Ramaphosa: ‘Korrupsie tydens ramptoestand is gruwelik’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“Korrupsie tydens ʼn nasionale ramp is ‘n uiters gruwelike tipe misdaad, en daar gaan hard en ferm teen oortreders opgetree word.”

Só beloof pres. Cyril Ramaphosa in sy jongste nuusbrief. “Geen mens sal verstaan hoe mense ten tyde van die ramptoestand nie ʼn gewete kan hê nie deur byvoorbeeld die prys van maskers met 900% te verhoog. Mens sal ook nie verstaan waarom ʼn raadslid kos wat eintlik vir behoeftiges bedoel is, vir sy of haar eie familie buit nie. Of waarom ʼn raadslid watertenks wat vir ʼn behoeftige gemeenskap bedoel is, na sy of haar eie huis herlei.

“Dit is ook onmoontlik om te begryp dat iemand geld wat vir werkloses bedoel is, steel en dat sy gesin dan op ʼn inkopietog gaan en motors koop, vir huisopknappings en skoonheidsbehandelings betaal en selfs grafstene koop.”

Pogings om voordeel te trek uit ‘n ramp wat elke dag mense se lewens eis, is die optrede van aasvreters. “Dit is soos ʼn trop hiënas wat ʼn gewonde prooi omsingel.”

DA-leier John Steenhuisen het Ramaphosa versoek om self in die parlement verantwoording te doen oor die beweerde toekenning van Covid-19-tenders aan mense met noue ANC-bande.

Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, word ook by beweerde korrupsie betrek. Haar man, Thandisizwe, het glo ʼn kontrak van R125 miljoen gekry vir die verkryging van persoonlike beskermende toerusting (PPE). Diko se man het na bewering onder meer beskermende toerusting se pryse onreëlmatig verhoog.

Ramaphosa sê alhoewel almal in Suid-Afrika die reg het om sake te doen, daar ʼn werklike probleem is wat betref gesinne en vriende van politieke ampsdraers of staatsamptenare wat kontrakte van die staat ontvang. “Nie alle gedrag van hierdie aard is noodwendig krimineel nie, maar dit dra wel by tot ‘n persepsie en ‘n kultuur van nepotisme, begunstiging en misbruik. Dit ondermyn die publiek se vertroue in die integriteit van ons instellings en prosesse.”

Volgens Ramaphosa maak gevalle van korrupsie Suid-Afrikaners woedend en krap dit weer ou wonde, soos staatskaping, oop waar politieke hoës op groot skaal met korrupsie weggekom het.

As deel van ’n multidissiplinêre benadering om Covid-verwante korrupsie te ondersoek en te vervolg is ʼn spesiale sentrum tot stand gebring wat bestaan uit die finansiële intelligensiesentrum, die Valke, die Nasionale Vervolgingsgesag, die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat, die polisie se misdaadintelligensie en speurdiens, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die spesiale ondersoekeenheid asook die staatsveiligheidsagentskap.

“Uiteindelik berus die sukses van hierdie multidissiplinêre benadering nie net op wetstoepassing nie. Dit hang ook af van die optrede van alle individue en alle formasies binne die samelewing – van staatsamptenare tot politici, van ondernemings tot politieke partye en van die parlement tot regeringsdepartemente. Dit hang af van die waaksaamheid van burgers, godsdienstige liggame, tradisionele leiers, professionele verenigings asook die media.”

Ramaphosa het die burgery aangemoedig om “die fluitjie te blaas” teen korrupte gedrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

tweeling ·

Nou hoekom sou dit nooit by jou opgekom het dat daar korrupsie gaan plaasvind nie, die laaste “wasted” 12 jaar was jy deel van die kookpot. Ons is wit maar nie stupid nie.

Hoekom ·

Hier is ‘n fluitjie wat julle kan blaas. Die hele ANC party is korrup…

Oomniklaassevriend ·

Gruwelike regeerders wat weet dat daar nie teen hulle opgetree gaan word nie

koos10 ·

Dear President, we are way past the inflated prices of masks. Your whole issue can be connected to the BBEEE rules, so hard in forced by your government.
Appoint members with integrity at all procurement sections of your government and to away with all rules and let only 1 rule for buying of supplies be applicable, and that is the price.

Kerneels ·

Ons het mos nou ‘n moewiese hoop geld by die IMF geleen op voorwaarde dat dit “deursigtig” spandeer sal word.

