Ramaphosa kap na dié wat glo teen hom wil saamsweer

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag sy teenstanders aangevat en gesê die ANC kan nie “oorlog” toe gaan as lede verdeeld is en mekaar saboteer nie. Hy het glo na die opkomende verkiesings volgende jaar verwys en eenheid in die party geëis.

Dié opmerkings is gemaak tydens sy toespraak by die Congress of South African Trade Unions’ (Cosatu) se 13de nasionale kongres in Midrand.

Ace Magashule is een van dié wat daarvan beskuldig word dat hy voormalige pres. Jacob Zuma glo by ʼn hotel in Durban ontmoet het om teen Ramaphosa saam te sweer.

Magashule ontken enige betrokkenheid by ʼn plan om Ramaphosa omver te werp. “Ons moenie ons tyd afstaan aan ʼn  teenrevolusionêre gekonkel wat die ANC verswak nie. As daar ʼn sameswering moet wees, moet dit een wees om armoede te verlig,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa meen volgende jaar se verkiesing gaan een van die uitdagendste nog wees. “Ons kan nie verdeeld in daardie verkiesings ingaan nie. As daar enige skuiwe is wat die lidmaatskap van die ANC verdeel wat teenrevolusionêr is – verbeel jou ons gaan oorlog toe en dan begin baklei ons met mekaar? Watter soort weermag is ons?”

Al die ANC-hoës het dié kongres bygewoon.

Tydens dié vier dae lange kongres sal afgevaardigdes ʼn nuwe leier kies en glo hul ondersteuning van die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) voor die verkiesings bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Henk ·

Dis die probleem. Die ANC is n revovusionere organisasie en nie n politieke party nie. En Ramaphosa moet dalk om hom begin rond kyk sonder die oogklappe dan sal hy sien die anc is reeds in n oorlog met homself gewikkel

Pieter Coetzee ·

Baie goeie besluit, maar daar is meer wat MOET gaan.

Daan Erasmus ·

Elke keer as die President van “Our People” praat dan weet ek dat hy BEDOEL ek (en jy) is nie deel van “Our People” nie. Ons is uitgesluit.

Cobus ·

“Our people” ?

So het alle politieke partye (groeperings) nog altyd gepraat van “Ons mense”.

ES ·

Sal dit nou nie ‘n tameletjie wees as die ANC is verdeeld is nie…?

HP ·

Ou nr1 het nie so in sy noppies gelyk toe nuwe nr1 die toespraak lewer nie….. (enuus gisteraand) Kon seker nie glo wat hy hoor nie.

Rêrig!! ·

Ai weet jy!!
Mag ons land net iemand kry wat rêrig vir die mense omgee.
Dié ou storietjie is al holrug gery!!
Hou op vergaderings en byeenkomste hou wat derduisende rande kos, enigiets is net so sterk soos sy fondasie, begin by “grassroots levels”, herstel ons land, dan sal alles wat boontoe is soveel makliker in plek val en sal almal wat op hul troontjies sit self val as hul fondasie nie reg en sterk is nie!!!

Dries ·

Verdeeltheid in di ANC is gladnie n goeie ding nie. CR moet di verkiesing GOED wen. Indien ni, is hy di volgende Voormalige President, en sy huidige Adjunk, di nuwe Staatspresident. Dink maar self of dit “goed” kan wees…

MS ·

Ek stem, Dries. Almal het baie dinge te se oor CR, maar ek vermoed hy is dalk die “beter” appel in die mandjie vol vrot appels. Ek bid vir hierdie land, net die Here kan ons help.

Potlood ·

Soooooo, SY mense gaan OORLOG toe, maar is huidiglik teen mekaar gedraai….
Oorlog teen wie / wat? hoekom?
Die mense is met die maan gepla!!!
Die lig is rooi, so ons ry oor hom… Astrand en dom verby…
Julle huis sal nie bly staan nie!!!

Theresa ·

Waarom word gesê dat as daar sameswerings is, dit moet wees om armoede te verlig?? Ek skaam my vir hierdie kamstige hoëkoppe wat die grootste snert dink en doen. Armoede kan verlig word deur om meer mense aktief besig te kry om te werk en jou wettige permithouers en beslis ook jou landsburgers so te laat streef na ‘n beter lewe. Leer mense visvang – vis kan nie die heeltyd die kele afgedruk word nie. Genade tog. Dis omdat die gedagtes so vol sameswering is en nie vol vooruitgang op regverdige wyse nie, dat daar ‘n donker wolk oor geliefde Suid-Afrika hang. Sies.

Johanna Botha ·

Snaaks hoe niemand iets gese het en die hele anc zuma en sy skelm mense beskerm het en die grap is hulle sit nogsteeds in die parlement …so dit was en is en sal VROT bly !

