Ramaphosa haal uit en wys nuwe regerings-kondome

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa Donderdag in die parlement. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa Donderdag in die parlement. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag ʼn beroep op parlementslede gedoen om die regering se gratis nuwe gegeurde kondome te gebruik.

Ramaphosa het tydens ʼn sitting in die Nasionale Vergadering die Max-kondoom bekend gestel en gesê die regering het sy strategie verskerp in die stryd teen die voorkoming van MIV/vigs.

“Die Max-kondoom is die antwoord op verbruikers se behoeftes. Mense het gekla die regering se vorige kondome het nie so lekker geruik nie en ook geraas gemaak as dit gebruik word,” het hy gesê.

Hy het gesê die kondoom is wetenskaplik ontwikkel om “die maksimum genot met maksimum beskerming” te bied.

“Die kondome maak glad nie geraas nie en kom in verskillende geure, van appel tot druiwe,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Jourdan ·

Ek wonder of die kondome die vorm van n stortkop het, of gebruik mens dit in die stort

Ian ·

Hy het vergeet om te sê watter gedeelte van sy familie die tender gekry het om hierdie nuwe produk te versprei.

E.K. ·

O duiwel nou het ek darem gelag – veral vir jy beskrywing! Plaas hul hou by landsprobleme oplos – WERKLIKE probleme, nou staan en ontwikkel hul nuwe gegeurde kondome. Dis nie asof daar reeds getoetste produkte alreeds op die mark is nie ne! Ek dink ek sou nie die goed se “beskerming” vertrou in ag genome hoe min mens enigiets van die regering kan vertrou! O en ja, en wie betaal nou weer vir die onnodige goed – seker weer die arme belastingbetaler!

Johann ·

Dit is ‘n skande dat dit is wat in die parlement gebeur, al is dit as ‘n grap bedoel, dink hulle dalk werklik die mense moet soos kondome hanteer word, is dit soos hulle oor hul taak voel, oor ons. Sit ‘n kondoom aan.

Sies ek skaam my vir die parlement. En ek dag hulle is net korrup, nou weet ek hulle misbruik oo die mense, met of sonder kondome.

William ·

Vanaand kom ek met my appel kuier môre aand met my aarbei. Nou kan jy al vrugteslaai maak in hierdie land van ons

Kobus ·

President van Suid Afrika in wording.

Zuma het die stortkop wat oor hom waak en waaroor almal die spot dryf. Zapiro het ‘n karikatuur daarvan geteken. Daar is selfs naakstudies van hom geskilder.

Wat gaan Cyril se nalatenskap wees? Gegeurde en gekleurde kondome met knaldempers aan?

Is dit waarvoor hy onthou gaan word, nog ‘n nar van ‘n president?

Mossie ·

Hierdie een het my . Ek kan geen manier sien hoe apartheid of rasisme hier die skuld gaan kry nie

Pieter ·

Mossie, hierdie is nie die gewone wit kondome nie, maar is die colored variety. Daar het jy jou antwoord!

Hector Jooste ·

Ek is van mening dat Maroela Media nie nodig het om oor sulke onsmaaklike vulgariteit te rapporteer nie. Dit is barbaars en hoort tuis by die barbaarse regering van Suid-Afrika, en nie op ‘n forum vir beskaafde en opgevoede mense soos wat Maroela Media veronderstel is om te wees nie.

Illa ·

Oom Hector (ek vermoed jy is ‘n oom) – dis omdat hul in jou dae nie oor die “vulgêre goed” gepraat het nie dat meisietjies swanger geraak het en hul hele toekoms beïnvloed is deur ‘n oomblik van passie wat hul nooit geweet het kan gebeur nie en waarop hul dus nie voorbereid was nie.
Ek gee toe dat ek gisteraand die nuus insetsel van die “toespraak” in die parlement lagwekkend gevind het, maar om te sê dat Maroela Media hul aan iets “barbaars” skuldig maak omdat hul daaroor berig is lagwekkend opsigself.
Laat ek oom nou op jou oudag ‘n lewensles lees – waarsku eerder kinders oor gevare as om te glo dat as jy hul nie daarvan sê nie, hul nooit daarmee gekonfronteer sal word nie, want mens hoef nie altyd vir moeilikheid te gaan soek nie, dit kry jou partykeer vanself.

