Ramaphosa had ‘geen ander keuse’ as om Moyane af te dank

Tom Moyane (Foto: ANA)

Die parlementêre staande komitee oor finansies het Vrydag gesê pres. Cyril Ramaphosa het geen ander keuse gehad nie as om SAID-hoof Tom Moyane af te dank.

Die multipartykomitee het in ʼn verklaring Moyane se afdanking verwelkom.

“Ons voel die president het geen ander keuse gehad nie, gegewe die byna eenpartydige sienings by die Nugent-kommissie dat hy die SAID ondoeltreffend bestuur het, die tekorte aan inkomste wat nou aan die lig kom en die beslissende en finale aanbeveling van die kommissie dat hy afgedank moet word,” het komiteevoorsitter Yunus Carrim gesê.

“Ons het in ons eie ervaring van mnr. Moyane se bestuur van die bewerings teen sy kollegas, Jonas Makwakwa en Kerry-Ann Elski, talle teenstrydighede bevind wat die SAID in ʼn slegte lig stel. Die SAID se versuim om behoorlik op te tree oor ons besware in dié kwessie het baie tyd in beslag geneem.”

Die komitee het gesê Ramaphosa moet ʼn plaasvervanger “so gou as moontlik” aanstel.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het Moyane afgedank en gesê stappe moet dringend gedoen word om die verdere agteruitgang van die land se belastingadministrasiestelsel te verhoed.

Die tussentydse Nugent-verslag, wat op 16 Oktober uitgereik is, het bevind dat Moyane nie van voornemens was om met die kommissie in gesprek te tree of die bewyse teen hom aan te roer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Die laaste paragraaf is meer as genoeg ondersteuning (lees die lekker Ingelse woord support ,

Hansie Slim ·

Die gemors moet uit!!!
SAID kan net verbeter sonder hom!!
So hoop ek Zuma se trawante sien hulle ……een vir een!!

PJ ·

Hoor eff nie gelukkig hy seker hulle cic gehelp die commander het mos ok n probleem gehad met belasting ontduiking

Vryheid ·

Dankie tog ons is verlos van die gemors. JACQUES PAUW was toe reg vanaf die begin.

Hans ·

Jaack-hulle behoort siviele eise teen hierdie samesweerders in te stel.

John ·

Hier is heelwat vreesaanjaende karakters in ons midde wat almal sonder vervolging weggekom het; mense wat topposte beklee het en groot skade aangerig het en nou verwoed rondloop. Die ANC is doodbang vir hulle. Hoe moet die gewone burgers voel?
Dit word ‘n uiters ongemaklike en kommerwerkende situasie. Miljarde verdwyn en CR bedel maar net weer om die tekorte op te maak. Hoe stop mens die’ ‘virus’ met sulke aksies? M se geheime sendings en waarskuwings word al klaar afgeskiet. Nat lappies op die voorkom help nie vir erge koors nie. Die geld wat verdwyn, is iewers. Waarom word daar nie vasgestel waarheen nie, of wil die ANC om persoonlik redes liefs nie weet nie?

Gert van Wierdapark ·

Tom en sy Dwarstrek-spannetjie, Dali en die EFF: As Chief Execution Officer by SARS is Rmiljarde vir die SA/ekonomie verloor wat gelykstaande aan Ekonomiese Sabotasie is!!!

Sarel ·

Wat ek lees is dat gesoek was vir n rede om hom nie te laat gaan nie maar dat niks gekry kon word nie . Die posisie wat hy beklee het sou selfs toe alles nog net gerugte was geregverdig het om hom die trekpas te gee . Dus moet ek aanneem dat hy met swaar hart laat gaan is .

Gert ·

Hy sal baie oulik lyk in n oranje oorpak die volgende 30 jaar effektief

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.