Ramaphosa krabbel terug oor rookverbod, regulasies

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief probeer verduidelik waarom sy onderneming dat tabakprodukte op vlak 4 van die koronavirusvlakke verkoop mag word, skielik omgekeer is.

“Só ʼn besluit gaan omstrede wees, maar dit is verkeerd om te maak of daar ministers of ʼn president is wat doen en sê wat hulle ook al wil oor die kwessie.”

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het verlede week skielik aangekondig die verbod op die verkoop van tabakprodukte word volgehou. Dit was ʼn enorme skok nie net vir Suid-Afrika se miljoene rokers nie, maar ook omdat dit oënskynlik teenstrydig was met dít wat die president net ʼn paar dae tevore gesê het.

Ramaphosa het nou teruggekrabbel en gesê sy aankondiging op 23 April – dat sigarette op vlak 4 verkoop mag word – was gegrond op die siening van die nasionale bevelraad en is opgeneem in die konsepraamwerk wat vir openbare insette bekend gestel is.

“Ná deeglike oorweging en bespreking het die bevelraad sy posisie oor tabak heroorweeg. Gevolglik is die verbod verleng in die bepalings wat die kabinet bekragtig en wat minister Dlamini-Zuma op 29 April bekend gemaak het,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa sê dit was ʼn “gesamentlike besluit”.

“Elke bepaling wat in werking gestel is, is versigtig oorweeg. Daar was konsultasie met mediese kenners, talle kiesafdelings en verskillende bedrywe. Ons word gelei deur internasionale liggame en die ervaring van ander lande.”

Verskeie instellings dreig die regering met regstappe oor sommige van die bepalings wat in werking gestel is. Dit sluit regstappe in oor die verbod op die verkoop van tabakprodukte.

Ramaphosa het gesê die regering “luister na die kommer” van mense en maak aanpassings om hulle tegemoet te kom, terwyl lewens steeds gered word. Hy het gesê een van die regering se onderskeidende kenmerke is dat hy na mense luister terwyl die pandemie bestuur word.

Daar is groeiende onrus oor die voortgesette afsonderingstydperk en die toenemende gevolge daarvan. (Foto: Themba Hadebe/AP)

Dít terwyl die Verenigde Nasies (VN) se kommissie vir menseregte net verlede week sy kommer uitgespreek het oor Suid-Afrika se “giftige inperkingskultuur”. Die VN het benadruk dat respek vir mense se regte “waaronder ekonomiese, maatskaplike en kulturele, burgerlike en politieke regte”, en die beskerming daarvan, “noodsaaklik is vir die sukses van die openbare gesondheidsreaksie en herstel van die pandemie”. Die “hoogs gemilitariseerde” operasies deur die veiligheidsmagte is ook deur die VN betreur.

Ramaphosa het gesê onder die buitengewone omstandighede wat tans heers, gaan die regering, individue en samelewing soms foute maak en dat dit reggestel sal word.

Suid-Afrika het ses weke gelede ʼn nasionale ramptoestand afgekondig. Kort daarna is die meeste grensposte gesluit en die land het in ʼn landwye staat van afsondering gegaan.

Ramaphosa sê dit is danksy dié maatreëls, en die meeste Suid-Afrikaners se voldoening aan die afsonderingsbepalings, dat die verspreiding van die siekte vertraag is. Die president sê die tempo waarteen die virus voortaan versprei en die getal mense wat die siekte eindelik opdoen, gaan bepaal word deur hoe Suid-Afrikaners nou optree. Hy sê dit is om dié rede dat die verslapping van die afsondering geleidelik moet plaasvind en hoekom talle regulasies steeds geld.

“Ek weet dit is moeilik en ek verstaan die kommer wat baie van ons landburgers het oor hoe die regulasies inmeng met hul regte en dit beperk. Dit is egter nodig. Die oorhoofse doel is die red van lewens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Mariska ·

Die regsaksie gaan niks tot gevolg hê nie. Dit is duidelik dat die ANC doen net wat hulle wil. Nie dat hulle WEET wat hulle doen nie, bygesê. Ons kan maar dreig met hofsake en allerhande prosesse: die ANC sal doen wat die ANC wil, en het nog altyd. Ek was voorheen ‘n roker, maar die verbod op drank en sigarette maak sowaar geen sin nie. Ek het opregte simpatie met rokers wat nou gedwing word om op te hou,… dit is darem wraggies nie lekker of maklik nie. Ek het nikotienplakkers gebruik, met sukses, maar dit was darem my eie besluit. Sterkte daar!

Erica ·

Nee jy verstaan verkeerd. Ons het nie op gehou nie ons is net gedwing om ontwettige goed te koop om hulle sakke te vul.

Die Wolf ·

Tipies van n persoon wat opgehou het. Gun tog die ander hulle plesiertjie.

