Ramaphosa-kantoor oor hernieude beurtkrag

Argieffoto

Pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, het Donderdag aan Maroela Media gesê Ramaphosa het sy uitspraak in Desember, dat daar nie weer beurtkrag sal wees tot 13 Januarie nie, gegrond op inligting wat aan hom verskaf is uit Eskom se eie noodherstelplan.

Sy is gevra waarop Ramaphosa sy aanspraak in Desember gegrond het (na aanleiding daarvan dat hy in verskeie kringe daarvan beskuldig word dat hy nie weet waarvan hy praat nie) en wat sedertdien verander het, want beurtkrag word weer toegepas.

Hierop het Diko Eskom se noodherstelplan as bron vir Ramaphosa se stellings uitgelig, en gevra dat Eskom die vrae oor wat sy “die uitdagings met implementering” genoem het, sal beantwoord.

Diko se stellings kom teen die agtergrond daarvan dat kommer landwyd toeneem dat beurtkrag op groot skaal gaan toeneem wanneer die sogenaamde bouersvakansie op 13 Januarie eindig en nywerhede weer tot die mate van volle produksie terugkeer wat die wankelende elektrisiteitsnetwerk toelaat, sodat die vraag na elektrisiteit na verwagting in so ‘n mate sal styg dat dit verdere beurtkrag noodsaak.

Elektrisiteitskenners met wie Maroela gepraat het, het verduidelik dat die huidige situasie min of meer vergelykbaar is met wanneer die hoof-kragskakelaar van ‘n woonhuis uitslaan. Mens sit dan jou toebehore af en skakel hulle stuk-stuk weer aan om te sien waar die probleem is, en hoeveel krag jy kan gebruik voor die hoofskakelaar weer uitskop.

Dis omtrent dieselfde met beurtkrag, met die bydraende faktore dat die kragsentrales so oud is en so swak in stand gehou is dat die nasionale elektrisiteitsnetwerk in ‘n veel swakker toestand is as baie mense se huishoudelike elektrisiteitsnetwerk, en dit bitter moeilik gaan wees om dit in die afsienbare toekoms weer volkome funksionerend te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

James ·

Dus is daar dan min hoop vir omdraai. Beurtkrag is dan ons voorland. Hoeveel en gereeld sal op en na 13de duidelik wees.

Gerrit ·

Gee vir ons fase 7. Ons is almal beurtkrag fiks. Fase 2,3 en 4 voel ons nie eens meer nie. Ons is reg vir meer.

Jannie van Niekerk ·

Mnr Ramaphosa: Hoe kan mens geduldig wees met julle onbekwaamheid by Eskom as dit ons elke dag Miljoene rande aan verlore inkomste kos? Sal jy die mense aanstel wat as gevolg van die ANC se onnosel kader aanstellings by Eskom hulle werk verloor?

Elizabeth ·

Jannie, daar bo gee hulle nie vir ons om nie. Eintlik: hulle is so hoog daar bo dat ons aardlinge vir hulle heeltemal onsigbaar is. Verstaan dan dat mens nie simpatie kan hê met goed wat jy nie eers sien nie.

André André ·

Kyk as ‘n mens darem vir jou land se president lieg? Dit nou betreffende Eskom en die krag, waaroor anders is hy verkeerd ingelig ….. grondhervorming ….. BEE …. Jan van Riebeeck …. Piet Retief ….. grondgrype ….. en die lysie gaan aan en aan ….

André André ·

Buiten nou dit sal Ramaphosa dan nou seker ook bekend staan as die groot verspreider van fopnuus wat sy raadgewers toe na hom aandra.

Johanna Botha ·

Die linkerhand weet nie wat die ander doen ….DOM ONNOSEL .. alle beloftes word gebreek onder die anc !

NEELS KRUGER ·

Die linkerhand weet nie eers wat die linkerhand doen nie!

Anoniem ·

Hahaha!!!

Ernstig nou, daar is baie diep waarheid in jou opmerking.

John ·

… dis darem lekker om onder ‘n voorskoot weg te kruip. Ons prez raak goed daarmee. Eintlik mors ons ons vingerafdrukke op met reaksies op die holrug geryde ou lam perd… Eskom se jongste stuiptrekkings en die ANC se weereens duur towerdoepa vir beterskap.

Buitelug ·

n Boer maak n plan! Gas en sonkrag maak die lewe maklik as beurtkrag jou tref. Pak sommer die kamptoerusting uit en braai en maak pot en lag vir ESKOM.

Herman ·

Werk al jare orals oor afrika. Beurtkrag is die norm. net sonder n skedule.
Mense julle sal moet nlbesef dit is die nuwe norm. Gaan koop maar daai sonpanele.

Thinus ·

Die idiotiese ANC kan nie ‘n land regeer nie. Vir hulle gaan dit net oor votes en om in beheer te bly. Eskom sit met 66% te veel werkers wat useless is maar groot selarisse verdien, maar nog steeds karring hulle onbeholpe voort met geen insig of plan nie want BEE en regstellende aksie het in hul gesigte ontplof.

Nel ·

Ai dis darem lekker en gerieflik om die ‘blame game” te speel. Ken die pres dan nognie sy eie mense nie? Ek hoop Eskom se nuwe uitvoerende hoof het ‘n blikkeel en is gereed vir wat op hom wag.

chrisjan ·

Escom se nuwe uitvoerende hoof gaan net ‘n slaansak wees vir Ramaphosa en die unies.Ek kry hom jammer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.