Karma ·

@Hector Jooste – oom Hector, wil jy dan nou ook net die ‘sonskyn-nuus’ lees by MM? Ek stem: om die nuwe kondome in die Parlement bekend te stel is ongevraagd en seker die toonbeeld van ‘n onbekwame Parlementslid soos min. Dit sou eerder vanpas gewees het om die kondome deur die Departement van Gesondheid bekend te stel by hospitale en klinieke. Maar Oom Hector, gekleurde en gegeurde kondome is al LANKAL met ons. En die feit dat MM daaroor berig, is net ‘n teken dat hulle nie selektief is met hul beriggewing nie. Genugtig, liewe Oom Hector, met alle respek gesê: dit 2016, nie 1916 toe babas deur die ooievaar gebring is of hulle as “bobbejaantjies waarvan die stertjies afgekap is” beskryf is aan jonger kinders nie.

M A ·

Ai siestog! Dis seker bedoel om ou Cyril te straf vir iets. Is dit nie vir die Minister van Gesondheid om aan te kondig nie? Hierdie storie gaan nog baie pret laat uitbroei.

Ouma mix ·

Lmkla en kyk net sy ernstige gesig? Lyk na iets wat ek nie hier mag noem nie hahaha

AG TOG ·

So wat van pateties het ek wragtig nog net in hierdie regering gesien en gehoor !!! Ons wil nie na hulle onsmaaklike snert op Nuus kyk nie – asseblief !!!! Dit is om van naar te word !!!

Oupa ·

Is dit enige kommentaar werd? Wat moet die beskaafde wêreld nie van hierdie piesang-republiek dink nie? Ek skaam my om met hierdie vullishoop van ‘n land vereenselwig te word.

Sê maar net.... ·

1) Gebruik die produk, nie die sakkie waarin dit kom nie. Dit sal alle geluide uitskakel
2) Dis nie n chappie nie, moenie aan dit ruik nie.
Noudat die kondoom probleem opgelos is, wat van al die boere wat droogte hulp nodig het?

John ·

En nou hoop so baie hierdie rammetjie-uitnek neem oor as president. Hy gaan almal vreeslik skok. Nie omdat sy werk as agend vir die onbekende firma wat hierdie produkte gratis in die parlement en op tv adverteer nie, maar omdat hy ernstige krissise met gegeurde stiltes gaan afskiet. Oppas vir hom!

koos ·

As jou bloed druk te laag daal dan hoor jy n geraas in jou ore as dit dalk sal help waar die geraas vandaan kom katte maak ook n geraas as hulle stry oor die prys

foxi ·

Wat n skande….hoe in n gesonde verstand kan daar so gepraat word in n parlement van jou land oor kondome. Is ons leiers van so n lae standaard dat daar met smeulende monde nogal n beskrywing gemaak word oor sulke onwelvoeglike goed in n parlement. Is dit nie vir die staats klinieke of waar dit ookal van pas is,om oor kondome te praat nie. Waar is jul respek mense!
Ons land is besig om so te verval en ons parlement lyk en klink soos n kleuterskool.
ONSMAAKLIK MET GEEN STANDAARDE NIE!

Columbiana ·

Ag asb tog kom net by. Onwelvoeglike goed? KONDOME is glad nie onwelvoeglik nie ons het nie meer seks in die donker of deur ‘n laken nie.
Dis geen skande om dit te bespreek nie. Die skande is wel dat dit die enigste kamstige good story is wat hulle mee kon opkom.

MdP ·

Toe apartheid gese het: “Gebruik kondome om VIGS/AIDS te beperk”, toe word apartheid beskuldig daarvan dat dit net ‘n slenter is om die agtergeblewenes se getalle te beperk! Nou skrik die agtergeblewenes skielik na 22 jaar wakker en besef dat apartheid logika gehad het! Of dalk is dit ‘n nuwe idee om maatjies te help geldmaak wat deur die regering gefinansier gaan word?!

Anoniem ·

Nie geweet mens eet of ruik aan jou kondome nie…Belaglik verby!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Eugene ·

Kom mense raak groot! Julle kommentare is rerig belaglik! Dit is seker maar onkunde? Dit is bedoel om n ernstige onderwerp te wees en hy het goed bedoel om n bietjie humor in te bring.

