berigte oor die aangeleentheid gekry. Dit sluit die staatskapingverslag in, asook verskeie berigte wat deur ondersoekende joernaliste gepubliseer is.”

Dit het vandeesweek aan die lig gekom dat die Gupta-familie die maatskappy Tegeta Exploration and Resources, die nuuskanaal African News Network (ANN7) en die koerant The New Age (TNA) verkoop het.

Tegeta is aan ʼn maatskappy in Switserland verkoop vir nagenoeg R3 miljard. The New Age en ANN7 is vir sowat R450 miljoen verkoop.

Ramaphosa  het gesê hy is seker pres. Jacob Zuma sal ʼn kommissie van ondersoek op die been bring om die bewerings van staatskaping te ondersoek. Hy het by LP’s gepleit om vir Zuma “tyd en spasie” te gun om dit te doen.

Hy het ook ontken Zuma en sy regering beskerm die Guptas. “Niemand, geen familie, is bo die wet verhewe nie. Ek wil wegdoen met die mite dat sommige mense die beskerming van die staat geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Toppie ·

Ag hoe lekker kan mens nie lag vir die ANC regering nie.Die Guptas gaan nie vervolg word nie en sal die land verlaat soos Grace ook die land verlaat het sonder dat enigeen haar probeer keer het
Feit is hulle gaan die land verlaat met miljoene rande en nogsteeds agter die skerms in beheer wees van al die besighede en aandele wat hulle verkoop het

jannie ·

Toppie , waar kom jy aan miljoene rande dit gaanBILJOENE DER BILJOENE rande wees

Anoniem ·

Wanneer die Guptas vlug gaan SA net so arm en misrabel as Zimbabwe wees.
Bananas sal net so skaars wees want dis saam.

vrikie ·

Sirrel niemand glo jou in elk geval nie meer nie, ook maar lekker aan die hakkel geraak oor grace mugabe

Jordaan ·

Maar kom ons wees eerlik, bewerings sal slegs bewys word indien iemand eendag sover kom om dit te ondersoek – die NVG, Valke, kommissies van ondersoek, val nie oor hulle voete om dit te doen nie (terwyl amaBhungane en die res van die pers einttllik reeds al hulle werk vir hulle gedoen het)

gp ·

Hulle sal net op n viegtiug gesit word en gaan sommer van die lugmag se baasis af vlieg regeering sal sorg dat hulle veilig hier weg kom want dit raak nou warm vir hulle hier

James ·

Hoe lank gelede het Zuma aangekondig dat hy n kommissie van ondersoek gaan aanstel? 2 mnde gelede? Daar gaan dadels van kom. Ramaphosa het allerhande storie! Net so min betroubaar soos die res van sy integriteitlose ANC gespuis!

Spyker ·

Aangesien hulle SA burgers is…kan ons hulle asb in die olympics inskryf…hulle kan mos hoogspring,verspring,oor hekke spring en wie weet wat Ookal!klink nogal dat dit interresant kan wees

FRED ·

Niemand is verhewe bo die wet nie – hoe kan jy dit glo – sogenaamde senior in die pos – wat vir een goed is is vir almal – maar Grace kom weg onder valse inligting van die parlement – so sy kan doen net wat sy wil – ek kan dit nie glo nie. Sy moet summier aangekla word soos dit enige ander burger betaam. Waarheen nou?

SARIE VAN HEERDEN ·

Kommentaar (beloftes) van politici is nie houbaar as jy rondspring soos ‘n kat op ‘n warm sinkplaat nie. Niemand glo meer hierdie praatjies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.