Ramaphosa het glo geweet van Van Rooyen

David van Rooyen, minister van finansies en pres. Jacob Zuma (Desember, 2015) Foto: GCIS

David van Rooyen, minister van finansies en pres. Jacob Zuma (Desember, 2015) Foto: GCIS

Die presidensie het Saterdag ʼn verklaring uitgereik om te bevestig dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa betrokke was in alle konsultasies oor die aanstelling van David van Rooyen as die minister van finansies op 9 Desember.

President Jacob Zuma het onverwags aangekondig dat hy minister Nhlanhla Nene uit sy amp verwyder en die onbekende Van Rooyen aangestel. Ná die aanstelling hewige kritiek uitgelok het, het Zuma op 13 Desember weer Nene se voorganger, Pravin Gordhan, as minister van finansies aangestel. Van Rooyen is aangestel in Gordhan se pos as minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

“Die presidensie word oorval deur medianavrae wat verband hou met ʼn verklaring deur ANC-sekretaris-generaal Jessie Duarte dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa verlede week in Lesotho was toe mnr. David van Rooyen aanvanklik as minister van finansies ingesweer is,” het Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Volgens Mamoepa wil die presidensie dit duidelik stel dat Ramaphosa, op die dag van Van Rooyen se inswering, in gesprek was met ʼn afvaardiging van die kantoor van die voorsitter van die SAOG se troika en Mosambiekse president Filipe Nyusi, in verband met voorbereidings vir ʼn dringende besoek aan die Koninkryk van Lesotho.

“Die gesprek het gevolg ná ʼn besluit deur die troika tydens die China-Afrika-beraad by die Sandton-konvensiesentrum dat Ramaphosa, as fasiliteerder, Lesotho dringend moet besoek,” lui die verklaring. Die doel van die besoek was om die SAOG se besware oor te dra wat verband hou met ʼn hofsaak wat deur ʼn Lesotho-inwoner teen die SAOG-kommissie van Ondersoek gebring is. Ramaphosa het gevolglik Lesotho op 16 Desember 2015 besoek.

“Die presidensie wil dit ook duidelik stel dat adjunkpresident Ramaphosa betrokke was in alle konsultasies met pres. Zuma en alle ander belanghebbendes oor die aanstelling van mnr. David van Rooyen.” Ramaphosa het glo namens ANC-beamptes die vergadering aan die party se nasionale werkskomitee gelei en die proses voorgehou wat tot die heraanstelling van Pravin Gordhan as minister van finansies gelei het.

“Enige ander gerugte wat versprei word is ʼn poging om agterdog te wek en verdeeldheid te saai,” het Mamoepa gesê. “Ramaphosa bly deel van die regering se kollektief wat gepoog het om die ministerie van finansies te stabiliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hugo Diedericks ·

Wanneer is die mamparra Dave en wanneer is hy Des? Of dink die media ons is onnosel?

K van Rooyen ·

Nee dis eerder Dawid van Rooyen , sodat die Afrikaans sprekende gerus gestel sal wees dat daar darem n Afrikaner in die pos aangestel is en dit nou beter sal gaan met ons ekonomie , hy klink of hy weet wat hy doen .

Sune van Heerden ·

Dagsê Hugo

Sy volle naam is David Douglas Des van Rooyen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

ANDRÉ ·

As Ramaphosa met Zuma saamgestem het om David van Rooyen aan te stel, dan is Ramaphosa net so ‘clueless’ as Zuma!

PJ ·

Sè al lankal mense sit hulle hoop op Rhamaposa hoekom weet ek nie want as Rhamaposa die man is hoekom hoor jy niks oor die korupsie en Nkandla plaasmoorde ens

Pieter.v ·

Lees Mail &Gardian van n paar weke gelede en kyk waar het MTM en Ramaphosa geld wat MTM in Afrika gemaak het bele.

Pieter Krige ·

Ek wonder of die hele land nie met ‘n goed uitgewerkte Poker skuif gebluff is nie.

Skoppensboer ·

Terwyl ons onsself besig hou met n bal en ander speletjies , Poker ? , klink bietjie te slim vir my , dit se dan vir my dis nie eintlik hulle wat speel nie .

