Ramaphosa: ‘Jeugwerkloosheid SA se grootste probleem’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag by Volvo-vragmotors se jeugontwikkelingsgeleentheid in Amanzimtoti maatskappye aangemoedig om by die jeugindiensnemingsinisiatief aan te sluit.

Hy het gesê dit sal die jeug én maatskappye tot voordeel strek.

Volgens hom is die grootste uitdaging vir sosiale ontwikkeling in Suid-Afrika inderdaad die hoë koers van jeugwerkloosheid. Hy het Volvo geprys omdat sy jeugontwikkeling so integraal deel is van dié maatskappy se sosiale beleggingsprogram.

Hy meen almal deel die verantwoordelikheid om die vaardighede van jong Suid-Afrikaners te ontwikkel en te verseker dat die vaardighede strook met die behoeftes van ons ekonomie.

“Dit beteken die basiese onderwysstelsel moet meer leerders behou tot matriek.”

Ramaphosa het verder gesê dat toegang tot universiteite en kolleges vir kinders van arm en middelklasgesinne verseker moet word. Volgens hom moet dit gepaardgaan met ʼn poging van die privaatsektor vir ondersteuning en die ontwerp van kurrikulums veral vir tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) .

Hy het gesê die regering het die ontwikkeling van toegang tot werk vir jongmense ʼn prioriteit gemaak. “Dit sluit die jeugindiensnemingsinisiatief in wat in Maart saam met ons vennote van stapel gestuur gaan word.”

Ramaphosa het ʼn beroep gedoen om alle maatskappye om by die program aan te sluit. Volgens hom het die regering onderneem om voort te bou om die samewerkingsooreenkoms met sakelui om vertroue in die land te herstel en enige verdere kredietafgradering te voorkom.

“Ons werk daaraan om aandag te gee aan die afname in ons vervaardigingskapasiteit, wat oor baie jare strek. Dit het ons indiensneming en uitvoere ernstig beïnvloed. Ons werk daaraan om te her-industrialiseer op ʼn skaal wat miljoene werksoekers in die land se ekonomie sal intrek.”

Ramaphosa het gesê die regering het met die oog op die beleggingskonferensie in Oktober vier spesiale beleggingsgesante opdrag gegee om potensiale beleggers te ontmoet en hulle in te lig omtrent die voordele daaraan verbonde om in Suid-Afrika te belê en die beleggers bewus te maak van die diverse geleenthede in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Ons konsentreer op die soorte belegging wat werkskepping tot gevolg het en wat waarde toevoeg tot ons natuurlike hulpbronne, waarvan ons oorvloedig het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bok ·

Met die onteien sonder vergording sal dit maar moeilik gaan om belegings te lok.

ag ne? ·

die jeug het darem nog ouers wat hulle finansieël kan help en ondersteun. wat van die ouer (wit) mense wie hulle werk verloor en nooit weer n werk kan kry nie? wie verplig word om hulle neseier te verswelg nog lank voordat hulle staatspensioen kan kry?

Spike ·

Nee, mnr Ramaposa. Hierdie belaglike fyngevoeligheid oor rassisme is besig om alles in die land op te foeter. Dit is jou verantwoordelikheid om hierdie ding stop te sit deur die nasie aan te spreek en te vermaan. Goeie verhoudinge is die sleutel tot beter en meer werksomstandighede. Daar word te veel energie op dit gebruik, deur onbevoegde ministers wat net die heeltyd beskuldigings slinger, maar nie weet hoe om die werk te doen.

Al ·

Mnr CR moet vir ñ slag ‘man up’ en erken dat die ANC die land in die grond bestuur het met onbevoegde personeel, korrupsie en staatskaping.
Die jeug kon al lankal opgehef gewees het en daar kon al stabiliteit gewees het.
Moet nie agter ras wegkruip nie mnr C R nie almal is dom nie.

Gestremde ·

Die probleem is nie die swart jeug nie. Onlangs uitgevind dat maatskappy beloon word om “interns” wat van die ander rasse groep afkomstig is in diens te neem en opleiding te gee. (Seker soorteglyk aan Volvo). Verder is daar ook verskeie ondersteuningsgroepe vir swart bemagtiging en werkskepping. Die broodwinners (blank)van die huis is veronderstel om mans te wees en deesdae is daar geen werk beskikbaar vir blanke mans nie. Dit het ‘n groot sosiale effek om die gesin en is ook die rede vir die armmoede in die bevolkingsgroep. Het onlangs ‘n artikel gelees dat ongeveer 5600 blanke families per jaar verarm. Wat my egter bekommer is dat die blankes nie kan saamstaan nie en nie mekaar ondersteun nie. Wil net graag weet van al die ondernemings waarvan die bestuur blank is of hulle in die aande goed gaan slaap terwyl hul, hul rug op hul eie nasie gedraai het en eerder vir ‘n winsmotief ‘n persoon van ‘n ander kleur sal aanstel.

jan ·

mr cr , jy leef ook in droom wereld . een swaeltjie maak nie die somer . daar is teveel on geleterde mense . hulle wil in elk geval nie werk , net bakhand staan . eis huise en nogmals huise.