NEL ·

Die regering van die dag is besig om hulle so belaglik te maak deur sulke snert aan te bspreek.Wonder wat die buiteland dink van die gemors. SPREEK LIEWER DIE GEMORS WAARIN JULLE ONS LAND GEDOMPEL HET AAN EN VIGS SAL SELF GENEES. Seker besig om stemme te probeer wen vir die 2019 verkiesing deur grates gegeurde kondome uit te gee.

Genade help asb. gaan dit verloor met die klomp…………

foxi ·

Nel….ek stem saam met jou. Hierdie is n seksbehepte land! En….en…..hierdie staat sal en gaan n welsynstaat word. Daar is meer belangrike dinge wat meer saak maak vir die toekoms van ons land!

foxi ·

Colombiana…..kondome is nie onwelvoeglik nie……..wat ek sê en bedoel……is dit nodig om sulke snert te bespreek in die parlement? Onderig en opvoeding moet van die ouers kom, nie in n smeulende demostrasie van die parlement nie.

Columbiana ·

Hoe lekker lag ek nou vir Foxi. Nee my skat smeulend? 7de laan en die huisgenoot is ‘n miljoen keer meer smeulend as Cyril se tegniese verduideliking van die “satansakkie”?. Smeulend???? ek lê nog steeds van die lag.

Carel ·

Ek het altyd gedink Ramaphosa is iemand met ‘n redelike integriteit maar hy is maar van dieselfde stofasie as dié wat in die strate rondlê. Om kondome in die parlement te adverteer demonstreer ons parlement se patetiese uitkyk op die lewe. Uiters pateties!!

Columbiana ·

Kondome in die parliment? Kan jy nou meer. En die tannies en ooms snak na hulle asems en vergeet heeltemal van die feit dat die land se staatsinstellings in groot bollie is. Raak oproerig daaroor en laat staan die verkrampte obsessies oor seks.

Moegviraldiebeloftes ·

HYGEND HERT!!! (soos my ouma sou sê) Wat NOG!!! Ek wonder wie gaan die goed gebruik kan nie die een deel van die bevolking wees nie want hulle getalle is al LANKAL onder beheer en die ander deel van die bevolking word van kleinsaf geleer kinders is hulle rykdom en hulle glo ook nie aan kondome gebruik nie. Dit los net die in die parlement en die vergrypers – mapstieks ouens kry ‘n lewe daars belangriker goed om te doen soos om die dinge wat ons jan alleman/publiek dringend nodig het soos die afskaffing van beperkende werksverskaffings wette, goeie gesondheidstelsel, goeie onderwysstelsels, huise ens. sodat ons almal kan floreer in ‘n ryk land wat op die rand van bankrotskap hang.

Wessel ·

Laat my dink aan die man wat ‘n gros kondome gekoop het en een vir een in die straat so vêr as wat hy geloop het, uitgehaal en in die grond in getrap het. Toe hulle hom vra hoekom hy dit doen, sê hy dat hy op dieselfde manier geleer het om op te hou rook.

sarie van heerden ·

Hulle kry die kondome verniet, soos meeste ander dinge, en hul kla wraggies oor die geur daarvan. Vertel dit aan die buiteland en hul lag hul slap vir ons onnoselheid om toe te gee aan hul “voorkeure”. Wanneer is genoeg genoeg? En nou kan ek verseker wees my kommentaar sal NIE gepubliseer word nie want ek hanteer die bespotte saak nie met handskoentjies aan nie.

Jean ·

Almal het die reg tot hulle opinie, dis net jy wat dink almal moet dink en skryf soos jy, almal is tog geregtig op hulle eie mening. Moenie die kommentaarkolomme lees as jy suur is nie.

Karma ·

@Columbiana, ek dink mense se ontsteltenis gaan oor die feit dat Ramaphosa dit in die Parlement bekend gestel het. Die Parlement is (veronderstel om) ‘n gerespekteerde forum te wees waar belangrike besluite rakende landbestuur ens. geneem word – maar natuurlik weet ons ook mos nou waartoe die EFF die Parlement laat verkrummel het …..

