Ramaphosa kondig groot kabinetskommeling aan

David Mabuza, adjunkpresident (Foto: ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand omstreeks 22:15 regstreeks uit die Uniegebou wysigings aangekondig in sy kabinet.

Ramaphosa het om verskoning gevra vir die vertraging in die aankondiging, wat reeds om 20:30 sou plaasvind. Hy het gesê die vertraging was weens gesprekke wat afgehandel moes word.

“Deur hierdie veranderinge heen was ek baie bewus van die behoefte om kontinuïteit en stabiliteit te balanseer met die behoefte aan hernuwing, ekonomiese herlewing en versnelde transformasie,” het die president gesê. “Ons het ook begin met ʼn hersiening van die grootte van die kabinet en die hoeveelheid ministeries. Sodra die hersiening hiervan afgehandel is, sal ons die nodige aankondigings maak.”

Ramaphosa het David Mabuza, premier van Mpumalanga en adjunkpresident van die ANC, as adjunkpresident aangewys. Mabuza sal amptelik in dié pos ingesweer word sodra hy as lid van die nasionale vergadering ingesweer is.

Nhlanhla Nene keer terug as minister van finansies nadat die voormalige pres. Jacob Zuma hom op 9 Desember 2015 tydens ʼn omstrede besluit afgedank het. Sy adjunk is Mondli Gungubele.

Ramaphosa het die volgende ministers aangewys:

Departement van kommunikasie: Nomvula Mokonyane
Departement van energie: Jeff Radebe
Departement van hoër onderwys en opleiding: Naledi Pandor
Departement van binnelandse sake: Malusi Gigaba
Departement van menslike nedersettings: Nomaindia Mfeketo
Departement van internasionale betrekkinge en samewerking: Lindiwe Sisulu
Departement van minerale hulpbronne: Gwede Mantashe
Departement van polisie: Bheki Cele
Departement van openbare ondernemings: Pravin Gordhan
Departement van staatsdiens en administrasie: Ayanda Dlodlo
Departement van openbare werke: Thembelani “Thulas” Nxesi
Departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming: Maite Nkoana-Mashabane
Departement van wetenskap en tegnologie: Nkhensani Kubayi-Ngubane
Departement van maatskaplike ontwikkeling: Susan Shabangu
Departement van sport en ontspanning: Tokozile Xasa
Departement van staatsekuriteit: Dipuo Letsatsi-Duba
Minister in die presidensie (beplanning, monitering en evaluasie): Nkosazana Dlamini-Zuma
Minister in die presidensie (vroue): Bathabile Dlamini
Departement van toerisme: Derick Hanekom
Departement van vervoer: Blade Nzimande
Departement van water en sanitasie: Gugile Nkwinti

Die volgende adjunkministers is aangewys:

Departement van landbou, bosbou en visserye: Sifiso Buthelezi
Departement van kommunikasie: Pinkie Kekana
Departement van finansies: Mondli Gungubele
Departement van staatsdiens en administrasie: Chana Pilane-Majake
Departement van kleinsake-ontwikkeling: Cassel Mathale

Die poste van adjunkminister van die departement van openbare ondernemings en adjunkminister in die presidensie vir beplanning, monitering en evaluasie bly vir eers vakant.

Ramaphosa het gesê die volgende persone sal in hul amp aangewys word sodra hulle as LP’s in die kabinet ingesweer is:
– David Mabuza as adjunkpresident van die republiek
– Nhlanhla Nene as minister van finansies
– Zweli Mkhize as minister van samewerkende regering en tradisionele sake
– Regina Mhaule as adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking

Hy het bevestig die ministers en adjunkministers sal Dinsdag in die parlement in Kaapstad ingesweer word. Die ministers wat nie Dinsdag in Kaapstad teenwoordig kan wees nie, sal so vinnig as moontlik ingesweer word.

Hy het alle uittredende ministers bedank vir hul diens aan die kabinet en die mense van Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Linda ·

Hierdie is n baie goeie en gesonde kabinet. Nou kan ons land herstel !!

Paul ·

Skuus??? Meeste van die korrupte onbevoegdes is dan nog steeds daar, hulle is net na ‘n ander portefeulje geskuif.

Gerhard ·

Beste Linda, hoe voel jy nou oor die saak nadat die parlement onteiening sonder vergoeding aanvaar het? Is jy nog so positief oor die saak?

Ander Annie ·

Daar was beslis intensiewe onderhandelings met hierdie herskommeling. Daar is beslis nog ‘n paar wat ek sou trekpas gegee het. Daar is ook ‘n paar goeie skommelinge, soos Ministers Hanekom, Nene en Gordan. Ons gaan ‘n baie interessante tyd binne. Ek dink ook Minister Naledi Pandor se skuif terug na Onderwys is goed.

Paul ·

Twee vrot appels, maar verder is dit 100.
1) Jammer van David Mabuza, hy is seker die een wat die balans moet hou.
2) Dan, die nuwe minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming is die een wat tyd gelede vir Grace Mugabe amnestie gegee het, hier kom net nag vir die boere.

Pietman ·

Sal ons waag om te hoop dat iets gaan verander? Kry meriete nou voorkeur bo lojaliste? Hoop die nuwe besem vee behoorlik skoon en dwing verantwoodelikheid af. As dit nie gebeur nie…

Gerhard ·

Die een wat my en my idees lojaal ondersteun is mos altyd op meriete aangestel of hoe?

