Ramaphosa kies ANC bo SA

Pres. Cyril Ramaphosa lewer Donderdagaand sy staatsrede. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa is Donderdagaand gedwing om te kies om sy land van ʼn ekonomiese ramp te red of sy party van ʼn interne oorlog te red en hy het die ANC gekies.

John Steenhuisen, DA-leier, het in reaksie op Ramaphosa se staatsrede gesê die president is gedwing om bogenoemde besluit te neem – ʼn besluit wat Ramaphosa sedert hy twee jaar terug president geword het opsy geskuif het.

“Ek is seker dit was nie ʼn maklike besluit vir die president nie. Niemand wil onthou word as die man tydens wie se presidentskap die land se ekonomie in duie gestort het en miljoene mense in swaarkry en lyding ingedwing is nie. Maar hy wil ook nie hê sy nalatenskap moet die verswakking of moontlike skeuring van ʼn voormalige bevrydingsbeweging wees nie.”

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

Volgens Steenhuisen sou ʼn dapper president egter elke keer sy land gekies het. “Ramaphosa het sy party gekies. Dié staatsrede was sy oomblik. Ramaphosa weet presies wat gedoen moet word aangesien ekonome, graderingsagentskappe, opposisiepartye en selfs sy eie minister van finansies, Tito Mboweni, al sedert sy ampstermyn begin het, en veral die laaste paar maande, almal vir hom dieselfde ding gesê het, naamlik dat hy of gewaagde ekonomiese hervormings aankondig – selfs al is dit polities moeilik – of die doodsbevel van ons ekonomie teken.”

Die hervormings sluit in om Eskom se monopolie tot ʼn einde te bring, reddingsboeie te staak, arbeidswetgewing te verslap ten einde ondernemings in staat te stel om suksesvol te wees en beleggersvertroue te herstel deur weg te doen met vernietigende populistiese beleide soos onteiening sonder vergoeding en die nasionale gesondheidsversekering.

Steenhuisen meen Ramaphosa se besluit om die ANC ten koste van die land te red kom egter as geen verrassing nie. “Die keuse kon nie makliker gewees het nie: Red jou land van byna sekere ekonomiese ineenstorting of red jou party en sy alliansievennote van ʼn moontlike skeuring in die middel. Pres. Ramaphosa het egter met die wêreld se oë op hom gerig en met die hoop en verwagting van elke Suid-Afrikaner op sy skouer, gesê: ‘Jammer, maar ek kies die ANC’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

henndrik ·

Ek het dit in elk geval verwag want die is die enigste manier hoe die ANC kan voortgaan met hulle strooptog

Michael ·

Ek het dit verwag,dit is wat PW Botha voorspel het sou gebeur onder n anc bewind en fw de klerk nie die nodige insig gehad het om dit te verstaan nie.

Jaco ·

As PW Botha dit voorspel het, waarom het hy dan die een toegewing na die ander gemaak en aanmekaar gespog met sy wonderlike “hervorming”? Ek onthou hoe die konserwatiewe party en die HNP hom gewaarsku het, maar hy het altyd die waarskuwings afgemaak as rassisme en onchristelik.

Vernon ·

Suid -Afrika is net soos ander Afrika lande,dit gaan nooit verander nie. Die gemors gaan nog erger raak…solank die hoe koppe a g v regstellende aksie en BEE n salaris kry. …en jou waaragtig is daar mense wat glo die Staatsrede was n goeie ene..bla …bla…bla. Weer n gepraat of n gedroom van n Utopia…en hulle stem maar weer ANC…

Porseleintjie ·

Maak Pravin Gordon president! Hy weet ten minste hoe om met geld te werk.

Rooijan ·

Pravin Gordhan is n kommunis. Hy het wel SARS meer effektief gemaak maar net sodat die kommuniste meer belasting by die kapitaliste kon vat. So Pravin glo in die kommusosialisme, dit is n stelsel waar die regering ander mense se geld vat om uit te deel.

Cherokee ·

Die een wat jy graag as president wil sien Porseleintjie, was ‘n lid van die ANC ook toe Umkhonto we Sizwe onskuldige vrouens en kinders met winkel- en stasiebomme vermoor het. Hy het dit dus ondersteun. Jou keuse maak jou politieke sienswyse verdag.

Leon ·

Die vyf belangrikste dinge vir die ANC regering is:
ANC
ANC
ANC
ANC
ANC kaders

Emily ·

Sirkus se moses, Ons almal het geweet dit gaan so uitdraai.
Net Ons Heer kan die land red, want geen president wat is of wat kom kan iets hier doen nie.

Werner ·

Dink die Vrystaat kan hulle maar regmaak vir plaasbesettings volgende week die EFF het mos gese hulle begin volgende week daar hulle het die staatsrede ontwrig soos hulle gese het hul gaan doen

Anoniem ·

Ramaphosa het nou net weereens bewys dat hy n beter mens en party leier is as wat De Klerk was deur sy eie eerste te stel, maar nou faal hy Suid Afrika en hy sal maar die prys moet betaal. Blanke Suid Afrikaners verral die met besigheids belange sal nou moet besluit gaan ek voort en verloor alles of gaan ek my geld vat en loop. Elkeen moet nou maar sy eie keuse maak want die ANC is het dit oor en oor bewys dat hulle die land gaan stroop en vernietig en Ramaphosa is die leier wat dit gaan bewerkstellig.

Kokkie ·

Doodreg, Danie. En FW het nie net sy eie mense verraai nie. Hy het sy eie mense én Suid-Afrika verraai en meegehelp dat dit in ‘n stinkende mishoop verander. En dit alles vir veertig silwermuntstukke (Nobelprys). Ek is bly hy was gisteraand daar om sy eie gemors te aanskou en te ervaar.

Nie Verbaas ·

En daar gee die president die land verder vir die aasvoels!

Johan ·

“Every record has been destroyed or falsified, every book rewritten, every picture has been repainted, every statue and street building has been renamed, every date has been altered. And the process is continuing day by day and minute by minute. History has stopped. Nothing exists except an endless present in which the Party is always right.” George Orwell

Kon net sowel die “eerbare” President van die RSA gewees het. Kommunistiese wreedaard!

Scalla ·

Een groot sirkus, genoeg narre, hul kort nog net die tent.

Erik ·

Kyk, dit was nou die beste vermaak in ‘n lang tyd. As ek ooit gewonder het of ‘n tikkie hoop gehad het vir Suid-Afrika se toekoms is dit nou heeltemal vernietig. Ek het my dood geskaam! En dan wonder mense of hul moet emigreer indien hul kan?

Michiel ·

Die enige strukturele oplossing is ons eie landje, so klein soos Swaziland is al genoeg. Permanent verlost van ANC-terreur.
Eéntalig Afrikaans & Nederlands, eerstewerelds ekonomie, fysiek bewaakte grens, homogeen Afrikaans en strenge immigrasiebeleid, ondernemersvriendelik, bestuurd op ons manier. Woeker met wat ons het.

BoerSonderRoer ·

Hy weet SA sal niks aan hom doen nie, en hy weet wat ANC politikuste doen aan die wat teen hulle tjommies draai.

Ek is seker hy weet wat ‘n hangertjie is, en het ook selfs deel gehad in ‘n paar.

Jr ·

Ek sê dit weer en hardop – HY IS NIE DIE PRESIDENT VAN SA . HY IS DIE PRESIDENT VAN DIE ANC. I DON’T CARE. JY IS NIE , NIE EN EK SÊ WEER NIE MY PRESIDENT.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.