Andries ·

Ek het n vraag, hoe lank nog moet die ANC n revolusie party bly? Is daar nie n punt waar jy besef dat jou ou idees nie meer werk nie en dat jy sal moet bykom met die tyd om seker te maak dat jy in die belange van die land optree nie?

Snowball ·

Die ANC werk net vir die ANC en dié wat knus daarbinne sit, werk net aan selfverryking. Die stemvee word dom en opgesweep gehou sodat hulle aan bewind kan bly, dis hulle enigste doel.

Snowball ·

SA voel vir jou en die ANC Ramaphosa, soveel soos julle vir hulle omgee. Julle almal staan dik gevreet by die belasting krippe terwyl die land steier onder wanbesteding en korrupsie. Jy moet mos weet, “there is no honour among thieves”! Kry vir jou!

Tania Heyns ·

Dagsê Grassie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Ronel ·

Daar word nie in die belang van die land opgetree nie, wel in die belange van “our people”. Met hierdie woorde kan geeneen van nie deel is van “our people” nie, mos steeds glo aan ‘n wonderlike toekoms vir alle kleure en nasies in SA!

Mrs H ·

Suid Afrika is vir my soos n blink spog motor wat onklaar langs die mooiste paaie van ons land staan. Die eienaar of bestuurder, weet bitter goed, dat die motor onklaar geraak het agv enjin probleme wat lankal aandag moes kry, maar soek die fout by n venster wat “klink” of hy nie behoorlik toe seel nie, en vertel die passasiers dat die brandstof gouer leeg geloop het agv die moontlikke oop ruit wat die voertuig swaarder op brandstof gemaak het. Daardie motorkar gaan vir n lang tyd staan, tot behoorlikke hulp en kennis ontbied word. Maar DIT kan die eienaar of bestuurder nie doen nie, dan sal sy leuen en onverantwoordelikheid uit kom en die passasiers sal nooit weer saam met hom wil ry nie, en sal boonop hulle deel van die brandstof geld wil terug he. En die pragtigge blink motor wat almal so graag wil geniet, staan langs die pad – goed vir niks en niemand.

Staak ·

Die res van Afrika is ons klaskamer in hierdie les, ons kan dae gesels oor wat moes gebeur het, wat nou gaan gebeur, maar een ding bly n feit, ons as blanke gemeenskap is uitgesluit en deel nie n die vrug en opbrengs nie. Daar sal wel weer n tyd aanbreek waar ons nageslag sal geld en dan moet hulle gerat wees om nie die las te moet dra van al die skuld wat hierdie klomp aangegaan het nie.
Ons het slim mense onder ons wat so n plan kan uitwerk.

Casper Labuschagne ·

Merkwaardig, net ‘n paar dae gelede het die ANC die bestaan van ‘n sameswering teen Ramaphosa heftig ontken. Wys maar net, geen gerug is ooit waar tensy dit amptelik ontken word nie. Maar Ramaphosa se protes teen die samesweerders teen hom klink ‘n bietjie soos ‘n skoolseuntjie wat by die juffrou kla dat die boelies sy albasters gevat het. Die regte ding vir Ramaphosa is om huis skoon te maak en die samesweerders uit die party te skop, maar sy posisie is nou so swak dat al wat hy kan doen is om te kla. Dit lyk vir my asof Ramaphosa se dae inderdaad getel is. Die enigste faktor wat die ANC (asook die swart geledere) nou verenig is om weereens die “wit gronddiewe” aan te val. Ek voorspel dat dit inderdaad Ramaphosa se volgende stap sal wees.

Elsa ·

EK LEES OP NEWS 24 , DAT DIE ANC GAAN DIE KONSTITUSIE VERANDER OM GROND TE KAN KRY SONDER VERGOEDING. DIT GAAN NA DIE PARLEMENT BESPREEK WORD. ANC HET 62 % , EFF 6% , SO AS HULLE ALMAL STEM KAN HULLE DIT VEANDER. NOU WAT NOU ??????

Lerato ·

Lees gerus Max du Preez se artikel in News24., “There is reason for hope,”

Snowball ·

Dit hang seker af of jy alles deur ‘n rooskleurige bril sien, want dis nogal baie gevra om die Ararat van ‘n mishoop te ignoreer sodat jy twee of drie groen mikrosprietjies kan soek om hoop op te bou.

Snowball ·

Ja Lerato, ek is ongelukkig nie in staat om in die optimisme van Max du Preez te deel nie. Die oorverdowende doodsklok wat vir dié land beier onder leiding en lyding van Ramaphosa en die ANC, doof ongelukkig vir my alle stemme uit, selfs dié wat pleit dat ek my seëninge een vir een tel. My seëninge en hoop kan ek tans aan niks wat polities gebeur, toeskryf nie. Ek is seker ‘n doemprofeet soos waarvan geskryf word. Ek sê weer, dit hang waarskynlik af van persoonlike perspektief en wat jy as hoopvol beskou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.