Etienne Prinsloo ·

Musical chairs played to the great piece by Liszt, namely Totentanz. And that was loosely based on Dies Irae. Prophetic or inevitable?
Recycling of incompetence with one or two exceptions . Africa strives for the opposite of excellence with no exception. Those whom haven’t read Dawie Roodt’s chilling opinion piece on the budget, should.

WonderMaarNet ·

Bly huidige minister van gesondheid aan? Was die minister nie betrokke by keuses van LIfe Esidimeni tragedie nie? Of het ek die kat aan die stert beet?

Onnie ·

Red Ons!! Bethabile Dlamini en Malusi Gigaba is nog steeds daar. Ekt gedog Ciryl se kop is reg aangeskroef… Maar toe nou net wensdenkery. Daar kom die winter

Basjan ·

Verstaan tog asseblief: Ramaphosa moet hier ‘n fyn balanseertoertjie uitvoer. Aan die een kant moet hy sorg dat die vrot appels verwyder word. Aan die ander kant kan hy ook nie te veel op die kaders se tone trap nie. Onthou die 2019 verkiesing is om die draai en hy moet sorg dat hulle lojaal aan hom bly sodat hy weer in die saal kan sit ná die verkiesing.

Onnie ·

Dan praat ek nie eers van Lindiwe Sisulu en Beki Cele as minister van polisie nice!!!

LV ·

Baie baie bly Fikile is weg,maar Mabuza gaan nog n groot verleentheid word,sy geraamtes gaan een of ander tyd uit die kas val!

Gerrit ·

Tyd sal leer want van hierdie lyk beter maar nog maar dieselfde ministers net in ander poste

rollie ·

Is die een nog daar wie haar hele familie op ‘n duur oorsese vakansie met staatsgeld geneem het?

Linda ·

Ramaphosa werk met n plan. Sy volgende stap gaan wees om die Minister vir Vroue se departement heeltemal te ontbind, dan is Dlamini weg vir altyd !

Meraai ·

Ek dink ook hy werk met ‘n plan as ek die dinge so uit kyk.

Linda ·

Ramaphosa se mense is tans besig om Gigaba en die Gupta aangeleentheid te ondersoek. Gigaba gaan in elk geval sy werk verloor ! Gigaba se tyd hardloop uit. Ons moet nou net geduldig wres

Louis le Roux ·

Ek is bevrees Ramaphosa is nie die sterk man wat hy voorgee om te wees nie. Dit is duidelik dat hy nie die Zumaspook kon besweer nie. Die kabinetskommeling is uiters teleurstellend ten spyte van die feit dat Gordhan en Nene terug is. Dit wil nou voorkom dat Gigaba en Dlamini onaantasbaar is.

Johanna Botha ·

Selfde anc wat ons in die gemors laat beland het of is almal skielik oornag geseën met kennis, waardes en beginsels …. ja sure !

Nettie ·

Ek wil weet hoekom is Bathabile Dlamini nog daar ??????????????

sjn ·

Nettie, sy moet sorg dat die geselligheids begroting behaal word.

Andre Traut ·

Was bheki cele nie by een of ander ongerymdhede betrokke nie?????
Dit bly dan vol skelms en onbevoegdes met die uitsondering van Pravin??!!!

Petertjie ·

Bheki Cele was een van die vorige Nasionale Kommissarisse van Polisie wat uit sy pos verwyder is as gevolg van ongeruimdhede met huurkontrakte. En nou is hy terug by Polisie en dit in ‘n hoër pos.

André Badenhorst ·

Uitstekende stukkie neutrale inlig-joernalistiek. Maroelamedia weet hoe!

Lee ·

Baie bly oor Bheki Cele. Misdaad het drasties verminder toe hy voorheen Minister van Polisie was. Kom ons hoop hy doen goed nie soos Mbalula nie …

martin cilliers ·

moenie worry nie ons land gaan nou n beter toekoms in voorentoe skouer aan die wiel en hou op moan gee ons president n kans!!!!!!!!!!!!!!

Wat gemaak ·

En daar is sowaar nie eens een ander kleuriges (blank) in die kabinet nie. Maar Beeeee word in almal se kele afgedruk, maar blykbaar geld dit nie in die kabinet nie.

Johann ·

VIVA ANC VIVA… jammer om te hoor SA, jammer om te hoor. Wat anders verwag ons van maar net NOG n ANC EERSTE die land laaste poppe meester? IN YOUR FACE RAMAPOZA… jys dalk effe meer intelegent en ken n paae groot woorde, maar jy bly kern gefokus op ANC as magsvergryper. TRUST JOU NIKS!

Johann Marx ·

How op moan. Hierdie is die beste kabinet wat geld kan koop!!!

jaco ·

lees ek reg: net een Indiër en net een blanke, maar GEEN kleurling nie? dis darem ‘n interessante kwotastelsel wat Ramaphosa gebruik het…

Alida ·

Toe Bheki Cele minister van Polisie was was daar geen misdaad in die land nie. Hoera vir hom !!!!

SjN ·

Sommiges is slegs verskuif om hul doelwitte en begrotings te behaal soos die onthaal rekening wat ver oorskry word deur sekere ministers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.