Ramaphosa-kabinet is ‘oorlogsverklaring’ sê EFF

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Facebook

Die EFF het pres. Cyril Ramaphosa as ʼn “oneerlike, manipulerende persoon” beskryf nadat hy Woensdagaand sy kabinet aangekondig het.

Volgens Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, is die nuwe kabinet ʼn belediging vir die intelligensie van die land.

“Die eerste teken van absolute oneerlikheid is die idee dat hy die kabinet verklein het deur die aantal ministers te verminder maar tog die aantal adjunkministers verhoog het. Die punt van die beroep om die kabinet te verklein was nog altyd om belastingbetalers geld te bespaar.”

Ndlozi meen die kabinet is steeds te groot en is só saamgestel om faksies binne die ANC gelukkig te hou.

“Die EFF verwerp ook die kabinet omrede korrupte individue soos Pravin Gordhan beloon word al is hy deur die openbare beskermer skuldig bevind aan wanadministrasie en wangedrag.”

Die heraanstelling van Gordhan kom volgens Ndlozi daarop neer dat Ramaphosa geen agting het vir die verslae en regstellende stappe van dié hoofstuk 9-instelling nie. “Die aanstelling van Gordhan is irrasioneel en ongrondwetlik.”

Ndlozi meen die verwikkelinge rakende aanstellings volgens geslag en jonger mense is wel positief.

“Ons verwerp egter die kabinet en beskou dit as ʼn oorlogsverklaring en die EFF sal beslissend reageer. Ramaphosa sal dieselfde hanteer word as [oudpres. Jacob] Zuma. Iemand wat die bevindinge van die openbare beskermer ignoreer, is ʼn vyand van die EFF en ʼn grondwetlike misdadiger.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willie ·

Lekker met VBS geld geparty ne? Hoop iemand het die goens om julle te vervolg!

Johan ·

Miskien moet die Openbare Beskermer Malema begin ondersoek na sy besigheidspraktyke (tenders veral) en dan dáárdie partytjie…..

Stephen Namibia ·

Cyril probeer om die GOOD party se paar kiesers by te kry in die Kaap met De Lille se aanstelling as Minister. ” Dit gaan backfire ” Jy kan nie n Luiperd se kolle verander nie.

Gert van Wierdapark ·

Die EFF veg om oorlewing in sy leierskorps want nog aantyging is die week deur n Ondersoeke se joernalis op radio 702 gemaak oor miljoene Rande wat deur rekening gevloei het. Die papierspoor kon nie doodgevee word nie! Om verder die nog die patetiese OB en ook Tom Monyane (Sars se byna doodskoot) te ondersteun, wys hoe desperaat hulle is om in die nuus en relevant te probeer bly! Shame

HvR ·

Die EFF sal nie kan bestaan as hulle nie heeldag lawaai kan maak oor hoe hulle gaan ‘fight’ nie, en die EFF se grootste hulp kom van die media wat die EFF se gemors boodskappies help verkondig. As die EFF bloot gesê het hulle stem nie saam met die kabinet nie, en hulle gaan die besluite teestaan, dan sou dit vervelig gewees het en nie die nuus gehaal het nie. Geen leier van die EFF weet enige iets van oorlog of ‘fight’ nie, maar wat hulle wel weet is hoe om die media te manipuleer sodat hulle die hele tyd in die nuus kan wees en sodoende baie mense kan bereik.

Merie Perd ·

Die eff is so besig om the”fight” dat hulle binnekort nie meer sal bestaan as gevolg van hulle oneerlikheid, slegse, en diefstal “fights” nie. Hulle sal straks ondergronds in die tronk gaan en SA en sy “fighter comrade brigade” saam met bflf vandaar regeer. Sela

KP ·

Kyk wie praat van belediging vir intelligensie van die land, kyk in die spieel dan sien JY hoe dit lyk.

Merie Perd ·

Ag ou KP, se wat jy wil se, of is jou spieel dalk stukkend? Want net oningeligtes en dom “fighter”
Kan saam met die eff stem. Wonder waarvoor “fight” hulle, maar sekere mense in die land sal dood gaan van “fights”. Ek “fight” ook maar ek “fight” dat die goedgelowiges beter ingelig sal word. Julle kan ook julle deel doen maroela.

jaco ·

ek wonder net, as die oneerlike manipulerende Ramaphosa more aankondig daars onmiddelike onteiening sonder vergoeding van ALLE grond in wit besit, gaan die EFF dan hulle lelike beskrywing van Ramaphosa terugtrek?

stuiwer ·

Die huidige openbare beskermer het ‘n agenda van haar eie en is ‘n politieke speelbal. Haar verslag oor Gordan, kan nie ernstig opgeneem word nie.

Diefie ·

Ek is alweer “confused.” Praat hy nou van die land in sy verbeelding? Of is die sprokies land?

Gogga ·

Die VBS Bankskandaal gaan die EFF nog sink! Met 10% van die stemme lyk dit ofl hulle die land regeer. Arrogant !

Sakkie ·

Gee hulle ‘n “mike” in die hand dan word hulle redelik blatant.

PJC ·

Wag maar totdat daar ń nuwe OB aangestel word hopelik binnekort wat dan die EFF se dinge begin ondersoek soos bv. die VBS Mutual bank. Hulle sweet nou al oor daai een want hulle het nog baie ander geraamtes in die kas wat kan uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.