Alida ·

Moedig eerder die jeug aan om die geleentheid wat hulle kry om te studeer te benut eerder as om dwelms op die kampusse te vervaardig. Hulle wil nie leer nie maar smeek vir werk wat hulle nie kan of wil doen nie maar wil die geld he.

Reguit ·

Nee. ‘n Land se lae gemiddelde IK en die gevolge daarvan is die ware kern van die probleem.

Antionette Malan ·

En geen swart leier spreek d aanwas vd nasie aan nie. Dink net, as daar net 1 miljoen minder babas elke jaar gebore word, is ons werkloosheid, tekort aan skole, huise, hospitale en ander infrastruktuur binne 10 jaar uitgewis. En stuue sommer al d onwettige immigrante terug na hul lande v herkoms. Dan is daar nog 3 miljoen mense minder om te versorg.

Eke ·

Hoe dan anders die jeug moet dan verdubbel om stemme te kry ? Maar nooit gedink waar gaan hul werk kry nie ????

willie ·

Skaf BEE af en CR jy sal verras wees om te sien hoeveel werk sal geskep word!

Vryheid ·

RSA se grootste probleem is die anc se onbevoegdheid om die land te regeer.

Adam ·

Jeugwerkloosheid is nie die probleem nie, maar eerder die resultaat van veel groter probleme soos oa korrupsie, wanbesteding, lagwekkende arbeidswetgewing, oneffektiewe staats beheerde instellings ens, ens. Moet asb nie simptome probeer regdokter nie; spreek eerder die oorsaak van die probleme aan. Ongelukkig was dit nog nooit die ANC se sterkpunt nie.

Oom Kalahari ·

Die jeug se aanwas is te groot en hul werk is om te toy-toy. Swart bemagtiging kan maar werk skep in hul maatskappye aangesien blankes weerhou word vir werk.

Alida ·

Natuurlik het die ANC nie tred gehou met die aanwassyfers nie. Nie beplan vir genoeg skole, hospitale, klinieke en veral tronke nie. Nou is daardie miljoene groot en wil alles hê. Vooruit beplanning deur die geboortesyfers jaarliks na te gaan bestaan nie in hulle boeke nie. Kry vir julle maar nou moet ons daaronder ly. Daar is werk. Ek kan aan ‘n hele paar projekte dink wat werk kan skep maar niemand sal mos luister nie. Die “werksoekers” kry poste in die SAPD, SANW en so kan mens aangaan maar hulle is onbevoeg.

Haibo ·

EN WAT DOEN JY DAARAAN MENEER RAMAPHOSA?? Jy konsentreer op die AFNEEM VAN PLASE by wittes .. plaas julle werk skep en hospitale en skole en universiteite bou, konsentreer die ANC en die EFF NET op een ding . die AFNEEM van WIT BOERE SE PLASE .. Julle sal sien as dit klaar gedoen is sit die JEUG Nog sonder WERK!!

Spike ·

Ai ons kan sê wat ons wil, maar hierdie mense het net een manier en dis hulle manier. Met die aanwas tempo gedryf deur die grands sal hier nooit genoeg werk kan wees nie, maar in die eerste plek is die mense te lui. Dis baie makliker om elke maand die geld te gaan kry met ñ bakhand. Ek sien hoop vir sa op hierdie trant nie.

IC du Preez ·

Werklusloosheid en gebrek aan kundigheid is die grootste probleme onder werkers en potensiële werkers.

Die land verdien politici wat erken dat hulle doel nie is om grond & eiendom af te vat nie, maar om weg te vat van die wat het deur suksesvol hard te werk. Die bevolking het gereeld in opnames aangedui dat herverdeling van grond nie onder hulle eerste 5 prioriteite is nie, maar politici met niks meer as hol slagspreuke kan aan niks beter dink om te verkoop nie.

Strikdas ·

BEE en vakbonde kan nie en sal nie werk skep nie. Dit vernietig werke en voorkom dat werk geskep word.
Klipgooi en brandsteek is lekkerder as hard werk.
ANC se opleiding behels vernietiging, afbreek, lieg & bedrieg, eis alles gratis, beskuldig alles wat blank is vir alle probleme. ens ens
Sal dit ooit verander? Stellig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.