Ramaphosa kondig sy ekonomiese adviesraad aan

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag die aanstelling van ’n presidensiële ekonomiese adviesraad wat uit 18 lede bestaan, aangekondig nadat hy gedurende vanjaar se staatsrede sy planne rakende dié raad bekend gemaak het.

Luidens ’n verklaring deur die presidensie sal die nuutaangestelde lede, waaronder verskeie ekonome, vanaf 1 Oktober voorlopig vir ʼn termyn van drie jaar kwartaalliks vergader.

Die raad is op die been gebring om “groter samehang en konsekwentheid in die implementering van ekonomiese beleid te verseker en te verseker dat die regering en die samelewing in die algemeen beter toegerus is om op veranderende ekonomiese omstandighede te reageer,” lui die verklaring.

Die lede word nie vir hul werk as raadgewers vergoed nie en staan hul tyd vrywillig aan die presidensie af. Hulle ontvang wel reistoelaes.

Die lede sluit in:

  • Benno Ndulu, voormalige president van die Bank van Tanzanië (dié land se sentrale bank).
  • Mzukisi Qobo, ’n professor in internasionale sake by Wits.
  • Dani Rodrik, ’n professor in internasionale politieke ekonomie aan die John F. Kennedy School of Government by Harvard.
  • Mariana Mazzucato, ’n professor in die ekonomie van innovasie en openbare waarde, en direkteur van die Institute for Innovation and Public Purpose aan die University College in Londen.
  • Mamello Matikinca-Ngwenya, hoofekonoom by FNB.
  • Renosi Mokate, ’n voormalige uitvoerende hoof en dekaan aan Unisa se nagraadse skool vir sakeleierskap (SBL) en voormalige adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, wat spesialiseer in ontwikkelingsekonomie, stedelike ekonomie en beleidsanalise.
  • Kenneth Creamer, ’n professor in makro-ekonomie aan Wits.
  • Alan Hirsch, ’n direkteur van die nagraadse skool vir ontwikkelingsbeleid en -praktyk by die Universiteit van Kaapstad.
  • Tania Ajam, ’n professor in openbare finansiële bestuur aan die Universiteit Stellenbosch se skool vir openbare leierskap.
  • Grové Steyn, ekonoom in infrastruktuur.
  • Wandile Sihlobo, ’n landbou-ekonoom by die Landbousakekamer van Suid-Afrika.
  • Liberty Mncube, ’n voormalige hoofekonoom by die Mededingingskommissie en tans verbonde aan Wits.
  • Fiona Tregenna, ’n professor in die departement ekonomie en ekonometrie aan die Universiteit van Johannesburg.
  • Haroon Bhorat, ’n professor in ekonomie en direkteur van die navorsingseenheid vir ontwikkelingsbeleid by die Universiteit van Kaapstad.
  • Ayabonga Cawe, ’n voormalige bestuurder van ekonomiese geregtigheid by Oxfam en huidige ontwikkelingsekonoom.
  • Vusi Gumede, ’n voormalige hoofbeleidsontleder in die presidensie se beleidskoördinering- en adviesdiens en stigtingsdirekteur van die Thabo Mbeki African Leadership Institute aan Unisa.
  • Thabi Leoka, ’n ekonoom wat vir verskillende organisasies in die finansiële sektor gewerk het en onlangs deur Ramaphosa by die Public Investment Corporation Commission of Inquiry aangestel is.
  • Imraan Valodia, ’n ekonoom en dekaan van die fakulteit handel, regte en bestuur aan die Universiteit van die Witwatersrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

75 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ep

Lot kaders …. geen afrikaanse naam.

Genie

Lagwekkend!!!!

Dr Phil

Goed. Volgende stap is dat die president en sy kaders opleiding ontvang hoe om na sulke ekonomiese kenners se raad te luister… Tot dan : geen netto waarde of effek !

Koos

Die buitelandse lede se reistoelaes gaan aardige bedraggies beloop!!!
In ruil vir watse waarde in terme van ons plaaslike ekonomiese ontwikkeling???

Nee wat, hierdie is weer net nog ‘n foefie om indruk te skep sonder dat daar noemenswaardige voordele gaan voortspruit hieruit.

Waar is ons plaaslike in diepte kenners van die RSA ekonomie wat uit hulle pad sal gaan om hiervan ‘n sukses te maak?

Jammer om dit te moet sê, maar Mnr Ramaphosa droom steeds voort soos in sy “State of the nation speach” / staatsrede vroeër vanjaar gemaak.

SjN

Klomp comrades, lagwekkend, dit is n erkenning dat die huidiges in poste dus nie geskik is nie.