Ramaphosa keer terug na Londen vir Wêreldbeker-aankondiging

(Grafika: Springboks, Facebook)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal Maandag saam met Span Suid-Afrika na Londen terugkeer vir die Raad van Wêreldrugby se aankondiging van die gasheerland vir die Wêreldbekertoernooi in 2023.

Die aankondiging sal na verwagting Woensdag gemaak word, het Ramaphosa se waarnemende woordvoerder, Tyrone Seale, in ʼn verklaring gesê.

Ramaphosa het die rugby-wêreldbekerbodspan in September gelei toe die aanbieding ingedien is dat Suid-Afrika in 2023 die gasheerland moet wees. Die afvaardiging sluit ook minister van sport en ontspanning Thulas Nxesi, SA Rugby-president Mark Alexander, en uitvoerende hoof Jurie Roux in.

Die Suid-Afrikaanse bod is daarna as die “voorloper” en “eenparige keuse van die raad” beskryf. Frankryk en Ierland is onderskeidelik die tweede en derde keuse.

“Die finale besluit berus by 26 lede van die Raad van Wêreldrugby wat gesamentlik 39 stemme uitbring en ʼn meerderheid is nodig om die gasheerland aan te wys. Die drie deelnemende lande neem nie deel aan die stemmery nie,” het Seale verduidelik.

Die Ses Nasies-unies wat nie ʼn bod ingesit het nie, kry drie stemme elk. Dis Argentinië, Australië, Engeland, Italië, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis met ʼn totaal van 21 stemme. Die ses streeksverenigings en Japan kry twee stemme elk. Afrika, Noord-Amerika, Asië, Europa, Japan, Oseanië en Suid-Amerika kry dus ʼn totaal van 14 stemme. Die vier individuele unies, Kanada, Roemenië, Georgië en die VSA kry een stem elk om die laaste vier stemme op te maak.

Die aankondiging is geskeduleer om 15:00 plaas te vind en sal regstreeks vanaf 14:30 op SuperSport (kanaal 201 op DStv) uitgesaai word. Daar sal ook ʼn regstreekse uitsending beskikbaar wees op worldrugby.org.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Ek wonder of die Raad van Wêreldrugby ‘n idee het van die omvang van misdaad in Suid Afrika.

Gerrit ·

Sa het nie eers n rugbyspan nie en weens politieke inmenging kan hy ook nie die beste 15 kies nie ek sal hulle boikot sou hulle dit in SA aanbied

Kat ·

Ek hoop IERLAND wen die bod want dit gaan nie lekker wees as ons al in die eerste ronde uitgeskakel word op eie bodem nie.Want dit is wat gaan gebeur met die tipe afrigter wat ons het.

Hennie van der Merwe ·

Ek hoop van harte dat Suid Afrika NIE die gekose land sal wees nie! Ons rugby is op ‘n algehele laagtepunt, en daarom verdien ons geensens die bod nie!!!!!!

Andre ·

Hoop Cyril en die rugby-wereldbekerbodspan se vliegkaartjies is ‘n mors van geld! En in elk geval wat weet hy van of gee om vir rugby behalwe dat hy en vriende kan geld maak? Dan is ons rugby ‘n politieke speelbal wat nou in ‘n gemors is – ANC ala King, soos alles (moet erken het nie eers Saterdag gekyk nie, die nie die elektrisiteit werd nie). Die mense van oorsee se lewens en eiendom is ook veiliger in Ierland.

Johann ·

Asseblief nie!!!! KAN nie nog vergating hanteer nie. Veral nie in my eie land nie…wel wat oor is van dit? En die “bokke” en hul kaptein en “afrigter” skitter in hul afwesigheid na hul skande op die veld? LEKKERRR MAN! Ppcket daai ansurde betalings sonder n verwagting om te presteer. Maar dis ook standaard SA standaard…

Cherokee ·

Sommige lande se reisagentskappe waarsku toeriste teen Suid Afrika en ander wil die Wêreldbeker hier laat plaasvind. Toe die sokkerbeker hier gefinaliseer is was etlike gevalle van omkopery deel daarvan.

Niklaas ·

Dis vreemd dat niemand wat ek ken wil hierdie in SA hê nie. Ongewenste bybedoelings en verskuilde agendas !

Erick ·

Hulle sê ‘n mens moet hom omring met mense wyser,slimmer en op ‘n hoër vlak as jouself. Jy is op die regte pad Nickholas.

