Ramaphosa is nie op Twitter, sê presidensie

Een van die vals Twitter-profiele in Ramaphosa se naam

Een van die vals Twitter-profiele in Ramaphosa se naam

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het nie ‘n Twitter-profiel of enige ander profiel op sosiale media nie, het die presidensie gesê.

“Die presidensie neem kennis van vals Twitter-profiele wat in adjunkpresident Cyril Ramaphosa se naam geskep is,” het Ronnie Mamoepa, woordvoerder, gesê.

“Die presidensie wil dit graag op rekord stel dat die adjunkpresident nie ‘n Twitter-profiel of enige ander profiel op sosiale media het nie.”

Mamoepa sê Ramaphosa se verpligtinge as adjunkpresident sal deur die presidensie se amptelike profiele op sosiale media gekommunikeer word.

“Die presidensie is in die proses om Twitter te versoek om die vals profiele toe te maak,” het Mamoepa gesê.

Een van die Twitter-profiele, @CyrilRamaphosa, het ‘n profielfoto wat wys hoe die adjunkpresident ‘n bottel sjampanje oopmaak terwyl die agtergrondfoto ‘n kluis vol goue munte wys.

Een van die twiets op die profiel lees: “Arrived in Sri Lanka. It’s hot. Doing some gov work, but here mainly to watch the Proteas give them a Klap!”

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Maandag bekend gemaak dat Ramphosa in Sri Lanka is vir ‘n amptelike staatsbesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.