Ramaphosa kry bloedneus in hoogste hof

President Cyril Ramaphosa (Foto: LUCA SOLA / AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa se aansoek om die verdoemende Phala Phala-verslag onwettig en nietig te laat verklaar, is deur die land se hoogste hof van die hand gewys.

“Ramaphosa is nou grondwetlik en polities diep in die moeilikheid,” sê die amptelike opposisieparty kort nadat die uitspraak Woensdag bekend gemaak is.

Die Konstitusionele Hof het bevind dat die president nie ʼn saak uitmaak oor waarom die Konstitusionele Hof sy saak regstreeks moet aanhoor, sonder om eers by die laer hof aansoek te doen nie. Die aansoek is gevolglik van die hand gewys.

Ramaphosa het in sy aansoek, wat in Desember ter elfder ure ingedien is, gevra dat die artikel 89-paneel van ondersoek na gebeure op Phala Phala se verslag “hersien, onwettig verklaar en tersyde gestel word”.

Dié paneel se verdoemende verslag is einde verlede jaar bekend gemaak en het Ramaphosa byna sy presidentskap gekos.

Dit nadat daar in die verslag bevind is dat Ramaphosa hom moontlik aan ernstige oortredings en wangedrag skuldig gemaak het toe $4 miljoen in 2020 op sy plaas Phala Phala in Limpopo gesteel is.

Die president word daarvan beskuldig dat hy die diefstal probeer geheim hou het.

John Steenhuisen, federale leier van die DA, sê nou die parlement “moet die regte ding doen” en voortgaan met ’n ondersoek na die gebeure op Phala Phala.

Dit ten spyte daarvan dat Ramaphosa tot president van die ANC herverkies is en die Phala Phala-skandaal oënskynlik ’n stille dood gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Roek ·

Dit is nie ‘n bloedneus nie, kyk na die Kon hof se rede , hy moet eers die laerhof nader en dan kan hy voortgaan met al die ander howe , bv hooer hof , apel hof en as hy dan steeds nie gelukkig is nie dan doe Con Court !

Samuel ·

Wel, wat nou? Hierdie hoofkader sal seker hiermee wegkom. Miskien moet die regters kort-kort oor hulle skouers loer.

Blue Butterfly ·

Mnr de Ruyter is geen snuiter
Vir baie is hy ‘n groot held
Hy’ t gesien hoe die ANC vreet
Maar hulle het gehoop hy gaan vergeet
Pravin dink hy is Stalin
Ramaphosa kamma die verlosser
Alles word onder die mat gevee
Maar ons sal julle nog in die see indra

Amelia ·

Maar as jy tax geld skuld is jy sommer gou in groot moeilikheid laat hy ook maar betaal en dit is nogal dollar jy moet ook kan bewys lewer dat dit n ie agv kurupsie is dat jy geld het nie maar nou ja

Kobus ·

Hy was mos hoeveel jaar Zuma se regterhand? Moes sekerlik iets van hom geleer het.

Papsak ·

Nou toe nou wat het jy nou te se Ramaphosa kyk hoe skaam laat jy die land se mense kry vir jou skandes laat sak jou kop liewers sies

Witbaard ·

Baasskelm. Ruggraatloos. Alles onder sy beheer is tot niet. Erger as Zuma.

Michael ·

Nee wat hier is geen bloedneus nie-ek dink nie Tania verstaan die uitspraak so duidelik nie-opskrif meer clickbait as feit. Hulle is bang om sy saak aan te hoor want hulle weet hulle gaan hom moeilik kan verskoon, Nou vertraag hulle maar net die proses deur hom te verwys na die laer howe-dit sal sekerlik ook weer jare neem om deur die laer howe aangehoor te word.

Piet parys ·

Gaan join jou ou pel daar in die nuwe victor vyfster NKANTLA

skurweberg ·

Bekommernis oor waarheen ons land nou oppad is, is nie meer ‘n geheim nie. Persepsies verander na Perspektiewe. Wat sê die toekomskundiges ?

Althes ·

Kan dit nog vrotter met ons gaan indien ons ñ ander president kry?

Strandloper ·

N plein criminal in my oë. Gin wonder ons land is so hool nie. Kry vir jou!

JohanR ·

Hoe lekker kry ek nou……tot in my tone. ANC ondersoek ANC en vind ANC nie skuldig. Waaneer as iemand of ‘n party ietsie sleg doen gaan dit nie deur die polisie of die hofe maar deur die party se strukture. Phala Phala saak moet polisie en hofe toe gaan.

Stofdonkie ·

Dit kom dus daarop neer dat hy eers na ‘n laerhof toe moet gaan,dan hoër hof, dan appelhof, dan Konstitusionele hof. Om deur die volgorde van howe te werk beteken hy kan nog aanhou met sy aansoek vir die volgende 20 jaar en dan vir solank as wat dit aanhou mag niemand iets teen hom doen nie. Hy is al reeds 71 jaar oud, so oor 20 jaar is hy 91. Ag nee wat, hy gaan nie lank genoeg lewe vir die reg om hom iets te maak nie, hy gaan net so elke 6 maande ‘n prokureur betaal om vir so uur in die hof te gaan verskyn. Zumpie doen mos maar dieselfde. En dan verskyn hy in elk geval net elke vierde hofdatum in die hof want tussenin is hy mos te siek om sy weg oop te sien hof toe.

Manie ·

Hoekom kla nie een van die ander partye hom strafregtelik aan nie, dan het dit niks met die parlement of hulle eenogige komitees te doen nie.

Casper ·

Roek ongelukkig sal sy appél in geen hof meer slaag nie en sy gelieg oor die oorsprong van die geld het hom ingehaal.Die verslag teen hom is verdoemend en hy bevind homself aan die verkeerde kant van die gereg.

Johann ·

Nee oom SIRRIL. Jy vee te hoog af met daai lappie. Mik meer hier na die mond se kant toe…daar waar die bolla uitloop as jy begin praat.

RC007 ·

Hahahaha, kyk hoe kook die pot stadig onder jou, so stadig dat jy dit nie eers agterkom nie. Voor jy weet is dit te laat. Klink bekend neh Rama?

Kees ·

Hulle moet die hele boek na hom toe gooi. Belasting ontduiking ( vra maar vir Malema ) geld wassery, onwettige buitelandse valuta, ( nie verklaar nie ) lelik op straat en nog vele meer. Nou moet hy sy beleid volg en ” step aside….)

Nie Verbaas ·

Hulle sal nie aangaan met die ondersoek nie DA. Kry privaat ondersoekers om Ramapokker aan die pen te laat ry.

Elméne ·

Dit is vir my verbasend dat die grootbek DA nie al maande terug strafregtelik saak aanhanging gemaak het en die saak privaat laat ondersoek het nie?? Is daar dalk sinister rede daarvoor?? Vra maar net want dit gaan mos alreeds die afgelope 29+ so terwyl die DA veronderstel is om AMPTELIKE OPPOSISIE Party is!!

Hendrik ·

Daar gaan absoluut niks van kom nie, net nog ‘n tweede “Zuma” saak. Hulle mos verhewe bo die wet

pieter ·

Hoe kan hy aansoek doen om dit onwetting en nietig te verklaar , hy het n misdaad begaan.
Groot skelm die ramaposa

antieklimaks ·

Die regerende party dink hulle is bo die wet verhewe. Alles dui egter daarop dat hulle ‘n bende rowers is, en nie van plan is om SA en sy mense ooit eerste te stel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.