Karooblommetjie ·

Hierdie president dink duidelik almal onnosel is en eet sy “verduidelikings” soos soetkoek op. Of is dit nou die pers? Die ANC kan onder geen omstandighede verdeeld voorkom nie, die kiesers gaan kleingeld van hulle maak. Ag nee wat ANC regering, ons glo lankal nie meer wat julle probeer verkoop nie.

PJ ·

Wonder of Rhamaposa met al sy beleggings nie op n manier voordeel getrek het uit die Des debakel nie ? Weer tyd vir die aankoop van n paar buffels

Pieter Krige ·

So het hulle weer die mensdom gepaai met die wyse heroorweging en miskien lekker geldjie gemaak deur forex kort te koop. Miskien is ek net ‘n sameswering teoretikus..

Berhalet Beukes ·

David… Des… David… Des… Jou stoute verkleurmannetjie… Kom ons noem jou liewer… Donkie?

Janine ·

Meer ‘n geval om nog een agter die deur te laat staan, dan kom no. 1 nie so alleen-skuldig voor nie.

Andre ·

Nou het ek alles gehoor. Ek glo dat ‘n Graad drie knapie met ‘n beter storie voorendag kan kom………Zoempie EN Cyril betrokke ? SNERT!!!!

Kobus Esterhuizen ·

Ramaphosa het net goed gelyk omdat die NP sulke liggewigte by die onderhandelings tafel gehad het. Intussen het hy niks met die regstellings aksieaksie fortuin wat hy gekry het gedoen nie en met sy aandele in Lonmin gevlug toe dinge begin sleg gaan. Mense wat hulle geloof in hom plaas is net uiters naïef.

Bach ·

Is daar iewers ‘n bevoegde wat vir Zuma kan opvolg as Cyril nou ook soos ‘n puppet optree? En lyk my saam lieg.

alletta Strydom ·

hulle almal in cahoots met mekaar.
hoekom nie Nene aangestel weer…..
stink vis iewers……
al val Zuma bring jy nog maar ouens in wat noe weet hoe die stelsel behoort te werk.
Gordan sê mense kan keaad word en betoog dis hul reg…..nee wst Goedbaai SA…..

Johann Marx ·

‘n “Oplvolger” vir Zoompies lyk nou nie meer so voor die handliggend as ‘n paar weke gelede nie, né? Almal het gedink ‘n vrou gaan oorvat………maar die beste kandidaat daarvoor het “Zuma” in haar van…en dit los ‘n bitter smaak. Cyrilttjie self sit met Marikana om sy nek, en Juliass en die Vakbonde sal hom dit nooit laat vergeet nie. Dus….as Zoompies moet waai, en Dlamini-Zuma maak dit nie, en Cyril het teveel bagasie………..wie bly oor? Ek weet!!!! Des/Dave/Don van Rooyen!!!

Oom Piet ·

Jongste Presidensie verklaring (spin) wil dit nou afmaak as ‘n (deurlopende) konsultasie betrokkenheid met Ramaphosa, waarvoor die Joernalis en Redakteur hoek en sinker geval het met hul opskrif en inleidings paragrawe. Verklaring bevestig Ramaphosa was ten tye betrokke met SAOG en Lesotho kwessie en is eers “gekonselteer” na sy terugkoms.

Veel meer belangrik? Het Des Davies as kortstondige Minister van Finansies, Nene se verwerpte SAA Nuwe Floot Huurplan, wettiglik afdwingbaar goedgekeur en/of geteken ?

Rynhardt ·

Die adjunk-pres., Ramaphosa ka nie teen Zuma gaan nie, anders raak hul gou ontslae van hom.Albei het daartoe bygedra dat die rand versleg en SA se naam krater internasionaal gemaak word.Mense moet begin besef, die Anc kan en gaan nie n welvarende ekonomie skep nie! Dit bestaan nie in hul woordeskat waar die SAKP, die septer in Anc swaai nie!

Eish! ·

Dit is nou ‘n geval van………..Ramaphosa het ok so gese! Wel Ramaphosa must fall too.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.