Ramaphosa kondig stappe aan teen DG van tesourie

Direkteur-generaal van die tesourie, Dondo Mogajane (links) saam met Tito Mboweni, die minister van finansies (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Tugstappe sal gedoen word teen Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, ná hy gejok het oor sy kriminele rekord, kragtens ʼn aanbeveling deur die Openbare Beskermer, het die presidensie Maandag gesê.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê hy het Naledi Pandor, minister van hoër onderwys, die mag gegee om die tugstappe in te stel.

“Sodra minister Pandor haar plig nagekom het, het die president die minister van finansies, Tito Mboweni, opdrag gegee om die uitslag van die dissiplinêre verhoor te implementeer.”

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, het in Desember 2018 bevind dat Mogajane nie sy kriminele rekord openbaar gemaak het nie, wat betref ʼn spoedoortreding in 2011 toe hy sy aansoekvorm ingedien het om direkteur-generaal te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

BlinkStephaans ·

Iemand is kwaad vir hierdie ou… hy het versuim om n spoedoortreding te verklaar maar ander wat openlik korrup is bly aan in hul poste, word bevorder en kry prestasiebeloning op agteruitgang… eish…

Frikkie Geld en huis ·

‘n Spoedoortreding besorg jou in SA , met ‘n jaarlikse moordsyfer van 52 000, ‘n kriminele rekord !!?? Kinderagtige redenasie, sou ek sê.

Hein ·

Hier kom ‘n gelieg weer. Spoed oortreding is nie ‘n kriminele oortreding nie

de Beer Johan ·

Dit is, as jy die spoedgrens met meer as 40km/h oorskry

Daan Erasmus ·

Natuurlik kan jy vir spoed ‘n kriminele rekord kry. Onkunde is nie ‘n verskoning nie.

Willehond ·

Ek lag sooo lekker vir die klomp clowns! Julle maak n blou Maandag sommer Vrydag! Dankie!

Piet Pompies ·

Dit gaan nie oor die tipe kriminele rekord, dit gaan oor die versuim om dit te verklaar, totaal twee verskillende vereistes.
Indien hy dit op sy aansoek verklaar het sou dit nie impak op sy werk gehad het, die feit dat hy versuim het om dit te verklaar regverdig ontslag.

Opisthophthalmus ·

Okay Piet Pompies.. M. A. W verklaar jou rekord van oortredings en word aangestel in die pos… DIT gebeur NIE sommer in die privaat sektor nie… ek stem saam met BlinkStephaans..the bigger the crime the bigger the pay…

Koos ·

Piet Pompies, as jou laaste stelling korrek is, sal 99% van almal iewers indiens in die RSA op die oomblik, summier ontslaan moet word.

Wat ‘n reuse werkloosheidsayfer sal ons dan hê – haha!!!

Riaan ·

Mense loop los rond met miljarde rande se bedrog, maar ‘n persoon wat nie n skuldig bevinding vir spoed openbaar nie word aan die groot klok gehang. Maak dit hom inherent skelm. NEE. Is dit al wat sy kamerade teen hom kan bewys. Dan is hy beslis een van die beter staatsamptenare. Hy het net per ongeluk op die verkeerde comrades se tone getrap.

humor ·

Ai ai en so teen hierdie pas gaan ons die 5 Lande se besluit omgekeer kry.

Johanb ·

Hierdie geval het al die tekens van ‘n samespanning teen Dondo. Ramaposa stel weereens teleur. Hy praat baie goed, maar sy aksies wys dat hy nie bedoel wat hy se nie.

Maljan ·

Way dink hulle gaan sy doen? Hom vir 20 minute hoek toe stuur? Op die stoutstoel gaan sit of twee houe met n liniaal kry? Dis n klug. Fire hom!

Daan Erasmus ·

Lees tog asb voor jy jou mond uitspoel. Of ek jou mond met Engelse Sout uitspoel. Spoed oortreding kan jou ‘n kriminele rekord gee. Wat onnosel is aan die staat se kant. Maar ontslaan is regtig om een fout met ‘n ander te wil regmaak

Dries du Toit ·

Belaglik is nie die woord nie. Waansinnig klink beter.

SjN ·

Hy het dus gelieg, moes n ernstige spoedoortreding gewees het om n kriminele rekord te kry. Sal graag die werklike rede wil weet.

Gemaskerde Sopbeen ·

En AL die Ministers wat gelieg het oor Bosassa…..hulle sit nog in hulle poste. En AL die mense wat gelieg het oor Life Esidimeni….sit nog in hulle poste. En al die mense wat gelieg het oor die Guptas………..sit nog in hulle poste………….en een armsalige vent wat nie op sy papier geskryf het “ek het gejaag” nie………..word soos ‘n krimineel gejag?? Die bende in charge is nie ‘n man se maat nie…..

Hennie ·

En Ramaphosa kla oor ‘n spoed oortreding wat die ou ‘n krimineel maak, waar staan hyself na sy R500 000 skenking van Bosasa??

jean ·

Ag kom nou!!!!!!!!!!!!… Watter grote geluk om dit nou te kon uitvind!!….en wat van die res van die land se manne wat moord op hul naam het ( soos byvoorbeeld Mabuza)…dan is hy nog adjunk-president..

Thinus Erasmus ·

En boonop was daar al hoeveel lede wat nie hul sake belange, en/of aandeelhouding/direkteurskappe in maatskappye wat sake met die regering doen, verklaar het nie – dus hul het ook gelieg. Maar dan kom hul niks oor nie?
Nee wat, mnr. Pres. het hier ‘n verkeerde geval gekies om ‘n voorbeeld te maak van sy “duld geen korrupsie” beleid!

Spoed maak dood ·

Spoed is ‘n baie ernstige kriminele oortreding. Kyk net na al die padsterftes. Mense wat die spoedgrense oorskrei kan ander se dood veroorsaak. Vandaar die lewenslange straf – ‘n kriminele rekord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.