Ramaphosa het meer as een deuntjie in KZN

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap leer hierdie week op die harde manier dat die KwaZulu-Natalse politiek heeltemal verskil van die res van die land se politiek.

Die hele nasionale werkkomitee van die ANC (die party se 20 verkose top-amptemare) is oor die lengte en breedte van KwaZulu-Natal versprei om die party se 107de verjaardag te vier en opwinding in die hand te probeer werk vir die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes Saterdag in die Moses Mabhida-stadion in Durban.

Openbare vergaderings is kruis en dwars oor die provinsie gehou, onder meer in Ladysmith, Umzimkhulu, Greytown, Hluhluwe en Pietermaritzburg.

Ramaphosa het sy eerste toespraak gehou in Marburg buite Port Shepstone. Dis nie om dowe neute dat die laer Suidkus gekies is vir die president om sy KwaZulu-Natalse buiging te maak nie, want dit is die streek in die provinsie wat tydens die ANC-leierstryd in 2017 die sterkste vir Ramaphosa ondersteun het teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

In Port Shepstone het Ramaphosa se boodskap dat die land aan’t herstel is ná nege jaar se korrupsie (ʼn kwalik bedekte klap na Zuma) dan ook goed afgegaan. Maar die volgende dag was dit ʼn ander storie.

By die geskiedkundige Ohlange-instituut in Inanda net noord van Durban, wat meer as ʼn eeu gelede deur die eerste ANC-leier, John Langalibalele Dube, gestig is, was Ramaphosa in die kake van Zuma-ondersteuners, wat gedwee na hom geluister het.

Die skare was egter netjies afgerig en uiters bereid om hul ware kleure te wys, soos om baie harde toejuiging te gee elke keer as Zuma se naam genoem is terwyl hulle doodstil geluister het na alles anders wat Ramaphosa uiter.

Toe die president sy toespraak voltooi, het die skare “Zuma, Zuma, Zuma” gedreunsing en geen twyfel oor hul voorkeur gelaat nie.

Ramaphosa het dan ook sy deuntjie verander en afgewyk van sy teenkorrupsie-boodskap in Port Shepstone. In Inanda kon Ramaphosa geen woord van kritiek teen Zuma en sy bewind vind nie, en het hy Zuma se lof skaamteloos besing.

Dit is die verwesenliking van die Ramaphosa-groepering in die ANC se ergste nagmerrie, naamlik dat dieselfde lot die party Saterdag gaan tref by die bekendstelling van die verkiesingsmanifes in ʼn deel van Durban wat slegs sowat 25 kilometer van Inanda af geleë is – dat hy uitgejou word of dat Zuma ten koste van hom toegejuig gaan word.

Aan die ander kant word Ramaphosa se geloofwaardigheid erg ondergrawe as hy Zuma so ter wille is, want baie mense wat dit oorweeg om vir hom te stem doen dit juis omdat hy as korrektief vir Zuma gesien word.

Niks hiervan is goed vir Ramaphosa se beeld nie, en verseker dat die bekendstelling van die verkiesingsmanifes Saterdag om meer as net die inhoud dopgehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

P ·

Een maal verkeerd, altyd verkeerd. Vraag nommer een, wie het die land van die Engelse gered? Deur daai oorlog is Kolonialisme uit die land gedryf, sodat ons onafhanklik kon wees. Nou skielik word die breinkrag en ware beskermers van Suid Afrika die kriminele gemaak. Dink net daaroor, S.A. kon onder Britse bewind gewees het.

vra maar net ·

So begin wys die man wat menige van die welwilledheids dweepers tot godstatus verhef het sy kleure wys, net nog n oneerlike politikus

Snowball ·

‘n Janus. ‘n Manteldraaier. ‘n President met ‘n gesig en ‘n deuntjie wat heeltyd verander.

Hanna Hoekom ·

Dat daar nog mense is wat Zuma as n held beskou, maak my bang!

Liegnet ·

Al hulle kan doen is om te lieg, en die massas skreeu dan saam

Wessel ·

Per die HAT is ‘wars’ = afkerig. Is die woord hier bo dus korrek gebruik? (heeltemal wars staan?)

Ja Nee ·

Bly maar anc taktiek, lieg en bedrieg. CR het geen integriteit nie.

Magda ·

Dieselfde as zuma, net ietjie slinkser – of so dink hy???????

Callie ·

Moenie vergeet, Cyril was in 2011 aan die voorpunt met Eskom se ondergang. Zuma is volgens hom sy groot vriend. Die man praat met n gesplete tong, simboliek van n slang. Hy is op voorpunt van grondonteiening. Dink wat het met Eskom gebeur, weet wat met die land gaan gebeur as Anc nou verkiesing ver genoeg wen

Anti ANC ·

Drie baie belangrike punte om te onthou ivm CR…. Hy is ‘n “elite” swartman, hy is ANC en hy is NIE die “nuwe” messias nie. Sy eie belange is en bly die belangrikste vir hom!

Grassie ·

Ramaphosa is duidelik in ‘n taai politieke oorlewingstryd gewikkel en in die proses is hy bereid om te lieg, mantel te draai en beginsels en redelikheid prys te gee. Dit is die karaktertrekke van ‘n swakkeling. In die nie te verre verlede was hy gekant teen gronddiefstal maar nou is dit skielik sy lewenstaak wat hy ten alle koste wil deur-stoomroller, met die haatstokery teen witmense wat daarmee saamgaan. Dit is die gom wat hy gebruik om die verflenterde ANC aanmekaar te probeer hou en ook sy presidentskap te red. As die Ramaphosa- en Zumafaksies in openlike konflik met mekaar begin kom kan dit ernstige gevolge vir die hele land inhou want die geskiedenis het ons tog duidelik geleer hoe die mense van Afrika konflik hanteer.

JAN ·

Die punt is dat Rampaprosa afstuur op die grootste grondroof ooit in geskiedenis.
Toe Engelse Vrymesselaars die Hollandse Vrymesselaars en INBOORLINGE se wettige eiendom geroof het in ‘n helse ABO. By die Vrede van Vereniging was daar slegs Vrymesselaar en geen swartes teenwoordig.

Hierdie moeder van staatskapings / gewapende roof ABO word deur die Wittes totaal buite berekening gelaat.
Daar is reeds ‘n wettige grondeis vir Transvaal ingedien. Korrek? Hmmm?

Chris ·

En hy fluit dit meestal as hy op sy kop staan, partykeer ook as hy regop staan en anderpad kyk.

Tania Heyns ·

Dagsê CS

Dankie vir jou boodskap. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Nelia van Zyl ·

Mnr. Ramaphosa, het u enigsins waardes en beginsels? En wat sou dit wees? Want ek kyk na eerlikheid, lojaliteit, integriteit, betroubaarheid, verantwoordelikheid – wanneer ek na ‘n president kyk. En tans misluk u klaaglik. Ons het allermins ‘n Zuma-aanhanger in hierdie land nodig. Hoe verklaar u nou die Zondo-kommissie en u huidige optrede en uitlatings?? In hierdie land, hoe lief ek ookal my land en taal het, flikker die rooi ligte vir my nou dringend. Waarskynlik tyd om te besin oor die pad vorentoe.

Madelief ·

Ramaphosa is nie die ridder op die wit perd nie, hy is eerder die Janus wat met bakhandjies staan.

alwyn burger ·

JAN Dagsê
Die enigste groep mense wat wettiglik grond ontvang het is die Jode.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.