Ramaphosa: ‘Israel voldoen steeds nie aan bevel’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Baba Jiyane /
GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sê sy regering het besluit om weer die Internasionale Geregshof in Den Haag te nader “aangesien Israel steeds nie aan die hof se bevel voldoen nie”.

Ramaphosa het Donderdag tydens ʼn besoek aan Mpumalanga aan verslaggewers gesê sy regering het dit goed geag om die hof op ʼn dringende grondslag te nader “veral met die oog daarop om die uitdagings in die Rafah-gebied aan te raak waar die slagting van meer as 100 mense ʼn paar dae gelede plaasgevind het”.

Ramaphosa sê sy regering is veral bekommerd oor hongersnood in die Gazastrook. “Mense in Gaza ly nou honger. Daar is nie kos nie. Daar is nie geriewe soos water nie. Mense gaan dood. Veral jong kinders gaan dood omdat hulle nie kos het nie.”

Die president se uitlatings volg kort nadat daar aangekondig is dat sy regering die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof weer genader het.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika versoek hierdie keer die hof om nuwe noodmaatreëls teen Israel in te stel oor die “wydverspreide hongersnood” wat uit sy Gaza-offensief voortspruit.

Dit is die tweede keer dat Suid-Afrika die hof om bykomende maatreëls vra; die eerste versoek in Februarie is geweier.

Ramaphosa het Donderdag in reaksie die lyding in die oorloggeteisterde Gaza as “buite menslike begrip of denke” bestempel.

“Die wêreld moet iets doen. Ons het daarom gevra vir ʼn onmiddellike wapenstilstand, veral ʼn humanitêre een, sodat kos en gesondheidsvoorrade in Gaza afgelewer kan word.”

“Suid-Afrika is vasbeslote om voort te gaan om die mense van Palestina te ondersteun,” het die president gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Bekkie ·

My genade tog!!!!!!!!!!!!!!!plaas kyk hy na sy eie land………….verdomp weet!

kragaap ·

Ha ha dink die ANC Israel sal aandag aan hul geblaf gee ? Mees korrupste, onbevoegde regering in die wêreld.

Hansie ·

Hy praat van geriewe sonder water. Ons sit omtrent elke dag sonder water en krag dan moet ons nog betaal daar voor. En wat van die sinnelose moored wat daagliks gepleeg word in ons land. Hy kan nie eers sy eie land regeer nie.

Tinus ·

Ja, dit gaan n mens se verstand te bowe dat 78 mense per dag in jou eie land vermoor word, maar die president is bekommerd oor die wat vermoor word in Palestina omdat Hamas dit veroorsaak het.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Meneer Ramaphosa, toon staatsmanskap en gaan oortuig Hamas om hul “Charter” te verander en openlik in die openbaar publiseer dat die Palestyne en Hamas die bestaansreg van elke Israeli en Jood en die volk Israel erken en ook elkeen ‘n gelykwaardige bestaansreg onder die son gun.

Michael ·

Hoe pateties is die item nie,pleks stuur hy sy patetiese weermag om saam met die hamas terroriste te baklei.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy weet waarvan hy praat. Sy regime steur hulle ook nie aan howe nie.

annie ·

Hollywood toe met Cyril! Fake news het die ANC op ons troon geplaas en nou help Cyril Hamas met groot-lieg tot op Jerusalem se troon. Skynbaar/duidelik lees hy nie die Bybel nie. Big mistake!

Waarom ·

Waarom sal Israel om steur aan ‘n 3de wêreld land soos Suid-Afrika waar meer as 70 mense per dag vermoor word.

koos10 ·

Die ANC woon in ‘n glashuis en gooi met klippe! Hoeveel hofbevele het jou ministers al nie nagekom nie? Plaas jy doen iets daaraan.

