Ramaphosa het ‘morele verpligting’ oor plaasmoorde

President Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

President Cyril Ramaphosa is onder ’n morele verpligting om ’n sterk openbare standpunt teen plaasmoorde te neem, juis vanweë die feit dat hy die bestaan van die krisis vroeër op ’n internasionale platform ontken het.

Dít is die reaksie van AfriForum nadat Khusela Diko, die president se woordvoerder, gister aan die media gesê het dat die president hom spesifiek nié oor plaasmoorde gaan uitspreek nie, omdat dit die verantwoordelikheid van die polisie is.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die president se verskoning glad nie sin maak nie. “Die president het hom al voorheen oor plaasmoorde uitgespreek. Toe hy dit gedoen het, het hy gesê dat daar geen plaasmoorde in Suid-Afrika is nie. Nou dat hy met die syfers gekonfronteer word, is sy antwoord dat dit nie sy plek is om hom daaroor uit te spreek nie en dat hy eerder gaan swyg. Dit is beledigend, om dit lig te stel.”

Roets het verwys na Ramaphosa se besoek aan die VSA in September 2018 en sy uitspraak op die 26ste van dié maand, tydens ’n media-onderhoud met Bloomberg, dat daar geen plaasmoorde en geen grondgrype in Suid-Afrika is nie. AfriForum het Dinsdag die jongste statistiek vir plaasaanvalle en -moorde sedert die begin van 2019 tot en met die einde van Mei uitgereik. In hierdie tydperk kon AfriForum 184 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde staaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Jc ·

En net nou die dag het hy in die Kaap gesê hy sal alles doen om wit boere in die land te hou. Nou wat nou Mr die president?

Jc ·

En net nou die dag het hy in die Kaap gesê hy sal alles doen om wit boere in die land te hou. Nou wat nou Mr die president?
Nou is dit nie meer jou probleem nie maar die van die onbekwame polisie se werk. Geweet jy maak stellings wat jy nie kan nakom nie.

Sieg ·

Ramaparra lieg en bedrieg hom self vas, later weet hy nie eens watter kant toe nie.

Jopie ·

Stil bly is ook ‘n antwoord. Dankie cr nou het jy weer vir ons sekerheid gegee oor hoeveel jy en die anc vir boere in ons land voel. NIKS, nie eers n woord nie.

James ·

Hy gaan niks se of doen nie. Hierdie padda resep werk volgens sy plan.

GR ·

Verseker is dit ‘n regering se plig en verantwoordelikheid om landsburgers te beveilig buiten as dit ‘n ANC regering is.
Waar is die DA en VF+ partye wat nou die dag so gat gekruip het vir stemme hoor jy Musi nou iets se? O nee. VF+ ?????

Jakes ·

Hy besit groot plase, dalk beset en werklose mense laat plak en aanspraak maak?

Andre ·

@GR – laat weet ons vir welke party JY gestem het, en wat daadie party of jy nou aan hierdie spesifieke situasie doen. Ons wag vir jou antwoord

Anoniem ·

Pateties Mnr Die President Jy het belowe dat Jy ONS almal se President sal wees Jy VERSAAK Jou BELOFTE

Anoniem ·

Mnr Die President Jy maak met ONS veiligheid net soos wat Jy die afgelope tyd met ons EKONOMIE gedoen het !

VERSAAK JOU PLIG ! Ons is van kleins af geleer (Betoon RESPEK vir DIE PRESIDENT VAN DIE DAG)

Kry die regte inligting en doen die REGTE goed en maak reg terwyl daar nog bietjie tyd oor is en sien om na ons welstand en verseker ons VEILIGHEID !

Albert ·

Boere moet hulle veiligheid baie opskerp. Niemand gaan hulle ontferm oor ons nie. Dit is moeilik want hulle kan jou op sulke onverwagse plekke onkant betrap. Wees paraat

Wessie ·

Afriforum skrik wakker, hy gaan niks sê nie. Hoekom moet hy, lyk dit of hy enigsins omgee vir een van ons. Hy leef mos lekker op ons belasting geld.

Jakes ·

Hy besit groot plase, dalk beset en werklose mense laat plak en aanspraak maak?

Grysburger ·

Vir boere sal dit beter wees as onteiening sonder vergoeding so gou as moontlik afgedwing word deur verandering van die grondwet.

Die oomblik wat dit amptelike regeringsbeleid word sal boere in verskeie lande om politieke asiel kan vra.

Boere is te min om enige weerstand te bied en niemand gaan hulle kom help nie.

Nadat die boere verjaag is sal ander groepe heel waarskynlik in die visier kom. Mense moet maar hulle vlugplanne opstel om uit die land te kom, daar is nie veel mense wat moed het om weerstand te bied nie.

