Ramaphosa in Indië vir groter samewerking

Pres. Cyril Ramaphosa en die Indiese eerste minister Narendra Modi (Nieu-Delhi, Indië) (Foto: Yandisa Monakali/DNS)

Pres. Cyril Ramaphosa en die Indiese eerste minister Shri Narendra Modi het Vrydag gesprekke gevoer om samewerking tussen die twee lande te verstewig.

“Indië is ʼn strategiese vennoot vir Suid-Afrika en ek is baie geëerd om amptelik dié land te besoek,” het Ramaphosa gesê. Hy woon Saterdag die 70ste Republiekdagparade by as hoof-eregas.

ʼn Groep ministers en senior amptenare het vergesel Ramaphosa op sy besoek. Hy het gesê die afvaardiging is ʼn teken van hoe belangrik Suid-Afrika die verhouding met Indië ag.

“Ek en die eerste minister het tydens ons gesprek saamgestem oor die belangrikheid van ʼn ekonomiese verhouding tussen ons twee lande,” het Ramaphosa gesê. “Alhoewel handeldryf die afgelope paar jaar beduidend verhoog het, en Indië tans ons tweede grootste handelsvennoot in Asië is, is daar steeds verskeie geleenthede vir toekomstige samewerking. Dit sluit in agro-geprosesseerde kosse, verdediging, mynboutoerusting, tegnologie, en samewerking in die finansiëledienstebedryf.

“Ons het ook die bestaande bande tussen Suid-Afrika en Indië hersien en die nabye samewerking tussen veelparty-groeperings insluitend BRICS (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika), IBSA (Indië, Brasilië en Suid-Afrika), die Indian Ocean Rim Association en die G20.”

Ramaphosa en Modi het Vrydag ʼn strategiese samewerkingsplan vir die volgende drie jaar gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Werner ·

Hy gaan ons seker aan indie verkoop soos zim aan rusland verkoop is

John ·

Wat is die verskil tussen Zuma en Cyril? Indie rol die goue tapyte uit vir CR vir wat? Daar is steeds praatjies oor Denel en wapenvervaardiging in Indie en ons dog die Guptas het ons reeds uitverkoop. Die Hindoe-gebruike word deur ons prez en sy gade hooggeag met verwysing na Mandela en Ghandi wat so lekker in SA afgetree het onder die ou NP Party-vaandel. Gode- en -beelde-aanbidders sal geen ondersteuning van die Hemelvader kry nie, Lees Jesaja.

zoom zoom ·

SA is reeds verkoop aan China Indië en Rusland.
Dalk het ou CR en Sy span vir hulle blyplek gaan Koop in Indië.
Sorry ek is vekeerd. Hulle is op siekverlof en is in Indië vir mediesr behandeling want in SA is die Staatshospitale uiters swak.

Adam ·

Ek lees in ‘n ander publikasie dat Ramaphosa Ghandi en Mandela met met mekaar “gelykstel”. Ek wonder hoe Ghandi sou reageer het op ‘n vergelyking met ‘n man wat ektreme gewelf geodgekeur en gebruik het en tot na sy ampstermyn op die VSA se lys van terroriste verskyn het. Jou vergelyking is skokkend onvanpas, Mnr die President.

willem Botha ·

Ons word regtig soos in lion king deur die hiënas geregeer,wens daar was net een provinsie in die land waar ons selfbeskikking kon kry,geen diskriminasie en regverdigheid met regte leiers en nie bee opertuniste en rampokkers wat jou kinders se toekoms bepaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.