Ramaphosa maak die regte geluide ter wille van die IMF se ore.

Gemaskerde Sopbeen ·

Geagte Mnr Ramaphosa. Ek help u graag reg. Staatskaping is nie ‘n ou wond wat weer oopgekrap word nie. Dit was nooit toe nie. Dis steeds ‘n vieslike vrot oop wond.

Werner ·

Al wat hartseer is is dat hulle gevang is anders was dit wonderlik

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, net vir bietjie inligting, korrupsie op enige stadium is gruwelik en as jy nie daarvan bewus was/is nie, moet jy maar verder slaap. Die hele regering en munisipaliteite is korrup. Ons witmense het ongelukkig n brein so gaan spreek jou nuttelose woorde vir ongeletterdes wat jou sal glo.

Adeline ·

Wel niemand hoef ‘n fluitjie te blaas nie – hulle kan maar almal by hom begin en verder sy hele regering en munisipale afdelings en wyke sapd en wetgewing wat net so korrup is ondersoek – hulle ontvang die geld hulle deel dit uit – wie moet nou die fluitjie blaas?

Anoniem ·

Krap ou wonde oop van staatskaping…. ppffft daai wond is al besmet met die gangreen en ontvang geen behandeling nie… so hoekom sal hierdie nuwe gevalle enige aandag kry?

Mauritz ·

Ons wag in spanning vir die eerste ou wat Jan van Riebeeck die skuld gaan gee.

Mike ·

Na alle ondernemings en beloftes deur die President dat korrupsie gedurende die pandemie nie sou gebeur nie, het dit wel gebeur en nou word ons versuip in byvoeglike naamwoorde soos “gruwelik” en “harteloos” ens. Hou op praat oor die probleem asseblief? Praat oor die oplossings en tree op teen die oortreders. Tree op teen diegene wat die 4 000 dooies se eise ingedien het teen Sassa? Hulle het tog sekerlik hulle bank en ander besonderhede verskaf tesame met die eise?

Suzette ·

Ek glo nie eens hulle weet wat “gruwelik” en “harteloos” beteken nie….

Manie ·

‘n Mens kan amper nie glo wat jy lees nie, kan dit waar wees. Eenmaal ‘n skelm dan is jy altyd een. Bring my eers ‘n ander bewys ?

Jakes ·

Is die huidige wanbestuur van Covid fondse of enige ander belastinggeld dan n uitsondering? Gewis nie, want daar is geen verskil in die plundering van geld, bedrog met tenders en korrupsie die afgelope 2 dekades nie. Wanneer CR kan bewys dat diewe tronkstraf kry dan sal hy n greintjie geloofwaardigheid verdien.

Adrian ·

Al hoe hy homself nóú kan “bewys” is om skuldiges in oranje oorpakke te sit. Ons vra nie baie nie, net so 500 van hulle…

LiveAndLetLive ·

Sal graag wil sien hoe hulle vervolg word asb – tronk straf sal nice wees.

JohanR ·

Jy kan weer sien dit is Maandag en Ramaphosa het Sondag op ‘n toilet gesit met ‘n koerant en dink. In watter dimensie of wereld lewe die ou? Wil jy vir my se jy het nie van die korrupsie geweet van jou seun en die getoeter wat aan taxis aangebring is nie? Jy het op die tv verskyn en gese taxis mag nou 100% gelaai wees. En nie eers ‘n paar dae later kom die berig dat jou seun gaan nou anti-virus getoeters aan taxis se vensters aanbring teen R1000 ‘n taxi. Julle werk darem lekker saam om geld te maak gedurende Covid-19. Nee Cyril, moenie ‘n gat van intelligensie mense maak nie. Jy weet alles van alles….selfs die korrupsie wat aangaan en jy keur dit goed. Dit word geskat daar is soe 300000 taxis in SA, soe teen R1000 ‘n taxi maak jou seun skielik R300 000 000 . Dit kan ‘n paar mooi bulle koop ne ou Cyril!

Chris ·

Die ANC kan solank die SOB reddings geld gebruik om Robben Eiland op te knap, ter voorbereiding vir die aantal gevalle en om voorsiening te maak vir die voorspellende tekort vir akkommodasie. Gelukkig dit is nie meer nodig vir die voorsiening van rook areas of besoekers nie.