Papsak ·

Verdomp Ramaphosa het jy en jou kaders nie ore nie en los daai lande uit man kyk liewers om jou rond en kyk hoe lyk jou land wat jy te swak is om te regeer vir ons kan en wil jy niks doen nie jy gaan nie die verkiesing so wen nie met n land wat so lyk en mense ongelukkig voel nie pluk by jong !!!!!!

kragaap ·

Israel sal een peleton nodig hê om tien kleure uit Cyril se troepe uit te skiet.

lollapot ·

In jou eie land is daar 85 moorde en 88 pogings tot moord per dag, 115 verkragtings per dag ( 1 elke 12 minute), 30.3 miljoen mense lewe onder die broodlyn, 13.3 miljoen lei onder voedsel armoede..
WAT is fout met jou meneer die president???? Moet jy jou nie eerder bepaal by jou eie mense en die probleme in jou eie land nie? nie???

Pieter francois ·

Hou op om ons geld te mors jy kan nie eers jou eie land se probleme op los nie miljoene mens gaan slaap honger elke dag moord vier hoogty in die land maar jy wil die terroriste help

Nicky ·

Dis nie SA wat voortgaan om Palistena te ondersteun nie, dis die ANC

Jan ·

Dit is seker in opdrag van Iran. Iran se maatjies (Hamas se leiers) word nou in ‘n hoek gedruk en gaan binnekort gevang word. Ek dink hulle rak nou desperaat om Israel te stop.

Lettie ·

Mnr Ramaphosa. Sit asb jou bril op. Ry deur die strate van Kaapstad, Pretoria en merk op die verval en hongerte in die land wat deur die ANC regeer word. Asseblief!!

Anel ·

Wie dink hy is hy? Pleks kyk hy na die miljoene kinders in sy EIE land wat aan hongersnood lei agv van SY regering se korrupsie!!! Meer mense gaan hier dood elke dag aan misdaad en van honger as daar. As hy so bekommerd is die lot terroriste daar, hoekom koop hy nie vir hulle kos, uit sy EIE SAK nie!!! Die Wêreld hof lag in elke geval vir hom! Hoop net hierdie keer gebruik hy sy eie geld want ek, as belastingbetaler ondersteun NIE sy reis nie. Vlug weg van die probleme in sy eie land. Papbroek en lafhard!!!!

Martie Smartie ·

Ai ai. Die beskermheer van Hamas. Het jy al vir een oomblik gedink wie hierdie situasie veroorsaak het, mnr die Hero? Vermors belastinggeld op groot skaal om ‘n paar punte te score by Moslem kiesers. Hy is soos gewoonlik weer baie suining met die waarheid. Almal weet wat Hamas gedoen het en doen met miljarde dollars se geld wat ander lande skenk aan hulle en die VN. Bou bomskuilings, tonnels, vuurpyile, vermoor en verkrag Isralese burgers. En nou is Israel die vark. Mooi mnr Ramaphala.

piet ·

Ek het na Biden se “State of the union-toespraak” vanoggend gekyk. Hy druk ook vir die skietstilstand vir die humanitere hulp en Amerika gaan ‘n groot voorraad self daar aflewer. Hy’t ook gese die enigste oplossing vir die oorlog is die 2-party-staat so dis net ‘n kwessie van tyd dan is die Palestyne vry.

TO ·

Ja hy wil mos altyd sy neus oral indruk. Stuur die patetiese weermag om Hamas te hulp te snel. Hier is daar nie ‘n pad wat nie ‘n slaggat het, daars nie water, moord, roof verkragting is aan die orde vd dag en jy wil praat oor Hamas of meer nog Israel verkla. Pasop vir die nagevolge. Asb ou grote skrik, moet net nie dood skrik, maar moenie worry nie ou Zuma en sy trawante gaan jou wakker maak

piet ·

Die 2-staat oplossing bedoel ek. Die Palestyne kry ‘n onafhanklike staat langs Israel, wes van die Jordaan-rivier.

Andries ·

AS mens gehoor moet gee, dan moet Jou ANC Regering mos ook gehoorsaam – soos oa hofbevel aangaande grondbesetters by Lourierpark in Bloemfontein. Rondom Israel kwessie probeer ANC stemme wen. Maar helaas is di dawerende stilte van ANC, PLUS Totale afwesigheid/onsigbaarheid van di SAPD, Oook om stemme in SA te probeer verseker

Freda ·

Ag my jitte! En ons land kom alle ooreenkomste en beloftes na! Wat n grap!

miraclealigner ·

Daar moet ‘n moratorium geplaas word op alle internasionale betrekkinge en doen en late van politici 6weke voor ‘n verkiesing – hulle los net die gemors vir die inkomende regeerders (wie okal dit sal wees-). En net so terloops, mnr President, “Mense gaan dood. Veral jong kinders gaan dood omdat hulle nie kos het nie.” Daaglikg gebeur dit in jou eie land ook, jy moet dalk eerder voor jou eie deur begin skoonvee….

kragaap ·

Hamas se doel is nie ‘n onafhanklike staat nie dis die uitwissing van Israel. Hul wil Israel se grond hê. Daar sal nooit vrede wees nie.

