Ramaphosa in Londen vir RWB-voorlegging

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Span Suid-Afrika, gelei deur adjunkpres. Cyril Ramaphosa, sal Maandag by die Royal Garden Hotel in Kensington, Londen, ʼn bodvoorlegging doen om die gasheer vir die Rugbywêreldbeker 2023 te wees.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê Ramaphosa het Sondag na Londen gereis om die voorlegging voor die Wêreldrugby-raad te doen.

Hy word vergesel deur Thulas Nxesi, minister van sport en ontspanning, en Gert Oosthuizen, Nxesi se adjunk. Die afvaardiging sluit ook in SA Rugby president, Mark Alexander, en uitvoerende hoof, Jurie Roux, wat Suid-Afrika se voorlegging, gebaseer op tegniese en kommersiële aspekte, sal voorlê om die toernooi te huisves.

Ierland en Frankryk is die ander twee mededingers om die 2023-toernooi aan te bied.

Die presidensie het gesê Ramaphosa se deelname en leierskap in hierdie afvaardiging na Londen simboliseer en bewys die regering se toewyding en ondersteuning om die toernooi terug na die Afrika-kontinent te bring. “Kontraktueel word hierdie toewyding gedemonstreer deur die feit dat die Suid-Afrikaanse regering afgeteken het op al die vereistes wat deur die Wêreldrugbyraad uitgestippel is en voldoen in die proses meer as genoeg aan die minimumwaarborg,” lui die verklaring.

“Adjunkpres. Ramaphosa het Span Suid-Afrika gelukgewens met hul voorbereiding om die voorlegging vir die bod te doen en het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om hul ondersteuning vir Span Suid-Afrika te wys in hierdie laaste fase om die gasheerskap vir die Rugbywêreldbeker 2023 te verseker.”

Die Wêreldrugbyraad sal die gasheer van die 2023-toernooi op 15 November 2017 aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johann ·

En gaan ons KURUMAN se B span inskryf vir die geleentheid…..?

Leahim ·

Johan ek sekondeer ons sal n baie beter kans hê om 4 de te kom in die eerste rondte.

Johann ·

Laas wat iemamd belangrik uit die land was met onderhandelinge…het NUMBA WHONE die provinsies her benoem? Hoop Cerel se wickets is gecover hier terwyl hy weg is. En vra ek bloot: die skielike omswaai in support vir internasionale sport ná Fikile se.boikot.op als? ANCEGACY. aan…af…..aan….af….aan….af. Bespotting!

Karma ·

Nou ja, nou het mnr. Ramaphosa en sy hele afvaardiging (dalk was daar ook so 30 familie lede saam om na sy ‘speech’ te gaan luister?) ‘n bod geplaas (en nogal oor die vereisde minimum-versekeringsaanbod se bedrag gegaan, seker met Gupta-geld).

En mnr. Ramaphosa sê Suid-Afrika nóú is ‘n baie ander land as SA in 1995!!! Ja, mnr. Ramaphosa, ons weet dit mos: in ’95 was daar darem nog ‘n mate van wet en orde en behoorlike regering onder die “Madiba-wolk-van-euforie”. Intussen het Zuma en die Guptas ons getref. Nou is dit net korrupsie, staatskaping, moord en misdaad en hordes volksvreemdelinge wat oor ons (eens-gewese) mooi, veilige land se grense stap.

Ek hoop van harte Ierland kry dit. Frankryk is ‘n bietjie van ‘n warm kol met die ISIS-aanvalle. En SA is natuurlik ……. wel, enige een wat SA selfs net oorweeg, moet sy kop laat lees. En buitendien speel die Bokke ook tans weer so vrot – solank Allister Coetzee daar is , dalk Bok-rugby nie weer sy kop oplig nie (o ja, en moet ook nie van ‘transformasie’ vergeet nie).

