Ramaphosa ‘kop in sand’ oor erns van waterkrisis

Die Stad Kaapstad doen ʼn beroep op inwoners en sakeondernemings om water hierdie feestyd oordeelkundig te gebruik

(Foto: Verskaf)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief die omvang en erns van Suid-Afrika se waterprobleme onderskat deur aan te voer dat die “watergehalte in Suid-Afrika van ʼn hoë standaard is”.

John Steenhuisen, leier van die DA, sê dit is ʼn gevaarlike ontkenning van Suid-Afrika se waterkrisis en die ANC se rol daarin, asook ʼn wanvoorstelling van feite wat niks doen om die probleem op te los nie.

“Dit is dieselfde ontkenning van ons elektrisiteitskrisis wat Suid-Afrika op die randjie van ʼn nasionale netwerkineenstorting het.

“Die president kan nie bekostig om sy kop in die sand te druk oor die toestand van Suid-Afrika se waternetwerk nie,” sê Steenhuisen.

Suid-Afrika moet dringend die uitdagings met waterinfrastruktuur, -voorsiening en -gehalte identifiseer en aandag daaraan gee as die land verdere uitbrekings van siektes wil voorkom, en mense se reg op toegang tot skoon drinkwater gehandhaaf gaan word, sê Steenhuisen.

Die Groen- en Bloudruppelverslag, waarna Ramaphosa ook in sy nuusbrief verwys, is ʼn verdoemende aanklag oor die gehalte van Suid-Afrika se drinkwater wat onder die ANC-regering landwyd gevaarlik afgeneem het.

Steenhuizen sê Ramaphosa versuim om te noem dat die verslae daarop wys dat 23% van drinkwaterstelsels in die sogenaamde kritieke risiko-kategorie val, met ʼn verdere 11% en 18% in die hoë- en mediumrisiko-kategorie.

“Dit beteken dat byna die helfte van drinkwaterstelsels landwyd die ernstige gevaar loop om ineen te stort en moontlik dodelike bedreiging vir die land inhou deur die verspreiding van siektes,” sê Steenhuisen.

“Uitbrekings van cholera in Noord-Gauteng en die Noord-Vrystaat is nie spontane gebeure nie, dit is simptome van endemiese korrupsie onder die ANC wat geld – wat bedoel is vir watervoorsiening en instandhouding van infrastruktuur – in die sakke van ANC-kaders laat beland het.”

Hy sê Nomvula Mokonyane, ʼn voormalige minister van water en sanitasie, het in 2015 die sogenaamde War on Leaks-projek teen R3 miljard voortgesit; ʼn projek wat uiteindelik nie hond haaraf gemaak het nie.

“Die einste minister is verantwoordelik vir die vertraging van die Lesotho Hoogland-waterprojek omdat sy glo slegs kontrakte aan maatskappye met wie sy bande het, toeken. Dit het tot ʼn ondersoek deur die Openbare Beskermer gelei.

“Dié projek het belastingbetalers R26 miljard gekos, met geen voltooiingsdatum in sig nie. Waar is al hierdie geld heen?”

Volgens Steenhuisen is die waterskaarste tydens die onlangse verwoestende droogte in die Wes-Kaap vererger deur grootmaatwaterprojekte wat die nasionale departement tot vandag toe nog nie aangepak het nie.

“Ons sien in Gauteng dat selfs terwyl damme vol is, die provinsie sogenaamde beurtwater ondervind weens die verwaarlosing van infrastruktuur onder ANC-bestuur.

“Nomvula Mokonyane het hierdie departement gebreek en dit met skuld van R4,3 miljard gelaat, wat weer honderde kontrakteurs onbetaal gelaat het. Tipies ANC is Mokonyane immuun teen gevolge aangesien sy nou adjunk- sekretaris-generaal van die ANC is.”

Insgelyks het Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, verlede jaar verklaar dat munisipaliteite se skuld aan nasionale waterrade op R24,57 miljard staan.

“Ons weet dat belastingbetalers hul skuld aan munisipaliteite betaal. Weer eens moet die vraag gevra word, waar is al hierdie geld heen?”

Steenhuisen sê dit is hoog tyd dat Ramaphosa erken dat korrupsie onder sy party en sy regering gelei het tot die diefstal van geld wat vir watervoorsiening bestem was.

“Die uitbreek van wateroordraagbare siektes wat ons tans ervaar, is bloot ʼn simptoom van ʼn groter probleem: endemiese korrupsie onder die ANC.

“Pres. Ramaphosa kan dit nie ontken nie en hy kan nie die skuld verder ontduik as ons Suid-Afrika se waterkrisis wil oplos nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

domheks ·

Ja swaer – die cANCer sal mos altyd die blink in die riool storting sien, nie die vrot nie!

miche ·

As ek so na als luister klink dit vir my Ramaphosa se padda- waterpot hoef nie eens meer tot kookpunt gebring te word nie…

Papsak ·

Ja Ramaphosa dien fout in niks nie hierdie virusse en siektes moet voor sy deur en die anc gele word want lyk my hulle wil ons op alle maniere uitwis daarom is drinkwater nie meer drinkbaar nie dit vrot en altyd donkerte

skurweberg ·

Hy weet baie goed dat seviele eise teen die regering ingestel sal word as hy sou erken. Dis die rede dat hulle steeds soek na die oorsprong van die cholera-uitbreek.

Boontjie ·

Dis baie makliker om die waarheid te vertel as om te jok, want elke leun het nog ‘n leun nodig om dit te beskerm. Die ANC grawe hulleself in a DIEP gat hierso.

anko ·

Ergste is hy vergeet wat hy vantevore gelieg het. Iewers gaan die waarheid hom inhaal. Wonder of daar dan nog plek gaan wees vir ontkenning van wat alles wat ten gronde gegaan het en nog sal gaan.

Elizabeth ·

Wie het nog enige geloof in wat Ramaphosa sê. Hy is in ñ toestand van bedwelming . Net nie seker waar presies hy die kiem opgetel het nie.

Marthinus ·

Ek wens mense se oë Wil oop Gaan en sien wat om hulle aangaan.Elke regeringsinstansie Se wiele Val van die wa af.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis nie net politici nie. Op alle bestuursvlakke, van top tot junior, is daar onbevoegdheid. Van die beste talent is landuit. Die res karring aan sonder mentors.

annie ·

Onthou Cyril is ‘n mooiweerhaan; dit is sy enigste taak. Hy waarsku nooit en vat niemand vas nie en geen een van sy eie kaders, het soos hyself, nog nooit ooit ‘n voet verkeerd gesit nie, nes Mandela uit toeka se dae. Dan konsentreer hy ook op 2024… en op sy bank se stukkende kussing op sy landgoed in die noorde. Verstaan?

H.A. ·

As jy oor iets kla in die land, dan moet jy dit self regmaak. Regering se besluit.

Pieter ·

Die lot het ons. Die lot het geen idee nie. Die lot is in die optrede van die ander lot. Proof is in the Pudding. Die Here seen julle duidelik NIE want julle werk nie vir HOM nie. Alles wat die caANCer doen is vir hulself, dus sal dit nooit werk nie en mooi vrugte dra nie.

Gert ·

Ek dink hy kruip in sy amp weg om kriminele vervolging te ontduik. Hy het eintlik geen saak met sy land nie en ry net die soustrein. Sy bereidwilligheid en sukses om probleme te identifiseer en op te los in die land is baie ver van sy gedagtes af.

JohanR ·

Het Cyril Ramaphosa nie nou die nuttelose president in die geskiedenis van SA geword nie. Selfs die NP presidente, en Jacob Zuma was nie die sleg nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.