Callie ·

Al kry SA die bod. Teen die tempo wat rugby in die land verswak, dienste wat verswak, misdaad wat styg, plaasmoorde wat iets ongelooflik word, korrupsie indie regering, ag noem dit op. 2020 begin hulle rondhardloop om n ander land te kry. Enige regdenkende persoon sal besef met die tempo waarteen alles agteruitgaan is daar n groot kans dat daar nie meer n SA in 2023 is nie.

Johanna Botha ·

Met die misdaad in SA wat reeds n rekord hoogte
het en net toeneem jaar op jaar kan mens net wonder hoe dit gaan wees in 2023 indien alles nie dan reeds gebrand en vermietig is ……

Eish ·

Die buiteland luister nie na ons tirades teen uitbuiting, misdaad, wanadministrasie en staatskaping nie. Hierdie is n uitstekende geleentheid om die probleme aan die grootklok te hang sonder veel inspanning.

Die oomblik wat n deelnmer aan die wêreldbeker in n Jiffy sakkie huistoe gestuur word, as gevolg van n gewapende roof, is die gort gaar. Ons misdadigers skrik nie vir busse nie.

Dan volgende, die hele Engelse span se rugbyklere vasgelê in hul hotel. Saam met die skootrekenaars en selfone. Die Bulls skenk toe hul pienk drag om uit te help.

Vir die ” Cherry on top” Die VSA raak betrokke in n KFC voorval en die hele span word toegesluit. Met Fikile Mbalula met n helse blouligbrigade van ” Tswane” oppad na die Moses Mabida want selfone werk nie vanweë battery diefstal by al die torings.

Dan die vragmotor wat water moet aanry na die Twaalf Apostels hotel waar die Wallabies tuis gaan word gekaap en ABI borg toe Powerade dat die manne net kan stort!

Née wat, laat die buiteland bietjie sy tande in die soutlose stuk taai T been kom inslaan.

Henri ·

Beslis nie. Met daaglikse misdaad en geweld plus korrupsie sal dit nie raadsaam wees nie. Hoeveel buitelanders gaan ook vermoor en beroof word? Suid Afrika is nou in n ashoop status en met hoogste misdaad syfers. Besef die wereld nie wat aangaan nie of word dit weerhou? Tot geregs dienaars word aangerand .Al het hy skote af gevuur keer dit niemand nie. Die rasse haat is net te veel en buitelanders sal ook vermoor word. Wonder ook wat sal gebeur op die rugby veld met die Sprngbok span wat so sleg presteer deesdae. Nee wat die span kan onmoontlik verbeter teen 2023 mits n wonderwerk plaasvind.

Chrisjan ·

As ek my sin kon kry sal SA NIE die Wereldbeker Toernooi in 2023 aanbied nie.Maar sou dit wel gebeur sal SA rugby nie soveel soos ‘n halwe sent uit my en my familie maak nie.Dis gewaarborg.En DSTV ?Ek hoop duisende skaal af van die Premium pakket na iets goedkoper.Ek het reeds 3 jaar gelede daai stap geneem en was nog nie een dag spyt nie.

Leo ·

Ek sal met groot plakate wat die misdaadsyfers wys gaan betoog en met gepaardgaande fotos by die stadia. Neewat hou verby .

rugby ·

Die stadions gaan leeg wees want niemand gaan na die Springbokke kom kyk nie – ons gaan almal te skaam wees. Pos vir Allister – hy en sy span beteken absoluut niks – weereens bewys. Totale patete – hulle wen die prys vir hoe om NIE afrigters te wees nie. Die Springbokke het die prys gewen vir die mees patetiese span – soos die afrigters hulle geleer het.

Connie ·

Ek hoop regtig nie ons kry die bod nie. Waar is Foetloos wat gese het jy sal alles stop voordat transformasie nie plaase gevind het nie. Stop dit nou of jou plaasvervanger. Hulle speel kaas rugby en wie gaan hulle support? Kry vir julle SARU.

Piet ·

Ek hoop die Raad van Wêreldrugby het ‘n plan B gereed as SA die bod kry.

Ben ·

Ek vrees vir die veiligheid van die toeriste wat na Suid Afrika toe kom. Nie ‘n geie idea dat Suid Afrika die bod kry nie, veral in die lig gesien van die swak toestand van ons Rugby.

Rudolf ·

Ek is verbaas dat Cyril onder die huidige omstandighede dit waag om landuit te gaan……Sy afwesigheid die volgende paar dae kan dalk sy teenstanders goed pas.

Eish ·

Bitter goeie punt! Maar ons kom reg met die Afrika politiek na die twee dekades nè!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.