AAN ALLE BUITELANDSE BESOEKERS WAT VLAAMS/AFRIKAANS/NEDERLANDS KAN LEES EN VERSTAAN: BLY WÉG UIT SUID-AFRIKA. Dit is hopeloos te gevaarlik vir enige een om hier te kom reis en toer!!!!

Johann Marx ·

Moet die land wat so ‘n toernooi wil aanbied nie kan rugby speel nie?

Daan Erasmus ·

Johann. Ek hoop nie dit is vereiste nie. Dan is ons kanse min. Ek wil nie sê nul nie. Maar.

Swart Piet ·

In ag geneem die huidige briljante spel van AC se bokke en die mannewales tydens 2010 se sokker hoop ek van harte dat SA Rugby se aanbod misluk. Sommige lek nou al seker hulle lippe af vir al die geld wat hulle wil steel.

Ellisras ·

Het ons al ‘n antwoord op die vraag of Blankes soos paddas of krewe of wat ook al is. In water wat stadig warm word. Is die nou om die water kouer of warmer te te maak.

Eish ·

Née, ek glo nie. Hy dink seker die kook en geniet resep werk op alle westerlinge.

Johanna Botha ·

Hulle moet net kan vuur maak sodat rugbyspelers vinniger kan spronge maak ..

Frikkie (Nie pienk) ·

Ierland behoort die bod maklik te kry. Frankryk is onveilig met die talle ISIS terroriste daar en SA is ‘n derdewêreld land waar almal onveilig is.

Chris du preez ·

Dis net n truuk om hom n rukkie uit die land te kry, dat hulle agter sy rug kan konkul en mev zuma n hupstoot gee

John ·

Ons is rammetjie-uitnek, maar volgende keer kry ons slae soos min met die ‘American football’ wat ons deesdae a la Afrika speel. Agterlynbewegings moes mos saam met die ou vlag verdwyn. O ja, en dan sal ons ‘n BEEE- kaptein ook moet he ooreenkomstig die nege-punt-plan in die oorspronklike revolusionere radikale transformasie-dokument; die een met die resep vir platanna-pastei met egte Indiese kerrie…

Vermeende ·

Die groot vraag, sal ons daai tyd nog n span he om te speel of gaan ons maar net die gasheer wees sonder n span?

Proefvlug ·

Ons gaan teen Georgie in finaal speel… weet net nie watter finaal nie…. New wat ons gaan goed doen, AC sal nie meer betrokke wees….

m ·

Met al die moorde en wetteloosheid twyfel ek sterk of hulle hierdie land sal kies.

Karma ·

@Alida, nee ag wat, as ons dit kry, sal ons dan maar al begin bid …… vir die veiligheid van die besoekende spanne en die toeriste.

pietie ·

Ons behoort nie oorweeg te word solank ons rassekwotas het nie.

Alida ·

Hoop ons kry dit want dan sal die land weer verenig soos voorheen. Met die sokkerwereld beker was daar samehorigheid en vrede en nie een dag se geweld nie. Daarvoor het Bheki Cele gesorg. Nou weet ek nie so lekker nie.

Karma ·

Alida, ek hoop weer van harte dat ons dit NIE kry nie. Dis nie destyds, soos met die Sokker, toe almal uit hul velle gespring het van blydskap nie. Tóé was SA nog baie beter as as nou! As SA NIE die bod kry nie, sal dit miskien die wêreldgemeenskap se oë oopmaak, sodat SA gesien kan word vir wat dit tans is: ‘n gebroke, vernietigde land waar geen blanke mens sy lewe seker is nie.

Andre ·

Waarskuwing: Terwille van die oorsese ondersteunders en toeriste se veiligheid moet dit eerder in Ierland wees. Ons het in elk geval nie ‘n kans met die kwotaspan en beleid as die ander lande hul beste kies nie.

MM ·

GEBRUIK EERDER DIE GELD OM PLAAS MOORDE TE HELP BEVEG EN ALAML IN SA TE BEVEILIG – HOOP JULLE KRY DIT NIE – HOOP JULLE KRY DIT NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.