Casper ·

Hamas en die Palestyne stel nie belang in ‘n twee party staat nie.Hulle wil Israel uitwis en word aangevuur deur Iran,Lebanon en Sirië.As daar ‘n 2 party staat bewerkstellig kan word is daar vrede.Ek glo dit is wat Israel wil he en dit moet deur Israel en die Palestyne onderhandel word nie Hamas nie.

Hettie ·

Terwyl jy daar is Mr die president, maak sommer ‘n saak teen die regering van Suid Afrika. Die land is in ‘n krisis ! Daar is nie water nie, daar is nie krag nie, daar is hongersnood en daar word meer as 100 mense ‘n dag doodgemaak ! Dit is verskriklik en het die President se aandag nodig !!

Republikein in die Wes Kaap ·

piet, al steun Hamas die 2-Staat oplossing sal die Palestynse Jihad dit afkeur. Hulle wil Israel van die kaart vee. Die hele Midde Ooste en Noord-Afrika sal dan ‘n terroriste nes wees. Anders as FW sal Israel nie met terroriste onderhandel nie.

Hendrik ·

Kom ons hoop sy gekerm boemerang, bou weerstand op en stel hom en sy korrupte regering, die toestand van die land internasionaal bekend.

Danie ·

Zimbabwe het hulle ook nie gesteur aan die bevel van Den Haag nie. Toe het die hele ANC in alle landstale daaroor geswyg.

JN ·

Ramaphosa vee bietjie voor jou eie deur..
Geen water, krag probleme wat die ekonomie laat steier, verkragting en moord syfers van die hoogste in die wereld…Nee ek praat nie van Gaza nie ek praat nou van Suid Afrika onder die anc se vrotsige bewind, en die land is nie eens in n oorlog betrokke nie?
En jy wil ander se sake betree maar kan nie eens jou eie sake tuis in orde kry nie..
Pateties regtig pateties maar jy en die anc sal enige iets doen vir n paar ekstra stemmetjies.. Geen wonder dinge verval so onder die korrup onbekwame se kloue nie…

Jaco ·

Kan ek dan asb die SA regering by dieselfde hof aankla vir die diskriminasie en rassisme van regstellende aksie en BEE? Wat ook van die slegte behandeling wat wit mense in staatshospitale en vanaf die polisie kry? Ek wonder maar net.

etienne ·

Ek dink nie eens die swaap weet waar Isreal is nie, hy dink seker dis een of ander township langs Orania

DJ ·

Terwyl die ANC Hamas ondersteun kry hulle geld vir die verkiesing vanaf die Palastyne om hul skuld en salarisse te betaal. Suid-Afrika en sy probleme is nie van belang nie.

skurweberg ·

Mnr die president is u nie bang dat u nou moontlik probeer inmeng met die Gesag en Plan van “IEMAND” meer as die mens se gesag en plannetjies nie? Mr. President, aren’t you afraid that you may be trying to interfere with a Authority and Plan of “SOMEONE” more than man’s authority and plans?

Karen ·

So maklik om na ander lande se probleme te kyk. Kyk na jou eie land wat so vol moord en doodslag is. Die land is al klaar in sy kanon in, maar neuse moet gesteek word waar dit nie hoort nie…

Boer ·

Ja ou CR jy wil Hamas beskerm, dieselfde Hamas wat die gevangene vrouens en kinders verkrag en aanrand. Dan beteken jou veldtog oor geslagsgeweld niks.

piet ·

Sover ek weet stel die Israeliese premier nie belang in die 2-staat oplossing nie en in ‘n peiling in 20121 het meer as 60% Israeliese kiesers aangedui dat hulle dit ook nie steun nie. M.a.w hulle steun nie Palestynse onafhanklikheid nie. So, daar het julle dit. ‘n Paar koppe sal gedraai moet word.

kragaap ·

Enige persoon wat dink Israel sal die palestynse gebied op hul voorstoep ondersteun het te veel wyn gevat. Kyk wat het in November 2023 gebeur, tweedens, Hamas se manifes is duidelik die uitwissing van Israel en besetting van hul land. En dan skuil hul after siviele teikens soos skole en hospitale. So waarom sal Israel wil vrede hê met die duiwel.