Fedup ·

Please do me a favor cyril, keep your excuses for yourself.

Boortor ·

Blah blah blah. Ek glo jou nie meer nie. Of enige van jou comrades nie. Julle sit op n tydbom en van die skrale infrastruktuur wat in die land oor is sal daar maar niks oorbly nie.

Michael 1 ·

Ek herken hom nie as my president en leier nie ,todat hy diskriminasie teen huidig benaadeeldes skrap en n mens sy woord kan glo en vertrou.

Eerlik ·

“Gelei deur internasionale liggame”. Dis sommer snert, die hele wereld dink julle is mags behep en kommunisties!

Onnie ·

Hy praat, maar ek hoor niks. Wat het hy nou eintlik gesê? Eintlik niks! Hy sê ook nie wanneer hierdie belaglike wet gelig sal word nie.

Werner ·

Net die feit dat hy krabbel wys hy is nie n president se skoenveters werd nie ons weet lankal hy regeer nie SA nie

gatgogga ·

Meneer Ramaphosa, as jy iets verkeerd gedoen het, en jy moet dit regstel, dan doen jy dit self.
Op daardie manier behou jy geloofwaardigheid.
Wat nou gebeur het met die ondeurdagte rookverbod, is dat jou minister jou geminag het, jou weerspreek het sonder die verskoning wat jy nou opdis, en jy het weer verloor.

Gawie ·

Johannes, watter deel van ‘konsultasie’ verstaan jy nie. Sy het hom nie geminag nie, daar is saam besluit omdie verbod te verleng – dis waaroor die hele berig gaan!

Maritha ·

Net ń voorstel…. Die mense wat so besluit wie mag werk en wie nie, se salarisse moet gevries word. Geeeeen salaris tot lockdown heeltemal gelig word. Wonder hoe vinnig sal daar dan gespring word om dinge in plek te kry

Alleen Wolf ·

Dit sal nooit gebeur nie, hulle het al reeds die reuse som van 30% van een maand se salaris afgestaan, dis genoeg om die ekonomie te red, LOL

Stofdonkie ·

So ou cyril wil nog nie openlik erken hy is deur een van sy eie ministers so ondermyn dat hulle die reels kan maak en wysig soos hulle wil, onafhanklik van wat hy dink en sê. Dlamini Zuma het tans duidelik meer mag as die president onder wie sy dien. Ramaphosa die padda-sjef se tyd is verby en hy is klaarblyklik reeds vervang met Dlamini Zuma. Dit sal nie die eerste keer wees wat die nuwe president al aangestel is nog voor die vorige president bewus is daarvan dat hy vervang is nie.

Boris ·

Is ek verkeerd of lieg Ramaphosa deur sy tande; “Ons word gelei deur internasionale liggame en ondervindings van ander lande”. Ek weet van geen ander land of internasionale liggaam wat ‘n rookverbod ingestel het nie.

Termiet ·

Hy praat van die sogenaamde kubaanse dokters, hulle is so min dokters as wat ek is.

Adam Adriaan ·

Mnr CR die spul het jou aan die korthare beet. Hierdie is net bloot ‘n bietjie mondelinge maagwerkings.

Nie Verbaas ·

Jy, meneer die president is nie n president nie. Die VN waarsku julle maar julle luister nie. Bly liewer stil want wiele is nou vinnig besig om af te kom.

Adeline ·

My opinie – ons land is uitverkoop aan “New World Order” wat vir Cyril opdragte gee… hy is maar een van die pionne op die wêreld skaakbord. my opinie!

PH ·

Sy minister weet hoe om ‘n zol te rol. Goeie demonstrasie op TV

Etienne ·

Die maklikste is om stil-stil die vlak na 3 te verander… dan gaan die rokers, wat die meeste lawaai maak, en ek (as ‘n lewenslange nie roker) baie bly wees om weer ‘n bier of twee saam met my braai te kan geniet.

Jacobus ·

Sê ek stert tussen die bene. Geloofwaardigheig daarmee heen.

Hendrik Petrus ·

Hartseer genoeg , ek was soos baie, ‘n voorstander van die inperking om verspreiding van die virus hok te slaan. Nie meer nie. Die regering se rassisme en onlogiese optrede maak dat ek geen samewerking meer sal gee nie. Ek word soos baie ander onskuldige rokers nou kriminele van gemaak deurdat ons ons nou na die swart mark moet wend om die verbod op die verkoop van tabak te omseil. Wel gedaan Meneer die president !