Columbiana ·

Die parliment is nie ‘n holy cow nie. Maar dankie vir jou insette unlike ou Jeanie hierbo dink jy darem logies en bied jy redes aan as ‘n vraag gevra word. Wonder of ou Jean heimlik eintlik werk vir die ANC en nie hou van vrae?

Jaun de Vries ·

Die Piesang-republiek het ‘n vrugteslaai geword …

Willem ·

Kyk…..die is seker net vir d honourable members ontwikkel knaldemper en all….Ek werk in hospitality en laat ek julle vertel julle sal na julle asems snak as julle weet wat in hotelle , lodges en ander plekke gebeur as al d honourable members byeen is…

Wilhelm ·

Siestog nou is ek seker ons is verby ‘n derde wereld land wanneer die adjunk president hom met kondome bemoei; daar is sker nie belangriker sake wat effektief hanteer kan word nie. Die vlak van intelligensie sal nou almeer bevraagteken word en die rommelstatus kom nader!

Sarie ·

Ek kon my oe nie glo toe ons adjunkpresident nuwe kondome in die parlement bekend stel nie. En hier dink ek nog heeltyd ons betaal daai spul in die parlement al daai miljoene rande aan salarisse om ons land te regeer en die parlement die plek is waar landsake bespreek word! Ai hoe kon ek tog op my gevorderde leeftyd my vir so baie jare so misgis het!! Hulle spandeer miljarde rande aan kondome en oral uitgedeel te word terwyl miljoene mense In ons land onder die broodlyn leef. Nee hulle gee aan die jeug gratis sekspaspoorte geen wonder daar is so baie kinders wat kinders in die wereld bring. Onderrig hulle liewers om ‘n skoon ordentlike lewe te lei en nie met die hulp van die staat ‘n losse wettelose lewe te ly nie. Ek dink Ramaphosa se optrede gister was absoluut onvanpas en dan dink die klomp wat daar sit om ons land se regering in stant te hou dit is die grap van die jaar. Ek dink dit is skandelike optrede gewees deur Ramaphosa

Columbiana ·

Die doel van kondome? Juis om ongewensde swangerskappe en HIV te keer. Dis naief om te dink dat besprekings oor seka en kondome sal lei tot toename in jeug seksualuteit.

M'Lady ·

Genugtig is daar nie belangriker sake om te bespreek in die Parlement as kondome nie? Wil net weet of daar n piesang geur is vir die Piesang Republiek? Hoop die nuwe weergawe beperk die bevolkingsaanwas.

Marina ·

Kyk ek gee op met die mense. Pleks hulle konsentreer op dinge wat dringend aandag nodig het in ons land !!!!

Adam ·

Ons land val uit mekaar maar die regering bekommer hulle oor die geraas en geure van kondome Pateties!!!!!!

Jeanne ·

Oh my word, ek wou iets se, maar ekt gedink die regering het baie belangriker issues as gegeurde kondome op hulle Agenda.

Mira ·

Gaan die geld om vir hierdie kondome te betaal, uit die voedselskema van ons land kom? Want ek sien daar is appels en druiwe betrokke……

Paula ·

Ramaphosa moes liewer die geleentheid gebruik het om n Boombox te wys, wat as prys sal dien vir elke man wat n vasektomie sal laat doen.

m ·

Dis die lekkerste wat ek in dae gelag het,…. Is dit nou waarvoor ons tax gaan. Daai beskryfwing is skitterend. Hierdie mense is hulle eie beste kliente met hierdie kondome.. O nee kyk mens kan ma net lag vir hierdie mense….

André ·

Dinge het verkeerd begin gaan toe ons vir Plastiek sakke by die winkels begin betaal het en kondome verniet uitgedeel word. Onthou nog die dae toe dit anders om gewees het. Nog ‘n bewys dat die mensdom die gevoel van sedelikheid verloor het en ons in die laaste dae van die ou wêreld van Satan lewe. Ons moet die dinge verwag.

Pieter ·

Almal is so kwaai omdat dit in die parlement onthul is. Julle sit die pot mis, mense. Dit was eintlik nie vir julle ore bedoel nie. Hy moes dit daar doen, want die boodskap is direk aan sy opperbevelvoerder gerig, en dit is die enigste plek waar albei teenwoordig sou wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.