Magda ·

Nou HOEKOM DOEN JY NIE IETS DAAR OMTREND NIE RAMAPHOSA – Het jy ENIGE SE IN JOU PARLIAMENT – WANT DUIDELIK LYK DIT NIE SO NIE – PRAAT BAIE OP SOSIALE MEDIA MAAR BITTER MIN AKSIE OF GEEN AKSIE – BLA LBALBLBLALALKLSSLKLSKOSOASSMSNM GATVOL

Jacobus ·

Dear Cyril. Don’t know wether to applaude or cry. The old saying says charity begins at home! Look at your immediate co-horts. Be ruthless or be further embarassed. They are stealing from “our people” not only money but also food and jobs. Your people want to see orange overalls.

Chris ·

Die enigste tyd van fluitjieblaas is waneer ‘n nuwe soustrein by die stasie opgedaag het en hulle maar kan kom nader staan vir selfhelp geleentheid. Die mense dink ons is dom. steur my nie aan die gepeupel nie. So kan en sal dit nie aangaan nie. Die dag van afrekening is elke dag nader.

Cabytheron ·

Skrik ons President nou eers wakker??? Die eerste aand toe hy begin geld praat, het almal al gesê, ‘hier kom lekker stelery en korrupsie’ President, die korrupsie en stelery is nie verby nie! By voorbaat, tref asseblief voorsorg!!! (Vriendelike waarskuwing.)

Danie ·

Zuma will be known as the corrupt President of South Africa but Rhamaphosa will be known as the maintainer of corruption and the story teller. He missed out in life he should have became a writer as he loves writing letters to the nation and when he appears on tv he is a story teller and yes his stories are amazing even I fell asleep no wonder his cabinet are always sleeping.

Moedeloos ·

Nou wat nou CR wat gaan jy doen om al hierdie “mens kan nie glo” skelms aan te keer ? Voeg daad by die woord en straf hulle of laat hul pay back the money. Vat hul luukse huise en karre weg soos baie van ons landburgers moes doen om te oorleef terwyl jou mense lekker te kere gaan met ons belasting geld.

Snowball ·

Comrades, so gepas, almal is hier om te kom ‘raid’
Lekker erken hy, hulle het ‘weggekom’ met staatskaping. Vervolging is dus ‘n onmoontlikheid.

JJ ·

Die ANC het nie die wil om te regeer nie en die besluite wat die regering neem, maak hulle ‘n bespotlik in die oe van Suid Afrika. Hier kan ons sien hoe rykdom herdeel word en ons kan daaroor lawaai maak. Vir 20 jaar en langer aanvaar ons egter dat ‘n staatsender vir toiletpapier R10 per rol kan wees terwyl die goedkoopste tender R2 per rol is. Daar word geen waarde ondersoek gedoen nie, en die “premie” word geregverdig deur die vele wetgewing gemik op BEE. Niemand kla hieroor nie, want die kraan drup net bietjie bietjie. So die probleem is sistemies van aard en tensy mens na die hele waardeketting kyk, is daar nie werklik ‘n oplossing nie.

Eerlik ·

Ag asb!! Seeing is believing! Waar het Ramaposa al sy biljoene gekry….

Annalie ·

Korrupsie in enige tyd is gruwelik. Wake up and smell the roses

Marius ·

Gee ons 5 name van die afgelope 5 jaar of selfs 12 maande wat in die tronk sit oor bedrog mmmm

Barend ·

Beste is om seker te maak ons saak is reg met Jesus. Hierdie werld is korrup.

Die wegraaping is op die agterstoep. Ek bid daar is nog genoeg tyd vir almal.

Realis Thailand ·

Want jy vuur dit aan met jou seun voor in die koor

Sarel ·

Dit is jou mense Mnr. Rhamaphosa. Moet adb. Nie nou skielik gedkok wees nie.

Yvonne ·

Geagte President, Maak jou rug sterk en rig jou lam kniee op jou…..jy is verantwoordbaar wat in die land aangaan deur stil te bly is jou aandeel nie ongesiens nie

Veronika ·

Die regering met al hul belaglike “goedjies” is die oorsaak van al die korrupsie, my mening.

Ria ·

Kyk die mens wat nog bereid is o. Vir die ANC te stem het verseker geen werkende breinsel nie. Ek hoop adv. Gerrie sit gereed om elke boef, wat korrupsie gepleeg het en nie vervolg is nie in die hof te kry.

johanf ·

Korrupsie het al jare voor Covid plaasgevind, dit is nou te laat, biljoene te laat.
Sal maar die nuus dophou….praat en doen is ver van mekaar af……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.