JohanR ·

Nou hoekom skryf hy nou skielik ‘n boek net omdat hy ja gese het vir tabak, en NDZ nee gese het? Is dit jou skuldige gewete ou Cyril. Cyril jy is die alpha tot die omega as dit kom by baas in Suid Afrika. As NDZ se daar gaan nie tabak verkoop word nie dan se vir haar wie nou eintlik numero uno in die land is, en daar sal tabak verkoop word. Nou wag ek vir jou volgende uitlating waar jy ja se, en NDZ weerspreek jou weer met ‘n nee. Kry soe bietjie wind in jou broeks pype ou Cyril!

marius ·

Niks meer of minder as ‘n marionet wat dans soos wat sy meesters toue trek nie . Dis die waarheid .

Diets ·

100%
Blah blah blah. Al wat hulle kan doen. Geniet die klanke van hul eie stem. Niks seggende blabber. Magsvertoon….dis al!!!!

Lizanda ·

Cyril, Cyril my mens jy is lankal nie meer aan die stuur van hierdie skip nie, ek weet regtig nie of jy ooit was nie, jy word bloot voorgehou omdat jy well spoken and presentable is intussen is Ace en sy manne besig om die regering oor te neem en besluit hulle van dag tot dag wat gebeur in hierdie land.

Jaco ·

Sover my kennis strek, weet ek van min rokers wat zolle rol of lek, gewoonlik koop n ou die sigatette klaar gerol in n pakkie…sy ht nie hierdie situasie mooi deurdink nie, want agv die verbod, rol, lek en deel die mense nou júis daai daggaplantjies om hul rooklus te demp…

Nico ·

“Ons as die ANC gaan doen wat ons wil en gee nie ‘n hel om wat julle se nie” Daars hy Cyril, ek het jou skrywe vir jou reg gemaak!

Toy ·

Ek is ‘n nie-roker, ek dink net dit is elke mense se besluit of hy wil rook of nie, waar het jy gesien jy se vir ‘n roker jy mag eers weer daai dag en datum weer rook, dit is belaglik, dit maak mense net skelm om iewers sigarette in die hande te kry.

Cherokee ·

R400 vir ‘n ‘carton’! Gelukkig is ek nie ‘n roker nie, maar nou kos whiskey nèt so veel!

Die Wolf ·

Leonard, bg het absoluut niks in gemeen met Covid nie. Die studie gaan oor colitis.Stel voor dat jy kyk na studies gedoen in Frankryk en VSA, wat spesifiek gedoen is om nikotien se uitwerking op Covid te toets. Verbreed die horison. Hoekom dink jy is dit nie verban regoor die wereld nie, belasting op die produk uitgesluit? Hierdie verbanning in ons land is maar net n ander manier om ondergronds te skep.

Walda ·

Die artikels wat gepos is, is juis om te wys hoe gevaarlik dit is om sigarette net te stop…. Dit veroorsaak ‘n handvol NUWE probleme wat dan ook hospitalisering nodig het…. Hy praat juis nie die ban goed nie… Het jy die artikels gelees?

koos10 ·

Prez, and this takes you amost a week? How are we supposed to belief you again?
Fact is either you did not consider all before your first adress or you had being bullied into changing your dissision, either way, you had lost control over your ANC, and you are going to lose control of SA aswell.

René ·

Ja…ja…ja, ons hoir en lees alles, maar in die tussentyd kuier hulle lekker en groepe saam by hul huise. Ja, dit is so want n vriend van ons hey dit met sy eie oë gesien. Baie karre, sit lekker op sypaaitjie en drink en rook te lekker. Moet n voorbeeld stel, maar breek hul eie reëls. My vraag is, hoe weet ons as land burgers wat die reëls gehoorsaam nie dat hulle wel agteraf alkohol of sigarette ontvang nie. Ons sal nooit weet nie, of hoe. Nou wonder ek of my post ooit gepublish gaan word. Seker nie.

Hein ·

Baie kommerwekkend dat die opperbevelvoerder van die SA se weermag nie eers ‘n sigaret dilemma kan bestuur nie.

Alleen Wolf ·

Hy was nog nooit die opperbevelvoerder nie, net die pion wat besluite deur Ace en sy manne uitvoer.

Anel ·

Ek brei vir my en die familie truie. Kan die wol koop. Maar o, wee. Solank ek net nie knope ook koop nie! Nou vra ek, met trane in my oë, hoe dra mens ‘n trui sonder knope? En hoe moet ek’ ‘n warmbaadjie dra as ek nie die rits kan vervang nie? Maar ons wsrm klere KOOP. Ek nou soooo oor huerdie belglike inperking. Kan die regering nie dalk begin om die land se probleme op te lis nie, begin regeer sodat ons gewone mense kan probeer om ons lewens weer te herbou en aan te gaan. As die spul wakker skrik dan is daar verseker niks meer oor nie. Kominuste!

Skybird7 ·

” Ek weet dit is moeilik, die oorhoofse doel is om menselewens te red ” Nou hoekom moet die mense wat van Mosambiek af gekom het, in sulke haglike omstandighede bly en mediese toetse op hulle word geweier ?? Moet ons nog alles glo wat uit die mond van President vloei !!

