Ramaphosa in die spervuur tydens antwoordsessie

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het vanmiddag behoorlik bloed gesweet tydens ‘n presidensiële vraesessie in die Nasionale Vergadering, veral toe hy geweier het om die besonderhede van sy seun se kontrak met die omstrede maatskappy Bosasa bekend te maak.

Die hoogtepunt van Ramaphosa se middag was ongetwyfeld om die komediant Trevor Noah op die galery te verwelkom, maar van daar af het dit net afdraand gegaan.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, wou by Ramaphosa weet of ‘n oudit van staatskontrakte oorweeg word, gegewe die getuitenis voor die Zondo-kommissie na staatskaping, wat Ramaphosa gemaklik geantwoord het dat dit afhang van Zondo se uiteindelike bevindings.

In ‘n verdere interessante verwikkeling het Ramaphosa hom in ‘n knyptang tussen die Cope-LP Deidre Carter en dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, bevind rakende die Eskom-kwessie. Aan Carter het Ramaphosa oor die verlies aan spesifiek wit kundigheid by Eskom gesê hy beskou kundigheid as kundigheid; ras is nie deurslaggewend nie.

Op ‘n vraag van Groenewald of hy misluk het as aanvoerder van die regering se Eskom-oorlogskamer tydens die Zuma-bewind het Ramaphosa ontken dat hy misluk het, maar wel gesê hy het die oorlogskamer aan Eskom oorhandig nadat die onmiddellike gevaar van beurtkrag in die destydse situasie afgeslaan is.

As terugvoer op vanjaar se Davos-byeenkoms het Ramaphosa op ‘n vraag van die ANC-LP Joanne Fubbs beweer Suid-Afrika was die gewildste land daar, en dat volop beleggings dus van oor die wêreld verwag kan word.

Op ‘n vraag van Maimane het Ramaphosa ontken dat hy bont praat oor die nasionalisering van die Reserwebank en onteiening van grond sonder vergoeding, Ramaphosa het gesê die Reserwebank sal nie genasionaliseer word nie, maar veranderings om te verseker dat alle aandeelhouers Suid-Afrikaners is, word beoog.

Oor onteiening sonder vergoeding het hy benadruk die ANC het besluit dit sal gebeur, so dit sal. Hy het egter gesê buitelandse beleggings sal nie genasionaliseer word nie.

In antwoord op ander vrae van LP’s het Ramaphosa gesê werkers se betrekkings is nie in gevaar weens die voorgenome verdeling van Eskom in drie afsonderlike sake-eenhede nie, dat die gebruik van onafhanklike elektrisiteitsvoorsieners nie tot Eskom se nadeel sal wees nie en dat Suid-Afrika voortgaan met sy planne om die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel af te gradeer uit protes teen Israel se hantering van Palestyne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dries du Toit ·

Glibberig is nie die woord nie. Hy het klaar die titel van ‘n infame leuenaar. Afriforum moet net sorg dat die wereld weet van elke enkele plaas wat onteien gaan word

Afrikaner ·

En ons moet onthou, hierdie was nie uit-die-vuis-uit antwoorde nie, hy het die vrae tyd gelede al ontvang en sy antwoorde was dus goed voorberei, of deur homself, of deur sy presidensie.

humor ·

Buitelandse beleggings sal nie genasionaliseer word nie. Dit om beleggingsmoonlikhede aantreklik te maak, maar burgers van die land wat deur geslagte heen bloed en goed op die altaar gele het, die is nou maklik slagoffers van onteiening sonder vergoeding.
Op Davos was SA die gewildste land, maar deurentyd word hierdie aantreklike moontlikhede steeds deur die g@t getrek.

Slim Jan ·

Hou maar die wisselkoers dop dan kan julle sien wat die Davos beleggers dink….

Onteiening sal plaasvind… ek ruik rook

Werner ·

Cyril het seker ‘n leë oorlogskamer aan Eskom oorhandig.

Neels ·

Nou verstaan ek nie mooi nie in die betig word genoem dat die pres se die reserwebank sal nie genadionaliseer word nie. Lees ek egter in andet media dat hy wel gese het die reserwebank sal genadionsliseer word en toe vang die rand n duik. So wie verkondig die waarheid. Natuurlik sal die ANC die reserwebank wil nasionsliseer want dit is feitelik die enigste instelling wat hulle nog nie kon plunder nie.

Jakes Jacobs ·

Ek glo nie buitelandse beleggers is so dom nie. Sodra hulle die beleggings gedoen het word hulle net so maklik onteien.

Michael ·

Ek is bly om te sien Trevor Noah besoek die Comody Warehouse.

Zirk ·

Die ANC is nou vinnig besig om sy bevrydings idiologie se laaste fase te implimenteer. Sosialisme deur kollektiewe besluitneming. Die staat ( lees anc) moet alles besit en beheer. En al die produksiemiddele mag net aan lojale kaders behoort.
Om vir alles te lag, maak beslis nie van Ramaposa ‘n betroubare, geloofwaardige leier nie. Ek vetrou hom vanaf dag EEN af NIKS.!!

SjN ·

Een groot sirkus, groot tent moet gespan word om die klomp narre, noah as seremonie monster.

Allan ·

Oor die Reserwe Bank se antwoord:

Wat hy probeer sê is dat hy en sy familie (Motseper, ens… die aandele gaan opkoop…. en SA beheer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.