Ramaphosa hernu versoek vir ondersoek oor staatskaping

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Dit is noodsaaklik dat ʼn onafhanklike geregtelike kommissie van ondersoek ingestel moet word om deeglik alle bewerings van “staatskaping” te ondersoek, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa Sondag gesê.

Hy het tydens die Moses Kotane-gedenklesing in Rustenburg gesê dit moet erken word dat die ANC en sy regering al hoe meer – regverdig of onregverdig – verbind word met korrupsie en persoonlik verryking.

“Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het die afgelope week gewaarsku dat ons op die randjie staan om ʼn ‘mafiastaat’ te word. As ons hierdie bedreiging wil afweer, indien die ANC sy leierskapsrol in die samelewing wil herstel, dan is dit absoluut noodsaaklik dat ons met dringendheid en doelbewus moet optree.

“Dit is noodsaaklik dat ʼn onafhanklike geregtelike kommissie ingestel moet word om deeglik alle bewerings van ‘staatskaping’ moet ondersoek. Slegs deur só kommissie sal ons kan bevestig tot water mate die instansies van ons regering onbehoorlik – en onwettig – gebruik is om ʼn paar individue en families te verryk,” het hy gesê.

“Ons moet agter die kap van die byl kom oor hierdie gerugte, bewerings en berigte. En ons moet optree om alle vorme van kaping, korrupsie en baantjies vir boeties te staak. As deel van hierdie pogings moet die Fica-wysigingswet nou aktief geïmplementeer word, veral wat betref die persone wat polities blootgestel is, om seker te maak dat daar geen ruimte vir onwettige finansiële aktiwiteit is nie.”

Hy het gesê dit is ook belangrik om swakplekke in die bestuur by staatsbeheerde instansies aan te spreek. “Dit het ʼn teiken geword vir persone wat staatshulpbronne wil wanbestuur tot in privaat sakke en oorsese bankrekeninge.

“Ons instansies, veral die ANC, moet leefstyloudits implementeer van almal wat in leierskapstrukture is. Soos die ANC hierdie week voorgestel het, moet ons deursigtigheid oor partypolitieke finansiering instel. Al hierdie stappe moet sonder vrees of guns ingestel word. Dit moet nie deur faksionele belange gelei word nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cherokee ·

Grys…. kolletjies wit en swart maar donker grys. Hy sê niks van terugsporing van korrupsie nie maar praat bloot van vorentoe. Donker grys, minder wit kolletjies as swart kolletjies maar SPUR se ervaring was dat die minder as 10% wit kolletjies het die grys heeltemal verdof.

Jordaan ·

Nog ‘n mors van geld soos die wapen kommissie. Zuma sal seker maak die ondersoek word deur ‘n vriendelike kader gedoen.

Ouvrou ·

Nou toe nou!!! En moet almal nou dié man glo. Jys mos ook ANC mnr

Cherokee ·

Spoor Ramaphosa se besigheidsaktiwiteite na en vertel wat het hom een van SA se rykstes gemaak. Dit mag dalk ook ‘n uiters interessante debat oplewer.

al ·

Staatskaping moet ondersoek word. Ramaphoza maak die regte geluide. Die ekonomie moet ook herstel word en werksgeleenthede geskep word. Dalk sê hy dit omdat Mmusi Maimane in sy nek blaas wat opposisie betref.

Johann ·

Hy maak die regte geluide? RET? Hy het presies dieselfde ekonomiese oogmerke as Zuma, hy is net nie korrup nie.

Dis al. (soos die gedig gaan.)

al ·

Johann ons sal kyk hoe die wind waai as hy aan bewind kom. Hy sal die regte ‘geluide’ oor die hele spektrum doen. Maar ek dink nie hy is dwaas genoeg soos zuma om iets te doen wat die ekonomie skade sal veroorsaak nie – hy is n besigheidsman.

Leendert ·

Nou het nog ‘n opponent in die stof gebyt, na vandag se onthullinge, Jeff Radebe is ook nou geskiedenis. Maar wag, dit het dan juis vir Zuma ‘n hupstoot gegee. Waar is Zapiro nou? Hy sal ‘n fees tussen Zuma, Radebe en Gigaba hê.

Anoniem ·

‘n Maatskappy kan nie sy eie boeke oudit en dit dan ‘n skoon oudit verklaar nie. Laat die amptelike opposisie (DA) die leefstyl oudits hanteer – dan sal die uitslae geloofwaardig wees. Hulle kan sommer vir Zuma én vir jou oudit. Waar kom jou rykdom altemit vandaan?

Ekke ·

Shanduka (hulle is botteleerders vir Coke – onder andere) en hy het die McDonald’s franchise die land ingebring.

Johan Fourie ·

Soek en ondersoek en nogmaal soek en nog so laaste ondersoek ,solank julle net julle self kan veryk en die land net onner gaan ,sal daie ondersoek niks beteken nie.Sit die lig aan dan soek ek saam met julle,

pieter ·

CYRIL, EEN OF ANDERTYD GAAN HULLE ONS AFGRADEER JY EN DIE ANC SIEN NIE RAAK DAT SUID AFRIKA SINK NIE AGV. KORUPSIE NIE. GM EN WIE GAAN VOLG GAAN JOU WYS DIE BUITELAND SLAAP NIE. PROBEER OOK TUSSEN DIE LYNE LEES HOE KORRUP JULLE LEIER IS EN RAAK VAN HOM ONTSLAE. HY WORD OP RSG BLATANT BESKULDIG VAN MAFIA VERKRAGTING AANKLAGTE TEEN HOM NOEM OP,DIT IS N SKANDE DAT N LAND SE LEIER SE LEIERSKAP SO BEOORDEEL WORD.SIES MAN.

Johann cb ·

Gaan Adv. Madonsela se verslag nou geignoreer word? Hoeveel meer verslae moet die kaping ondersoek?
Ek wil graag Mnr Ramaphosa as president hê, maar hy moet self weet waar om die streep te trek! Hy voel waarskynlik dat dit sy stemwerwing gaan vergemaklik…hoop ek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.