Mense met bietjie kapitaal kan gerus kyk na Panama vir ‘n bestemming. Die land het besonder min vereistes en Suid Afrikaners kan sonder baie moeite soontoe vlug.

humor ·

Volgens die Bybel wat ek lees is hy die slegte koning wat doen wat verkeerd is in die oe van die Here. Met sy leuens, verswyging, en false beloftes plaas hy homself in die beskuldigdebank en is daar bloed aan sy hande.

Jakes ·

Besef asb mense, ANC het geen moreel of gewete. En dit moet besef en proaktief besin word.

TN ·

In die boek van leuens kan jy enige iets vind afhangende van waarvoor jy soek .

Hanna Hoekom ·

Plaasmoorde bestaan mos nie (vlg die Paddaman). Natuurlik gaan hy swyg. Boere tel mos nie as “our people” nie! Stille goedkeuring as jy my vra… Wat n skande!

Jeremia ·

Sommige leef in Shangri La, daar bestaan nie misdaad nie, en indien dit dalk bestaan dan gaan dit jou en jou ‘ons mense’ raak nie.
Self nie eens die power ekonomie of skaarste aan goedere of kos gaan jou of ‘ons mense’ raak nie.
Mag doen dit maar klokslag in Afrika.

Ben ·

Hy kan maar as president ‘fall’ want hy is vir my niks nie en sal ook nooit iets vir Suid-Afrika beteken nie. Wat n looser!

Ander Koos ·

Diegene wat dink President gaan iets doen het seker vergeet van sy”padda kook” strategie

PJC ·

Die feit dat sy woordvoerder sê dat hy nie kommentaar lewer op spesifieke tipe misdade nie is baie veelseggend want plaasmoorde is nie die gewone tipe misdade nie.

Siener van Melbourne ·

PJC, persoonlik dink ek dit is ooglopend dat Squirrel Rampokker se stilswye selferkenning gee aan sy ondersteuning van plaas aanvalle. Met wat besig is om te gebeur in die wereld soos Venezuela, glo ek dit is n groter globale plan om wêreld ekonomieë te vernietig. En duidelik skep die perd vergoeding in ruil vir sy oënskynlike afwesigheid in die anargie wat hy akkomodeer.

skurweberg ·

Die man staan met sy rug teen die muur. Is daar nie ‘n manier behalwe bid (die belanrikste), om hom van raad te voorsien.

Boerin ·

Skandelik ! Dis net ongelooflik dat niemand in die ANC kan besef wat hulle aan die land doen nie ! Nou het ons n president gekry wat te bang is om te se wat hy sien…nee hy bly stil om sy kaders gelukkig te hou ten koste van ons beautiful land en sy hard werkende mense, die ouens wat kos op ons tafel sit!Op almal se tafels…net ongelooflik !

Henrik ·

Enige persoon wat dink dat ramaposa morele waardes het is brein-dood.
Ek sal ook nie verbaas wees indien die onteinde plase in die Chinese hande val nie. Hulle tel mos ook onder BEE

padda ·

Buffelneus en grootste padda lag saam met slange onder paddastoel van leuns en bose ingevoerde moordenaars

Fanie Kemp ·

GR en ander wat soos jy dink: Die nuusmesdia ( behalwe Moroela Media ) verswyg meestal die aksies van die VF Plus , Solidariteit, AfriForum en TLU-SA of kritiseer hierdie organisasies by elke moontlike geleentheid.
Hierdie organisasies beskik nie oor Polisie- of Veiligheidsmagte nie. Hulle doen egter geweldig baie en bereik ook baie met hul relatief klein ledetal en beperkte fondse.
Raak liewer lid en ondersteun hierdie organisasies, dan kan “ONS” soveel meer vermag. EENDRAG MAAK MAG!

Johan ·

When everything failed in some of the “liberated” countries with their radical transformation plans people fled over our borders to the land of milk and honey – South Africa – if this economy and specific the agriculture sector collapse where will the people , “our people” , ran to then? The South Pole??

Attie ·

Hy is GEEN leier nie. Ware leiers sal hul land tot orde roep en krisisse aanspreek. Zero respek vir hom.

George in Bloem. ·

Ramaphosa ‘n president? Hahahahaha!Hy’s nie ‘n president se gat nie.

Dirk ·

Indien ek sy stilswye reg ontleed dan beteken dit dat plaasaanvalle, moorde en begrafnisondernemers hier is om te bly! Sy stilswye is ook n uitdaging, n toets vir Afriforum se paralelle struktuur teenoor die staat se struktuur van plaasbeveiliging om plaasaanvalle te probeer stop! Teen die tempo wat die boere afgemaai word druip Afriforum tans die toets met vlieende vaandels. Die president hoef dus nie n vinger te verroer nie, want hy kan ter enige tyd Afriforum blameer wie daarop roem dat hulle die verantwoordelikheid vir plaasbeveiliging oorgevat het by die onbevoegde SAPD! Afriforum stel uitdagings aan die ANC wat so reg in die ANC se kraal pas.