Gert ·

Die man staan met n balk in sy oog en kritiseer die splinter in die van n ander.
Tyd vir jou en al die gespuis soos jy om net uit ons land se beheer en aangesig te verdwyn.

Chopper ·

Hamas het die ANC betaal waarmee hulle hul skuld betaal het, so hy kry seker opdrag om die vuurtjie aan die brand te hou

Peetjie ·

Los Israel uit en kry julle aandag by julle eie land – híér is meer dinge om julle besig te hou…

Micheal ·

Ons Land?
En wat van rusland wat Ukraine binne val?
Dubbel standaarde!!

MARTIE ·

Hamas weet baie goed daar is nie ‘n manier hoe hulle die oorhand oor Israel sal kry nie en nou gebruik hulle die idote en al die ander idiote in die wereld met misplaaste simpatie, wanpersepsies en sommer blatante leuens om Israel sover te kry om die wapen neer te sit. Hulle weier ook om gyselaars te bevry want dis dalk die enigste troefkaart wat hulle oorhet.

Chris ·

Die regerings bende moet ophou krap waar dit nie jeuk nie. As jy in ‘n gat is, hou op grawe.

penny ·

Dis hartseer dat ons land teen God se volk wil staan. Mag God ons genadig wees.

Pieter ·

Geskiedenis sal wys in watter groep jy geplaas word mnr.
Lyk my jy bly daai kant, want jy sien meer daar as hier in jou eie land…. Lag is al wat ons kan doen… Lag maar eerder want niemand kan sin maak van die logika! Kan jy nie maar ook sulke stand neem teen al ons probleme nie. Ons is ook honger, word ook gemoor en beroof. Ons sien ook geen toekoms vir ons kinders!!!! Jy is tog ons President mnr…. Hoekom sukkel ons nog so baie? Jy verwag almal moet spring om jou, maar wat van die Eed wat jy af gele het vir jou mense? ooooo wag, jy Hamas mos, so die Eed beteken seker niks…

Pieter ·

kan ek asb vra dat verslag gedoen word oor die kostes van die hele spul en wie daarvoor betaal?

Pieter ·

29 Mei gaan ‘n baie lekker dag wees, ek kan nie wag nie! Dit is die een dag waar ek my kruis kan maak en reguit vir hulle kan wys dat ek nie een van hulle is nie. Julle weet mos, nie afbrand of breek nie, soos dit moet wees.

Andre ·

…CR het seker weer geld nodig vir die kaders; nou moet Irán eers weer gepaai word .

JohanR ·

Ou Ramaphosa ek kan nie verstaan hoekom jy nie die SA magte stuur om Israel uit te sorteer…..drie duikbote wat nie kan duik, 12 vliegtuie wat seker nie sover as DRC sal kom, en dan die mighty magte. Mens winder what het gebeur met al die “arms” in die “arms transaction?”

piet ·

Kragaap – so wat jy se is dat Israel nie bereid is om in vrede met hul bure te lewe nie, Wys jou nou net waar die probleem le, wie dink hulle is hulle nou eintlik.

hendrik ·

Ou Ramy dit het tyd geword dat jy uit tree en al jou pelle saam met jou Dan kan jy die oogklappe afhaal wat julle tot vandag toe nog dra. Die tyd gaan kom wat julle soos volstruise gaan probeer wegkruip Dan is dit te laat so Los nou maar jou groot mens wil wees speletjies. Die tyd begin ryp word vir julle.

Cherokee ·

Ramapôsa, ek weet jy is Afrikaans magtig, en hoop jy lees hier, Jy is ‘n komiek, en ons lag nie vir jou nie, maar bejammer jou.Supid is stupid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.