Renee ·

watnog
Hoekom amper n’ week wag voordat ons inligting ontvang seker word die winste gedeel met die onwettige sindikaat . Hier kom nog n’ Gupta situasie

Kobus ·

Ek was vanmiddag by ‘n SAP kantoor om ‘n dokument te laat stempel.Die twee aan diens was spraaksaam en het die gesprek gelei na verskillende reels en die toepassing daarvan.Ek prrat van CR wat iets bekendmaak en daan praat die ministers anders.Die sersant (dame) se toe”Don’t lissen to the president,listen to minister Dlamini-Zuma” Nou toe nou.

Karin ·

So rokers mag nou wettig dwelms koop maar nie sigarette nie is dit waarop dit neer kom beslis nie n roker se idee van wettig rook van sigarette wat al die jare wettig was nie is dit nou hoe ek dit moet verstaan

Jurg ·

Glo dit glad nie punt te veel liegstories al versprei soos dat daar nie plaasmoorde is nie en dit op VN beraad. Het geen respek vir al die liegstories nie.

Walda ·

Ander lande se VOET!! Geen ander lande het rook en drank verbied nie! Inteendeel is daar tans ‘n studie omdat China en Frankryk albei statistiek gemerk het dat die persentasie rokers wat siek geword het MERKBAAR minder is as die persentasie rokers in die bevolking. Soveel so dat Frankryk tans wag vir goedkeuring om Nikotien pleisters op “human trials” te sit vir hulle verpleeg personeel…. Skrik tog net wakker donker Afrika!!!

Nicolene ·

Dit maak glad nie sin nie…hoekom dan nie die reël maak as volg…Dat ons net in ons huise kan rook nie?????
Onaanvaarbaar Jammer!!!!+!

Brandwag ·

Cyril,die inperking gaan nie werk nie.Vandag het die Sassa uitbetalings begin twee derdes van die mense het nie maskers gedra nie,geen spasie tussen hulle nie,kosverkopers het verkoop,taxis was oorlaai,geen higiene by die banke nie,karwagte oorval my,gebruikte maskers le orals,geen weermag of polisie insig nie…maar die polisie wat ek sien is besig om kospakkies by honger mense weg te vat,jy het n verskluilde agenda,almal praat oorlog,Cyril jy is besig om SA in n polisie staat te omskep en die weerstand teen die regering,weermag en polisie neem nou skerp toe,anargie le voor die deur.
Jy vat nie aan n man se geld,kos en drank nie,ook nie aan sy rook goed nie.

Jerry ·

CR is maar net n pop wat beheer word deur sy magshonger comrades

Patric ·

Weet julle wat, nerens het hulle gesê dat jy nie dagga mag rook nie, ek gaan vir my n plantjie kry en maar daarvan af rook, dit is mos wettig.

Willem ·

Patric jy is reg maar pasop vir onwettig sigarette en drank

JM ·

Dlamini-Zuma IS mos die nasionale bevelsraad! Sy maak deesdae die wette!

Genis ·

Ek dink die ANC het n strategiese plan om die laaste susvolle wit besighede te laat vergaan… strategies blameer hulle nou alles op BEEE en Covid…. die Zuma’s en Malema’s is yster en plaat met die onwettige sigarette smokelaars… die ANC ook…

Willem ·

Doen julself n guns en gaan lees Andre Duvenhage se brief wat hy gister geplaas het dan san baie se oe oop gaan . Cyril is reeds geskiedenis
Hoop hierdie nota gaan deur

Emily ·

Ons hele regering is n hengse groot grap.
Hoekom kan daar nie vir ons gese word wanneer Level 3 intree nie.
Ons word soos kinders behandel.
Ons het nes julle Ook regte.
Ek glo nie n woord meer wat enige president of minister se nie. Julle slaan julle name met n plank.

Wondermaarnet ·

Mense wat nog nooit gerook het nie kry ook die virus.

Riana ·

Kan dit ook hoegenaamd nie verstaan nie… dan moet Mieliepap ook verbied word, want meer as een persoon se hande gaan daar in om pap te skep en te eet …. van die pot in die hand na die mond… duidelik word daar ook tog aan die neus, oog, mond en oor gevat voor die hand na die pap na die mond gaan. Nou wonder ek wat hou die grootste gevaar in, ‘n gedeelde sigaret of ‘n pot pap waar vele hande in gaan?

PRET(oria) ·

Daar is geen sinvolle besluitneming in ENIGE besluutneming van die regering nie. Alles gaan oor korrupsie, gebrek aan verstand, self verryking en magsbeheptheid. Die sogenaamde regering beteken net skade vir SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.