Michelle ·

Hy het die hele wêreld daar buite vertel daar is nie plaasmoorde of plaasaanvalle nie hy ontken ook grondgrypers. So wat wil julle nou eintlik he moet hy antwoord sy vorige volgelinge het dit ook ontken. As hier niks meer in die land oor is nie sal ons hoor of hy dan iets wil sê, maar ek glo nie want hy het klaar gesê wat hy wou sê.

Se maar net ·

Hou op dink dat Ramapaddaman is in beheer van die land. Hy is net n gesig vir die anc en sakp leiers wat eintlik in beheer is. Hulle weer het n vooropgestelde strategie met sosialistiese doelwitte en sal nie daarvan afwyk nie. Aanvaar dit en begin bid. Dis al wat ons kan doen.

Fanie ·

Hy voel niks. Dis duidelik dat hy reeds begin het met die land reform without compensation.

Dirk ·

Sy ongeergdheid en stilswye teenoor plaasaanvalle is tekenend van sy strategiese goedkeuring daarvoor. Plaasmoorde, beurtkrag, misdaad, verval deur swak administrasie, verarming, onsekerheid oor beleid, toepassing van dubbele standaarde en blatante diskriminasie is alles deel van n strategie wat gevolg word wat voortspruit uit die oorhoofse beleid van “in order to break the spirit of the white oppressor”. Nie alles wat gese word nie, maar alles wat gedoen word, word gedoen om die lewe vir witmense so ongerieflik as moontlik te maak, om die lewe vir witmense in SA, hel te maak! Indien hy sy stilswye verbreek sal dit wees om die VF/Afriforum/Solidariteit te blameer vir die stand van sake! Daarom moet hierdie organisasies toesien dat hulle en hulle lede toegerus en opgewasse is teen die aanslag wat meer intens sal raak soos wat hierdie organisasies sterker weerstand bied en groter uitdagings aan die haatdraendes rig! N eskalering van die aanslag oor die volgende 5 jaar word in die vooruitsig gestel! Uiteindelik is dit domastrant om n opponent uit te daag wie nie net oor staatsvermoe beskik nie, maar ook oor die vermoe van moordbendes, terwyl jy self nie oor n soortgelyke vermoe beskik nie. Die speelveld is dus alles behalwe gelyk en jy hoef nie n nobel prys wenner te wees om te besef wie trek aan die kortste end!

Johan ·

Ek is van mening die plaasmoorde pla niemand in die ANC, EFF of BLF nie. Veral nie die president nie.

JB ·

Die Regering is kop en een mis met die persone wat plaasmoorde organiseer. Hy sal niks sè nie.

Jeremia ·

Waar is al die instellings en organisasies nou? Het enige van die kerke byvoorbeeld iets te sêe?
Vroeër het baie van hulle hul tog met politiek opgehou.
Waarom hierdie dawerende stilte?
Waarom nie skroewe nou aandraai nie? Waar is die gewetens?

Zumie ·

Hy weet hoe ‘n groot deel van sy ondersteuners oor plaasmoorde dink en gaan daarom nie hom daarteenoor uitspreek nie ……..dan maar die flou afskuif van verantwoordelikheid na die SAPD …. dit terwyl hy die eintlike verantwoordelike is…
Dit se baie meer as wat ek wil weet!

Rina Kotze ·

Wonder regtig wat die ANC gaan maak as al die boere in die land saamstaan en weier om te plant?

Dat hulle net vir hulself en hul families gaan sorg?

Wonder maar net?

Want dan is daar nie kos nie en hoe gaan party mense toy toy op ‘n leë maag???

Regs! ·

Hy sal als doen om die blankes in Suid Afrika te hou. Sodat hulle ons almal kan uitroei!

Andreas ·

Gooi die wêreld met die boek vol feite. Hang dit aan die grootklok dat dit tot in die buitenste ruim beier!

Ore ·

Ag nee wat,Roelf Meyer en Leon Wessels maak ons bekommernisse af as niksseggend.
Waar is ex Reccie,Kapt Wynand du Toit? Waarom mobiliseer georginseerde landbou ‘n eie beskemingseenheid wat hierdie kriminele kan uitroei nie,seker sal Kapt du Toit ‘n uitstekennde bevelvoerder van so eenheid wees.Daar is ook meer as genoeg oud werklose SAW soldate wat sal aansluit.O ja, Agri SA hang mos ook aan CR se lippe,nog niks van hulle gehoor nie

Trojaanse Donkie ·

Niemand weet regtig wat die regering se plan is om ‘n nuwe swart skrikbewind in Afrika te vervolmaak nie, maar dit kom verseker. Net een troos die sjinese sal nie die nonsens verduur sodra hulle eendag afrika in besit geneem het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.